English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 522
Total Replies: 252 732
Total Views: 83 244 927
topics: 87
replies: 1 763
views: 192 736
Share your best or worst experiences to help others out.

Wees gewaarsku teen voertuig waarborg

replies: 31
views: 1012
25 Oct 2017 @ 13:59:11 pm
Anonymous

Ek plaas hierdie onderwerp om lede en hulle vriende te waarsku teen 'n voertuig waarborg met die aankoop van 'n 2de handse voertuig.

My X-Trail is gewaarborg deur ''Warranty Solutions'' en ek kan met trots noem dat daar nooit vrae deur hulle gevra is ivm 'n eis nie. Daarby hou hulle ook by hulle beloftes en betaal 'n eis ten volle volgens wat die waarborg boek aandui.

''AMP Warranties'', wees baie versigtig. My seun het sopas sy eerste eis ingedien by AMP Warranties op sy Golf VI, 1.6 TDi.

Die terugvoering van AMP Warranties was soos volg:-

We Have To Inform That your Claim Has Been Declined Due To Normal Wear and Tear and Therefore AMP Warranties Will Not Be Liable For Your Vehile Repairs''

Dit is nou werklik die grootste grap van die dag omrede die waarborg boek stipuleer dat die komponent tenvolle gedek is.

Indien vriende van jou of enige forum lid 'n 2de handse voertuig aankoop, wees baie versigtig vir ''AMP Warranties'' se sop stories omrede jy jou geld gaan mors om die waarborg te koop.

Tans het ek 'n e-pos na hulle ''Complaints'' gestuur. Indien ek geen bevrediging by hulle kry nie, is die volgende stap na die onbudsman.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2017 @ 17:26:17 pm
Anonymous

Het daai gevoel gehad met die mazdas behalwe dat hul nuwe voertuie was... wat beteken n waarborg vandag?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2017 @ 17:41:22 pm
Anonymous

O ja en ombudsman wag ek nou nog voor vir terugvoering, al meer as n jaar later...

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2017 @ 19:47:16 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4737
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Jammer sulke dinge gebeur sterkte
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Oct 2017 @ 22:42:44 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Wel daar sal altyd 'n mark wees vir sulke produkte. Net soos die "bumper bashing" versekering wat jou R100pm kos. Die versekering vir jou huis se <> wat nou meestal grys is glo ek is nog 'n voorbeeld.

Kom mens kyk na wat heel moontlik kan gebeur deur die ou tipe waarborge soos Wynns. Jy het R700 per voertuig betaal vir enjinskade tot op die ouderdom van 5 jaar en se maar 150 000km. Sou 5 uit elke 100 voertuie se enjins ingee wat naby korrek is uit studies wat gedoen was.

Dus het jy net uit die waarborg R70 000 per 100 voertuie ingekry. Dis sonder die wins op die bymiddels wat jy moes gebruik as een v d voorwaardes. Daai jare kon jy 'n enjin heeltemal oordoen vir onder R3 000. Dus na jy die 5xR3 000=R15 000 betaal het sit jy met 'n wins van minstens R55 000. Omdat die 5 enjins nie dadelik ingee nie kon jy die geld bele het @ 15% opbrengs (dit was die norm met inflasie van 13% plus) wat die R70 000 verder opgestoot het na R140 000 oor bv 'n 5 jr tydperk. Betaal nou daaruit die R15 000 en jy het R125 000 in jou sak.

Wie was eintlik die kant wat voordeel getrek het uit die waarborg?

Ek glo dus nie dinge het regtig verander tussen die ou dae en nou nie behalwe dat daar meer fynskrif is en gevalle soos Dennis hierbo uitgelug het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2017 @ 07:19:06 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Soos DK noem, vir hom het waarborg gewerk vir sy seun nie.

Vir Brommer werk Mazda waarborg nie, vir my het dit nou n paar keer gewerk.

Hang seker maar daarvan af wie hanteer eis.

Sterkte DK

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2017 @ 07:29:47 am
Anonymous

My eerlike gevolgtrekking is, AMP Warranties is 'n ''Money Racket'' maatskappy met konsultante met Onvoldoende Opleiding wat waarborge verkoop aan voertuie waar die uiteensetting van die waarborg boekie nie ooreenstem met die direkte voertuig nie.

