English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 986
Total Replies: 243 358
Total Views: 82 948 137
topics: 11 230
replies: 132 890
views: 39 172 229
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Werkswinkels sonder gereedskap

replies: 25
views: 552
12 Dec 2019 @ 17:13:25 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2856
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Wat gaan aan in hierdie land ?

Ek het al gepraat oor n KIA wat ek n towbar last opsit het en toe is die ding se skroewe net met die hand vasgedraai, amper my karavaan verloor.

Ek het nuwe glow plugs in my bakkie laat sit maar hy sukkel nog al die tyd om in die oggende te start. Ek koop ander glow plugs net om te kry ek kan die glow plugs met die hand los draai. Die krag draad is ook by my ogie afgedraai en net los terug gesit. Ek installeer self die goed maak dit reg vas en daar is my bakkie reg.

Trek my karavaan se hubs af om die bearing's en seels te check. Die axle nuts draai eenvoudig met die hand los na ek die split pin verwyder het.

Is ek te vol nonsense of wat de duiwel gaan met mense aan. Kan jy net eenvoudig niemand vertrou ?

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2019 @ 18:53:31 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Ek dink dis reg as die wa se as se kasteelmoer met die hand los draai as die splitpin verwyder is? Ek is geleer dat jy die altyd "stywerig" vas draai en dan sowat 'n kwart draai losdraai voor jy die splitpin insit. Styf vasgedraaide kasteelmoer lei uiteindelik tot wiel laer faling?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2019 @ 19:33:05 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1754
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

John,

Ek stem met jou saam.

Swak werk wat gedoen word. Geen kwaliteitkontrole of behoorlike toesig nie.

Dis die "job" ingesteldheid. Die mense van die nuwe SA het maar geen trots in hulle werk nie. Daar is uitsonderings, maar min.

Hierdie probleem is selfs by karavaanhandelaars teenwoordig.

Slegte ervaring gehad met my wa se remme waaraan gewerk en reggestel is, net vir my skoonseun om uit te vind 'n week later, die kabelverstelling is gestrip en die remme trek nie gelyk nie.

Toe ek dit met die werkwinkel bespreek, word gesê maar hoekom het ek nie gesê nie!

My vrek, ek bly op Malelane 400km van die handelaar. My seun het dit klaar reggemaak teen 'n klomp onnodige addisionele koste.

Al wat ek gesê kon kry was dat hulle nie na behore toesig het nie en sien my nie weer nie.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2019 @ 20:36:00 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2856
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek dink dis reg as die wa se as se kasteelmoer met die hand los draai as die splitpin verwyder is? Ek is geleer dat jy die altyd "stywerig" vas draai en dan sowat 'n kwart draai losdraai voor jy die splitpin insit. Styf vasgedraaide kasteelmoer lei uiteindelik tot wiel laer faling?

Jorg. Ek is nie te oud om te leer te leer. Maar n axle nut moet met n spanner vas dan gee jy hom skiet tot die drom kan gemaklik beweeg. Sodra die Tyre terug gesit is, is die omwenteling groter en draai makliker. Die  bearing's moet vas want na so 500 km begin die bearing in sy plek te seat en as hy net met die hand vasgedraai word gaan hy n speling ontwikkel sodra hy begin gewig dra en bearing leeftyd verkort

Ek sien dit daagliks gebeur met swaar sleepwaens en vir my is daar geen verskil. n bearing moet in posisie sy werk doen en nie in beweging rond drift in n hub. Dit is nou regtig vir probleme soek. Daar is n rede hoekom n as se shaft getaper is sodat n bearing teen hom vas geboud word. Want as hy begin los raak kan jy die axle nut meer vas draai en die bearing teen die taper axle shaft te druk om speling te verminder en uit te skakel. Ook stel jou voor as daar n speling is gaan die olie seel eerste gees gee en al jou ghries uitgooi wat dan jou bearing's vasbrand / ceaze. Die tipe van ding moet liefs deur n Kenner gedoen word met opleiding after die rug.

Dit maak nie saak watter as vervaardiger jy gaan besoek. Op die assembly line word alle axle nuts met n socket en wrench vasgedraai. Welkom om hulle almal te besoek. 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2019 @ 21:00:59 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 314
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

I have had an incident where the day after a service I had to go out to E Tvl and at Witbank stopped to check a strange sound, only to find all wheel nuts were only Finger tight.

