English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 158
Total Views: 82 384 964
topics: 779
replies: 12 491
views: 4 978 815
Talk about the different aspects of your tow car and tow advice.

WilSur se 2011 Exclusive - Gewig

replies: 83
views: 21584
page 1 of 2
02 May 2016 @ 16:44:46 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ek begin my eie draad oor my karavaan se gewig want daar is teveel plekke en dit is nie maklik om inligting bymekaar te kry nie.

Met ons terugkeer van TO Strand begin van Mei 2014 het ek gereël om die voertuig en karavaan by Nampak in Rosslyn te gaan weeg en het amper op my rug geval.
Karavaan en Ford saam op die skaal = 4640kg
Die karavaan alleen het die skaal op = 2240kg getrek
Karavaan - T - 1504kg
GVM - 1800kg
GAU/BAE - 2400kg, dit is die twee aste saam se dra vermoë.

Dit het my bekommerd gemaak want dan moes ek 700kg gepak het en die tent was in die Ford.

Met die stemdag het ons nie nodig gehad om te werk nie en het ek als uit gepak en elke ding geweeg en dit het my so 400kg gegee, waar is die ander 300kg dan ?  Ek het vir Jurgens vabriek 'n e-pos gestuur en hulle sal die geboorte sertifikaat trek om te sien  met watter gewig is die karavaan uit die fabriek uit. 
Want volgens die gewigte wat ek het na ek als uitgepak het, het die karavaan steeds die skaal op 1760kg getrek, m.a.w. ek kan net 40kg laai om by die GVM van 1800kg te kom.

'n Antwoord wat Jurgens vir my gegee het.

GAU is the axle unit capacity. In your case this is 2 x 1200kg axles = 2400kg. This however is not the max limit the van can be loaded to this is only the axle rating. The GVM remains the legal loading limit. If it were a single axle van we would fill in the GA & not the GAU – The “U” meaning unit or combination.

Als het so gebly want niemand het gepla nie.  Die gedagte na my ondersoek om die aste op te gradeer met elektriese remme is steeds met my.
Nou ja toe begin die herrie by die Mooinooi Weegbrug by die N4 snelweg en dit het my weer aan die werk gebring, hier is wat ek gedoen het.

Ons karavaan se data plaatjies

Hulle weeg net een op 'n slag en jy moet jou karavaan daarop terug stoot (teen 'n "ramp" op), hulle weeg nie die aste nie.

Hier kan jy sien waar die weegbrug is, j gaan by die hek regs is as jy klaar betaal het en dan moet jy jou karavaan terug stoot op die weegbrug.  Glo my jy sal hom nie daarop kan stoot nie, tensy jy 'n paar hande saam gevat het.

Op die skaal het hy ingeweeg op 1,850kg

Ek het 'n paar goed uitgehaal en die gewig laat inweeg op 1,800kg.

Van hier is ons na die Toetsgronde "Dekra in Klerksoord" tussen Rosslyn en Pretoria Noord.

Hier het die beampte die aste nagegaan en gesê dit is 1,500kg aste en nie 1,200kg nie = 3,000kg.
Hy het ook die bande nagegaan en met elk op 850kg (x4) is hulle geregtig op 3,400kg.

Terug na die lisensie kantoor daar als ingehandig en die nuwe 2017 lisensie is uitgereik met die nuwe Tare op 1,800kg, maar die GVM is nie verander nie en staan ook op 1,800kg.  By navraag is ons verwys na Watloo, daar vir omtrent 'n uur gewag en is toe gevra hoekom is on na hulle verwys, bla, bla, bla en ons is terug.

Donderdag 28 April is ons terug in die tou by die "Data Fix" toonbank met 3 stelle van alle dokumente en wat nog.  Na ons heen-en-weer tussen toonbanke verskuif is het hulle op laaste al die dokumente opgeneem en ons 'n bewys gegee van al die dokumente wat ingehandig is en ons moet die 13 Mei weer 'n draai kom maak om die uitslag te kry.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 May 2016 @ 16:46:34 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Hierdie in nie 'n draad wat ek begin het vir allersoort geselsies nie asb.