DWS, Verkeerde Waarborg word verkoop aan verkeerde voertuig. Almal van hulle is Geldwolwe, konsultante soek hulle Kommisie en maatskappye wil net ''Pocket".

Inteendeel, wat ek ook nagelaat het om te noem. Toe die eis gerapporteer was, het hulle genoem dat daar 'n 24-uur werks ure wag tydperk is voordat 'n beslissing gemaak word en die wagtydperk word nie so gestipuleer in hulle waarborg boek nie.

Toe ek bogenoemd aan hulle noem dat hulle waarborg boekie nie ''User Friendly'' is nie, word daar vinnig aan my genoem dat hulle tans besig is om die waarborg boek se bewoording te herskryf (Verskriklike Groot Wit Leun en 'n Leon Schuster Joke van AMP Warranties).

Tweedens, hulle verwys na ''Normal Wear and Tear'', maar nogsteeds het geen assesor die voertuig gaan ondersoek nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2017 @ 08:50:41 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years
Dennis, ek dink alle versekering is van die soort wat sê.... jammer, jy moet onderhoud eerste doen.
By ons komplx wil hulle nou nie na n groot reenstorm meer water-oorspoel-skade betaal nie, want ons moet eers geute opsit.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2017 @ 10:19:55 am
VarkBek
Silver Member
96% Profile Strength
Posts: 60
Joined: 28 Oct 2014
Experience: 32 years
As almal maar net Toyotas sal ry, dan is daar geen 'warranties' nodig nie!!Grappie...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2017 @ 10:32:27 am
mamba
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 136
Joined: 22 Dec 2013
Experience: 40 years
Ek het self al so n probleem gehaat ek he so plan uitgeneem toe ek n SLK Mercedes koop.
Toe die kompressor op pak se hulle hulle dek net n turbo en nie n kompressor nie, ek toe R22000.00 uit die sak betaal.
The older I get the faster I was
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Oct 2017 @ 21:51:59 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek het self al so n probleem gehaat ek he so plan uitgeneem toe ek n SLK Mercedes koop.
Toe die kompressor op pak se hulle hulle dek net n turbo en nie n kompressor nie, ek toe R22000.00 uit die sak betaal.

Maar het die SLK nie daai kompressor ingehad toe jy dit uitgeneem het nie. Dan moet hulle mos nie jou spesifieke model dek nie of dit moet gespesifiseer word. Dis nie net 'n klein uitgawe om R22 000 te hoes nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Oct 2017 @ 09:31:51 am
Anonymous

Soos DK noem, vir hom het waarborg gewerk vir sy seun nie.

Vir Brommer werk Mazda waarborg nie, vir my het dit nou n paar keer gewerk.

Hang seker maar daarvan af wie hanteer eis.

Sterkte DK

Mazda het werke" onder waarborg gedoen..... dit werk net nie vir my om 2de handse oarte onder waarborg te vervang nie. As jy tevrede is met so waarbirg dan het ons maar verskillende verwagtinge en standaarde, en as mazda vir jiu in jou gesig lieg oor wat gedoen word en jy glo hulle en maak nie seker nie, dan sal jy seker  tevrede wees.... ekt hul beleid gaan navolg en daarom het ons so gou moontlik van mazdas ontslae geraak

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Oct 2017 @ 11:25:00 am
Anonymous

Die werk is gedoen deur die werktuigkundige en ons as waarborg betalers moes maar self die bedrag betaal.

Indien dit self gedoen sou wees, kon dit moontlik goedkoper gewees het, maar ongelukkig moes die werktuigkundige eers ondersoek instel om die fout op te spoor en sodoende was daar werk betrokke en dan moes daar 'n bedrag betaal word vir ''Work Done To Date'' wat dan die totale bedrag basies laat balanseer na dieselfde indien dit self gedoen sou word.

'n Verskriklike baie GROOT versekering is, AMP Warranties moet nooit eers eens dink om kontak te maak nie omrede daar ongelukkig niks vir hulle te sê is nie.

Ek glo baie verbruikers het nou geleer en besef watter diens AMP Warranties verskaf, 'n Baie, Baie SWAK en STINK diens.