Very scary !!!! every time you have your car serviced, you put your life in these peoples hands.  ( which they use to tighten nuts and bolts with )

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2019 @ 21:16:20 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2073
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ons gaan middel Januarie weer Hartenbos toe. 1200km van my af deur die Transkei. Dit is tyd om ook my Fleetline se wiellaers te laat pak. Alhoewel ek meganies taamlik goed aangele is en goed met my hande kan werk is dit een takie waar ek myself net nie mee vertrou nie. Ongelukkig geld dieselfde vir ons plaaslikke woonwa handelaar. Ek moet nog n plan kry om dit te laat doen "iewers" waar ek ook nog nie weet nie. Ek voel amper meer gemaklik om hom te los soos hy tans is voordat ek iemand aan hom laat werk wie ek nie vertroue in het nie. Hy is 2 jaar terug gedoen maar intussen was ek op n blommetoer en toe weer Hartenbos toe.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Dec 2019 @ 21:27:51 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1754
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ons gaan middel Januarie weer Hartenbos toe. 1200km van my af deur die Transkei. Dit is tyd om ook my Fleetline se wiellaers te laat pak. Alhoewel ek meganies taamlik goed aangele is en goed met my hande kan werk is dit een takie waar ek myself net nie mee vertrou nie. Ongelukkig geld dieselfde vir ons plaaslikke woonwa handelaar. Ek moet nog n plan kry om dit te laat doen "iewers" waar ek ook nog nie weet nie. Ek voel amper meer gemaklik om hom te los soos hy tans is voordat ek iemand aan hom laat werk wie ek nie vertroue in het nie. Hy is 2 jaar terug gedoen maar intussen was ek op n blommetoer en toe weer Hartenbos toe.

Piet

Ek het 'n baie betroubare sleepwa besigheid op Nelspruit raakgeloop.

Met die eienaar gaan praat en hy het ingestem om ook woonwaens te diens. Hy het 'n uitstekende reputasie as sleepwa bouer en versiener.

Hy doen uiteraard nie ander goed as onderstel, aste, bearings ens nie.

'n Vriend van my het sy Explorer by die mense laat diens en hy was baie beïndruk met die werk, die terugvoer deur die eienaar en die prys.

Wat ek vir jou wil sê is om 'n sleepwa besigheid in jou omgewing te soek en uit te vind. Jou wa se onderstel en werke is maar mos 'n sleepwa.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2019 @ 06:50:55 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Die oorhoofse probleem lê by die aanvaarding van standaarde.  Dit kan deurgetrek word van die slaagsyfer vir 'n enkele toets op skool, die algemene matriek uitslae en dan ook die van hoer instansies tot dit eindig op die aanvaarding van werk wat gelewer word.

Voorbeeld

Waar die norm was om bv dood te stop by 'n STOP teken, is die algemene standaard van 80% van die mense in die land om 'n STOP teken te beskou as 'n TOEGEE teken.

Hoekom doen ons dit...........??????  Want almal doen dit!!!!!!!!!!!!!!!!!

Inplaas daarvan om die regte ding te doen.  Daar is gekwalifiseerde werktuig kundige wat weet hoe om wiel laers te vervang.  Hy het handlanger wat hom help.  Die handlanger sien wat word gedoen en stap by 'n ander plek in en Sê............ "Ek kan wiel laers vervang".  Wat ons vergeet is dat die kleinere puntjies van skoon werk, vas maak, nie te veel of te min ghries nie, word nie deur deeglike opleiding oorgedra nie.  En dan is die neiging ook daar om eerder die handlanger R10 per maand te betaal as om die werktuigkundige sy regmatige salaris te gee.

Met gespesialiseerder werk moet mens maar by die manne bly wat weet wat hulle doen.  Ek het op my vorige Wildtrak ook werk laat doen wat beteken het die wiele moes afgehaal word.  Toe die voertuig gaan vir wiel balansering (gelukkig op dieselfde perseel) toets ek self die wiel moere terwyl die Tipper op balanseer bank staan.  Kry dat nie een van die moere deeglik vasgemaak was nie (net so vinnige spin van die wiel sleutel)

In my opinie grens dit baie naby aan doelbewuste sabotasie.

