English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 500
Total Replies: 234 846
Total Views: 82 545 861
topics: 10 943
replies: 127 749
views: 38 960 538
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Weskus toer

replies: 14
views: 524
20 May 2019 @ 09:59:30 am
Duracel
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 23 Nov 2015

Goeiemore almal, 

Ons beplan ons eerste Weskus toer komende Oktkber. Ons het 9 dae en bertrek vanuit Pretoria. Kan jul enige roete asook kamp plekke aanbeveel?

Hoe veilig is die kampe? Ek het op ander forums verneem van probleme by sommige.

 

Kampgroete

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 13:39:44 pm
Louvan
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 943
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 29 years

Jy kan gerus Leentjiesklip by Langebaan insluit.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 13:46:18 pm
franso60
Bronze Member
85% Profile Strength
Posts: 40
Joined: 15 Jan 2015
Experience: 19 years

Yzerfontein karavaanpark is puik en n moet, baie lekker daar. Dwarskersbos is ook baie lekker om te kamp. Leentjiesklip ook lekker, teen die see, maar min beskutting en die wind kan jou ook maar roer daar.....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 14:11:43 pm
Harv
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 126
Joined: 23 Oct 2008
Experience: 21 years

Imhoff and Ou Skip most wind-protected camps on the Atlantic. Not much of an ocean camper for that reason. When I finally do a Natal tour, I reckon my attitude will change i guess! Though their coastal resorts seem to have more foliage and nooks to escape from the wind.  Enjoy!

Soet wees!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 15:12:49 pm
Errol
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 374
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 32 years

If you time pop in to Ganzekraal resort. Go to there website and download diagram of sites and pricing.

December 2014 Camp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 May 2019 @ 20:40:45 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1937
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years

Mariaan as julle oor Upington van Pretoria af ry kan ek Oranjerus net buite Upington as oornagstaanplek aanbeveel. Mooi skoon en netjies langs die oranje en puik ablusie geriewe.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 05:54:54 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14824
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons het in 2015 so toer langs die Weskus af gedoen.  Die aantal dae wat julle beplan is bietjie min maar ek sal die volgende aanbeveel.  Weens die kort tyd.

  1. Ry van PTA tot by Redsands lekker oornag plek. Maak gebruik van hulle buffet ete in die aand. Dit is regtig baie lekker en waarde vir geld.
  2. Ry dan tot Upington of Augrabies.  Lekker omgewing en boere gemeenskap. Kamp by Oranjerus of Augrabies self. Koffie winkeltjies in die dorp is regtig "Chapperig" en dis waar die handboek vir diens geskryf is.
  3. Ry tot by Port-Noloth of eerder Mc Dougalsbaai 2km Suid van Port Noloth. Kamp daar basies op die strand. Hulle het ook klein huissies wat jy kan huur.  
  4. Dan maak 'n draai by Strandfontein en ry met die reservaat 2 spoor roete langs die see af Suid.  Die wereld behoort aan jou en jy kamp sommer in die pad.

Verder is die oorde bo genoem op jou lyssie.  Dit is baie lekker en julle behoort nog so effe blomme te sien gedurende daai tyd.

Enjoy.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 May 2019 @ 21:13:28 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8385
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Enige toer is net lekker. 

Geniet dit. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 12:32:05 pm
Piet Ford
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 161
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 33 years

Ons het ook in 2015 oornag by Mc Douglesbaai oppad Richtersveld toe. In een van daardie huisies  gebly vir die nag want die kampplek was vol. Dit weer gedoen nou in December, en ongelukkig het dit baie agteruit gegaan en sal nie weer in die huisies bespreek nie. Miskien is kamp beter. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 14:51:57 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1627
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Kroon lodge in Kamieskroon. Nuwerig met so paar staanplekke. Ook goed toegeruste kamers met braaifasiliteit.

Van hier het jy toegang tot die gewilde blomme areas en plase rondom Garies. Stop by die Garies Toeriste Stal Coffeshop. Die eienares is ook die inligtingsentrum en kan jou sê waar al die beste blomme is, veral die op plase in die omgewing.

Malkoppan buite Lambertsbaai regoor die Muisbosskerm restaurant.

Ook Rondeberg oord noord van Clan William. Kan baie blomme kyk in die berge.

Leentjiesklip vir blomme in Weskus Nasionale Park. Moontlik te vêr suid vir die tyd wat julle beskikbaar het.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 15:22:26 pm
Burgers
New Member
51% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 29 Apr 2019

Ek sal nie Ganzekraal aanbeveel nie, en het ook nie 'n goeie ondervinding by Leentjiesklip gehad nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 May 2019 @ 15:34:17 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1627
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Pieter, welkom op die forum.

Deel asb meer oor jou negatiewe ervarings by Ganzekraal en Leentjiesklip.

So hou ons mekaar ingelig en kan mens dan self besluit uit al die inligting, wat jy wil doen.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 09:12:02 am
Weskus klong
Bronze Member
70% Profile Strength
Posts: 28
Joined: 10 Nov 2016
Experience: 35 years

Ganzekraal het twee kampe nl A en B.  Kamp B noem hulle die "lawaai kamp" omdat die mense daar gewoontlik harde musiek speel, so vermy die kamp.  Plotte 1 tot 10 in Kamp A is onder teen die see en die res is bo.  Ons verkies die onderste plotte maar hulle is gewoontlik vol geboek. Ons het nog net een keer 'n probleem gehad waar  daar struwelinge tussen 'n klomp mans was wat saam gekamp het, brandewyn het nie brieke nie:).  Daar is net een ablusie blok in beide kampe en is maar verouderd en sal verseker baie van die forum lede nie aangaan nie. Dit word darem daagliks skoon gemaak.  Warm water kan ook 'n probleem wees.  Ons gaan gereeld soontoe omdat dit baie naby is vir 'n naweek.   Onthou net, dit is 'n munispale oord.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 19:29:25 pm
Burgers
New Member
51% Profile Strength
Posts: 2
Joined: 29 Apr 2019

Leentjiesklip se ablusiegeriewe was tydens ons besoek in 'n haglike toestand.

Daar is wel staanplekke met privaat ablusies maar ons weet nie wat die toestand daarvan is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 May 2019 @ 20:29:52 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1627
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Leentjiesklip se ablusiegeriewe was tydens ons besoek in 'n haglike toestand.

Daar is wel staanplekke met privaat ablusies maar ons weet nie wat die toestand daarvan is nie.

Ons was in 2017 by Leentjiesklip. By privaat ablusie gestaan. Dit was nou nie 5 ster nie, maar was skoon en netjies. Kleiner instandhouding issues.

Op daardie stadium was hulle besig om die algemene ablusieblok naaste aan die ingang op te gradeer. Hulle het net begin toe ons daar was, so ek kon nog nie sien wat hulle binne sou doen nie.

Leentjiesklip is nou nie noodwendig 'n voorkeur kamp nie, maar ons week daar was sonder voorval (behalwe wind) en ons het eintlik lekker gekamp.

Aanvaarbaar vir 'n munisipale kampterrein, met uitstekende afslag vir pensioenarisse!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required