English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 814
Total Replies: 256 705
Total Views: 83 382 875
topics: 11 741
replies: 141 624
views: 39 415 170
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wenke vir 'n potjie

replies: 54
views: 12606
page 1 of 2
10 Jun 2015 @ 16:57:16 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 3 years

Kom ons gee almal 'n spesiale of nie-so-spesiale wenk of wenke wat ons toepas as ons 'n potjie maak.  Nie noodwendig resepte nie.  Ek sal begin met 2 baie eenvoudiges van ons:

Ons snipper nooit die uie of sny dit in plat dun skywe nie.   Afhangende van die grootte van die ui, word dit slegs in halwes, kwartes of agstes gesny.  Dit braai makliker en kook ook nie heeltemal weg nie.

Ons voeg nooit te veel vloeistof op een slag by nie.  Ons glo dit "ontwater" jou pot.  Bietjie op 'n slag, laat dit amper droogkook en weer begin braai, dan voeg jy weer vloeistof by.  As dit regtig mooi bruin is, kan jy bietjie meer vloeistof byvoeg en dit dan stadig laat prut.  Sodoende kry jy 'n mooier kleur en die smaak van die vleis is lekkerder.

Dit sal interessant wees om almal se persoonlike wenke te hoor.

Freda

 

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2015 @ 18:01:14 pm
Johnnie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 442
Joined: 30 Apr 2014
Experience: 53 years

Nog een:

Jy (dalk ek?) kan 'n potjie se hitte baie beter beheer op gas as op die kole mits jy nie in die wind jou ding probeer en jy nie behoorlik ge-tune is nie. Ek kan ook meer ontspan saammet die gaste en hoef nie na 'n antwoord te skarrel om my vrou se vasgehaakte vraag te beantwoord of daar nog genoeg kole is nie??!





BIG TIME!!

👍
0
💔
0
😮
1
🙂
0
10 Jun 2015 @ 18:44:36 pm
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 49 years

Vir my werk die beste speserye biltong speserye gooi eers ń biekie in proe kan altyd meer ingooi maar jy kan dit nie uit haal nie .

Coke is ook ń belangrike bestandeel

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2015 @ 19:01:29 pm
Anonymous

Ek volg...

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2015 @ 19:57:09 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 23 years

As jy 'n ui of twee in sulke cm dik skywe sny en dit onder op die potjie se bodem plaas met die vleis en ander goed bo-op, vorm dit 'n lekker buffersone. Jy sit daarna nie met enige vleis of so wat vasgebrand is nie en dit gee lekker geur ook.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
2
10 Jun 2015 @ 20:16:08 pm
AndrePrinsloo
Moon Member
88% Profile Strength
Posts: 930
Joined: 06 Aug 2013
Experience: 28 years

Hou dop met groot oe

"Nou gaan ons braai!!!! Kamp met oorgawe!!!!"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2015 @ 20:25:42 pm
Anonymous

Wat vir my lekker werk is soos volg;

Ek verkies ook soos Johnnie gas vir beter beheer oor hitte.

Eerste gaan olyf olie saam met die vleis, dit pot roast ek tot dit so koper rooibruin,

dan kom die groot stukke uie en speserye na smaak, dit braai ek tot uie gaar is, maar nog hard. Dis nou hier waar ek die groente (klaar verpakte gemegde groente growwe groot stuke) inkom.

Dan prit ek die pot tot die groente nog so klein bietjie krispie voel, ek hou van groente nog so effens "rou"

Saterdag klink vir my na potjie dag.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
10 Jun 2015 @ 21:25:59 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Ek braai my uie gewoonlik amper swart...dis wanneer sy smaak uitkom
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
10 Jun 2015 @ 21:29:15 pm
Anonymous

Seeliefhebber, ek hou ook van die uie so 1mm voor dit brand, want dan gee dit vir 'n ou pens nie so baie wind nielaughing

Mense moet net ingedagte hou dat die vleis en uie nog onder lê en braai.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Jun 2015 @ 21:33:15 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Gebruik soms "cook in sauce" poeier....werk mooi
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 07:25:22 am
Anonymous

Die beste sous om sout te vervang is - Maggie Sauce

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 08:14:32 am
Anonymous

My geliefkoosde pot is 'n Lam gemeng met Bees potjie. Braai die uie in olyf olie tot 'n glans kleur, voeg dan die vleise by. Braai vleise tot mooi bruin kleur, voeg dan maggie sous by en braai vir nog so 10 minute.

