English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 153
Total Views: 82 384 333
topics: 4 391
replies: 29 470
views: 17 334 801
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 81
replies: 87
views: 5 711

WilSur - 2016 Kruger National Park

replies: 30
views: 5384
11 Aug 2015 @ 15:33:08 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Ons beplan om 2016 se Oktober skool vakansie KNP toe te gaan en twee kampe is in my kop:

  1. Shingwedzi
  2. Orpen

Watter een sal jy verkies en hoekom ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2015 @ 15:47:05 pm
Elleebee
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 373
Joined: 02 Apr 2013
Experience: 40 years
no camping at orpen - maroela is the camping site - baaie lekker daar.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2015 @ 15:47:43 pm
Klasie
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 53
Joined: 17 Feb 2013
Experience: 47 years
Altwee is lekker. Gaan besoek albei.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2015 @ 16:19:52 pm
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

WilSur, dis 'n moeilike een. altwee kampe het hulle voordele. die Maroela / Satara gebied is bekend daarvoor dat daar altyd baie wild is, terwyl die Shingwedzi gebied weer skaarser wild so Bastergemsbok en Basterhartbees het wat die laer gedeeltes nie voorkom nie. die veld tipes verskil ook heeltemal van mekaar. Maar so Klasie sê - gaan kamp by altwee.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2015 @ 16:23:28 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Satara lekker sentraal
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2015 @ 17:03:41 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1757
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Willem, Maroela woonwakamp met Taboti tentkamp net langsaan, is ongeveer 1km vanaf Orpen-kamp en hek.  Dis 'n lieflike kampie om in te kamp en dit het nog 'n ou-wêreldse wildtuin atmosfeer.  Die H7 teerpad tussen Orpen en Satara is diereryk en interessante waarnemings word hier gemaak.  Na my mening is die grootste nadeel dat die wildry paaie in die omgewing baie beperk is.  Jy sal elke dag heen en weer op die H7 moet ry om iewers te kom.  Daar is slegs die S106 en die 145 wat jou 'n bietjie in 'n ander rigting stoot.

Soos hierbo uitgewys, is wild skaarser in die noordelike gebiede, maar die meer rustigheid en pragtige natuur bly vir my 'n belewenis. By Shingwedzi het jy 'n verskeidenheid paaie in alle rigtings en jy kan maklik tot in die verste noordelike hoek ry vir 'n dag-uitstappie. Die Pafuri piekniekplek is heerlik om ontbyt te gaan aanmekaar slaan op die walle van die Luvuburivier met sy reuse krokodille.  Daar is ook sommer die pragtige kokerboomwoud. Oktobermaand gaan dit al redelik warm wees en daar is 'n lieflike swembad by Shingwedzi waarin jy en daardie klein woelwater van jou kan gaan afkoel. Noord van Shingwedzi is ook 'n heerlike piekniekplek om ontbyt te gaan maak by Babalala en suid nog 'n piekniekplek by Mooiplaas.

As ek by een kamp moet tuisgaan sal ek Shingwedzi kies eerder as Maroela.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2015 @ 17:04:21 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Dit is net vir die week, voor dit het ons by Letaba en Berg-'n-Dal gekamp.  Die baie voertuie is nie wat ek wil sien in die KNP nie.  Ens wil net op een plek kamp, wil nie 2 of 3 dae kamp opslaan nie want dan voel dit soos 'n naweek.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2015 @ 17:13:28 pm
Lein
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 227
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 45 years
Shingwedzi beslis my keuse! Miskien minder wild maar ons was nog altyd gelukkig om leeus,en luiperd te sien en die omgewing is vir my baie mooier as verder suid. Die paaie langs die rivier is pragtig en so ook die pad langs die (gewoonlik) droee rivierloop op na Babalala. Die kamp is ook rustiger en stiller as die groter suidelike kampe en is daar ook baie minder verkeer in die omgewing.
Groetnis
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2015 @ 18:00:24 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years