Ek dink dis reg as die wa se as se kasteelmoer met die hand los draai as die splitpin verwyder is? Ek is geleer dat jy die altyd "stywerig" vas draai en dan sowat 'n kwart draai losdraai voor jy die splitpin insit. Styf vasgedraaide kasteelmoer lei uiteindelik tot wiel laer faling?

Jorg ek verskil ook van jou hier.  Die wiel laer soos wat Bak Oor noem "seat" oor 'n aantal kilometers.  En selfs met of na die "Seat" wil jy verseker wees dat daar nie onnodige speling is op die naaf en as nie.  So ek maak hom ook vas met 'n moersleutel en verstel dan effe terug vir die splitpin om deur te gaan.

Hierdie het ons al vele kere bespreek.  Die items op my karavaan wat my gestrand kan laat langs die pad is die items wat ek self diens en aan werk.  Dan weet ek dis reg.  Of as ek dit nie meer self kan doen nie sal ek bystaan om te verseker dit word reg gedoen.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2019 @ 06:54:42 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ons moet ons self maar in die gewoonte kry om alle werk wat vir jou gedoen word na te gaan en seker te maak dis volgens JOU eie standaard.  As jy nie kennis het van die tipe werk of diens nie is my raad kry iemand wat jy kan vertrou om dit te doen.

Jy kan nie meer net aanvaar dat die ou by Campworld weet wat hy doen as hy wiel laers diens nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2019 @ 07:02:21 am
JohanMarais
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 540
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 31 years

STOP = Sit Toon Op Petrol

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2019 @ 07:07:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15790
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

STOP = Sit Toon Op Petrol

Ja ja ............Ha ha ha ha

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2019 @ 08:23:45 am
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2073
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Dankie Proffie jy sit my dadelik aan die dink waar ek n betroubare sleepwa bouer se dienste kan inroep. Jy is reg dit is mos maar n sleepwa.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2019 @ 09:19:24 am
Anonymous

Ek kan nie verstaan hoekom hierso nou skielik gekla word oor standaarde as van die mense hierso selfs die goedkoopste by die Chinese bly aankoop maar by ander plekke is die hoogste standaarde van toepassing? Neeman, dubbel standaarde as jy my vra...

Een dag is die cheapste manier maar ok en aanvaarbaar en ander dag nie.......? Oi oi oi

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2019 @ 09:27:00 am
Anonymous

Wat gaan aan in hierdie land ?

Ek het al gepraat oor n KIA wat ek n towbar last opsit het en toe is die ding se skroewe net met die hand vasgedraai, amper my karavaan verloor.

Ek het nuwe glow plugs in my bakkie laat sit maar hy sukkel nog al die tyd om in die oggende te start. Ek koop ander glow plugs net om te kry ek kan die glow plugs met die hand los draai. Die krag draad is ook by my ogie afgedraai en net los terug gesit. Ek installeer self die goed maak dit reg vas en daar is my bakkie reg.

Trek my karavaan se hubs af om die bearing's en seels te check. Die axle nuts draai eenvoudig met die hand los na ek die split pin verwyder het.

Is ek te vol nonsense of wat de duiwel gaan met mense aan. Kan jy net eenvoudig niemand vertrou ?

Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar is jou bakkie nie ook Chinese produk nie? Kia het goeie naam gehad, maar dis elkgeval in boekies nie naby 'n Toyota nie.

Hiermee sê ek nie dat foute en nalatigehid nie by Toyota kan voorkom nie. Ek dink dit het baie te doen met die werkswinkel se manne en wie hulle aanstel. You pay peanuts... You get??

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2019 @ 10:29:15 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Hier staan ons in die bos en dit reën lekker buite.

Toe die Girl gaan stort is daar meer water binne as buite.

Die stort water loop nie net by die gat uit nie maar orals.

Hoe het hulle die stort getoets, wie is daai persoon wat die kwaliteit toets gedoen het.

Die een seil is aanmekaar hewerk en kan jy nie die penne inslaan nie.

Dis die eerste keer dat ons als opslaan en die stort gebruik na ons hom gekry het.

