English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 300
Total Replies: 230 500
Total Views: 82 401 062
topics: 10 839
replies: 125 181
views: 38 868 095
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wilsur, of iemand wat weet, kan julle help asb

replies: 38
views: 14463
17 Jan 2016 @ 16:05:04 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Colin het al 'n rukkie terug vir ons 'n wasgoedlyn gekoop wat jy deur die beading kan trek om vas te sit aan die karavaan.  Ons wil dit aan die agterkant van die karavaan sit.  Aan die agterkant bo is daar 'n beading vir nog 'n tent of afdak en laer af nog een wat regdeur loop.  Dit is die een waarop ons die wasgoedlyn wil vasmaak.   Maar daar is geen openinge vir 'n beginpunt nie.   Moet hy dit self op 'n manier ooprek of kan mens dit profesioneel laat doen?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2016 @ 16:22:00 pm
Anonymous

Tannie Freda, my karavaan is dieselfde, maar daar is 'n opening. Ek sal voorstel voordat proffesionele hulp verkry word, maak die beading effens groter sodat die wasgoedlyn se ''support'' kan deurgaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2016 @ 16:42:18 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

As jy hom oop maak kan enige tent of rally later uit trek en nie lekker vas sit nie.  Beste is neem 'n foto. en dan kan ons ander dalk maklikker help want my kaavaan is nie so nie, ook nie die wat ek gehad het waarvan ek kan onthou nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2016 @ 17:33:51 pm
FlipnTilla
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 390
Joined: 28 Jun 2011
Experience: 46 years

Het gou na 'n paar karavane gaan kyk en almal se middelste beading het nie so 'n opening nie.  Die opening in die beading is ook groter as die waardeur die tent ingeryg word.  Dit in bedoel vir tafels of kassies wat hier "inklip"

Julle kan wel 'n opening maak met 'n tang, maar dit lyk altyd slordig.  Die karavaanmanne het 'n stukkie gereedskap waarmee dit baie netjies gedoen word.  Het dit self aan die voorkant van die wa laat doen by die gentskap in Walmer daar by julle.  Die opening moet net nie by die punte gemaak word nie, maar iewers in die middel, dan gly jou inrygsel nie uit nie.

Flip de Wet
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2016 @ 19:07:36 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3672
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Wenk uit Caravan and Outdoor Life van Junie 2012.

http://caravansa.co.za/component/k2/item/165-diy-make-a-caravan-channel-opening-tool

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jan 2016 @ 21:02:03 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Het my alie afgesukkel om die skakel oop te maak, toe "copy" ek maar die inligting vir die wat net vinnig wil kyk.

Words and photography: Burgert Turnbull

The aluminium channel extrusion surrounding your caravan is useful, especially for mounting your tent fabric. But sometimes there just aren’t enough openings in the channel for all your needs – and we’ve got the solution.

A picture is worth a thousand words – so one glance at the photo will tell you exactly what I mean by ‘channel tool’. The diagram is also pretty self-explanatory: I use this simple piece of equipment for making entry points into the channel surrounding my caravan.
Now, I can safely assume that I’m not the only caravaner who has ever needed to make at least one extra opening on the channel, specifically at the back of the caravan – perhaps for a washing line. I needed to make two extra openings in the channel on either side of my Sprite Tourer’s tent, because no provision had been made to thread the side walls from the top down. Once you’ve made your own tool, doing this extremely simple.

Making your channel tool
Cut a flat bar of mild steel or 
aluminium, 100 mm long by 60 mm wide 
by 10 mm thick. Now clamp the metal bar in a vice and, using a hacksaw, cut a groove 8 mm deep by 3 mm wide along the middle of the top edge of the bar.

Putting it to use
Right, so now you've made your new tool – simple as that! The next step is even easier. Insert your new tool over one edge of the channel and bend it out just enough so that your tent sides are able to slide in and out, without catching or using excessive force. See, it’s not necessary to get your caravan outlet to do it all for you!

This article appeared in the June 2013 issue.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 07:03:02 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14126
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit wat WilSur geplaas het werk puik.

Onthou Freda dat daai wasgoed lyn eintlik in die buite gleuf waardeur jy die tent sou ruig geplaas moet word. (Dis nou as dit die wasgoed lyn is waaraan ek dink.

Op 'n ligter nood............................. as daar wasgoed op die draad is moet julle maar stil lê in daai karavaan...................... die bewegende wasgoed kan baie verklap van wat binne aangaan.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 07:10:08 am
JNS
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 286
Joined: 26 Sep 2014
Experience: 31 years

Freda.