Hou ook van Singwedzi maar was al by al die kampe gelukklg

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2015 @ 19:04:43 pm
W J
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6408
Joined: 03 May 2007
Experience: 54 years

Willem ek was 4 dae in Shingwedzi baie lekker kamp, Satara is deermekaar daar staan die mense net soos hulle wil ,en baie min bome,Mopanie het nie n caravaanpark nie net n kamp plek sonder krag.Orpen het n lekker kamp lans die draad jy sien baie diere in die aand en is lekker stillaughing

How great is our GOD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2015 @ 20:12:48 pm
Anonymous

Orpen is baie lekker, ook nie so besig soos die groot kampe nie.laughing ons was nog altyd baie gelukkig daar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Aug 2015 @ 20:40:21 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Ons ken nie Kruger soos die gereelde besoekers nie, maar Shingwedzi was besonders.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 08:43:54 am
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

WilSur, daar het jy dit.....die antwoord bedoel ek nou. die suidelike gedeeltes van Kruger is besiger en meer gekommersialiseerd as noordelike gebiede. gaan Shingwedzi toe- dis stiller daar en jy gaan gewaarborgde sielle rus kry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 09:20:57 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1007
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 10 years
WilSur jy se jy wil net een kamp bly dan sal ek in Maroela bly, klein, netjies en van die skooste ablusie in KNP, daar is net een teerpad Orpen-Satara maar baie ander grondpaaie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 13:18:15 pm
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1596
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

My gunsteling kamp is Letaba

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 18:16:57 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1757
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Maar die "baie ander grondpaaie" kan jy alleenlik bereik deur dag vir dag op die H7 te ry voor jy die afdraaie kry. Daar is 'n kort (11km) S106, die S145, die S39 (links) of die S36 (regs) en dan is jy al amper by Satara.

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is self mal oor Maroela, maar om vir 'n week lank net daar te kampeer, nee-dankie vir my.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 18:56:41 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Waar jy ook al gaan staan in wiltuin bly dit lekke
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Aug 2015 @ 20:47:37 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7849
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years
Gaan en geniet dit.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2015 @ 07:00:00 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Hi Willem,

Die beste wat ons nog in Kruger was, was toe ons reg gestaan het, met karavaan gehak, by die hek toe hy oop maak en stadig noorde toe gery.

Met die karavaan het jy alles by jou, stop by enige toelaatbare plek en ry aan wanneer ons wil. Op die manier word die kinders nie so gou moeg vir die sit in die kar nie.

BY die noorde draai ons terug en doen dieselfde.

Ons sal nie weer net by een kamp bly as ons kan help nie.

Soos jy daar sê, elke area het sy eie voordele - geniet hulle maar albei as jy kan.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2015 @ 10:12:14 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1757
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Dis die wonderlike van menswees, ons is nie een dieselfde nie en ons voorkeure verskil drasties ! 

Wat my persoonlik pla van David se manier van kuier hierbo, is dat jy die interessantste dele van die wildtuin sal mis omdat jy nie op al die interessante afdraai grondpaaie kan gaan wild soek nie.  Jy kan ook nie maklik terugstoot indien iemand in die gesin iets in die verbygaan gesien het nie.  Om elke dag aan te skuif na 'n volgende kamp voel vir my of 'n ou nooit tot ruste kom nie.  Verder nog, 4x4 paadjies raak al hoe meer gewilder, veral tussen Phalaborwa-hek en Letaba.  As jy dus 'n 4x4 sleepvoertuig het, kan jy hierdie paadjies aandurf, maar jou wa sal moet "tuis" bly in die kamp !

