Hallo aan al julle happy campers.
Ek wil myself graag voorstel aangesien ek die nuwe kid on the block is...
Ek is Henk Lombard van Indwe in die pragtige Oos Kaap. Ek en Solette kamp al jaaare lank, maar het so 2 weke gelede eers ñ karavaan gekoop. Alhoewel ons kuikens al kuikens van hul eie het en uit die nes is, hou ons darem van spasie, dus het ons ñ heel gawe 1997 Penta aangeskaf. Ons het die outjie verlede naweek vir ñ toetslopie Yellow Sands toe gesleep en het dit baie geniet. Ons het sommer weer daar geboek vir ñ week aan die einde van die maand.
Ek het darem al heelwat van julle geleer, soos dat mens al die swaar goed agter in die wa pak vir minimum balgewig, dat mens die wa met die steadies optel tot die wiele hang, korrekte banddruk 3.5 tot 4 bar is, en dat ñ lekker sleepspoed tussen 130 en 140 is.
Ek sien uit na nog tips, en om dalk ñ paar van julle iewers te ontmoet.
hendrik, iewers het jy verkeerd gelees. 'n Lekker sleepspoed is alles behalwe tussen 130 en 140. Dit is 'n sinnelose en gevaarlike sleepspoed.
Dink asseblief weer oor spoed.
Henk, ek hou van jou sin vir humor. Welkom hier by ons. Party ouens, die wat die strekking van jou woorde reg gaan verstaan, sal sekerlik jou insette geniet en baat vind daarby.
Onthou tog ook, hoe kleiner en hoe ligter die sleepvoertuigie is hoe beter sleep dit die groot karavane, en hoe veilger is die kombinasie met onverbeterlike padhou vermoë, dus sal jy dalk jou sleepvoertuig keuse moet heroorweeg en dalk afskaal.
Geniet die karavaan ervarings, en hou ons op hoogte van watter nutiige raad jy algaande teekom.
Welcome Henk, it's time we had another joker in the family. 🤣
Welcome Henk, you have picked up on the more important topics, with many more available.
Thanks for the warm welcome guys! Give me a shout when you're in the area. Plenty off-grid camping spots around.
Welkom Henk!
Ja, skoonseun het ook die 1997 Penta gekoop (2e hands) en ek moet erken dis 'n baie lekker karavaan. Ongelukkig sleep hulle net 1 x per jaar af na Suid Kaap toe, so die arme karavaan word nie ten volle gebruik nie, maar ja, .....
Geniet die kamp storie - dis lekker!
Henk welcome to the forum. Hope you enjoy your Penta
Welkom hier op die forum.
Baie welkom hier Henk. Ons gaan jou insette baie geniet, sien ek.
Maar nou het ek onmidddelik n vraag, in die lig van dit wat jy gese het - dat mens jou Woonwa (nie) "met die steadies moet oplig totdat die wiele hang."... (nie.)
En ek snap dat jy dit eintlik tong in die kies geskryf het. Maar nou wat moet mens maak as jou staanplek teen n skuinste is en jy genoodsaak is om die een wiel in die lig te laat hang teneinde die wa gelyk te maak staan. So-iets het my by die einste luukse Stormsriviermond oorgekom, toe ek ook gedwing was om dit te moes doen... want die staanplek is aan my toegeken in die tweede ry en ek moes vat wat ek kry want die plek was vol.
Hoe maak mens dan as jy nie die steadies mag gebruik nie, omdat jy "nie die onderstel wil knak" nie... gelukkig was myne destyds n ou 82-model met n skynbaar sterker onderstel as die nuwer en langer waens.
Fanie - Gebruik die geel plastiekblokke waarop jy die karavaanwiel (wat moet oplig) trek.
Dag Henk, ons was al n paar keer deur Indwe. Ons het ook n paar by Tortoni oorgeslaap. Ons wil egter einde April die pad vanaf Aliwal veby Elliot ry. Ek het die vraag op die forum gevrae oor die toestand van die pad asook die kamp by Karnmelksrivier. Nog niemand het my tot hulp gekom nie. Dalk kan jy help. Groete. Maurits
Fanie, daai kan ñ redelike penarie wees. Ek sou dink mens moet maar ñ loopgraaf grawe in die hoër deel sodat die wiel daarin pas, en ñ blok onder die ander wiel kry. Ons het vroeër met ñ XT 75 gekamp maar darem nog nie daardie probleem gehad nie.