Dit is meer 'n inligting stuk.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2016 @ 06:26:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Wel Willem as ek die ding so beskou hoop ek jou moeite werp vrugte af. So al wat jy nou voor wag is dat die GVM van die Exclusive gelig word. Siende dat die kleinste vermoë die aste se kombinasie gewig is, het jy gevra dat die  GVM tot die volle 3000kg gelig word? ? ? ?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2016 @ 07:18:45 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Nee Leon, ek het dit ingesit net onder die Ford se Tare. Gevra vir 2050kg

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2016 @ 10:37:34 am
Elleebee
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 373
Joined: 02 Apr 2013
Experience: 40 years
i wish i had a translator on this website
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2016 @ 12:22:07 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

i wish i had a translator on this website

Lindsay

What is it that you need ? (try Google)

 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2016 @ 12:24:31 pm
Elleebee
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 373
Joined: 02 Apr 2013
Experience: 40 years
Willem - i get the gist of what you have written but i am afraid i have missed the detail. Google is about as good as i am at translating
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2016 @ 12:31:14 pm
Hennievr
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 693
Joined: 01 Feb 2012
Experience: 49 years
Wilsur watter vorms moet ingevul word. en dan die kostes behalwe die weegbrug. Jy moet die bewys van die weeg saamvat, moet die azzise sertifikaat saamgaan vir die weegbrug. Moet jy die aste se plate ook afneem en so ook die bande se gewig dra vermoee
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 May 2016 @ 12:37:35 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Hennie,

Het die registrasie sertifikaat Weegbrug toe gevat want hulle wil dit sien en die VIN nommer op die sertifikaat sit

Van hier is ons na die Toetsgronde "Dekra in Klerksoord" tussen Rosslyn en Pretoria Noord.

Hier het die beampte die aste nagegaan en gesê dit is 1,500kg aste en nie 1,200kg nie = 3,000kg.
Hy het ook die bande nagegaan en met elk op 850kg (x4) is hulle geregtig op 3,400kg.

Die weegbrug is die Tare want dit is leeg, die weegbrug toets beampte vra/sê die GVM, ek het gevra vir 2050kg.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2016 @ 06:10:37 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Net vinnig weer Willem, as jy die GVM van die GCM op die Terry aftrek wat kry jy dan?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2016 @ 08:02:41 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Leon

Ek vermoet jy vra wat is die verskil as ek die Karavaan se GVM van die Ford se groot Totaal aftrek ?

4850 - 2050 = 2800

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2016 @ 21:27:43 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Leon

Ek vermoet jy vra wat is die verskil as ek die Karavaan se GVM van die Ford se groot Totaal aftrek ?

4850 - 2050 = 2800

Nee die GCM van Terrie minus GVM van Terrie (4850 - 2690 = 2160)  Jy kon dus gevrag het as jy wou vir GVM op karavaan 2160kg. Want dit is die sleep vermoë van jou Terrie as ek die plaatjie se inligting volg en dis binne vermoë van die aste.

2050kg is seker naby genoeg.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2016 @ 21:35:05 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Willem, ek wil nou nie n stupid ding se op hierdie draad nie.
Maar as mens die bvm van die wa op 2600 kan kry. Waarom nie.
Jy mag net nie dat die bvm die tarra van trek voertuig oorskry nie.
Byv. Ek kry die Elegance se bvm op 2600
Maar ek laai net tot 2200, wat die tarra van die jeep is.
Miskien later koop ek n cruiser wat 2700 weeg, dan kan ek meer laai in die wa.
Redeneer ek reg.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2016 @ 22:04:01 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Want volgens wet by n padblokade sonder n weegbrug is jy dan in probleme omdat gvm tare van jar gaan oorskry..  skies wilsur


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 May 2016 @ 22:16:38 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Oom Koos, jy het nie opgelet in die klas nie. Sal ook skuus se Willem, anders gaan ons die hele spul van voor af herhaal, en ek wil ook net graag feite hoor vir n slag.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2016 @ 07:06:25 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Willem, ek wil nou nie n stupid ding se op hierdie draad nie.
Maar as mens die bvm van die wa op 2600 kan kry. Waarom nie.
Jy mag net nie dat die bvm die tarra van trek voertuig oorskry nie.
Byv. Ek kry die Elegance se bvm op 2600
Maar ek laai net tot 2200, wat die tarra van die jeep is.
Miskien later koop ek n cruiser wat 2700 weeg, dan kan ek meer laai in die wa.
Redeneer ek reg.