Voeg dan alle harde groente soos bv. Aartappels, Wortels ens eeste by en voeg dan water en woestersous mengsel by, laat kook todat vleis en groente mooi sag is, voeg dan sagte tipe groente by met 'n tamatie vir vogtigheid en laat verder kook.

Maak dan 'n mengsel van Mutton & Veg, Beef & Veg sop aan. Sodra alles mooi sag is, voeg die sop mengsel by en kook vir nog so 20 minute daarin met 'n deegie bo-op vir die ''Dumplings''. Haal deksel af en laat prut om 'n mooi kleur te kry en sodat sous deur ''Dumplings'' suiwer. Indien nog vars, voeg nog bietjie Maggie sous by en laat verder prut, maar baie belangrik, die pot moet nie droog prut nie.

As alles mooi lyk en proe, maak gereed vir skep en eet

👍
0
💔
1
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 08:39:57 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3329
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 54 years

Ek glo weer jy volg jou eie kop - resepte werk  nie regtig vir my nie.

Ek braai nie ui nie, juis omdat dit weg kook - sit dit heelwat later by.

Gooi in net wat beskikbaar is

Mors ook nie bier nie - gebruik sommer enige koeldrank wat naby is (Fanta Orange of Gemmerbier is gewoonlik die lekkerste). As ek wyn met gebruik moet ek die res weg gooi - drink dit nie.

Maak my wildspot presies dieselfde as bees. Daar is dan nie wild smaak of reuk nie - die wat ek by ander eet glo ek sit hulle die wild smaak in deur die takke en blare.

Ons hou daarvan om piesangs heel bo te sit en dan die brood deeg - Ander sê piesangs word swart - so who cares? Die vleis word ook swart, maar die piesang smaak trek in die brood.

In die plek van sop, gooi ek soms 'n blik pers bone by - die sous is klaar lekker dik.

 

 

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 09:46:26 am
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 33 years

Om die pot gereed te kry vir gebruik: Begin deur die potjie te "spat". Gooi olyf olie en dan bietjie water. Sit dit op die hitte. Deksel toe totdat die twee begin gesels en dan deksel effe oop sodat die stoom kan ontsnap en hy weer stil raak. Nou is die potjie behoorlik gespat met olie en is gereed vir die uie en vleis.

Om die pot gereed te kty vir bere: Was die pot, droog af en maak weer warm op die stoof om behoorlik droog te kry. Prop hom vol koerante om roeserigheid te voorkom en bere binnenshuis.

Het jare gelede toe jy nog tamatie kissies gekry het die heel tyd gestook met die houtjies tesame met n paar stompies hout. Soedoende kan jy met die tamaties plankies die hitte maklik reguleer. Deesdae gebruik ek brikette of gas.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 09:56:46 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16356
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Ek braai weer die uie en fyn knoffel eerste want dit gee lekker smaak aan die kos. Skep dit uit en dan seël ek die vleis daarna die gebraaide uie terug bo op die vleis.

Hoender pot doen ek die selfde behalwe dat dit nie nodig is om die hoender te seël nie. As ek die hoender in sit, is dit  nog gevries. Dit bring mee dat jy nie landmyn hoender kry nie. As die pot gaar is, is die hoender net mooi reg en steeds in netjies stukke soos jy dit ingepak het.

Ek verkies ook gas want dis makliker om die temp te beheer.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 09:59:05 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16356
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 57 years

Ek het ook een van die perkoleer pypies wat die sous op stoot en deurgans bo oor die groente ens spuit. Dit werk ook nogal goed vir my.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 10:16:51 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 62 years

'n 25lt verfblik kan gebruik word as konkaen ook wannier jy 'n poitjie doen maak hom vol sand sodat net die pot se deksil bo uitsteek. Hy hou die hitte van min brikette mooi en geen wind sal pla nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
11 Jun 2015 @ 10:39:50 am
Theu
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 91
Joined: 11 Nov 2014
Experience: 26 years

Ek gebruik daai heel kein uitjies net so heel, dit werk beter vir my

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 10:45:05 am
BigBen
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 267
Joined: 21 Jan 2015
Experience: 23 years

My mond water sommer .... ek het al die potjie ding probeer maar kyk ek is beslis nie 'n 'kok' nie. Bly maar by vleisbraai!

My familie het elke keer gese nee man dis net soos die 'stew' wat ma by die huis maak cry

Time passes so slow between camping weekends demmit :(
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
11 Jun 2015 @ 10:49:25 am
Anonymous

Vir ons Karoo boere, wie hou van 'n lekker ou kerrie skaap afval potjie met dumplings? Ek het 'n lekker resep by die huis en sal hom more plaas.