E-posse wat gestuur is, is gelees, maar hulle is te SLAPGAT om 'n antwoord te verkaf.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Oct 2017 @ 14:03:14 pm
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Ja Brommer jy kan darem maar gou klippe gooi. Toevallig het ek bygestaan toe NUWE parte opgesit is. Gaan nie met jou in argument betrokke raak nie. Kool is nie die sous werd nie. Geniet jou naweek.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Oct 2017 @ 17:23:11 pm
Anonymous

Ek se maar net, gooi nie klippe nie. Mazda is crap. Punt

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Oct 2017 @ 20:28:32 pm
Hurricane
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1558
Joined: 25 Apr 2014
Experience: 21 years
Wanneer gaan mense besef dat sg after sales waarborge eintlik maar ietsie van 'n lotery is. Die versekering "wed" jou dat jy geen eis sal instel nie en indien jy dit wel doen word die ding so uitmekaar getrek dat hulle baiemaal iets sal kry as verskoning om nie uit te betaal nie. wenner = versekering. Ander kant, jy wed dat jy meer sal eis as premies, wenner = jy. Meestal wen die versekering egter, het twee keer stel afgetrap met sulke versekerings en daarna nooit weer die goed uitgeneem nie. Aan die ander kant het ek nog nooit regtig 'n probleem gehad met waarborg eise waar die OEM die waarborg hou en ek nuut by hulle gekoop het of terwyl die voertuig nog onder fabrieks waarborg was (Opel, Audi, BMW, Jeep, Suzuki en laaste 4 synde Fords).
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Oct 2017 @ 20:58:27 pm
Anonymous
Wanneer gaan mense besef dat sg after sales waarborge eintlik maar ietsie van 'n lotery is. Die versekering "wed" jou dat jy geen eis sal instel nie en indien jy dit wel doen word die ding so uitmekaar getrek dat hulle baiemaal iets sal kry as verskoning om nie uit te betaal nie. wenner = versekering. Ander kant, jy wed dat jy meer sal eis as premies, wenner = jy. Meestal wen die versekering egter, het twee keer stel afgetrap met sulke versekerings en daarna nooit weer die goed uitgeneem nie. Aan die ander kant het ek nog nooit regtig 'n probleem gehad met waarborg eise waar die OEM die waarborg hou en ek nuut by hulle gekoop het of terwyl die voertuig nog onder fabrieks waarborg was (Opel, Audi, BMW, Jeep, Suzuki en laaste 4 synde Fords).
Definitief is ń les geleer deur AMP WARRANTIES. Dit is hoekom ek hierdie onderwerp geplaas het om ander te waarsku. R17K is nie kleingeld deesdae nie.
ń Waarborg wat ek werklik sal aanbeveel veral op ń 2-de handse voertuig, is WARRANTY SOLUTIONS.
Hulle verskaf magtiging sonder enige vrae.
AMP WARRANTIES se waarborg boekie is alreeds seker by Wadeville ashoop omrede jy as verbruiker ń "LOOSING BATTLE" baklei teen AMP WARRANTIES.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2017 @ 06:06:14 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Is soos jy se Hurricane. Ek self koop niks addisioneel wat handelaar aanbied nie. Bestaande Handelaar waarborg is vir my genoeg en ek het nog altyd die diens daarvolgens gekry sonder n geveg. Ek glo deur met regte houding by handelaar aan tekom en probleem te verduidelik op n vriendelike manier en nie op "ek weet alles" nie kan jy ver kom. Dit bou ook n goeie verhouding tussen jou en werkswinkel personeel. Onthou aan einde van die dag, moet hy die voertuig regmaak en jou houding bepaal of jy weer terug kom vir selfde herstel werk aldan nie

DK ek het nog nooit die addisionele waarborg gekoop nie, want vir daardie geld kan ek voertuig self regmaak. Handelaar kry kommissie op alles wat hy addissioneel verkoop.

Ek hou maar daarby verby. Ek is n te armgat om dit te kan bekostig daarom ry ek ook maar "crap" gelukkig sleep hy my woonwa en ek kan nog goed in hom laai sonder om addisionele veranderings aan te bring.

Maar dit is maar net ek, my glas is half vol en ek is dankbaar dat ek so geseend is om dit(crap) te kan bestuur. Daar is ander (wat met min tevrede is) vir wie dit net n droom sal bly. Bid dat hulle ook geseen sal word met genade gawes.

