English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 649
Total Replies: 236 952
Total Views: 82 694 039
topics: 85
replies: 1 575
views: 187 564
Share your best or worst experiences to help others out.

WilSur se Namib Toer

replies: 14
views: 5280
05 Sep 2016 @ 12:27:52 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5676
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Ek kyk ook na so toer, so 5,000km's

 

Ander inligting.

Hier gaan ek by beplannings inligting vir myself stoor.

Julle kan ook gerus ons help met inligting.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2016 @ 21:41:01 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Wilsur,
Die westelike gedeelte van jul trip is meeste grondpaaie.
Jul kom dan terrug op teerpaaie vanaf Otjiwarongo.
Dit lyk asof jul die Sesriem en Soususvlei misry net voor Solataire.
Kuier daar gerus, kom net bietjie meer wes in na Solataire.
Terwyl julle daar is kan julle in 'n halwe dag Remhoogte en Spreetshoogte oorgaan. Moennie probeer sleep oor Spreetshoogde nie, dis redelik steil, maar is onlangs met "paving" bedek op die steilse gedeeltes.
Dis 'n ervaaring om op en af te ry op Spreetshoogte. Miskien kan julle Remhoogte uitskakel wat nie juis veel van 'n pas nie, maar dit kan saam gedoen word as 'n sirkelroete.
Kamp by Alte Brucke in Swakopmund, dis my vrou se gunstelling campplek.
In die omgewing van Swakop, kry permit en ry by die Arch en Bludkuppe campplekke. Baie mooi. Groot, middel en klein Tinkas is nie asemrowend nie. Jy behoort nie probleem te hÍ om tot by Bludkuppe te sleep nie, indien jy van die weste kant inkom, maar daar is 'n kol dik sand voor klein of middel Tinkas waar jy liks wegdraai na die Arch Kampplekke, so moet nie van die anderkant (oos of Groot Tinkas kant) af inkom nie.
Doen die gedeelte as 'n dagtrippie dan kan jy self besluit of jy daarin kan sleep of nie. Daar is so te sÍ geen geriewe nie, maar dis baie mooi om daar te kamp.
Besoek ook Spitskoppe noord-oos van Swakop vir dagbesoek. Op pad terrug is daar die Khan 4WD Trail. Wat ook baie mooi is. Naby aan die begin is daar 'n baie mooi Poort wat bietjie moeilik is. Indien jy nie kans vir hom sien nie, kan jy hier omdraai. Baie mooi plek om daar ook te kamp.
Roys Kamp by Henties is okay.
Tussen Henties en Uis is die pad gewoonweg bietjie sleg, so doen navrae voor jy daar ry.
Van Uis kan jy dagbesoeke aan Brandberg en die gewilde white lady boesman tekeninge indien jul daarvan hou. Terwyl jy daar is besoek ook die kampterrein in die Ugab Rivier. Van daar is daar talle 4x4 paadjies om te ry, op en af of oor die Ugab Rivier.
Uis se ware kom uit 'n Kwarrie, ry en kyk na hul helder water waar hul visboerdery het. Daar in 'n uitkyk punt oos van die dorp. Die kampterrein is agter 'n plek wat geslypte klippe verkoop. Gaan kyk gerus daarna.
Ek kan seker heel nag nog aangaan, maar weet nie waar lÍ jul belangstelling nie. Ek het nie 'n kaart by my nie sou gorrel so uit my kop uit.
Na so trip sal jy boswa aanskaf om by die meer uitgeleŽ plekke uitkom, wat net mooier is as die stedelike gebiede. Hier is 'n kampplek 'n boom met koelte en min ander lukshede, maar as die gogga byt, dan wil jy verder en verder van die teerpaaie wegkom en die bos in.
Ek sal aanraai dat jy Trax4Africa aanskaf vir jou GPS wat ook baie inligting verskaf.
Omaruru oos van hier is baie "Arty" met 'n plek wat hout en boom wortels gebruik om diere te naboets?
Indien jul baie tyd het, besoek ook Etosha. Baie mooi park en Okuakuje (so iets) het 'n watergat wat my vrou maklik kan bly, die hele nag deur. Renoster het 'n meter by ons kom eet en ek het al gehoor dat 'n leeu 'n slapende touris van die rusbank af gevat het.
Dis seker die beste watergat wat ek ooit tegekom het.
Die toer sal jy beslis geniet.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Sep 2016 @ 22:55:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14697
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Lyk opwindend! Wanneer beplan jy om hierdie toer te doen?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2016 @ 09:26:56 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2059
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Willem sterkte met die beplanning. Daar is soveel verskillende roetes en plekke om te sien dat mens heelwat tyd nodig het om alles op een toer te wil sien. Jou toer roete lyk goed en julle sal die baie geniet. Onthou net dit is grondpaaie en neem langer om af te lê veral soos met ons wat kort kort stop om fotos te neem.