Blikkies, hoe water so mond nou, veral met die koue.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 11:26:54 am
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 33 years

Vir ons Karoo boere, wie hou van 'n lekker ou kerrie skaap afval potjie met dumplings? Ek het 'n lekker resep by die huis en sal hom more plaas.

Blikkies, hoe water so mond nou, veral met die koue.

Hou die spasie dop vir daai resep.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 11:31:02 am
Anonymous

Hou die spasie dop vir daai resep.

Belowe, ek sal hom vanaand uithaal en more plaas. Heel maklik, maar neem baie lank. Die laaste keer wat ek een gemaak het, het ek sommer so saam met die pot, pruim mampoer ook gestooklaughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 12:18:43 pm
camperfan
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 445
Joined: 27 Jul 2014
Experience: 27 years

Ek gebruik heel knoffel,nie die klontjies nie die hele bos. Druk een of twee vroeg in. Word sag soos botter wat jy op alles kan smeer en jy stink ook nie so erg nie.

 

Bere van pot, mooi skoon en droog....spuit oorals met spray en cook dit bevat lecithin wat verhoed dit roes en nie taai soos olie smeer nie.

 

Africa is not for sissies. Die bosveld is nie speletjies nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 12:25:04 pm
Anonymous

Pasop net om knoffel te braai kan lei tot 'n bitter smaak.

Die spray en cook werk goed. Olie is geneig om die maag so bietjie om te krap as die pot nie ordentlik skoongemaak is voor gebruik nie.

Wat ook goed werk, is om die pot uit te was met Sunlight liquid, spoel goed af en droog uit en plaas koerant papier in die pot sonder om die deksel op te sit.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 17:05:06 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ek glo weer jy volg jou eie kop - resepte werk  nie regtig vir my nie.

Ek braai nie ui nie, juis omdat dit weg kook - sit dit heelwat later by.

Gooi in net wat beskikbaar is

Mors ook nie bier nie - gebruik sommer enige koeldrank wat naby is (Fanta Orange of Gemmerbier is gewoonlik die lekkerste). As ek wyn met gebruik moet ek die res weg gooi - drink dit nie.

Maak my wildspot presies dieselfde as bees. Daar is dan nie wild smaak of reuk nie - die wat ek by ander eet glo ek sit hulle die wild smaak in deur die takke en blare.

Ons hou daarvan om piesangs heel bo te sit en dan die brood deeg - Ander sê piesangs word swart - so who cares? Die vleis word ook swart, maar die piesang smaak trek in die brood.

In die plek van sop, gooi ek soms 'n blik pers bone by - die sous is klaar lekker dik.

 

 


David...ek maak ook uit my kop en gooi maar in wat beskikbaar is....nog nie een van my potjies was dieselfde resep nie....kan ook nie onthou hoe om n sekere pot weer oor te maak nie
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 17:07:09 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Ek is seker nie n profesionele potjie maker nie....ek roer my potjies gedurig
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 17:15:11 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 3 years

Die mans op die forum is darem baie oulik.  Hul hande staan vir niks verkeerd as dit by kampgoeters kom nie.  Kyk hoe oulik is hul met hul potjies en wenke.wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 17:17:01 pm
Johnnie
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 442
Joined: 30 Apr 2014
Experience: 53 years

WENK:

Braai die uie baie stadig met 'n lagie waspapier soos 'n kombersie bo-oor die uie. Dit verhoed dat daai heerlike uiegeur die lug intrek en verdwyn ipv dat dit in die uie agterbly, Die waspapier hou ook die hitte binne totdat die uie mooi sag en deurskynend gebraai het sonder om swart te word.

Dan kan jy hulle uitskep, eenkant hou tot later en die vleis verbruin of verbrand soos jy wil!





BIG TIME!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 17:18:52 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Die mans op die forum is darem baie oulik.  Hul hande staan vir niks verkeerd as dit by kampgoeters kom nie.  Kyk hoe oulik is hul met hul potjies en wenke.wink


Ek dink ons hou van potmaak...dis meer lekker kuiertyd....hoe langer jy kuier...hoe lekkerder die pot
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Jun 2015 @ 17:24:25 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10165
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years
N GOEIE bottel rooiwyn in die pot en als loop 100% met n glasie langs die pot vir proe.
Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Jun 2015 @ 16:28:54 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 33 years

Belowe, ek sal hom vanaand uithaal en more plaas. Heel maklik, maar neem baie lank. Die laaste keer wat ek een gemaak het, het ek sommer so saam met die pot, pruim mampoer ook gestooklaughing

 

DK, wat nou van die Karoo Oesters. Is dit nog verkrygbaar?