As die plek waar jy die inrygplek wil maak stewig is, d.w.s die bo en onderkant oppervlaktes  beweeg nie as jy begin buig nie, dan sal ek dit self doen. As dit nie stewig is soos byvoorbeeld voor op my Explorer se dak waar die reënskerm inryg oor die voorste bed sal ek liewer die experts kry om dit te doen. Die dak  het weggetrek van die reeling en ek moes dit oor seel. Is flimsy daar.

Professional Pensioner
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 09:46:17 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Baie dankie vir almal se goeie en wyse raad.   Colin het gisteraand gelees tot by Flip en Tilla, voor ons gaan slaap het, en het toe besluit om dit in Walmer te laat doen.  Maar hy sal later vandag die ander lees, dalk besluit hy om die tooltjie te maak van Wilsur.  (Baie dankie vir die moeite wat jy gedoen het Wilsursmile)   Ons moet ook nog op Hendrik se draad gaan kyk.  John, ja dit is 'n baie stewige strip.  Dit sit laag op die karavaan, ek het foto's geneem, soos Wilsur gevra het, maar sukkel alweer met die laaieryfrown.  Sal hopelik later regkom.

Leon, die wasgoedlyn is slegs vir ons handdoeke, na stort, en kombuisvadoeke.   Meneer Fiemies, die Ingelsman, hou nie van 'n los clothes-horse wat buite rondstaan nielaughing.  Gelukkig waai die wind mos "altyd" in die Baai, so niemand gaan weet watse bewegings dit nou eintlik veroorsaak nie.  Ag, en helaas, dit sit ongelukkig nie meer in ons broeke om 'n karavaan te laat skud nie.winklaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 10:11:12 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5627
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
In plaas van n hacsaw sal ek n klein angle grinder gebruik.
Onthou jy moet net dit baaaaaie stadig buig. Dan rek die aluminium reg
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 11:07:04 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ek laai die foto's

Colin het nou almal se posts gelees.  Hendrik s'n is dieselfde as Wilsur s'n.  Maar hy sal moet gaan soek vir die regte staalplaatjie en dit dan hopelik reg maak werk, so ek dink hy gaan dit Walmer toe vat en vra dat hulle dit sommer doen terwyl hy wag. Seker veiliger.  Baie dankie almal.smile 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 11:42:49 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Wasgoedlyn probleem opgelos.   En dis nogal Freda wat dit reggekry hetsurprised

Hy hang bietjie skeef maar dit sal werk.  Die probleem was, die plat dingetjie wat teen die karavaan moet rus, kon nie genoeg teruggaan om by die karavaan by te kom nie.  Maar toe kom ek agter as jy hom in die openinkie los, kan hy bykom.  Ongelukkig sit die twee openinkies nie op dieselfde hoogte nie.   Nou hoef ons hom nie op die onderste een te sit nie, wat ook beter is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 11:55:38 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5627
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Cool,,, baie cool
Maak net seker die voete van die dingetjie se rubber is "dik" genoeg anders duik hy waar hy vasdruk.
Die ysterkie wat in die gleuf pas is dalk te lank, dis hoekom hy nie wil skuif nie. Check biekie en raporteer. Ek het ook een gehad en hom iventueel ve n ander oukie gegee wat nie n wasgoed lyn gehad het nie.
Elma willie met hom gewerk het nie . Moes maar n staan ding maak staan en vaskap.(tenspyte van die gemoan wat ek opsit elke keer as ek moet buk)
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 12:24:57 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Johann, die ystertjie skuif in die gleufie in, maar die stafie wat van die ystertjie tot die wasgoedlyn loop, is aan die regterkant van die ystertjie vasgesweis.  Hy druk dus teen die beading en verhoed dat dit ver genoeg terugbeweeg sodat die kussinkie die karavaan kan bereik.  Toe ons dit in die openinkie los, was daar genoeg speling vir dit om terug te beweeg. Dankie vir jou waarskuwing oor die dikte van die rubber, sal Colin sê om daarna te kyk.  Ek glo darem nie dit gaan swaar gelaai word met wasgoed nie.

