English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 941
topics: 986
replies: 15 408
views: 4 048 982
In this section we welcome you, and introduce you to everyone on our forums.

Wilk Emerald

replies: 13
views: 369
09 May 2020 @ 07:12:13 am
Wilk 91
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 May 2020
Experience: 40 years

Goeie dag. Dis lekker om weer te kamp. Ons het onlangs 'n 1991 Wilk Emerald aangeskaf. Dit is ons vierde woonwa en waarskynlik die laaste. Die vorige eienaar het 'n nuwe vloer, yskas, lugversorger en Reich movers geinstalleer. Hy het ook 'n nuwe dubbeltent/rally laat maak. Ons sleep met 'n Land Rover Freelander 2 SD4. Ons is van die Groblersdal omgewing so 30km van Loskopdam. Sal ander lede met 'n soortgelyke woonwa asseblief hul indrukke en advies deel. Lekker kamp na die "Lockdown"

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2020 @ 08:01:26 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Sjoe....lyk nog baie netjies.....geniet jou kamp! Welkom hier op die forum....hoop jy gesels sommer lekker saam op die ander drade

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2020 @ 08:17:23 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Welkom op die forum.

Lyk regtig nog mooi.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2020 @ 08:21:22 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4462
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Welkom en veels geluk met jou aankoop. Jy kan seker nie wag om te kan haak en kamp nie.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2020 @ 08:35:27 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Baie mooi karavaan.  Net een vraag: het die Landy genoeg gewig en krag vir die Wilk?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2020 @ 11:43:10 am
JJS
Silver Member
51% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 24 Dec 2019

A good choice of a caravan and with a mover is a +. The layout of the van is marvelous. Hope members here give advise to encourage you. Can't wait to camp again after lockdown. 

Regards,

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2020 @ 20:02:45 pm
Wilk 91
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 May 2020
Experience: 40 years

Baie dankie aan al die "happy campers" vir die verwelkoming.

Ons sien werklik uit om ons vleuels 'n bietjie te sprei na hierdie virus onder beheer is.

 Om Fred te antwoord: Die Landy het genoeg gewig. Hy weeg 1 923kg.

Diesel enjin lewer 140kw en 400nm.

Groetnis

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2020 @ 09:53:02 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Julle het 'n baie interessante en genotvolle nuwe wêreld betree en met julle houding kan dit net slaag.  Nou net vir dinge wat weer redelik normaal begin raak sodat julle dit kan begin geniet.  Bly op die Forum en deel julle avonture met ons.

Ek het gedink die Landy is swakker en ligter, maar dit klink of hy sy ding sal kan doen, hoewel sommige mense dalk nie so sal dink nie. Ons het 'n Sprite Supersport met 'n 60Kw Peogeot 504 begin sleep en het dit heeltemal voldoende gevind. 

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2020 @ 12:11:34 pm
Wilk 91
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 09 May 2020
Experience: 40 years

Dankie Fred, ons gaan beslis. Soos ek sê dis ons vierde wa. Ons het die wêreld al plat getoer en elke Desember vir drie weke by Keurbooms Lagoon in Plettenbergbaai deurgebring.

Die Landy sleep lekker. Ses spoed automatiese ratkas maar ry hom "tiptronic" in die bergpasse. Baie ekonomies.

Nou besig om 'n nuwe afdak vir die wa te bou.

Groete

Cas

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2020 @ 13:07:39 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Jammer, ek dog julle is nuwelinge, maar alles wat ek gesê het, geld in elkgeval, soosjy sal weet.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2020 @ 17:47:34 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1590
Joined: 22 May 2014
Experience: 7 years

Geluk met aankope,geniet die nuwe wa ek het n sagte plekkie vir die Wilkreeks

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2020 @ 13:38:06 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Dagse en welkom.

Ons het nie op die oomblik n wa nie, maar as daar n moontlikheid is sou ons graag wou kyk na die Topaz met die spitsneus. Ons kamp huidig met n Skipper waentjie wat ek gerestoureer het en biki gemoderniseer het.

Lyk asof dit dieselfde binneuitleg kan wees as julle wa.  Wat is die verskil tussen die topaz  en die Emerald m.b.t. ingeboude badkamer, gewig, lengte en bandgrootte..  Ek het verstaan  die Topaz is n redelike swaar wa en sy onderstel is a.g.v. dit   onder verdenking.

 

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2020 @ 16:22:06 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Ek is nog altyd mal oor die wilk. Al wat nie vir my sin gemaak het nie was die mat in die karavaan. Weet nie of almal met mat uitgekom het nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jun 2020 @ 15:38:25 pm
FritzF
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 31 May 2018
Experience: 60 years

Die Wilk is in 'n klas van sy eie.  Ek loop een keer 'n ou raak by Merry Pebbles, Sabie.  Hy sleep 'n Exclusive met 'n Freelander 2.  Glad nie gesukkel met die berg passe ens. nie.  Geniet die Wilk baie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za