Oom Koos die Tara van jou sleep voertuig word glad nie gebruik om die sleep vermoë van jou voertuig te bepaal nie. Dit is wel 'n goeie "eie"  reel om te gebruik dat jy niks sleep wat swaarder is as wat jou sleep voertuig leeg weeg nie. (Want dis mos wat Tara beteken, 'n leë voertuig)

Want volgens wet by n padblokade sonder n weegbrug is jy dan in probleme omdat gvm tare van jar gaan oorskry..  skies wilsur

Geen verkeers beampte by enige padblokade kan jou 'n boete gee ten opsigte van gewig aspekte as hy nie jou sleep kombinasie geweeg het nie.  En hulle weet dit hy moet jou uitrusting op 'n skaal sit en dit lewer bewyse jy goed is oorgewig. Boete gaan jy kry want jy het dan nou tot by die weegbrug op openbare pad "onwettig" gery. Dan sal hy jou verplig om die oorbelading regtemaak voordat jy verder kan ry.

Hy kannie net 'n boete gee oor dit wat op die plaatjies staan nie. Jy moet visies geweeg word.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 May 2016 @ 10:51:54 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Soek kan n sahara sleep sonder probleme? Dis dan n wetsoortreding om n karavaa te sleep met gvm groter as tare van jou kar, of hy dan nou gelaai is of nie


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2016 @ 10:08:14 am
Corn Wagemaker
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 09 Feb 2014
Experience: 32 years
Wilsur, ek vermoed die eind produk wat jy probeer behaal is om die gewigte van die karavaan te verhoog.
Wat gebeur dan met die beskrywing van die karavaan op die lisensie papier? Word hy dan geklasifiseer as n kode3, of hou hy sy oorspronklike beskrywing?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2016 @ 13:41:41 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Corné

Die Tare verandering het niks anders verander nie, maar sal seker by die 13 Mei weet as ons terug gaan om die veranderings te kry.  Glo nie dit sal verander nie.

Hallo almal
Om die vraag te beantwoord as wat my woonwa se kode nou is kan ek rapporteer dat die registrasie papier nou aandui dat dit 'n kode 02 is.

Ek het navorsing gedoen oor wat die verskillende Kodes beteken en hier is dit:

code 1 - Brand New
code 2 - Used
code 3 - rebuild
code 4 - breaker (car must be broken up as spares but is sold as a complete car)

Ek hoop dit help.
Groete
Jan

Hier is die skakel na daai draad.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2016 @ 16:01:36 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Net 'n klip in die bos:

As jy hou by die vervaardiger se "eerlike" gewig gaan jy dalk eendag by 'n weegbrug tweede kom.

As jy die woonwa se bvm gaan verhoog gaan jy beslis sukkel om eendag die wa verkoop te kry.

Die motorvervaardigers maak hulle voertuie al hoe ligter, want hulle moet uitlaatgas standaarde haal. Dit beteken kleiner en meer doeltreffende enjins, maar ook minder gewig wat noodwendig minder brandstof vereis. As jy jou wa loop weeg en die gewig verander, sal al hoe minder voertuie dit mag sleep.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 May 2016 @ 17:19:52 pm
Anonymous

Hans, die probleem lê  by die weeg brue, daar kry jy boetes en hulle laat jou nie verder ry tot daai gewigte in lyn is met wat op die vin plaaitjie staan nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2016 @ 15:53:05 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Hans

