English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 260
Total Replies: 229 989
Total Views: 82 375 570
topics: 139
replies: 2 201
views: 331 004

WilSur se kamp Help Draad

replies: 43
views: 13414
13 Jan 2016 @ 11:29:59 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5604
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Skies ek begin die draad sodat ek hom in die toekoms maklikker kan kry sou ek weer iets wil aanheg.

Die doel is nie om oor iets te debateer nie maar eerder om iets te plaas wat jy van gehoor het of beter iets wat jy getoets het hetsy dit gewerk het of nie sodat ons ander kan weet wat om te gebruik en wat om te los.

Die plenne het ek vitr myself gemaak en nog nie eers gebruik nie, wou dit op 'n stadium begin verkoop (miskien as ek oor 3 jaar nie meer werk toe gaan nie) ?

Die het ek by Hartenbos een jaar gedoen toe ek uit spasie geloop het teen die hout pale in die "B" blok, die penne het heeltys uit getrek.

Die het ek hierdie jaar by Hartenbos gesien, die ouens het 'n nuwe Elegance onder op die "E" kom opslaan vir mens wat later eers kom intrek het, splinternuut sonder nommerplaat.

Hierdie het ek verstaan van een van julle besprekings op die ander draad.  Ek hou nie daarvan om my pale te krap nie want ek het hulle laat Anodise wat baie lekker werk met die see lug en skoon maak.  Maar ek sal 'n 7mm gat onder deur boor om 'n 6mm reguit pen deur te sit en dan met 'n ander reguit pen te anker om die Vertikale paal op die grond te hou.

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2016 @ 19:08:15 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5604
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ek sien daar is BAIE wat die draar besoek het meer te bang om iets te plaas, solank die wat kyk net nut daaruit kry.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2016 @ 19:47:37 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Willem,
Kan ons maar die storie van die boor ve die steady,s ook oplaai.
Die bearings oppie steady,s
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2016 @ 20:51:55 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5604
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Johan

Ek probeer dit juis maklik maak deur my forum naam te gebruik is die opskrif hoor want dan kan jy net WilSur in die Onderwerp soek tik en dan kry jy al my drade wat my forum naam in het.

Vir daai een die selfde of klik net op hierdie skakel en hy vat jou na die draad.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2016 @ 06:40:12 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Hierdie is goeie idee. So as iemand inde toekoms iets soek dan gaan hy net na hierdie draad en lees deur en walla.. alle kamp gadgets is daar.
Die ouens wat n gadget wil plaas moet dan hierdie draad gebruik daarvoor.

Bosch18V GSR1800-L1 professional lithium iron battery

Hi
Het nou steady's af gehaal gestrip skoongemaak, gediens etc.
Hierdies het n thrust bearing op no. T5110388. Hulle lyk soos dik spacers maar is bearings. Karavaan is jaar oud, was al gediens en daai bearings so vol grit beweeg amper nie. Het hulle skoon gemaak ge chainlube .. werk weer 100% manne van bearigworks hier ken nie die no. nie.

More tackle ek die jockie handle en service hom n biekie.

Lyk my mens moet mazr jou eie wn service as jy dit oordentlik gedoen wil h.

51104 or T5110388 bearings
At + - R30 per bearing.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2016 @ 08:28:08 am
Dieter
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 245
Joined: 05 Jan 2016
Experience: 25 years
Weet iemand dalk waar ek die 19mm socket met extension kan koop wat klaar afgedraai is om in my boor te pas?
Ek het nie 'n draaibank nie, anders so ek dit self gedoen het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2016 @ 08:41:47 am
Henk D
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 213
Joined: 07 Oct 2014
Experience: 27 years


Torcraft(daai rooi en geel brand) maak n adapter wat in n socket pas en ander kant in die boor. Dink ek het so R50 daarvoor betaal. Meeste tool plekke stock Torcraft
Altyd lus vir Kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2016 @ 09:30:42 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7826
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Willem