Nou moet ek als uithaal en hom invat Januarie en wanneer is hulle klaar met hom. 

Nog wag, nog bevange word.

John,

Ek stem met jou saam.

Swak werk wat gedoen word. Geen kwaliteitkontrole of behoorlike toesig nie.

Dis die "job" ingesteldheid. Die mense van die nuwe SA het maar geen trots in hulle werk nie. Daar is uitsonderings, maar min.

Hierdie probleem is selfs by karavaanhandelaars teenwoordig.

Slegte ervaring gehad met my wa se remme waaraan gewerk en reggestel is, net vir my skoonseun om uit te vind 'n week later, die kabelverstelling is gestrip en die remme trek nie gelyk nie.

Toe ek dit met die werkwinkel bespreek, word gesê maar hoekom het ek nie gesê nie!

My vrek, ek bly op Malelane 400km van die handelaar. My seun het dit klaar reggemaak teen 'n klomp onnodige addisionele koste.

Al wat ek gesê kon kry was dat hulle nie na behore toesig het nie en sien my nie weer nie.

Waar wat als hier geniem word.

Daar is geen trots in dit wat ond doen nie.

 

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2019 @ 15:23:36 pm
Swanie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 642
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

ek glo dit gaan net oor nommers... en R

 

Ek ry my eie torque wrench saam by band plekke gesien hoe hulle torque wreches gebruik tot klik dan nog 'n bietjie...  as jy vra wat nou is die antwoord dis hoe ons dit doen,

my voorwaade is ek gebruik jou bande diens op voorwaarde ek maak my eie moere vas.  Somige plekke wil jou nie naby hulle werks winkel he nie.  ek beweeg dan maar aan..

 

Maar glo my trots en meeste "vakmanne" (so called) is nie in die selfde dorp nie

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2019 @ 22:09:21 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 299
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Die probleem is trots in die werkplek wat nie meer bestaan nie. Toesig, kennis en kwaliteit beheer is ook n probleem. Wanneer laas het mens gehoor van n vakleerlingskap met iets soos wat by Olifantsfontein was. Daar moes jy prakties en akademies kwalifiseer terwyl jy as n vakleerling by n maatskappy werk vir n sekere tydperk om kennis op te tel voordat jy kwalifiseer en n sertifikaat kry dan is jy eers n ambagsman. So was werk geskep mense se kennis verhoog, bestuur en toesig verbeter en kwaliteit beheer gekweek. Dit lyk my dees dae geld die reels nie meer nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Dec 2019 @ 22:55:35 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2856
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar is jou bakkie nie ook Chinese produk nie? Kia het goeie naam gehad, maar dis elkgeval in boekies nie naby 'n Toyota nie.

Hiermee sê ek nie dat foute en nalatigehid nie by Toyota kan voorkom nie. Ek dink dit het baie te doen met die werkswinkel se manne en wie hulle aanstel. You pay peanuts... You get??

Brommer jy tas nou in die donker. Ja my bakkie is n Chinaman maar beteken nie ek gaan laat n Chinaman aan my voertuie laat werk. Terloops dit is gedoen deur n plek wat hoofsaaklik aan Toyotas werk. En ek het ten duurste anderkant uitgekom

Ek sukkel nie met second best ek doen n ding reg. En wat my Chinaman wat ek ry betref sal ek nie in n leeftyd n duur bakkie laat doen wat Hy doen. Ook dit wat ek doen met die bakkie staan Hy nie terug vir enige bakkie. Hy doen sy job en as ons karavaan hak gaan Toyota nie vir my weg ry.  Nou ek gaan nie 300 000 meer betaal om soos die Joneses te wees en te bargain op resale value. Nee wat vir wat n Toyota kos kan ek 3 Chinamans koop. En wanne ek wil grand wees rits ek met die AMG rond.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2019 @ 14:24:34 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Piet siende dat jou laers nie warm word nie kan dit volgens my net so gelos word. Voel maar net met elke stop vir hitte. Laers loop lank warm voor hulle ingee. 