Volgens my mening is die beste bestanddeel van die potjie die samesyn van die mense om hom. Sonder die regte mense kan n potjie maar "taai" raak. Soos jy goeie bestanddele kies vir die pot, maak seker die geseldkap voldoen ook aan die vereistes.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2015 @ 16:35:54 pm
Anonymous

Kon nog nooit met reseptepte potjie maak nie, ek smyt in wat ek voor lus islaughing

Hier is gister se bees stert pot.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2015 @ 17:27:19 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 3 years

Johan potjies met beesstert of skaapribbetjie is my gunsteling.  Maar daardie groente van jou!!   Ek sal maklik die vleis los en net dit eet.   Alles wat jy daar in het, lekker!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2015 @ 17:39:31 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5844
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 34 years

Was seker baie lekker gewees as ek na die begin kyk.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2015 @ 18:50:25 pm
Anonymous

Freda, die klein uitjies en kersie tamaties en die sampione, en die en die....laughing

 

Willem, gumph, ek maak nogal no3 pot tot bo vol sodat daar kan oorbly vir aand ete, en ons was net 4 mense.surprisedlaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2015 @ 19:17:12 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 3 years

Johann, die groente wat jy daar wys, sit ek nie in my potjie nie.  Dit is net te lekker op sy eie.  Dan proe jy elke een daarvan individueel, nie alles proe soos vleis nie.  En dit moet nog so bietjie crispy wees.  Net olyfolie en speserye.  Die pot moet tevrede wees net met aartappel en ui.laughing My Engelsman het my seker bietjie verengels met smake, net soms.wink

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2015 @ 19:37:49 pm
Anonymous

Freda, my dogters maak vir my daai growwe groente (mixed veggies) so in die oond, olyf olie met kruie ook so crispy, dis poedinglaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2015 @ 19:49:41 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 51 years
Johann, daai pot lyk puik!!
Oxtail hier, maak ek met n groot klomp uie wat eers liggies gebraai word,"carmelised" of so iets. Volgende n lepeltjie kerrie en borrie by, braai saam uie, skep uit.
Oxtail kry ook n beurt vir liggies verbruin, so ook n paar klein aartappeltjies en paar wortelringetjies. Aartappeltjies en wortels word uitgeskep in n bak en word later bygevoeg.
Vir vog so bietjie stock en rooiwyn, en altyd bietjie worcesterous en bietjie naeltjies,swart peper en sout.
Nou prut die pot stadig tot vleis sag is, dan kom aartappels en wortels by, tot net gaar. Daar moet daar net, net genoeg vog in pot wees vir kluitjies, sonder dat pot aanbrand.
Volgende word deegkluitjies bo-op geskep, en gestoom vir 15 minute, die rys tot teen die deksel, en suig die vog op. Moet nie die deksel oplig daai 15 minute nie, dan val kluitjies plat!!
Wat oorbly, is n lekker dik sous, geurige kluitjies en oxtail wat van been af loskom.
Seker nie n pryswenner nie, maar hy is wragties lekker.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2015 @ 21:08:02 pm
Deon Vorster
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 22 Nov 2015
Experience: 41 years

Ek hou ook van die pyp in die pot maar ek pak nie die groentein  lae nie een soort groete op n hoop al langs die pot, ek skep ook die hele pot uit in n bak sodat almal lekker kan pick en choose wat hulle wil eet dan krap niemand die pot deurmekaar nie👍

Diesel is vir trokke en trekkers...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2015 @ 21:10:25 pm
Anonymous

Herman, ek volg geen resep nie stap in Spar en kyk wat se groente lyk lekker, dit gaan dan pot toelaughing

Geloftedag beplan ek weer skaap stert potjie. Kry skaap stert van Kuruman af.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Nov 2015 @ 23:04:50 pm
Anonymous

Ek was nog het deels getrokke by potjies, maar is so lus om n lekker potjie aanmekaar te kry... moet maar bietjie vleis, groente ens he... maar hou ook van kerrie potjie ens, maar om so projek nou self aan te pak, sonder backup kos as dit flop, is vir my nig bietjie ver

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2015 @ 10:00:15 am
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 33 years

Ek "spat" altyd eers my potjie. Gooi bietjie olie in die pot. Gooi dan klein bietjie water in die pot en sit hom op die vuur/gas. Die olie word warm en protesteer met die water in die pot en spat die hele potjie binne sopnat van die olie. Sit dan die deksel so klein bietjie skuins sodat die water stoom kan ontsnap en sodra hy stil raak is hy reg om aan te gaan met maak van die pot.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2015 @ 10:25:27 am
Anonymous

Herman, ek volg geen resep nie stap in Spar en kyk wat se groente lyk lekker, dit gaan dan pot toelaughing

Geloftedag beplan ek weer skaap stert potjie. Kry skaap stert van Kuruman af.