Ek het al baie die wasgoedlyne teen karavane gesien en altyd gedink dit is baie prakties en lyk netjies.  Dit is natuurlik ook makliker om saam te karwei.   Was dus bly toe Colin dit koop maar kon dit nou al vir hoe lank nie gebruik nie.  Pleks die slim vrou al lankal self opgecheck het.laughinglaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 12:49:40 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5627
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Dws. die welding druk teen die beading. Vyl of grind die welding biekie af. Kyk as jy hom oordruk .
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 14:08:08 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Buig net die "bracket" so 25mm bokant die deel wat in die gleuf gly so paar grade.  Dit is die arm wat teen die karavaan se kant druk wat so paar mm te kort is.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 15:02:31 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5627
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years

Buig net die "bracket" so 25mm bokant die deel wat in die gleuf gly so paar grade.  Dit is die arm wat teen die karavaan se kant druk wat so paar mm te kort is.



Jip, ek dink jys reg.
Frieda, sit hom in en stuur foto dat ons kan sien.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 15:44:43 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Is dit nie hy nie ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 15:57:20 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ja, dit is hy.  Maar daar waar die armpie vas is aan die ystertjie wat in die gleufie is, is niks wat jy kan afvyl nie of buig nie.  Of, Wilsur, bedoel jy ons moet die pypie waaraan die ronde plaatjie is nader buig?  Colin is nie nou tuis nie, ons kan foto neem van hoe hy pas as ons dit nie in die opening los nie.  Sal eintlik goed wees as hy reg kan sit, soos dit behoort te wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 16:23:09 pm
Anonymous

Freda, as jy die tou los maak, kan die gadget dan rond skuif? Indien wel, dan beteken dit daai stut, (armpie), is te kort, en daarom druk die plaat waar dit aan die stukkie round bar vas is, teen die aluminium extrusion vas.

Soos Willem sê,  jy kan dit of buig dat dit nader "vastrap" om dit meer terug te swaai, of jy kan daai ronde skuif met iets dukker maak, maw, jy sit hout bord, of soort van, met spons in om as "spacer" te gebruik. Die spons is om te keer dat julle karavaan krap.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 16:28:28 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Buig net die "bracket" so 25mm bokant die deel wat in die gleuf gly so paar grade.  Dit is die arm wat teen die karavaan se kant druk wat so paar mm te kort is.

Dit is die "flat bar" wat gebuig moet word.  Ek het vinnig die skets gedoen om te wys wat ek bedoel.

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 16:29:47 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Nee, Johann, ek weet nie meer van watter deel van die bracket ons praat nie, nou skoon deurmekaarlaughing.  Sal later foto's plaas wat dit dalk beter verduidelik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 17:06:23 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Die ystertjie wat in die karavaan se gleufie inskuif is vas aan die linkerkant van die ysterstafie.  Dit maak dat dit nie na die binnekant toe beweeg nie, dit druk teen die beading vas.  Maar daar is nie iets wat jy kan wegvyl soos Johan voorgestel het nie.

Colin reken die armpie met die plat plaatjie, wat teen die karavaan moet druk, behoort  aan dieselfde kant as die ystertjie wees, dan sou dit na binne kon beweeg.

Wanneer die ystertjie ingevoer is in die gleufie, is dit hoe vel die ronde plaatjie van die karavaan af is en word die bracket dus nie gestut nie.   Colin reken om hom nader te buig, sal nie help nie.  Dit lyk ook nie of jy die ysterstafie by die instoot ystertjie sal kan buig nie.

Dan pas hy so as jy hom in die oop gedeelte van die gleufie los.   Hy sit baie goed vas en lyk nie of daar probleme kan kom, die lyn is bietjie skeef.

Ek dink ons moet maar hierby volstaan.  Dankie vir al die belangstelling, maar ons is altyd oop vir raad.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 19:41:59 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Julle is moeilik, ek het probeer om die foto te buig.

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 19:50:36 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Wilsur, jy is darem baie oulik met alles.  Dat jy tot so iets kan doen.!!    

Kyk waar lê die tou nou. laughinglaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 19:56:23 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Wilsur, jy is darem baie oulik met alles.  Dat jy tot so iets kan doen.!!    

Kyk waar lê die tou nou. laughinglaughing

Wou hom ook skuif maar kon nie die ander punt kry nie, weet nie waar het julle hom weg gesteek nie ?

cool

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 20:14:51 pm
Benkie
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 514
Joined: 16 Jun 2014
Experience: 44 years
Freda soos ek die storie bekyk lyk vir my die problem kan wees dat die plat plaat nie in die middle van die pennetjie gesweis is Lyk vir my meer eenkant en as dit wel so is sal dit verhoed dat die plat plaat nie naby genoeg kan beweeg dat die ronde stud met die rubbertjie vas trap teen die wa se kant
My 2 sent werd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 20:26:07 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5627
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Colin is reg, as ek die kontrepsie beskou, is die stut armpie aan die verkeerde kant. (Soos benkie sÍ)
Hy is nie reg gesweis nie,
SÍ ook, my 2 C
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 20:55:24 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Dit is die probleem en die oplossing is buig die yster net effens.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jan 2016 @ 21:10:40 pm
Anonymous

Dit is die probleem en die oplossing is buig die yster net effens.