Sal hier dophou vir ons volgende toer na Namibie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2016 @ 09:48:15 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Sal een dag met Edge die Namib bespreek dat hy vir ons so toer reŽl vir 2018, Willem dit lyk na n goeie plan met Edge se advies.

Geniet dit terwyl julle uitsien na die tyd.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2016 @ 12:55:44 pm
Lennie
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1837
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Willem, wil jy die Namibië grond-paaie met die Gypsey aandurf of is daar 'n boswa op die horison ?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2016 @ 12:56:57 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Willem om voort te gaan,
Vanaf Uis is dit omtrent drie uur se sleep na Aba Huab waar daar krak punte is vir jou wa.
Hier sal seker jou beste kans wees on die Woestyn Olifante te sien.
Die jaar het ons elf daar gekry wat water in die kampterrein kom drink.
Van daaraf kan jy Twyvelfontein se boesman tekeninge besigtig, sowel as verbrande berge en orrelpype.
Van daar oppad Khorixas sal jy verby die gesteende woud ry wat ook 'n toeriste plek is.
Die volgende kampplek kan in Kamanjab wees by "Op Die Koppie".
Jy is nou baie naby aan Etosha of die Volgende plek is Outjo, Ombinda Rus Kamp, gelee aan die suide kant van die dorp omtrent een of twee km buite die dorp. Hulle het mooi kroeg en Restuarant om die rugby te kyk.
Teen die tyd sal jy seker naby genoeg wees om tot by Otjiworongo uit te kom.
Nog noord van hieraf naby Grootfontein is die Mietioriet en dan noord na Rhundu met drie mooi kampplekke.
Van nou beweek oos na Divundu waar jy kamp kan opslaan by Shametu lodge en dan van daar kan jy die Mahangu Nat Park besoek.
Moet hier nie te veel verwag nie, maar die poppa valle is ook in die omgewing sowel as die, wat maar 'n paar rapids is.
Oorkant die Rivier is daar die "Buffalo Core Area" waar 32 Bat 'n Basis gehad het. Hier is ook 'n paar grafte. Bly al langs die rivier waar jy baie Buffels en boksoorte sal sien. Dis beter as Mahangu, maar Mahangu moet jy besoek om te kan se jy was daar en om te kan sien wat dit is.
Die plekke kos omtrent R70.00 om te besoek, vir dagbesoeke, so dit is nie 'n plaas se prys nie.
Volgende stop is Katima Malilo wat baie plekke langs die rivier het waar jy kan kamp. Die naaste aan die dorp was die iets River Lodge wat redelik geprys was en redelik aanvaarbaar om van daar al die plekke langs die rivier te besoek. Suid net voor die grenspos by Ngoma Hek is 'n Lodge waar die Carmine Bee Eaters in Augustus arriveer en is baie aanskoulik.
Nou in Bots toe waar Chobe Lodge goed geleŽ is in Kasane met goeie Kamptariewe. Hier kan jy met 4x4 die Chobe Nat Park binnegaan, wat redelik is vir dagbesoek en duur raak om daarin te slaap by Ihaha. Karavaan kan daar bietjie sukkel met die dik sand, veral as jy naby die Ngoma hek sal uitkom, waar dit opdrand is, in baie dik sand.
Nog 'n baie mooi maar duurder kamp met 'n mooi watergat is die Senyati Safarie kampterrein. Hier is ook dik sand om by die kampterrein te kom, maar daar is nou blykbaar 'n meer geskikte pad oopgemaak wat gewone 4x2 voertuie kan gebruik om daar uit te kom.
Nou suid na Elephant Sands Kampterrein. So paar kilos voor die afdraai is 'n plek waar jy gestop word en jou yskas word geinspekteur vir vars vleis, vrugte en groente wat gekonverskeur word, so voor dit moet plan gemaak word.
Ongelukkig het Elephant Sand nie krag nie, maar teen die tyd is jy amper by die huis en sal 'n plan moet maak. Dit is die moeitewerd om hier te kamp, al is dit net vir een aand.
Daar is ook 'n kroeg en Restuarant en daar sal altyd Olifante wees by die watergat. Hier is ook chalets as jy nie wil kamp nie. Die Lodge Chalets en kampterrein sit al om die watergat.
Hierna kan jy Gaberone toe ry waar jy kan kamp of in selfkatering plekke bly by Mokolodi Back Packers Hotel suid van die hoofstad.
Na dit is jy uit Bots by die Lobatse grenspos en dan seker baie naby aan die huis.
Dis hoe ek die roete sou voorstel.
Van Otjiwarongo is jy nie te ver van Rundu en dan oos na Katimo Malilo dan by Bots uit.
Baie beter as suid uit van Otjiwarongo af wat 'n lang en ont-interesante pad uit Namibia is. Die hele trip sal seker nie meer as 'n week langer as jou oorspronklike trip wees en sal baie meer interesant wees.
Geniet jou beplanning.
Indien jy enige ander inligting benodig, is my email:
edgew60@gmail.com
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2016 @ 17:22:42 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4506
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Willem geniet die beplanning as jy jou oe uitvee is dit sullke tyd
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2016 @ 18:25:01 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5676
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Edge

Baie dankie vir die informasie.