Ek is nie buitensporig nie.  Wonder dan hoe verkoop hulle die Sensation Anee want sy Tare Weight op hulle web is 1780kg en ek glo nie hulle sukkel beslis on hom te verkoop nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 May 2016 @ 16:01:49 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3665
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Interesant dat hulle nie se wat die GVM van die Anee is nie. Na al die "Add On's" bykom wat bly oor om te laai? 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 May 2016 @ 20:03:32 pm
Gumphy
New Member
37% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 08 May 2016
My karavaan se Tarra en BVM is ook albei dieselfde. Watloo toetsentrum se rede:
'n Karavaan word nie gebruik om vrag teen vergoeding te vervoer soos bv 'n vragmotor, bakkie. treiler, minibus of gewone passasiers motor nie. Jy word nie beperk met die gewig wat jy mag laai nie in 'n karavaan nie, solank jou karavaan se gelaaide gewig nie jou sleepvoertuig se Tarra (lee gewig) oorskry nie.
Jy moet ook sorg dat jou gesamentlike (kombinasie gewig van voertuig en karavaan)nie 3500 kg oorskry as jy net kode 8 (B) lisensie het nie maar dan moet jy 'n EB lisensie kry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2016 @ 07:11:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My karavaan se Tarra en BVM is ook albei dieselfde. Watloo toetsentrum se rede:
'n Karavaan word nie gebruik om vrag teen vergoeding te vervoer soos bv 'n vragmotor, bakkie. treiler, minibus of gewone passasiers motor nie. Jy word nie beperk met die gewig wat jy mag laai nie in 'n karavaan nie, solank jou karavaan se gelaaide gewig nie jou sleepvoertuig se Tarra (lee gewig) oorskry nie.
Jy moet ook sorg dat jou gesamentlike (kombinasie gewig van voertuig en karavaan)nie 3500 kg oorskry as jy net kode 8 (B) lisensie het nie maar dan moet jy 'n EB lisensie kry.

Lyk nou ook maar vir my die owerhede wat die registrasies doen en die wat die wet afdwing by die weeg brue verskil van mekaar of praat nie eers met mekaar nie.

Die info wat ek gekry het by die weegbrug beampte in Witbank/Middelburg klop met dit wat gedoen word by die weegbrug tussen Brits en Rustenburg maar verskil van dit wat hulle sê by Watloo.

 

Lyk maar of hierdie storie nog lang sake gaan draai. Volgens Watloo se uitlating hoef mens dan nie bekommerd te wees oor gewigte nie. En dan moet jy maar met die sak patas sit as jy by die weeg brug kom.

Willem ek hoop maar vir jou part jy het nie verniet deur hierdie weeg pyne gegaan nie en julle kry 'n goeie uitslag, dit wat jy wil hê.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 May 2016 @ 11:04:11 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Welkom Johan
As dit wat jy s in die hof getoets kan word en slaag dan het ons minder prob,s.
Ek het van die begin af genoem dat ek hof toe gaan oor die plaatjie se storie. Handelaars en fabriek sal nou n wettige antwoord moet uitdink.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 10:37:14 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ok, Vrydag 13 Mei het aangebreek en Surette is lisensie kantore toe vol verwagting dat ons karavaan nou maklik deur die weegbruk sal gaan want ons het mos als volgens die boek gedoen.

Surette het voor in die tou gekom net on die pak terug te kry met geen veranderinge gedoen nie, met verdere naa vraag is sy meegedeel om so 15 min. te wag want hulle gaan dit gou reg maak.

Later kom hulle terug en verwittig haar sy moet 'n ander vorm invul en weer al die afskrifte maak want dit moet nou kwansuis Jhb. toe gestuur word.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 May 2016 @ 11:36:42 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Jul vrydag 13de beter as myne :'(


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 May 2016 @ 20:04:06 pm
Anonymous

Ok, Vrydag 13 Mei het aangebreek en Surette is lisensie kantore toe vol verwagting dat ons karavaan nou maklik deur die weegbruk sal gaan want ons het mos als volgens die boek gedoen.

Surette het voor in die tou gekom net on die pak terug te kry met geen veranderinge gedoen nie, met verdere naa vraag is sy meegedeel om so 15 min. te wag want hulle gaan dit gou reg maak.

Later kom hulle terug en verwittig haar sy moet 'n ander vorm invul en weer al die afskrifte maak want dit moet nou kwansuis Jhb. toe gestuur word.

Ai tog, lyk my ons binne landers sit met al die hickups hier, ek sukkel net so.

Die mense indie Kaap Kolonie se goed gaan flink deur.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2016 @ 09:33:20 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Netso Johann

Die wag is nie lekker as jy hoor jy moet als oor doen nie.

