English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 522
Total Replies: 252 732
Total Views: 83 244 929
topics: 87
replies: 1 763
views: 192 736
Share your best or worst experiences to help others out.

Wie se skuld is dit nou eintlik?

replies: 24
views: 797
11 Sep 2017 @ 15:16:00 pm
HappyCamper
Bronze Member
66% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 01 Nov 2010
Experience: 48 years
Middag aan almal op die forum

Ons is nounet terug van n week vakansie in KNP, drie dae in Malelane en drie dae in Schingwedzi.
Die wildtuin is droog maar nog steeds in n baie beter toestand as laas jaar die tyd. Ons het n fantastiese tyd gehad en die geriewe en diens by altwee kampe was goed. Maar daar is een ding wat my pla, van die wilde diere het nou bedelaars geword.
In Schingwedzi maak die bobbejane en ape amok in die kamp.
Die spreeus en ander voels vlieg in die karavaan in. (Nee, jy mag ook nie voels voer nie!)
In die aand loop die ratels van tent na tent.
Die hienas loop n paadjie skoon al langs die heining.
By Sunset dam buite Lower-Sabie kruip die krokodille uit die water om langs jou kar te bedel
Buite Malelane se heining het n haas (ja, n haas) op sy agterpote staan en bedel.
Dan praat ek nie eers van die bosbokke en nyalas by die piekniekplekke wat kos uit mense se hande eet nie.
En wie voer hulle? Dis ons mense, kampeerders, wat hulle voer. Die "DONT FEED THE ANIMALS" bordjie teen die heining is skynbaar op ander mense van toepassing.
Nee, ek se nie dat almal skuldig is daaraan nie, maar daar is mense wat net voer wat hulle wil en dan kla almal later oor hoe "lastig" die diere word.
Nou vra ek, wie se skuld is dit nou eintlik?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2017 @ 16:04:53 pm
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 273
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 48 years
Mense het hulself te blameer.
Waar ons gekamp het by Rocky Bay het 'n kampeerder die ape en ook 'n ooievaar gevoer en hul rede is dat die mens die indringer is in die diere se habitat. Die ape raak so bederf dat hul 'n woonwa en alle tente met geweld oopmaak en skeur om iets te ete te soek. Dan raak hierdie diere naderhand so astrant dat hulle die mense konfronteer en veral vroens en kinders moet soms na veiligheid soek, 'n stok of ander afskrikmiddel help gladnie.
Op die ou-end, leer diere dalk makliker as sekere mense.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2017 @ 17:38:44 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Alhoewel die mens 90% v d blaam moet kry moet ons nooit uit die oog verloor dat mens en dier kan aanpas.

Kliek HIER

vir meer insae rondom bobbejane wat nie gevoer word nie. Wat ook van belang is is die feit dat dit net enkele bullebakke is wat gaan kos steel ipv soek vir kos in die veld. Volgens hierdie studie word hulle nie eers meer afgeskrik met paint ball guns nie.

Vir ons kampers is daar tog plekke waar die ape minder van 'n las is as daar van rubber slange gebruik gemaak word.

Met my kort geknipte besoek aan Bergendal weens die probleem met bojaan se kind het ek bv glad nie eers 1 gesien met ons 1 nag oorslaap daar nie. Ons het wel 2 ape gesien maar net so 30m van ons woonwa af. By Pretoriuskop was hulle so skelm dat toe ek my rug draai op die kar kom 1 en help homself met beskuit wat op die voorste sitplek in 'n roomysbak was. Hulle het so skelm geraak. Ek glo nie ek was 20sek weg v d kar toe dit gebeur nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2017 @ 18:23:55 pm
Anonymous
Ons was tydens April by Eastco Magalies.
Ek moet byvoeg dat mense skuldig is daaraan.
Die eende, makoue en bokke het tot in die sytent ingeloop.
By Weesgerus het ons ń gereelde besoekertjie, so swart voëltjie wat lyk soos ń mossie.
Elke oggend om 7 is hy daar en dan weer in die middag om 4.
Hy het al so mak geraak, hy loop asof die karavaan sy eiendom is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2017 @ 18:39:12 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
Dink die droogte het ook iets met dit te doen. Kos daar buite is min dan soek die diere 'n maklike uitweg.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2017 @ 18:50:48 pm
snys
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 479
Joined: 09 Apr 2016
Experience: 34 years

Dink die droogte het ook iets met dit te doen. Kos daar buite is min dan soek die diere 'n maklike uitweg.