Ek hou van jou idee, het vir die sambreel so pen gemaak en hy werk.
Dieter
Probeer Adendorfs.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2016 @ 20:23:54 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Dit sal wonderlik wees as ons al die blink idees in een kan saamvat. Ek sien so baie, regtig goeie planne, wat op n stadium gebruik kan word.
As dit kon, sou ek probeer het om idees onder verskillende hofies te sit, bv, penne idees, paal idees, blinkseil planne, mbaulas, gryswater,etc,etc selfs daai lekker tuisgemaakte oondjies van brandblussers die hele klomp. Kan n lekker boek ook uitmaak.
Hoekom moet die wiel so gereeld weer ontwerp word, al die planne is lankal gemaak, maar raak vergete.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2016 @ 20:37:36 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Admin sal moet inkoop op die voorstel om nie relevante kommentare (soos myne en ander hierbo) voortdurend te verwyder om die draad suiwer te hou. Is hulle bereid om dit te doen?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2016 @ 21:15:34 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5604
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ek het al vir hulle dit versoek, miskien moet iemand so draad vir Admin begin ?

Herman

Dit is my gedagte nog die heeltyd, kyk hier.  Sit my naam in op die onderwerp soek.  gaan kyk daar is nog ander ook.

Die doel is om elke onderwerp onder sy eie draad te hou sonder om te redekabel oor watter kleur moet die ding wees ens !!!

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2016 @ 22:13:34 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Verstaan ek nou reg.
ALLE gadjets op hierdie draad. OF
Elke soort op n verskillende draad, byv. Steady's een. Bore op n ander een, tente en pegs op n ander een ?????
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Jan 2016 @ 22:40:49 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Ek hou van Herman se gedagte.

As ek hom reg verstaan:

Admin skep 'n afdeling genaamd "Blink Idees" waarin net een draad per onderwerp (soos bv. "Penne/Pegs" of "Gryswater/Waste Water") toegelaat word. Idees/vrae word op die relevante draad geplaas. 

Dissipline is belangrik. Draad kaap sal dit sink.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 07:02:55 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Willem, ek sien nou eers wat jy bedoel !!! Voorheen gedink jy vertel ons waarmee jy besig is, en nie dit so verstaan soos jy verduidelik nie . Sou nooit "Wilsur "in die soekblokkie getik het vir beginpunt nie.

Hendrik, ja soos jy beskryf het, as admin so kan maak, dan le als by mekaar. Daai disdipline gaan maar moelik wees, maar tensy Kiepie wil vertel van sy blink gedagte om kar op water te laat loop, en die reaksie is oorweldigend, behoort daar nie te veel gestry te word nie.
Om oues by die te voeg, is vir die kundiges seker nie onmoontlik nie, Wilsur maak n "link" na plasings as hy dit in gesprek wil aanheg.

Maak sin dat ons die taamlik kampverwante onderwerp nie onder algemene klets bespreek nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 07:37:17 am
Anonymous

Jacques het reeds presies dit probeer doen met sy topic Camping gadgets, dalk moet hy admin vra om net die naam te verander na Camping tips, of so iets, wie gaan dink om te soek onder lid se naam? en hoeveel engels sprekende lede gaan weet om in afrikaans na tips te soek onder "help mekaar"? of verstaan ek die hele thread verkeerd?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 09:54:03 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5604
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Coenie

Jy is reg.