Nou moet hulle nog net vir my sê die dokumentasie is te oud en ek moet als oor doen dan bollie ek in my broek, verseker.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2016 @ 10:09:10 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Wie is nou die vlieg in die salf. ??
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2016 @ 15:22:26 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6408
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Willem sterkte

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2016 @ 20:24:44 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5016
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek gaan my wa weeg, sodra ek nou kans kry, dan gaan ek die resultate maar by my hou, en as daar vrae kom, rig ek dit maar aan fabriek. As daar ander issues kom en eks kamma oorgewig as ek niks in wa het nie, dan vat ek dit maar daarvan af.. 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2016 @ 06:41:14 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Goed hoe lyk dit met die karavaan se gewig?  Is hy al uitgesort Willem?  Hoe lyk dit my almal het met 'n "Bang" weggespring en nou kom hulle voor dooiemans deur.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2016 @ 11:05:21 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Leon

Ek het nog nie stil geraak nie maar na die fiasko op 13 Mei by die lisensie kantore moes ons als weer oor doen en nog 'n vorm RIP invul en inhandig.  Nou wag ons vir 31 Mei om te hoor of hulle die GVM verander het, dan kan ons die regte dokumente kry en kyk of J-Ci vir ons 'n plaatjie sal maak, maar nie teen R250 nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2016 @ 14:59:34 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5617
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Sien in die wegsleep mag jy kan jou wa verniet by sanral se weegbrue laat doen. Net te ver ve my, sal maar die R80 betaal by senwes maar julle ander manne in daardie omgewing moet gebruik maak van die aanbod.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2016 @ 15:08:16 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Dan moet jy 100% seker wees jy weeg nie meer as die tolaatbare gewig nie anders ootree jy reeds die pad wet en gaan jy beboet word.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2016 @ 15:16:34 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years
Ja willie ,n saak het altyd meer as eenkant.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 May 2016 @ 15:43:21 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ja willie ,n saak het altyd meer as eenkant.

Moet net die regte een volg.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2016 @ 14:31:28 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

[qnuote]1027,11150[/quote]
Hi Willem my karavaan se GVM is by Akasia verander en het omtrent 10 dae geneem - moes daarna 'n nuwe lisensie disk kry met nuwe GVM op. Alles nou wettige - gewig plaatjie, lisensie en eNatis. Groete Pat

Pat

Ek het dit na my draad geskuif.  Hier is my hele storie.  

Ek glo dit is net 'n klomp personeel wat nie hulle werk die eerste keer reg gedoen het nie, maar kom ons hoop dat by Dinsdag is als opgelos en 100% reg.

Het jy die nuwe karavaan plaatjie by Jurgens gekry ?

Wanneer het jy dit gedoen ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2016 @ 15:14:14 pm
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 346
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 36 years
Hi Willem - ons het die Nomad conversion deur Kempton Caravans in Augustus 2014 laat doen. Hulle het die karavaan ingeneem vir die geweeg daarna die vorms en plaatjie vir my gegee. Ongelukkig bly ek nie voltydse in RSA nie en kon dit nou eers in April 2016 indien by Akasia. Dit het 10 dae geneem om op die eNatis system te wys. Daarna kon ek die nuwe lisensie disk kry met die nuwe Tare en GVM op. Miskien het ek 'n paar jare onwettige gesleep???
Groete Pat
Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 May 2016 @ 16:12:22 pm
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 346
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 36 years
Die Raven spesifieke was
TARE 790 Kg
GVM 1000 Kg
Die Nomad spesifieke is
TARE 970 Kg
GVM 1200 Kg
Die as het 'n 1600 Kg rating en die bande 1100 Kg. Toe vra ek hoekom is die GVM so laag hulle antwoord is - dis better om laag te wees so meer karre kan hom sleep!!!!
Maar dit benadeel my.
Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2016 @ 06:38:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hi Willem - ons het die Nomad conversion deur Kempton Caravans in Augustus 2014 laat doen. Hulle het die karavaan ingeneem vir die geweeg daarna die vorms en plaatjie vir my gegee. Ongelukkig bly ek nie voltydse in RSA nie en kon dit nou eers in April 2016 indien by Akasia. Dit het 10 dae geneem om op die eNatis system te wys. Daarna kon ek die nuwe lisensie disk kry met die nuwe Tare en GVM op. Miskien het ek 'n paar jare onwettige gesleep???
Groete Pat

Pat . Kan jy aanduiding geen van watse vorms jy ingevul het, watse dokumente jy aangeheg het en wat was die kostes verbonde aan die storie.