Dit is die punt wat ek ook vantevore probeer maak het. Vandat ek verstand gekry het, kan ek onthou dat mense wilde diere voer. Dit was egter nog nooit so groot probleem soos nou nie. Ek sal graag wil sien dat iemand n studie doen oor die invloed van faktore soos skaarste aan kos agv van krimpende habitatte, ens. Die diere word dalk geforseer om te plunder omdat hulle nie meer genoeg kos in hulle eie omgewing het nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2017 @ 18:52:10 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
En VAN ons gee hulle die maklike uitweg...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2017 @ 20:11:27 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
n Dier dink ek raak baaaaie gou gewoond aan waar om sy kos te kry. Ek neem byvoorbeeld ons hond...ons het besluit dat hy geen tafel kos moet kry nie. Ek het een of twee keer die fout gemaak om hom oorskiet tafel kos te gee....verbasend om te sien hoe hy daarna daagliks wag vir sy porsie.....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Sep 2017 @ 20:38:16 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Dis eintlik 'n tragiese affêre en ek stem saam, die probleem het aansienlik toegeneem.  Chris Boucher het ook op 'n ander draad melding daarvan gemaak dat probleem ape en bobbejane nou by Berg & Dal 'n onhoudbare pes is.  En ten spyte van sy skriftelike versoeke in 2015 aan die kampbestuur om iets daaromtrent te doen, het niks na twee jaar gebeur nie, trouens die situasie is nou erger.

Ek twyfel of die droogte van middel 2016 die bedel van kos in kampe en by piekniekplekke kon vererger het want eintlik is die veld dwarsdeur die Wildtuin baie ruig, groen en volop  -  dit was ons ervaring in Julie hierdie jaar.  Ek vermoed 'n toename van busse, overlanders en ander vorme van gesamentlike vervoer met buitelandse toeriste (veral uit die ooste) wat nie die erns van die saak besef nie, mag dalk die oorsaak wees.  Die toename mag ook daaraan te wyte wees dat Bestuur minder aandag gee aan probleemdiere as wat dalk voorheen die geval was.

Die probleem is die gebrek aan 'n wil om die probleem deeglik aan te spreek, byvoorbeeld :-

  • Hoe moeilik ook al in 'n bewaringomgewing, roei die probleemdiere uit
  • Implementeer maatreëls en dwing dit deeglik af, om toeriste te forseer om die gevolge te dra as diere gevoer word, byvoorbeeld :-
    • Kry 'n skriftelike onderneming van elke voertuigbestuurder as iemand gevang word wat wilde diere of voëls voer, hulle hele groep onmiddellik uit die Wildtuin "gedeporteer" sal word
    • Dieselfde geld vir toeroperateurs en gidse  -  hulle moet verseker dat elke lid van die groep verstaan dat niks gevoer mag word nie en indien een gevang word sal die hele groep die konsekwensies daarvan moet dra
    • i/d nommers moet voortaan van alle motorbestuurders geneem word sodat 'n swartlys gevorm kan word van oortreders in daardie groep wat dan in die toekoms toegang tot die wildtuin verbied moet word
    • Sigbare kennisgewings van diere wat vankant gemaak is moet oral vertoon word om die gevolge van die voer van diere en voëls te demonstreer.
    • Soos hierbo genoem, sal 'n wetenskaplike studie van die werklike oorsake van probleemdiere en oplossings hoe om dit hok te slaan, 'n baie goeie vertrekpunt wees.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2017 @ 06:01:57 am
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years
Wie is nou eintlik die bobbejaan..?
Het nou by Augrabies gesien hulle vang ape met vanghokke en verwyder hulle. Blykbaar isn't dit nie lank nie, dan is aap weer terug.
Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2017 @ 07:02:50 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

'n Trop probleemdiere sal 'n probleem bly totdat die trop uitgewis word. Baie van hierdie probleemdiere is gebore en het groot geword as probleemdiere.  Dit klink verskriklik wreed in 'n bewaringsomgewing, maar terwille van natuurbewaring waar mens en wild in 'n moderne wêreld van mekaar afhanklik is, is daar geen ander suksevolle keuse waarmee navore gekom kon word nie.