  • Hoekom ek my drade met "WilSur" begin is omdat daar nie 'n afdeling is soos versoek waar ons daai soort inligting kan stoor nie en dit is maklik vir my om te kry.
  • Die stelsel is nou tweetalig en Admin kan dit bou soos hulle wil en die Afrikaanse ouens (soos ek) kan dit kry onder bv. "Kamping Tips" vir "Kampeer Wenke"
  • Herman ja, dit was die oorspronklike doel maar die rede dat ek dit met ander deel was om dit vir ander tewys as my doen-en-late wat ook gebruik kan word.  Die "thrust bearings" het ek jare terug vir Jurgens van vertel en hulle het my geignoreer, net om so tyd terug uit te vind hulle doen dit nou op die nuwe karavane.  Na ek hulle weer gekonfronteer het was hulle baie vaag.
  • Sal iemand vir Admin weer vra om die hoof vir ons te begin met 'n geplakte riglyn skrewe wat gedoen moet word (ek is mos nie die "most popular" vrug in die mandjie nie)

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 11:08:25 am
Anonymous

Gelukkig, ons wat baie deel op die forum, weet hoe die dinge werk, en help mekaar met verwysings (skakels) na gesprekke wat iemand kan help.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 11:14:14 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5604
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Johann

Die andeer probleem wat ek nouse dae agterkom is, meeste gebruik nou slim fone en dan lees hulle net die miskien laaste 2 postings en rol nie terug nie.  So word inligting gemis en vra weer, hou dit dop jy sal sien niemans vra en so paar terug was die andwoord reeds gewees.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 11:16:25 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Nou toe, wie volunteer om admin. te aktiveer.
Wille, wille, willie kom in Asb.
Johann. Jy en/of Leon is mos nou tops. Help n biekie daar.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Jan 2016 @ 11:28:07 am
Anonymous

Willem, dis mos hoekom jy die raad drade skep, met verwysings (skakels om dit lekker maklik te maak) ook, dit werk vir enige persoon. Selfs ek kan nou al daai skakels "skep"laughing

 

Johan, ek dink ( Willem, jammer vir die kaping) Admin moet eers daai PM funksie uitsorteer voor ons nog versoeke rig.smile As daar genoeg versoeke is, glo ek sal Admin net die by komende "knoppie" kan byvoeg. Dit klink na 'nn baie goeie idee.

Net een regstelling asb, vir my tel daai metertjie geen punte nie, daar is mense wat tien keer meer ondervinding as ek het, al wat dit vir my sê,  ek klets dalk te veel.surprised

NB, het Admin ge e-mail., en na die versoek verwys.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Feb 2016 @ 13:54:30 pm
Anonymous

Oulike idee in COL van Feb, hulle gebruik daai groen "randte vir tuin beddings" (so 200mm hoe plastiek strook) om water afloop van karavaan weg te hou. Dit werk in die plek van slote groulaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Feb 2016 @ 13:39:57 pm
Oupa Giep
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 129
Joined: 17 Aug 2012
Experience: 12 years

Mooie Willem goeie idee laat dit plaasvind soek altyd wenke vir beter kamp.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Feb 2016 @ 13:57:00 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Myne 'n paar jaar terug by Mica gekoop. Baie handig om water weg te lei, veral by die multiroom. Rol klein op om in die neuskas te stoor.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2016 @ 13:23:16 pm
Anonymous

Het vir my 9m rol gaan kry by Makro wat ek nou gaan gebruik. So paar kort reguit penne wat dit mee vas gekap gaan word agter om die karavaan.  Ek het self plak velgro strokies aan albei punte geplak om die oprol maklik te maak en sodat die rol netjies kan bly.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2016 @ 13:33:02 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Baie handig. Veral wanneer mens lank staan en die weglei van reenwater is 'n probleem. Hou van jou idee met die velcro strokies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2016 @ 13:48:05 pm
Anonymous

Hendrik, die velgro strokies idee, moet ek erkenning aan Wilsur gee, ek het net op die self plak besluit vir gerieflikheids onthawe. WilSur se velgro om die pype om draad mee netjies te hou, het die gedagte laat posvat.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2016 @ 14:43:59 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5604
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Dit sal lekker werk by die Eiland Spa.

Moet dalk kry vir Desember by Klein Kariba, maar die stand is baie plat ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2016 @ 15:16:16 pm
Anonymous

Net 'n gedagte, want ek het vanoggend  eers die goed gaan kry en nog nie gebruik nie.