Ek moet in 'n mate met Jorg saamstem. Na baie draaie kan die laer se moer wel los wees. Meer laers gee in omdat hulle te styf gedraai word as los laers. Kyk maar hoeveel voertuie loop met baie speling sonder om vas te brand. Mens wil speling hê met ghries volgens my. Ek dink nogal as ek my sleepwa se moere wil losdraai na meer as 20jaar kan hulle dalk los wees maar het nog nooit hitte of speling gehad nie. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2019 @ 14:35:09 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2073
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Moenie die Chinese bakkies net afskryf nie. Ek is ook die laaste een wat sal neerkyk op n ander man se keuses. Ek het n baie goeie vriend hier in Uvongo wat die sand,klip en stene besigheid besit. Hy besit n hele vloot bakkies en trokke wat hy in die besigheid gebruik. Almal van hulle Chinese bakkies en trokke. Joop sal vir jou se op die "looks" beskou sal hulle nie wen nie,maar werkesels dit is hulle beslis. Hulle werk in stof en klippe en dra swaar vragte en het baie kommervrye kilometers op die klok. Die sagter op die oog "Brand" voertuie wil jy nie daardie werk laat doen nie. Die Chinese voertuie doen dit en steeds koop hy nog van hulle. Hulle is baie goedkoper en hulle doen die harde werk wat van hulle verwag word. Hy sal hulle nie aanhou koop as hulle hom net hoofbrekens gee nie. Ja sy eie bakkie is n Hi Lux maar op hom laai hy nie sand en klip en stene nie. Kom ons breek nie ander se keuses af nie ons weet nooit wat die noodlot more vir ons inhou nie. Dit wat ons vandag op neerkyk mag dalk more ons enigste uitkoms wees, en daardie veroordeling mag dalk net dik in die keel word as jy dit more moet afsluk. As ek vandag met so n voertuig moet ry sal dit my hoegenaamd nie pla nie.......dankie ek het n ryding.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2019 @ 19:44:27 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years

Die oorhoofse probleem lê by die aanvaarding van standaarde.  Dit kan deurgetrek word van die slaagsyfer vir 'n enkele toets op skool, die algemene matriek uitslae en dan ook die van hoer instansies tot dit eindig op die aanvaarding van werk wat gelewer word.

Voorbeeld

Waar die norm was om bv dood te stop by 'n STOP teken, is die algemene standaard van 80% van die mense in die land om 'n STOP teken te beskou as 'n TOEGEE teken.

Hoekom doen ons dit...........??????  Want almal doen dit!!!!!!!!!!!!!!!!!

Inplaas daarvan om die regte ding te doen.  Daar is gekwalifiseerde werktuig kundige wat weet hoe om wiel laers te vervang.  Hy het handlanger wat hom help.  Die handlanger sien wat word gedoen en stap by 'n ander plek in en Sê............ "Ek kan wiel laers vervang".  Wat ons vergeet is dat die kleinere puntjies van skoon werk, vas maak, nie te veel of te min ghries nie, word nie deur deeglike opleiding oorgedra nie.  En dan is die neiging ook daar om eerder die handlanger R10 per maand te betaal as om die werktuigkundige sy regmatige salaris te gee.

Met gespesialiseerder werk moet mens maar by die manne bly wat weet wat hulle doen.  Ek het op my vorige Wildtrak ook werk laat doen wat beteken het die wiele moes afgehaal word.  Toe die voertuig gaan vir wiel balansering (gelukkig op dieselfde perseel) toets ek self die wiel moere terwyl die Tipper op balanseer bank staan.  Kry dat nie een van die moere deeglik vasgemaak was nie (net so vinnige spin van die wiel sleutel)

In my opinie grens dit baie naby aan doelbewuste sabotasie.

Jorg ek verskil ook van jou hier.  Die wiel laer soos wat Bak Oor noem "seat" oor 'n aantal kilometers.  En selfs met of na die "Seat" wil jy verseker wees dat daar nie onnodige speling is op die naaf en as nie.  So ek maak hom ook vas met 'n moersleutel en verstel dan effe terug vir die splitpin om deur te gaan.

Hierdie het ons al vele kere bespreek.  Die items op my karavaan wat my gestrand kan laat langs die pad is die items wat ek self diens en aan werk.  Dan weet ek dis reg.  Of as ek dit nie meer self kan doen nie sal ek bystaan om te verseker dit word reg gedoen.