Aan die ander kant moet nuwe drastiese maatreëls getref word om die voer van diere hok te slaan.  Selfs die oulike ou bokkies, vlakvarke ens. wat in kampe voorkom moet verwyder word want dit lok mense en leer kinders om wilde diere te voer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2017 @ 07:04:53 am
Rassie
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 26 Jun 2017
Experience: 28 years
Probleem is klaar daar en ons kan nie veel doen nie.Hulle ruik en sien wat ons het.As kampers moet ons ons sekuriteit-soos tuis- opskerp om ongewenstes uit te hou.Sluit alles toe buite direkte sig en hou jou 9mm en painball gun naby.Klink of daar ñ redelike parralelle lyn loop tussen kamp en huis en ons moet dit begin besef--miskien bietjie van onderwerp af
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2017 @ 07:37:39 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1487
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years
Your 9mm should be sealed at the gate of all Sanparks.
No good!
Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2017 @ 07:48:51 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4737
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Ek glo ons as mens doen meer skade as goed want die diere pas aan by die mens hy weet hy gaan kos kry sodra mense nie daar is nie kry diere swaar en maak dan moeles dis my 2c
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2017 @ 07:50:14 am
Rassie
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 26 Jun 2017
Experience: 28 years
Jammer Steamer.Ek kamp so baie dat ek sukkel om tussen kamp en huis te onderskei maar ek stem saam dat dit ons skuld is omdat ons te veel mag aan die ape gegee het.Lennie is ook reg maar die troppe is te groot en om te begin uitdun gaan ook net moeilikheid vir jou bring.Gaan kamp maar waar hulle nie is nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2017 @ 07:51:57 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Rassie, dis waar dat ons kampeerders beter voorsorg moet tref sodat ons kampeerplek nie 'n lokaas is vir wilde diere nie.  Dis natuurlik ook waar dat probleemdiere nog al die jare kop uitgesteek het in ruskampe, maar jy sal moet toegee dat dit nou baie erger is as voorheen.  Ape en bobbejane skeur eenvoudig tente oop om toegang te verkry en selfs karavane met opwip dakke word oopgeskeur om binne te kom.

Dit bly opvallend dat sommige kampe slaag daarin om die plaag te beheer en ander gee nie 'n duit om nie.  In Julie hierdie jaar was dit vir ons 'n plesier om Nkhulu en Tshokwane piekniekplekke te besoek want geen aap of bobbejaan was in sig nie  -  iemand het beslis iets daaromtrent gedoen.

Veral omdat bobbejane en blouape nie bedreigde spesies is nie, voel ek hulle kan gerus uitgewis word wanneer hulle 'n probleem word.  Maar hierdie aksie moet nie daar stop nie.  Beter en meer daadwerklike planne moet beraam word om te voorkom dat toeriste wilde diere en voëls voer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2017 @ 08:40:47 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Tot so paar jaar gelede was dit 'n nagmerrie om by Jacks Place in Addo Olifantpark te gaan piekniek hou.  Die ape het bo-op jou tafel gespring terwyl jy eet en die kos uit jou bord gegryp.   Een het eendag ons  vleis, terwyl dit braai, van die rooster af probeer steel.  Hulle was oral en het gemaak dat jy nie lus het om daar uit te span nie.   Die afgelope paar keer wat ons daar was, is daar nie 'n apie in sig terwyl jy daar is nie.  Hulle moes definitief iets gedoen het om hulle daar uit te hou, so dit kan gedoen word.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2017 @ 09:58:31 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Sjoe Len dit wys net hoe kan ondervindinge verskil in die natuur. Met ons besoek in Mei was ape 'n baie groot probleem by Tshokwane. My vrou staan op en in 'n oogwink wat ek na regs kyk kom 'n aap en steel die "prepack" konfyt uit haar bord.