As die stand mooi gelyk is, wonder ek of mense die "edging" nodig sal kry?  Tensy dit elk geval, net so boog aan die weg kant, half onder die karavaan tog staan maak. Dit is nou as die hoër kant agter die karavaan is, dit probeer ons altyd doen, sodat die tent kant laer is.?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Mar 2016 @ 22:22:25 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 31 years

Wilsur,

Baie dankie vir die plasings/draad. Mens kry dit nie altyd nodig nie maar dit is baie behulpsaam met jou kampeer beplanning en ek glo ander soos ek put waardevolle inligting hieruit. Doen asseblief so voort.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2016 @ 07:28:36 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5604
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Dankie Julle, dit is die doel.

Die problee mwat ek het is die water wat teen die karavaan (vernaam agter) afloop in die gleuf (gutter) en dan van onder af in die tent loop sou die grond gelyk of effens ten se kant toe loop.

Die eerste foto wys waar die water begin.

Dan loop die water af in daai gleuf en dit is baie water van die dak af.

Hier draai die gleuf na onder en dit it die roete wat die water vat.

Die probleem kom as jy daai onderste seil op het kan ju nie sien waar die water vandaan kom nie.  By die Eiland het ek orals water kanale gegrou en steed was dit nat by die deur maar die res van die tent was droog.

Dit het my lank gevat om te sien waar die water vandaankom, het op 'n stadium geding dit is die stort of ander water pype.

Gedink miskien moet ek 'n geut maak wat ek met "press-stic" in daai gleuf sit net voor hy die draai onder maak om die water weg van die karavaan te ly ?

Enige raad ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2016 @ 08:59:00 am
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

My oplossing was maar "press-stic". 

Wat ook daarna gehelp het was om die wa so effens na agter te "tilt" sodat die meerderheid reenwater op die dak agter afloop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2016 @ 11:23:52 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5604
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Hendrik, die problee lê juis aan die agterkant waar die water afloop.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2016 @ 11:26:45 am
Anonymous

Doen ook so, ek sit die karavaan nooit 100% water pas  nie dus kan water ook nie iewers opdam bo die dak en dalk begin deur syfer in die "cavity" in nie.

@ Johan, Hager, dit is wat lekker is hier, mense gee raad en hulp, jy kan kies wat jy wil gebruik en wat nie virjou gaan werk nie.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2016 @ 11:29:33 am
Anonymous

Willem, dalk sal so stuk van die PVC "edging" help, as jy dit net voor die inloop na jou tent of wa, so kort stuk daar opstel?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2016 @ 11:53:12 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14052
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Willem ek dink die eintlike oplossing is op jou eerste foto.  Die materiaal strook wat op jou tent lê moet jy soos normaal op die dak laat lê.  Dan gaan die water nie meer in daai klein Guttertjie in nie en loop oor die algemeen van die hele dak af.

Ek het met die Classique nooit die probleem gehad nie want as ek die wa staan maak lig ek die tent kant effens hoër op en die neus ook net daai effens hoër sodat die stort water alles netjies uit die stort loop.

Dit het seker maar vanself die moontlike probleem uit gesorteer sonder dat ek dit eers geweet het.

As ek nou praat van hoër dan is dit net die verskil van die bubbel in die middel van waterpas se lyntjies na waar die bubbel die een lyn raak. Eintlig regtig min maar genoeg dat ek nooit die pyn gehad het met klomp water by die deur nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2016 @ 13:15:12 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3664
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

WilSur

Moes seker nie "agterkant" gebruik het nie. Ek bedoel die teenoorgestelde kant van die wa van die hooftent. Soos Leon ook gedoen het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2016 @ 13:25:33 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1757
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

My oplossing is as dit kwaai reën, om bloot 'n plastiek emmer te plaas op al die plekke waar reënwater af drup  -  veral by die rally se voorste twee hoeke, maar ook onder die Exclusive, naby die deur, maar agter die skirting, presies daar waar jou probleem is Willem.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Mar 2016 @ 17:32:06 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5604
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Leon

Daai is die gemaakte Rally want dit is die enigste foto wat ek gekry het om te wys waar die probleem begin.  Die Jurgens tent het dit nie.