Lyk vermy jy is die eerste persoon in Gauteng wat reggekom het met so verandering. En dis dalk die pad om te volg. (Lyk my die groot ding is om die regte NATIS vorm ingevul te kry).

Daar is 'n paar mense wat ek van weet wat net wag om uit te vind wat werk die beste en vinigste.

Jurgens is maar stil. HULLE HOOP SEKER MAAR DIE PUBLIEK SORTEER DIE DING SELF UIT. Dan het hulle geen onkostes nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2016 @ 09:52:39 am
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 346
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 36 years
Soos ek vroer ges, Kempton het die weegbrug gedoen en die vorm of verslag vir my gegee. Centurion en Watloo doen nie die eNatis verandering nie net Akasia. Ek het daar ingestap en gevra watter vorms ens moet ek voltooi. Daar was twee vorms ek dink die een was n CNV - kan nie die ander onthou nie. Elke val moes ek in twee toue staan en daarna weer na 10 dae in nog 'n ander tou staan om seker te maak dat die veranderings aaangebring. Die eerste tou het lank gevat maar die twee daarna was redelik kort en vinnig.Jammer - hoop dit was behulpsaam
Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2016 @ 10:05:01 am
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 346
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 36 years
As Jurgens weier om n nuwe plaatjie vir jou te gee kan jy een laat maak by plekke wat karavane of sleepwaens bou of herbou. My plaatjie is 'n generic tipe en kan op enige voertuig geplaas word. Ek dink enige Campworld werkswinkel behoort een te kan verskaf.
Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 May 2016 @ 10:52:00 am
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 346
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 36 years
Dit het niks gekos nie behalwe 'n dag se tyd gemors met tou staan.
Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2016 @ 17:10:26 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Jipeeeee !!!!!!!!!!

Die Exclusive se gewig's probleem is iets van die verlede en is nou reg vir die vrag.

Wel dit was geensins sonder probleme.
Die datum om na die tweede inname die dokumente te kry was 31 Mei 2016
Surette was vroeg daar en moes wag tot hulle oop maak.
By die toonbank kry sy die pakkie dokumente en wat is in die pakkie NIKS is verander nie.
Sy roep die "supervisor" en verduidelik die hele verhaal, na sy al haar speelgoed uit gegooi het.
Skierlik is die Tarra verander na 'n gewig wat op geen van die dokumente voorkom nie.
Peter is die ou wat gelukkig haar frustasies verstaan en biedaan om te help. Hy "scan" die hele pak dokumente en vra sy moet sit en stuur dit die ruimte in.
Na 'n lang tyd kom hy terug en oorhandig die korekte lisensie skyf aan haar.
BAIE DANKIE PETER vir jou hulp.

Click image for larger version

Name:	2016-05-31 15.56.39.jpg
Views:	1
Size:	136.0 KB
ID:	603937

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2016 @ 19:07:28 pm
Anonymous

Baie geluk Willem, nou nog net die plaaitjie, dan is jy gesorteer.

Die plaaitjie glo ek gaan die minste van jou kopseer wees.

Clive gaan foto van lisensie skyfie en huidige VIN plaat benodig om nuwe te druk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2016 @ 19:12:05 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Dankie Johann

Ja, het klaar navraag gedoen.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2016 @ 20:52:00 pm
Corn Wagemaker
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 15
Joined: 09 Feb 2014
Experience: 32 years
Hi Willem,

So wat is jou nuwe Tarra en GVM nou?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 May 2016 @ 21:56:06 pm
ELU
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 585
Joined: 17 Apr 2007
Experience: 43 years

Willem (WILSUR), hoe kan ek jou aflyn kontak asb??

Kan jy asb jou kontakbesonderhede (Sel & e-pos??) aan my stuur by

08twee agt nul 2 dubbel 9 67. Dis in sake die Territory?

Jammer ek weet nie hoe anders om jou via forum te kontak nie??

Dankie, Egbert

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2