Ek moet byvoeg dit was aan die bestel en winkel kant en nie onder die bome aan die suidekant v d winkel nie. Aan die suidekant het ek in die verbyloop na die ablusies nie een aap gesien maar daar was ook baie min mens aan daardie kant.

By Olifants  wat gelyk het na oorsese besoekers het 'n hele swerm spreeus  toegesak op 'n dame se kos waar sy sit en eet. Sy was so geskok en bang geword en aan die huil gegaan. Ons het haar so jammer gekry en selfs toe hul binne gaan sit wou sy niks verder eet nie. Wat 'n onaangename herinnering vir haar.

Mens kan dus dink dat hoe meer mense daar is hoe makliker is dit om te aas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Sep 2017 @ 15:13:02 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years
Hier is 'n kommentaar van 'n dame wat sy vandag op 'n Facebook-blad geplaas het wat vir sigself spreek - so kan dit nie aangaan nie :-

Came back yesterday from our 10 day North to South trip starting at Mopani and ending at Berg en Dal where I unfortunately had a bad experience with a Vervet monkey. (I commented on this on a previous post by someone asking about the monkey problems). Long story short, yesterday as we were locking up unit 27, a male Vervet monkey jumped on me and bared his teeth. Fortunately he did not bite me but left bruises on my wrist and hip. Never screamed so loud in my life!!! He really did come out of nowhere. We did not report it as I was in shock and just wanted to get out of there. Please be very careful around them. At Pretoriuskop a young girl went right up to them taking photos.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Sep 2017 @ 22:29:13 pm
Rassie
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 24
Joined: 26 Jun 2017
Experience: 28 years
Plaasbobbejane vat nog die kersie.Terwyl kampbobbejane net met tande en naels inkom as niemand tuis is nie is Plaasbobbejane se strategie om jou meer gewapend soos ñ dief in die nag in te wag.As gevolg van evolusie kan van die plaasbobbejane ook bestuur en sodoende vat hulle ook meer voorraad wat nie aan hulle behoort nie en laai dit sommer op jou bakkie-tot my spyt het ek ook al gehoor van kampbobbejane wat ook al die evolusie leer begin klim het--daarom die 9mm
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Sep 2017 @ 09:07:21 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years
Om 'n plaasbobbejaan met jou 9mm uit te wis gaan vir jou GROOT probleme bring ! (Net gister weer het twee mens-bobbejane in die hof verskyn omdat hulle 'n vuurwapen op 'n oortreder-kind gerig het en sit nou in die tronk verhoorafwagtend tot Novembermaand ! Netsoos die twee doodskis ouens wat lank in die tronk verhoorafwagtend moes sit en nou aan poging tot moord skuldig bevind is. Dikwels dink mens-bobbejane ook nie langer as wat hulle neuse lank is nie - 'n bobbejaan se neus is mos maar kort !)

Rassie, ek weet jy skerts sommer tong in die kies !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2017 @ 06:29:40 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years
Die diere en kos ding raak nou regtig 'n probleem.
My niggie en haar man bly in Nelspruit en het 2 weke terug so bietjie deur die Wildtuin gaan ry en in Chalets oor nag. Pragtige diere gesien sê sy! ! ! !.

Hulle pak toe een oggend 'n piekniek mandjie gaan besigtig vroeg diere en stop toe op 'n goed gekeurde piekniek plek. Haar man haal toe 'n toebroodjie uit met die gevolg dat 'n blou aap of bobbejaan (Ek nie seker wat nie) soos ek verstaan nader kom vir die kos. Hy sit toe die brood terug en verwilder die dier.
Weer toe hy wil eet kom die aap agresief nader. Hy jaag hom weer weg en probeer hom gooi met 'n klip.
Toe hy omdraai om terug te stap toe storm die aap nader en byt hom aan sy been. Terug in die kamp was die area suster gelukkig daar en het hulle die byt plek skoongemaak en vir hom inspuiting (Sonder kostes) gegee.