Johann, ek maak soos jy,. Ek volg ook geen resep nie, maar ek glo my Maggi sous en Lamb & Veggie sop moet byderhand wees asook so bietjie biltong spice.

Ek maak ook gebruik van die pot sproeier wat jy in die pot plaas sodat hy die water met sous so eweredig versprei terwyl die pot kook.

Johann, jy moet tog seker 'n tipe van resep hê vir die skaap stert pot. Indien jy een het, stuur hom vir my asb.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2015 @ 18:16:43 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 51 years
Met kosmaak is ek maar erg gestrem, so as iets gewerk het, hou ek maar daarby.
Daai lekker groente van Johann sal ek in n papperige spul verander, met so waterige sop onder in, het al paar keer gebeur.
Andersins maak ek stew in my pot, skaapskenkels met aartappels en groenbone. Dik sous vir potbrood, wat Vonnie bak natuurlik.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Dec 2015 @ 19:20:22 pm
Anonymous

Herman, sagte groente gaan eers in so paar minute voor kos klaar is, sê so tien minute. Ons hou van groente nog so effens "rou". Dit gee so crispy "gevoel" en is ook meer gesond.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2018 @ 07:52:31 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Oor die naweek het iemand vir my genoem dat hy die uie heel laaste ingooi....paar minute voor potjie reg is om te eet....ui moet blykbaar nog half rou wees.
Is daar iemand anders wat dit ook so doen....is dit aanbeveelbaar?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2018 @ 07:53:19 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Oor die naweek het iemand vir my genoem dat hy die uie heel laaste ingooi....paar minute voor potjie reg is om te eet....ui moet blykbaar nog half rou wees.
Is daar iemand anders wat dit ook so doen....is dit aanbeveelbaar?

Dis nou opgekapte uie....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2018 @ 10:07:23 am
Kurper
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 269
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 37 years
Nog nooit so gedoen nie. Ek braai gewoonlik uie eerste en skep uit. Volgende word die vleis gebraai en dan gekook. Uie word later weer saam groente bygevoeg. Kan nie dink half rou uie kan lekker wees saam met potgoed nie.
β€œHe was a wise man who invented beer.” – Plato
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2018 @ 14:34:43 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years
Braai opgekapte uie en skep uit vir na die vleis verbruin is. Maar ek like die idee van die uie onder die vleis. Gaan so maak en ook die "spat" idee.
(Nou baie lus vir n pot.)
Laaste tyd dat ons nie meer kamp nie, maak ek die pot op die stoof.. nog lekker maar nie soos in n driebeen buite by kamp nie.
Klein uietjies (klein) kom saam met ander groente in.
Ek glo ook soos Johann. Die groente moet kleurvol en nog crispie wees.
Die moeilikheid is om die mense betyds te laat opskep. Almal kuier en die pot word "oorgaar"
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2018 @ 14:41:50 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 46 years
Wou nog vra....
Wats julle ratio van die pot nommer vs die gaste.
Ek het n no.2 en no.4 pot

No4 is 4 x 4 ... dws 16 mense


Voor ek vergeet. Gebruik slegs goeie gehalte vleis vir jou pot. Nie die crap wat deesdae vir R100 p.kilo verkoop word nie... net n klompie afval bene met minimum vleis aan.
Ek gebruik skaap/lam skenkels of boudchops of rib. DiΓ© is net te vetterig vir Elma.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Mar 2018 @ 14:54:31 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17802
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years
Wou nog vra....
Wats julle ratio van die pot nommer vs die gaste.
Ek het n no.2 en no.4 pot

No4 is 4 x 4 ... dws 16 mense


Voor ek vergeet. Gebruik slegs goeie gehalte vleis vir jou pot. Nie die crap wat deesdae vir R100 p.kilo verkoop word nie... net n klompie afval bene met minimum vleis aan.
Ek gebruik skaap/lam skenkels of boudchops of rib. DiΓ© is net te vetterig vir Elma.

Hier is vir oom n riglyn....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
page 1 of 2
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za