Stem saam met Wilem, die "disc" moet vroer vas druk om die flat bar agter toe te kry, dan behoort die welding in die gleuf te pas.

Aanvanklik, moes die flat bar aan die middel van die spil gesit het wat in die groef moet kan skuif.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2016 @ 19:10:58 pm
bassbuster
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 73
Joined: 10 May 2010
Experience: 44 years

Ek dink dis makliker om die hele lot te PHOTOSHOP. lol

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2016 @ 19:47:47 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ek dink dis makliker om die hele lot te PHOTOSHOP. lol

  

laughing

Colin het toe die yster gebuig en dit pas perfek.  Ons gebruik dit elke dag en baie gelukkig daarmee.smile

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Apr 2016 @ 19:48:46 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Waar is dié "shop" ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2016 @ 06:27:26 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1760
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ek is bly julle het uiteindelik reggekom en is nou gelukkig met julle wasgoedlyn. Ek weet daar is sommer baie ouens wat hierdie wasgoedlyn gebruik, maar ek hou nou weer nie daarvan nie.  Ek wil nie graag my wasgoed uitgestal hê vir die wêreld om te sien nie, al is dit aan die agterkant van my wa sodat ek self dit nie aanmekaar sien nie.  Ek verkies dit om handoeke en swemklere eerder op 'n kleinerige, verskuifbare droograkkie in die tent of "rally" op te hang om droog te word.  Ander wasgoed word eerder met ablusie-droërs of by ander wasoutomate droog gemaak.

Maar nouja, so verskil ons maar en elke ou maak wat vir hom/haar die gerieflikste is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2016 @ 07:27:50 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Stem saam met Lennie.

Ons hang aan die binne kant op die Rally se "dak" pale, verkieslik sodat die wasgoed nie voor die venster is nie - hang dan meer privaat klere agter 'n handdoek.

Ek het daardie paal "clips" (by Campworld beskikbaar) op die sykante vas geknoop en gebruik hulle om die wasgoed so te sê vas te klip op die paal.

 

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2016 @ 07:49:04 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Lennie en DR, ek verstaan wat julle sê oor jou wasgoed tentoonstel.  Ek hou dit nogal ook in gedagte as ek wasgoed ophang.  Maar ons daaglikse wasgoed bestaan net uit die handdoeke en matjies wat ons in die badkamer gebruik.  Nou dat ons lank kamp, gaan was ek een keer per week in die oord se wasmasjien.  Het verlede week gewas en gaan vandag weer.  Ek het regtig nie 'n pyn om gewone klere (bo-klere) ten toon te stel nie, maar erken dat ek onderklere verdoesel het.  Dit word in elk geval vinnig droog, dan haal ek dit dadelik af.  Oor die algemeen word die wasgoed regtig vinnig droog op hierdie wasgoedlyn.

Terwyl ek praat van die wasmasjiene van die oord, dit is die eerste oord waar ek bly waar jy die wasmasjiene gratis kan gebruik, geen munte nodig.  Slegs jou seeppoeier en versagter. Maar hier is nie tuimeldroërs nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2016 @ 09:07:51 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5627
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Miskien moet mens belÍ in die klein wasmasjientjie ingeval jy by n plek kom wat nie was masjiene het nie.
Het een slag op upington n permanente kamper gesien wat groterige wasmasjien buite naby sy kraan gemaak staan het.
Elma sit die droograk eerste op sodra tent gemaak staan is. Op die oomblik gebruik ons dit ve handoeke maar vorentoe sal ons maar die masjientjie inlaai en droograk oprig ve alles.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Apr 2016 @ 10:18:25 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5609
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

By die klam areas gebruik ons die "Dry Buddy"

Of Tevo se DriBuddi.

 Image result for dry buddy

 Of dan VERIMARK se Dryfast  vir 'n R100.00 goedkoper.

Genesis Dryfast

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Apr 2016 @ 10:20:00 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5627
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Goeie plan Willem. Sal so n dry buddi kry as die tyd nader kom om permanent te kamp.
Nog net twee jaar, dan gaan ons begin kyk na laaaaaang kampe.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required