Dis nou meer as 'n week later en die byt plek sukkel om gesond te word.

Lyk my dat die diere regtig astrand begin raak by die stop of piekniek plekke. My kennis van diere sê dat as daai aap eenkeer 'n mens so aangeval het gaan hy dit weer doen. Volgende keer is dit 'n kind wat loop met iets in sy hand.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2017 @ 07:16:38 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Die diere en kos ding raak nou regtig 'n probleem.
My niggie en haar man bly in Nelspruit en het 2 weke terug so bietjie deur die Wildtuin gaan ry en in Chalets oor nag. Pragtige diere gesien sê sy! ! ! !.

Hulle pak toe een oggend 'n piekniek mandjie gaan besigtig vroeg diere en stop toe op 'n goed gekeurde piekniek plek. Haar man haal toe 'n toebroodjie uit met die gevolg dat 'n blou aap of bobbejaan (Ek nie seker wat nie) soos ek verstaan nader kom vir die kos. Hy sit toe die brood terug en verwilder die dier.
Weer toe hy wil eet kom die aap agresief nader. Hy jaag hom weer weg en probeer hom gooi met 'n klip.
Toe hy omdraai om terug te stap toe storm die aap nader en byt hom aan sy been. Terug in die kamp was die area suster gelukkig daar en het hulle die byt plek skoongemaak en vir hom inspuiting (Sonder kostes) gegee.

Dis nou meer as 'n week later en die byt plek sukkel om gesond te word.

Lyk my dat die diere regtig astrand begin raak by die stop of piekniek plekke. My kennis van diere sê dat as daai aap eenkeer 'n mens so aangeval het gaan hy dit weer doen. Volgende keer is dit 'n kind wat loop met iets in sy hand.

Die ape het my vrou en my seun aangeval by Krokodil brug. My vrou het net haar kamera by haar gehad....weet nie of die aap gedink het dis kos nie...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Sep 2017 @ 07:35:54 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek glo hierdie getuienisse van gevare wat probleem ape en bobbejane veroorsaak is net die oortjies van die seekoei  -  daar moet talle sulke gevalle wees waarvan ons op hierdie forum nie eers weet nie.

Ek staan by my punt soos hierbo verduidelik dat probleem aap- en bobbejaan-families ongelukkig voortdurend uitgeroei sal moet word en Sanparke moet met nuwe inisiatiewe vorendag kom om die voer van alle diere en voëls in nasionale parke hok te slaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Sep 2017 @ 06:52:38 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek glo hierdie getuienisse van gevare wat probleem ape en bobbejane veroorsaak is net die oortjies van die seekoei  -  daar moet talle sulke gevalle wees waarvan ons op hierdie forum nie eers weet nie.

Ek staan by my punt soos hierbo verduidelik dat probleem aap- en bobbejaan-families ongelukkig voortdurend uitgeroei sal moet word en Sanparke moet met nuwe inisiatiewe vorendag kom om die voer van alle diere en voëls in nasionale parke hok te slaan.


Dit is ongelukkig so dat 'n probleem dier vakant gemaak moet word. Grootendeels waar die dier agresief begin raak om te kry wat hy wil. As ek so na die twee wors honde kyk in my huis weet hulle al te goed dat ek iets eet as ek heeltyd iets na my mond toe bring en dan kou.

Klein ape en bobejane weet dit ook want hul leer dit by die groter diere. So my opinie is dat dit nie nood wendig mense is wat diere gevoer het nie wat hulle die gewoontes geleer het nie, maar eerder die feit dat die mense in die piekniek plekke voor die diere eet. Nou weet hulle as mense daar stop kanse is goed dit wat in hulle hande is, is kos.
Kamera in 'n vrou se hand is kos totdat die dier visies daaraan gevat en gebyt het en so dan die teendeel agterkom.

Diere is baie slim en netso lui soos die mens. Hulle sal eerder 'n maklike uitweg vat om kos te kry as om vir dit te gaan soek.
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za