English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 770
Total Views: 83 246 735
topics: 11 573
replies: 139 201
views: 39 341 661
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wilk amethyst vs nissan3.0 v6

replies: 5
views: 4231
16 Jul 2004
Anonymous
Ek sleep n Wilk Amethyst 91 model met n nissan hardbody 3.0 v6 dc 4x4. Ek ondervind dat ek sukkel om teen 90 tot 100 kmh te sleep. Is my Van te swaar of doen ek iets verkeerd. Ek sukkel selfs om vanaf Pta na Jhb met 'n lee bakkie sonder die Van 120 kmh oor bulte te gaan. Sal n freeflow help om meer torque te lewer. My bakkie het nou maar slegs 90 000 km gedoen. Alle raad sal waardeer word.
dankie
Pierre
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Jul 2004
Mark
Platinum Member
14% Profile Strength
Posts: 329
Joined: 13 Aug 2002
Pierre,
Ek het 'n 1998 Nissan Sani V6 4x4 gehad met 110kW as standaard. Die krag was meer as voldoende om teen 120kmh (solo) bulte uit te ry. Vir karavaan sleep het ek egter besluit om 'n MAUS ombouing (stage 2) te laat doen tesame met 'n vlekvrye staal "Free Flow" uitlaat stelsel.
Krag het vermeerde na 145kW, met 'n fantasties sleep vermoe. Die negatiewe sy hiervan was petrol verbruik, slegs 4,5km per litre met karavaan gehaak.
Ek het die voertuig verkoop in 2000, kon nie die veselglas bak se "rattles" meer hanteer nie.
MAUS is in Klerksoord buite Akasia (Pretoria)
Groete
Mark Lowe
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2004
Dave
Gold Member
14% Profile Strength
Posts: 211
Joined: 01 Aug 2003
Hallo Pierre
Wat Mark Lowe noem van MAUS is seker die beste oplossing, alhoewel ek die volgende aan my ou Ford 2.5 V6 gedoen met groot weslae:
1. Ek het die cam tot op "stage 1" laat sny.
2. Die silinder koppe is "ge-gasflow" m.a.w die
  poorte word gepoleer.
3. 'n Free-flow system is ook aan gesit (ook
  die stil tipe.
Net dit het 'n wesenlike verskil gemaak in die krag van die bakkie. Ek weet nie wat se vergasser jy op jou bakkie het nie, maar as dit nie 'n WEBER is, kan jy ook daaraan dink om jou vergasser te vervang met 'n WEBER.
Groete Dave Coetzer 
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jul 2004
Anonymous
Mark: Dankie vir die hulp, ek gaan defnitief met Martin by Maus in aanraking kom en sal jou laat weet wat die kostes is, want as dit so goedkoop is sal ek dit defnitief laat doen. Dave vir jou wil ek ook dankie sê, ek het al oorweeg om "cams en head" te doen maar is nog jammer vir die bakkie aangesien ek nog nie eers 100 000 km gedoen het nie. Dave, my bakkie is brandstofinspuiting en ek weet nie of 'n mens iets daaraan kan verander nie.

Dankie
Pierre
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jul 2004
Piet
Platinum Member
11% Profile Strength
Posts: 412
Joined: 01 Jan 2007
Pierre,
Voordat jy nou baie geld gaan spandeer met ombouings, probeer eers die volgende:  Laat die brandstof drukking nagaan, dit moet meer as 2,5 Bar wees.  Dit kan ook cambelt timing wees wat 'n tand uit is.  Maar ook seker dat die earth bo-op die brandstoftenk goed kontak maak.  Die Nissan is lief daarvoor dat daardie kontak afbreek en dit is die earth vir jou brandstof inspuit stelsel.  Die bakkies is gewoonlik baie sterk en dit is gladnie nodig om met 'n karavaan baie ratte te verwissel nie.  Jy behoort jou spoed te kan handhaaf bult op en bult af.  Onthou net jy sal so ongeveer 4.5Km/l kry as jy gelukkig is!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jul 2004
NicoBo
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 220
Joined: 04 Jul 2007
Hi Pierre
Ek het 'n soortgelyke probleem met my Courier 30 DC 4x4 gehad en dit was vir 'n dag by Jaco Dreyer (Lyttelton Motors Werkswinkel) in Centurion, die koste op die einde was R 150,00 want daar was net 'n paar klein verstelling wat hy gedoen het. My brandstof verbruik asook sleepvermoeë het drasties verbeter na die besoek. Kontakbesonderhede van Jaco is 012 664 0576
Dankie
Nico
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za