In David se geval sou ek eerder 'n ryhuis verkies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2015 @ 10:19:56 am
Willie Kotze
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 265
Joined: 26 Aug 2013
Experience: 27 years
Singwedzi het nog daai lekker bosveld rustigheid...gaan kyk ook my naraag so 6weke terug....daar is seker 40 oppinies wat jy kan oorweeg
-----------------------------------------------------
SKOP HOOG!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2015 @ 19:06:20 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

David

Ons het so gery voor Wijan vir baie jare, voor die karavaan en ook met die karavaan.  Nou geniet ons dit meer om rustig te wees.  Surette is nie 'n KNP mens soos ek nie, daarom hou sy eerder daarvan om rustig by die kamp te bly en ek kan lekker rondry.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2015 @ 20:20:44 pm
Anonymous

David

Ons het so gery voor Wijan vir baie jare, voor die karavaan en ook met die karavaan.  Nou geniet ons dit meer om rustig te wees.  Surette is nie 'n KNP mens soos ek nie, daarom hou sy eerder daarvan om rustig by die kamp te bly en ek kan lekker rondry.

My vrou is ook nie groot aanhanger van die lekker rondry in oom Paul se plaas nie, sy sal ook eerder sit met 'n boek, en my los laat om saam die kleinkinders wild te kyk.

Geniet waar jy ook al op besluit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2015 @ 20:55:26 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1757
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Dis nogal jammer as 'n ou se werderhelfte nie saam só opgewonde is oor alle fasette van 'n wildtuinvakansie nie want dis eintlik 'n gesinsvakansie. Maar 'n ou moet darem ook almal se voorkeure inag neem.  My liefie is weer 'n laatslaper en dis die enigste tyd wat ek miskien alleen 'n entjie gaan rondry.  Andersins pak ons die wildkyk togte saam aan, maar ek is versigtig om nie heeldag rond te rits nie.  Veral met kinders moet 'n mens versigtig wees om hulle nie 'n weersin te gee in teveel ryery in die motor nie.  Genadiglik het ons dit met ons drie kinders reggekry en hulle is aldrie, deesdae met hul eie gesinne en eie karavane, gek oor wildtuin vakansies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2017 @ 15:59:59 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

2016 het toe nooit gebeur nie maar wel 2017.

Ons staan die hele  Oktober skool vakansie by Shingwedzi.

Ek kan nie meer wag nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2017 @ 16:25:24 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years
Jy moet dit geniet. Die wildtuin bly maar 'n wonderlike bestemming - Shingwedzi is tops.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2017 @ 18:16:16 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1757
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Willem, julle gaan na 'n puik ruskamp in die Kruger Wildtuin !

Het jy al besluit watter roete gaan julle volg vanaf Pretoria ? Ek stel voor julle  ry met die N1 Polokwane se kant toe, maar so 10km voor dit swaai af na Tzaneen en vandaar links by Gravalotte tot in Phalaborwa.  As julle nie haastig is nie en by Forever Phalaborwa gaan oorslaap, ry gerus oor Magoebaskloof tot by Tzaneen, die omgewing is pragtig. Spring die volgende môre lekker vroeg weg by Phalborwa-hek en na 6km swaai links op die H14 na Mopani. As julle gelukkig is, daardie pad het baie roofdiere  -  my notas wys leeus, luiperds, jagluiperds en wildehonde. So 12km voor Mopani sluit julle aan by die hoofpad, H1-6. Voor julle by Mopani-kamp kom, is die bekende Tsendze boskampie sonder krag waaroor baie mense (en ek) gaande is.  Net daarna is die Mooiplaas piekniekplek vir 'n piepie draai as julle haastig is en nie by Mopani wil aangaan nie.  Mopani-kamp is pragtig met 'n lieflike uitsig oor die Pionierdam en as julle nie daar wil ingaan nie, kan julle later dit 'n lekker wildkyk-rit daarheen maak.  By Shingwedzi probeer by die grensdraad aan die suidekant 'n plekkie uitsoek.  Slaan dan jou tent suid op sodat die Exclusive se rugkant noord kyk.  Dit het die groot voordeel dat jy in die wildarea inkyk en jy het altyd deur die dag koelte.

Om 'n beter kans op 'n goeie staanplek te hê, moet jou missie wees om reeds 05:30 voor Phalaborwa-hek te staan  -  in Oktober maak die hek 05:30 oop.  Vroeg in môre is die kanse om roofdiere te sien oppad Shingwedzi toe, baie goed. 