Op n ligter noot

WANNEER RY N TOYOTA SO VINNIG SOOS N MAZDA, WANNEER DIE MAZDA HOM SLEEP.

Hoe word gese, "And then the fight started.

 

 

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2017 @ 07:59:30 am
Anonymous
Aag wat Tonki, ń duur les is ek geleer deur hulle en gaan my nie meer verder siek maak agv van hulle skelm geld maak plan nie.
AMP kan maar verseker wees dat genoeg publiek is nou gewaarsku teen hulle en sodoende vertrou ek dat werknemers van AMP hopelik ń goeie pensioen fonds het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2017 @ 09:19:19 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1314
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Net soos jy se DK. die hartseer van dit is egter bestuur besef nie die nagevolge van hul dade nie en dan ly die werknemers daaronder en mnr begin maar net weer n ander maatskappy waar publiek maar weer ingeloop word. Maar eendag slaan die sambok en dan wil hy weet hoekom het dit met my gebeur. Soos jy se ons weet nou van hulle.

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2017 @ 11:44:24 am
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2029
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek het nog nooit waarborge of verlengde waarborge "gekoop" nie  -  ek volstaan met die waarborg van die produk self en as daar nie 'n waarborg is nie, of slegs 'n beperkte waarborg, dan oorweeg ek my risiko of ek bereid is om die produk te koop.

Wat my egter in die gesprek interesseer is die volgende :-

  • Hoe lank na die "waarborg" gekoop is, is die eis ingestel ?
  • Wat was die aard van die eis, met ander woorde, wat het gebreek of wat het foutgegaan ?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2017 @ 12:58:51 pm
Anonymous
Lennie, om jou vraag te beantwoord: Dit is ń 3-jaar waarborg wat gekoop is aan die begin van hierdie jaar.
- Die voertuig het stiptelik vir sy volle diens gegaan.
- Die L/Voor W/Bearing het Sondag begin "Hum".
- Maandag oggend het ek die voertuig met waarborg boekie by die handelaar afgelewer.
- Die boekie stipuleer dat W/Bearings se maks eis is R4000.
- Die boekie wys ook aan dat dit "hubs" uitsluit.
- Ongelukkig met die VW Golf VI is die bearing en hub ń kompleet eenheid wat nie appart gekoop kan word nie omrede die ABS en Turbo Traction Control sensors daarop funksioneer.
- Die eenheid is slegs bekombaar by agente.
- Kwoteer bedrag met arbeid ingesluit = R 5495 waarvan ek dan nog R 1495 moes inbetaal.
- Met terugvoering dat dit "Normal Wear Tear" is, het ek teruggevoer dat dit nie so beskryf word in die boekie nie.
- Antwoord terug van AMP, die "Hub" is nie gedek nie.
- Met die nuwe SA se transformasie is dit verskriklik moeilik op die tegniese beskrywing deur te dring na AMP se eise afdeling persoon.
- Die eis is afgekeer sonder enige inspeksie van AMP se assesore.
- Aanvanklik het ek ook aangebied dat AMP 50% van eis dek en ek die res, maar geen satisfaksie.
Slotsom, op die einde van die dag moes ek persoonlik die volle bedrag betaal.
Uiters SWAK en PATETIES hanteer deur AMP.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2017 @ 14:49:15 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2190
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Dennis hoekom kry jy nie n verslag van die werkswinkel en stuur al die korrespondensie na die motor ombudsman nie. Ek kan jou waarborg jy sal gou die nodige reaksie kry.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Oct 2017 @ 15:30:53 pm
Anonymous
Dennis hoekom kry jy nie n verslag van die werkswinkel en stuur al die korrespondensie na die motor ombudsman nie. Ek kan jou waarborg jy sal gou die nodige reaksie kry.
Baie dankie vir die info, Piet.
Ek gaan sommer Maandag die bol aan die rol sit omrede na my laaste e-pos gestuur na hulle sogenaamde "Klagte Kantoor" wat ook sekerlik ń "Fake" kantoor is het ek gemerk my klagte met my offer van 50% wat ek bereid was om te betaal is gelees, maar het tans nog geen terugvoering ontvang nie. Dit was Dinsdag gewees wat die klagte gestuur was.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2017 @ 07:32:15 am
Anonymous

Weereens is daar bewys dat AMP Warranties nie by hulle beloftes hou nie.

