English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 155
Total Views: 82 384 672
topics: 402
replies: 3 913
views: 1 473 279
Talk about the current road conditions throughout the country

West Coast

replies: 13
views: 454
10 Aug 2017 @ 08:52:29 am
elkerlyc
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 182
Joined: 31 Jan 2014
Experience: 50 years

Ons gaan blomme sien, ons hoop net da is blomme hier die jaar.  Dit is 'n lang pad vir ons, ons bly nou in Mbombela (Nelspruit).  Die pad na Namakwaland ken ons, ons was al in die Richtersveld.  Die plan is Nelspruit - Magaliesburg. Dan Red Sands in Kuruman. Ek sal maar Coligny vermy en Magaliesburg-Koster-Lichtenburg en dan weer aansluit by die N14. . Die volgende stop is Augrabies vir een paar dage. Is het die moeite werd om een draai te maak by Pella? Ons het bespreek by Kammieskroon en Clanwilliam. No Clanwilliam ry ons Langebaan toe om Die West Coast Nationale park te besoek. Van hieraf terug huis toe met die nodige stops, tyd is aan ons kant. Watter pad is aanbeveel van Langebaan na die N1?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2017 @ 10:13:21 am
Anonymous

Hallo Frans, ek kan jou nie help nie, maar hoop iemand sien die draad en kom tot hulp,

Groete daar.

Johann

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2017 @ 10:36:36 am
elkerlyc
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 182
Joined: 31 Jan 2014
Experience: 50 years

Groete Johan, ek al gedink om te stop by Ceres en die R46 te ry, dan Karoo Nat park, Bloem .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2017 @ 10:39:26 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1527
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years
Frans
Ek woon hier op jou voorstoep op Malelane.
Vrou en ek het 'n gebruik om wanneer ons by 'n plek verby ry en sê "eendag wil ek daar in......" dan maak ons daardie oomblik "eendag"
Mens weet nie wanneer jy weer daar verby nie, so, ek stel voor jy ruim tyd in om op Pella te gaan draai.
Daar is nie veel toeriste goete nie, maar die kerk en die dadelplantasie kan besoek word.
Teerpad tot in Pella.
Sien julle dalk in blommeland.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2017 @ 13:06:32 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 283
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 13 years
Van Langebaan na die N1 vat die R27 tot by Melkbos, links op M19 tot op N7 en dan tot by N1.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2017 @ 19:46:51 pm
Global Traveller
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 346
Joined: 28 Apr 2013
Experience: 36 years

Hi Frans ons beplan ook om Pretoria - Kamieskroon te ry op 28ste Aug of miskien n paar dae vroerer. Ons beplan om ook op Red Sands te oornag. Hoekom vermy jy Coligny - ek het nie van probleme onlangs gehoer nie? Ons gaan die blomme hotline bel voor ons ry. Miskien sien ons julle oppad.

Groete Pat

Slower and lower is better than higher and faster!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2017 @ 19:53:41 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3665
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Pella! Nie weer nie.

Op pad Springbok toe het ons daar ingedraai om die kerk te besoek. Soos ons deur die dorp ry was ons so lastig geval dat ons nie eers by die kerk stilgehou het nie. Sommer in die ry 'n foto van die voorkant van die kerk geneem.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Aug 2017 @ 21:16:48 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1527
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years
Hendrik
Was verlede jaar blommetyd (laat Augustus 2016) weer by Pella in om skoonsusters te gaan wys.
Geen mense het ons lastig geval nie. Net een outjie wat gesê het hy is 'n toerleier en sal ons rondwys. Ek het hom van die hand gewys en niemand het daarna gepla nie.
Ook maar arm gemeenskap op soek na manier om geldjie te verdien.
Die palmplantasie wat die gemeenskap bedryf werk blykbaar nie meer nie.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 13:14:33 pm
Paarliet
Bronze Member
66% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 22 Aug 2014
Voorstel:
Ry vanaf Langebaan - Hopefield - Malmesbury - Paarl (mooi pad).
Slaap oor by Bergrivier in Paarl of by Hollandsche Molen in Franschoek - jy is dan by die N1 vir jou pad terug
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 13:15:48 pm
Paarliet
Bronze Member
66% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 22 Aug 2014
Net 'n vragie - het jy al voorheen by Kammieskroon oorgebly?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 13:15:53 pm
Paarliet
Bronze Member
66% Profile Strength
Posts: 23
Joined: 22 Aug 2014
Net 'n vragie - het jy al voorheen by Kammieskroon oorgebly?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 14:50:11 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2490
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Frans, Jy het gevra oor Pella:  Ek dink beslis dis die moeite werd.  Dis 'n heel besondere plek met inwoners wat 'n hegte gemeenskap om die Roomse kerk vorm. Die kerkie is deur vorige sendelinge gebou en is iets heel besonders.  Daar is hoegenaamd geen rede om enigiets op die dorpie te vrees nie. 'n Oorsese filmmaatskappy wou 'n paar jaar gelede 'n permanente rolprent-ateljee daar gevestig het omdat die omgewing geskik is om as agtergrond te dien vir omtrent enige woestynagtige streek soos Mexiko of die midde-Ooste.  Dit sou welvaart vir die mense bring maar hulle het dit geweier omdat dit hulle tradisionele lewenswyse sou bedreig. Langs Pella is Klein Pella, 'n groot dadelplaas.  Ek sien hierbo dit bestaan nie meer nie, wat 'n jammerte is.  Die bome is seker nog daar, so miskien kan 'n mens nog van hulle puik dadels koop. Ek is nie seker of daar kampgeriewe is nie, maar dit sal jy wel op die nabygeleë Pofadder kry.  Laai ook sommer van hulle puik en goedkoop skaapvleis daar op- op Pofadder. Toe ons daar was, was die pad na Pelle 'n sandpad maar ons kon maklik deurkom met die Kombi en 'n karavaan.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Aug 2017 @ 20:41:58 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1527
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years
Pad van Pofadder na Pella mooi teerpad tot in die dorp.
Pella self het grondstrate.
Dis mooi om daar deur die dorpie te ry. Mense baie vriendelik.
Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2017 @ 14:52:29 pm
elkerlyc
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 182
Joined: 31 Jan 2014
Experience: 50 years

Dankie vir die terugvoering. Nee, ons was nog nie  by Kamieskroon.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required