Ek lees oral op sosiale media die bobbejane en blouape is 'n redelike verpesting in Shingwedzi.  In Mei 2016 toe ons daar was, het groot bobbejane tweekeer per dag deur die kampeerterrein gehardloop en redelik amok gemaak.  Die Bestuur het daardie tyd bobbejaan-verwilderaars gehad om hulle te verjaag. Ek hoop dis nog die geval.  Sorg net dat niks eetbaars in die tent gelaat word as julle nie daar is nie.  Hou ook maar die Exclusive se vensters en die dakluggate toe want ape breek daar in. Gelukkig het julle 'n lugversorger.

Julle MOET 'n daguitstappie na Pafuri-pieniekplek in die noorde maak en ook daar deur die koperboomwoud ry  -  dis pragtig daar.  Gaan slaan 'n ontbyt aanmekaar op 'n gas-skottelskaar wat jy daar kan huur (R25), nie hoef saam te karwei en weer skoon te maak nie !  Hou egter die blouape mooi dop  -  hulle is daar ook !

In Phalaborwa by die ingangshek, koop vir julle 'n kaartboek vir R80.  Maak seker jy koop die Afrikaanse uitgawe van Honeyguide Publications, die April 2017 uitgawe. Dit het 'n groot maanhaarleeu op die buiteblad en pragtige fotos van al die diere, voëls en slange daarin  -  dit sal sommer 'n lekker leer-ervaring vir Wijan wees. As die hek nie hierdie spesifieke uitgawe het nie, koop dan eerder in Shingwedzi.

Moenie Wijan se swemklere vergeet nie, daar is 'n lieflike swembad aan die westekant van die kampeerterrein.

Jis, nou is ek darem lus vir Wiltuin-kamp, maar ek sal nog 7 maande moet wag !

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Sep 2017 @ 11:12:26 am
Koos Mol
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 316
Joined: 12 Jul 2014
Experience: 30 years

Julle moet dit geniet. Shingwedzi en omgewing my gunsteling. Ons vertrek Vrydag na Skukuza, gaan by my seun tuis. Mag julle 'n fantastiese tydjie beleef.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2017 @ 21:25:30 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1757
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years
Willem, ek glo nie jy het my bogemelde kommentaar gesien nie want jy is so stil soos 'n muis.
Lees 'n bietjie hieronder wat ek op Sanparke se forum opgetel het. Shingwedzi se kampterrein word tans opgegradeer met nuwe paaie, kragbokse en krane asook die uitmerk van kampeerplekke wat vir eers nog "first come first serve" sal wees. Ek hoop regtig die werkery is klaar wanneer julle daar arriveer.
Kyk 'n bietjie op jou besprekingsdokument of jy 'n CK6PV staanplek het. Die "V" beteken jy is geregtig op 'n staanplek teen die draad.

https://www.sanparks.org/forums/viewtopic.php?f=48&t=689&p=2507726#p2507726
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2017 @ 08:27:31 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Dankie Len, Koos en Chris, glo ons gaan dit geniet.

Len, ja ek boer nie meer hier rond nie.  Dankie vir die inligting, ja die plek is bespreek om voor die hek te slaap en vroeg Saterdag oggend in te gaan, hoop ek is die Vrydag middag betyds om ons wilde kaart te kry.

Gelukkig ken ek Magoebaskloof goed toe ons nog in die area gebly het en ek op Tzneen op skool was.  Ek verkies om eerder Duiwelskloof om te ry want dit is baie ligter op die remme as Magoebaskloof.

Ek her die KNP se kaart so bekyk en dit is die plan om te ry soos jy sê maar sonder stoppe, wil eerder by die kamp kom om 'n lekker staan plek te kry.  Ek glo nie hulle doen al die besprekings met die "V" in plek nie (CK6PV)

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Sep 2017 @ 21:02:40 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Willem julle moet dit geniet en ek hoop julle sien baie diere.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required