Gister toe ek my voertuig neem vir 'n diens en sien hoe daar 'n klomp voertuie staan wat in die omgewing van 50% meganies uitmekaar gehaal is het ek so ietwat van 'n skrik gekry en gedink die plek weet nie wat hulle doen nie, maar alhoewel ek die eienaar persoonlik ken.

Na so bietjie ondervraging word ek beantwoord en word aan my genoem, dit is voertuie wat wag op goedkeuring van waarborge, maar eise is tans onsuksesvol.

Sarkasties antwoord ek terug en noem, dit moet seer sekerlik AMP Warranties wees, dadelik is die persoon op sy agter voete en vra my, hoe weet jy dit is hulle?

My antwoord was, seker maar my instink.

Onder andere is daar 'n Golf Gti met 'n werklike meganiese probleem wat volgens my ten volle gedek moet wees teen die waarborg, maar volgens die woorvoerder reken hy AMP Warranties is bereid om slegs R 2000-00 te betaal teenoor die meganiese skade van R 25 000-00.

Nee wat, AMP Warranties, indien ek werklik genoodsaak is om weer 'n voertuig te koop en die verkoopsman wil julle toilet papier aan my afsmeer, skeur ek daardie boekie in stukkies voor hom. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2017 @ 13:16:39 pm
Anonymous

Ja stem die voertuigwaarborgpolisse wat hulle so ernstig smous en kwansuis so wonderlik is en gemoedsrus verseker is 'n pot stront

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2017 @ 13:25:58 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ai maar 'n mens word darem baie 'n rat voor die oë gedraai in SA.  Wat gaan aan met die mense van die Land.

Dit is asof almal bezurk geraak het en probeer al wat leef en beef kul uit hulle geld uit.

Waar gaan ons heen?  

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Nov 2017 @ 16:23:30 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4824
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Dis net selfsug as jy my vra. Nie die son of skaduwee toelaat oor die ander nie. Ek stop mos so paar weke terug onder 'n uitgediende vulstasie waar daar geen voertuie staan en niks v d geboue word gebruik nie. Ek wou net daar sit in die skaduwee terwyl die son so warm skyn en my middagete toebies eet. Ek word toe op gevra om die perseel te verlaat want dis privaat grond. Die vulstasie was langs 'n straat in Boksburg.

Dis het toevallig ook gebeur op die dag wat mense gevra is om saam te staan teen die plaasmoorde.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2017 @ 20:32:56 pm
Anonymous
???
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2017 @ 20:34:57 pm
Anonymous
Na hierdie terugvoering, tans nog nie ń woord van hulle nie, maar vinnig om te respond toe die eerste plasing geplaas is.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2017 @ 06:36:21 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Ek het ook jare trug my vingers  of eerder sak gebrand met so 'n waarborg.

Het waarborg gekoop met 2de hndse voertuig pligs getrou maandelikse kontrak veruistes nagekom dienste gedoen en bewyse daarvan aangestuur boekkie laat stamp ens ens, toe ek wou eis vind ek uit dat die maatskapy verkoop is aan 'n ander en die nuwe verwerp my eis want ek is te nut op hul boekke. Ek wou toe warborg kanseleer, maar was met prokureers briewe verplig om te betaal vir die periode van kontrak.

Once bitten twice shy, ek bly weg van die goed af.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2017 @ 17:42:02 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2190
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years
Ek volg die gesprek met belangstelling. Ek het al male sonder tal gehoor van mense wat hulle vingers met hierdie kontrakte verbrand het. Daarmee wil ek nie se dat alle maatskappye hulle daaraan skuldig maak nie. Toe ek onlangs genader is om die "waarborg" op my Fortuner te verleng was dit vir my maklik om, selfs vir Toyota, nee te se. Die fynskrif is net te veel en ingewikkeld en hoe baklei jy as individu teen n groot magtige maatskappy. Ek weet nou as myne verstryk is ek en net ek verantwoordelik en as daar baklei moet word kan ek net met myself baklei. Ek slaap rustig daaroor.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za