Die probleem het ek die eerste keer by die Eiland Spa opgemerk want dit het BAIE gereën en daar is nie gras wat die water opvang nie.

Johann

Ja ek sal kyk vir so stukkie PVC wat mooi in die gleuf pas waar die eerste draai maak na die onderkant.

Len

Ja, ek het dit gedoen maar kan dit nie vêr na agter sit nie want ons loop na agter vir die opwas.

My plan is om die auto pomp op die grys water te sit en dan 'n bak onder vir die reën water aan die deur se kant en dan dit met 'n pyp te verbind met die grys water.  Dan soos dit reën sal dit oor loop in die grys bad en sodra hy vol is pomp dit dan weg.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 13:49:28 pm
Anonymous

Ek het vir my pers lig (gogga zapper) so staander gemaak wat verder weg van die karavaan op sy eie kan staan.

Ou gordyn pyp in twee gesny, 'n dunner stukkie pyp aan die ern pyp vas gerivit, sodat die lang pyp nou twee stukke is, en dus in die bunker met die buit deurtjie kan pas.

Die gewone plastiek koppel stukke vir die 90grade buig met nog 'n pyp waarin ek twee hakies vas gesit het om die pers lig se keting in te haak. Die maak ek staan n et drie anker toue en V penne.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 13:56:04 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

My oplossing is as dit kwaai reën, om bloot 'n plastiek emmer te plaas op al die plekke waar reënwater af drup  -  veral by die rally se voorste twee hoeke, maar ook onder die Exclusive, naby die deur, maar agter die skirting, presies daar waar jou probleem is Willem.

Ek gaan nou terug na die post van Lennie in Maart al.  Ek stem saam, om emmers of ander houers onder al die plekke te sit waar water afdrup, en veral as dit sterker afkom, help regtig baie.  Ons het dit juis met ons vorige kamp gedoen en het geen probleme gehad nie.  Die volgende oggend was die houers amper vol vars reënwater.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 May 2016 @ 14:10:22 pm
Anonymous

Slaat my nou met 'n nat slap koue snoek, toe ek ie fotos laai, verdwyn my eerste inskrywing, maar kom ek probeer weer.laughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 11:39:18 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5604
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ek sit dit maar hier onder die Help Draad.

Lank terug by Hartenbos het ek dit gesien en op die Forums geplaas.

Die oubaas het dit ook op die agter hoekstukke geplaas, as ek reg nthou was dit skateboard wielle gewees.

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2016 @ 18:18:29 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14052
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek sit dit maar hier onder die Help Draad.

Lank terug by Hartenbos het ek dit gesien en op die Forums geplaas.

Die oubaas het dit ook op die agter hoekstukke geplaas, as ek reg nthou was dit skateboard wielle gewees.

 

Ek het dit ook al gesien op verskeie karavane. Dink dis 'n blink gedagte maar van die wat ek gesien het, is heel skeef gebuig want die assie/bout en nut kan regtig nie die wa se gewig hanteer nie.

Ek stelvoor dat roller bearings gebruik word in die plek van die wielle. Twee redes:

1.  Die bearings laat toe vir 'n baie dikker as.

2.  Die bearings kan 'n groot gewig hanteer.

3.  Bearings se as moet so vasgesit word dat die bearings net net onder die  voetstuk uitsteek. Dalk 5mm.

 

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Mar 2017 @ 14:46:23 pm
Jaco van Rooyen
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 79
Joined: 20 Feb 2017
Ek wonder net hoe steady is die karevaan nou eintlik as die steadies ook op wiele is beweeg hy nie nou baie rond as daar binne beweeg word nie en as die wa teen 'n skuinste staan?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required