Ek was nie lus om 'n tesis te skryf nie...so as ek dit stel dat die kasteelmoer stywerig vasgedraai moet word bedoel ek soos ek geleer was dat die moersleutel slegs rondom die middel vasgehou word dws die nodige hefboomkrag om die moer te styf vas te draai is nie daar nie, dan 'n kwart draai terug - uiteraard ook sodat die gate ooreenstem vir die splitpin, so dis seker nie presies 'n kwartdraai nie (maar eerder minder as meer). My Fleetline loop al jare so, en so ook die perdetreiler (4 wiele en werk en dra baie swaarder as 'n karavaan). Dink nie dis geluk nie...albei se hubs loop koel. Het jare terug 'n stel afgetrap  met 'n Opel Monza waar een van die agterste wiel laers ingesit was deur 'n sg. opgeleide tegnikus wat blykbaar ook gewig optel as stokperdjie doen, daai laer was blou toe hy uitkom. En ja, die laer is nooit so los dat dit baie speling het nie....Moet ook byvoeg ek raak te oud om die ding self te doen en speel maar manager by die sg. mekaniek wat dit doen! En daar begin ek al weer die tesis skryf wat ek nie wou nie :)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Dec 2019 @ 22:05:29 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2856
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

PietG.

Ek bekommer my nie as mense uitgesproke raak oor Chinese bakkies. Toe Hyundai die land inkom was dit in die grond ingetrap deur stront pratery tot die mense after die stuur in geklim het. Vandag is Hyundai van die beste voertuie op die pad.

Die Chinese sit met van die beste en mees moderne, grootste aanlegte om voertuie te bou. Beste ingeneurs en wereld klas kwaliteits beheer. Ja hulle het nog n ver pad om te loop maar hulle gaan hom loop. Ja daar is verskriklike gemors wat jy kan kry uit China so ook uit Duitsland en Japan, oral. Dit is nie hulle skuld maar wel die mense wat dit aankoop met die doel om eie mense in te loop en kwaliteits produkte te ignoreer om meer geld te maak.

As huiswerk gedoen  jy word is dit duidelik en n feit dat China verskaf Duitse luukse motors, Koreane, Wereld wye motor vervaardigers met onderdele wat dan net weer gebrand word maar daardie selfde goed mag nie in n vorm van n Kar kom want Dan is dit twak ?

China beplan om Wereld leier te word en Europa plus Amerika gaan more walker staan.

Bo en behalwe al die bla bla hier bo is my Chinaman gedress met leer seats, aircon, 5 spoed ratkas, radio, cd en DVD speler vir voor en agter passasiers, reverse kamera, goeie diesel verbruik  sleep my fleetline gemaklik in 5e rat teen 120 en my nog nooit Lang's die pad gelos. So al is hy so lelik dat die kinders bang raak as ek verby hulle ry werk die Chinaman okay vir my. En die prys van hom 👍🤣

 

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Dec 2019 @ 11:47:55 am
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4781
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Piet jy kry nie net 'n +1 nie maar sommer 'n +10

Ons sal nooit 'n regte manier kry vir die moer nie. Toyota beveel bv 'n 10Nm torsie en SKF se instruksie is matig styf en 60 grade terug. Elke ou wat dit self doen en nooit 'n laer verloor sal voortgaan op hul eie wen resep. Ten minste kan ons saamstem dat wiel moere moet styf wees. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Dec 2019 @ 13:49:53 pm
Anonymous

Let's call a spade, a spade!

Vergewe my as ek nie dingetjies sugarcoat sodat jy daarvan hou of sensitief is daaroor.. 

Sterkte elkgeval met die China bakkies en karretjies, as dit so is, dan is dit so. As jy wil klappe uitdeel na die wat het moet jy mos die klappe ondertoe kan vat ook?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Dec 2019 @ 09:24:53 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 508
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

"Ontspan"

Ek raak sommer lus vir suiker sweetjies.  Volgende jaar trek ons mekaar se bene weer oor wie die beste bakkie ry.  Elke man moet sy eie bakkie geniet die Feestydperk en kom veilig tuis met baie goeie terugvoer en stories van die China, Japanese en Amerikaanse bakkies. 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Dec 2019 @ 10:14:52 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8977
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Darm sleep hy my wa sonder enige teenspoed sovêr.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First