Daar is egter nog nie tyd daaraan gekoppel nie, wil graag hê Wijan moet beter verstaan as ons daar deur gaan.

 

Len

Die 3B is die plan, maar tyd sal leer.

 

Jan

Ja dit is die doel van die draad.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Sep 2016 @ 20:01:36 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
WilSur,
Moet nie tente opslaan nie dan kan julle nog als inpak in jou tydperk.
Om deur die middel van Namibia terrug te kom is 'n mors van tyd en killo's op jou kombinasie.
Net 'n paar killo's verder noord, en jy het die hele trip in een.
Om weer met jou kombinasie tot op Otjiworongo te kom gaan jou minstens R 4 000 duisend rand kos, net in brandstof, sonder kamp kostes en sluitasie op jou voertuig, wat daai getal kan verdubbel.
Gaan net bietjie verder noord en dan oos tot by Katimo en jy kan alles in een trip voltooi.
Jou hele trip gaan seker nie verder as 500 killo's bygetel wees nie. Doen die somme, dan is daar baie meer in elke dag ingesit, en ooreen is jou waarde baie hoÍr. Hoop dit maak sin.
Geniet die beplanning , jy sal weer die roete noord aanpak.
Hul sÍ, as die Namibiese gogga gebyt het, sal jy terrugkeer.
Wees versigtug.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 09:36:32 am
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
WilSur,
Ek het nou ook opgemerk dat jou roete vanaf Upington na Springbok gaan. Ek weet nie of daar 'n rede hiervoor is nie. Hier ry jy ook 'n groot onnodige draai suid-wes en weg van Namibia.
Ry liewerste van Upington tot by Nakop grenspos op die N10, dan na Karasburg, Grunau op die B3. Dis omtrent 200 kms. Net noord van Grunau is die Withuis Lodge en Kampterrein wat geskik is. Op Grunau langs die brandstof filstasie is daar ook 'n nuwe skoon kampterrein met privaat ablusies en self catering units, maar die geraas van voertuie die hele nag kan jou wakker hou, as jy 'n ligte slaper is.
Van hier kan jy dag besoeke aflÍ na die Ai-Ais Warmbronne, die Visrivier Canyon, sowel as die Cannon Roadhouse (Hier can jy ook Kamp in plaas om by Grunau te bly, wat die distansie minder as 300 kms vanaf Upington maak). Die sal jul minstens een dag se ry spaar en minstens 300 kms tot by Canon Roadhouse.
Van hier af kan jul die C12 ry tot by die B4 tot by LŁderitz wat die distansie in die omgewing van 350 kms vir die dag se sleep.
Van daar kan jul die roete volg op die kaart wat jy aangedui het en by Beta slaap, dan aan na Soususvlei en dan verder noord.
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 09:44:32 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5676
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Edge

Ek het eendag toe ek nog by die werk was net gesit en 'n roete begin met geen inligting.  Ek waardeer al die inligting en sal dan volgens dit vir my 'n roete beplan en met julle wat reeds daar was deel om my dan verder te help.

Vir nou soek ek al daai inligting.

Dankie

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 10:18:18 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Dit is nou lekker beplanning Wilsur.   Ek beny jou, wens ons kon dit doen.   Dit is wonderlik dat jy sulke goeie raad kry op die forum.

Hoe oud is Wijan, en is ek reg as ek agterkom hy is 'n laatlammetjie?smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 11:56:54 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 705
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Ek praat nou van lank terug.

Ais-Ais se kamp was maar gehawend. (die hitte sal jou daar bekruip en probeer oorval)

Visrivier canyon is `n moed- geen foto berei jou daarvoor voor.

Gross Barmen warmwater bron- was skoon, baie skoon, soos die 80s se armykamp. (teerpad)

Langstrand (tussen Swakopmund en Walvis, baie lekker daar gekamp)

Die Auba hoop, Ais Ais- nie vir  pad wa.

Iets soos Zelda`s game farm (nie op jou roete) 30Km van Botswana grens in Namibia was excelent.

Maar së weer dit was lank terug.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Sep 2016 @ 07:15:06 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 834
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Edge

Ek het eendag toe ek nog by die werk was net gesit en 'n roete begin met geen inligting.  Ek waardeer al die inligting en sal dan volgens dit vir my 'n roete beplan en met julle wat reeds daar was deel om my dan verder te help.

Vir nou soek ek al daai inligting.

Dankie

Hi Willem,

Dit lyk of jy nogal GOEIE en WAARDEVOLLE inligting hier gaan kry. Edge het al 'n HELE MONDVOL deurgegee en mens kan sien dat die Namibia gogga hom lankal gebyt het.

Sterkte met hierdie beplanning.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required