Maurits, ek en Ernst van Tortoni werk vir dieselfde megaboer. Gawe man. Ek en Solette het al heelwat op Karnmelkspruit gekamp. Lieflike plek. Geen elektrisiteit, maar goeie geriewe. WhatsApp my op 0765212347 dan stuur ek die eienaar se nommer. Die laaste keer dat ek die pad van Aliwal af gery het Barkly Oos toe was daar padwerke.
Ek stem saam met Chris. Daar is 'n paar "net in geval " bybehore waarsonder 'n mens nie behoort te wees wanneer jy met 'n karavaan toer nie. 'n Stel geel blokke om karavaan waterpas te parkeer,
Ek ry al vir meer as veertig jaar onder andere 'n karavaan spaarwiel saam, en het dit nog nooit nodig gekty nie. So ook met die stel wiellaers. Nou wonder ek of die feit dat ek dit saamry iets daarmee te doen het dat dit onnodig was tot nog toe.

Los hulle by die huis, en jy het teenspoed by die eerste draai.
Murphy.....
Baie welkom hier Henk. Ons gaan jou insette baie geniet, sien ek.
Maar nou het ek onmidddelik n vraag, in die lig van dit wat jy gese het - dat mens jou Woonwa (nie) "met die steadies moet oplig totdat die wiele hang."... (nie.)
En ek snap dat jy dit eintlik tong in die kies geskryf het. Maar nou wat moet mens maak as jou staanplek teen n skuinste is en jy genoodsaak is om die een wiel in die lig te laat hang teneinde die wa gelyk te maak staan. So-iets het my by die einste luukse Stormsriviermond oorgekom, toe ek ook gedwing was om dit te moes doen... want die staanplek is aan my toegeken in die tweede ry en ek moes vat wat ek kry want die plek was vol.
Hoe maak mens dan as jy nie die steadies mag gebruik nie, omdat jy "nie die onderstel wil knak" nie... gelukkig was myne destyds n ou 82-model met n skynbaar sterker onderstel as die nuwer en langer waens.
Dan maak mens so...nogal n moeilike 1 as jy nie die voertuig kan gebruik om die wa op te reverse nie....veral as daar min plek is...glo movers maak dit dan makliker
Middag Fanie.Gebruik n trolley jack onder die as,lig hom sit jou blokke in en laat sak hom as jy nie met voertuig wa op geel blok kan trek nie.
Vir die doeleindes van weegbrug oorgewig afwykings, hoeveel meer weeg 'n trolley jack as 'n geel plastiek waterpas hulpmiddel? En as die grond sanderig is kan die ding skaars geposisioneer word. Duidelik 'n goeie idee onder ideale omstandigehede, maar nie noodwendig vir 'n altyd saamry uitkoms nie, of sit ek die pot mis?

Ek ry my adendorff battery skêr jack saam. Meer gerieflik.
Dink hy is omtrent 10kg.
Hallo aan al julle happy campers.
Ek wil myself graag voorstel aangesien ek die nuwe kid on the block is...
Ek is Henk Lombard van Indwe in die pragtige Oos Kaap. Ek en Solette kamp al jaaare lank, maar het so 2 weke gelede eers ñ karavaan gekoop. Alhoewel ons kuikens al kuikens van hul eie het en uit die nes is, hou ons darem van spasie, dus het ons ñ heel gawe 1997 Penta aangeskaf. Ons het die outjie verlede naweek vir ñ toetslopie Yellow Sands toe gesleep en het dit baie geniet. Ons het sommer weer daar geboek vir ñ week aan die einde van die maand.
Ek het darem al heelwat van julle geleer, soos dat mens al die swaar goed agter in die wa pak vir minimum balgewig, dat mens die wa met die steadies optel tot die wiele hang, korrekte banddruk 3.5 tot 4 bar is, en dat ñ lekker sleepspoed tussen 130 en 140 is.
Ek sien uit na nog tips, en om dalk ñ paar van julle iewers te ontmoet.
Welkom Hendrik
Henk welkom en geniet
Welkom......daai spoed is maklik haalbaar met Hilux
Baie welkom hier Henk. Ons gaan jou insette baie geniet, sien ek.
Maar nou het ek onmidddelik n vraag, in die lig van dit wat jy gese het - dat mens jou Woonwa (nie) "met die steadies moet oplig totdat die wiele hang."... (nie.)
En ek snap dat jy dit eintlik tong in die kies geskryf het. Maar nou wat moet mens maak as jou staanplek teen n skuinste is en jy genoodsaak is om die een wiel in die lig te laat hang teneinde die wa gelyk te maak staan. So-iets het my by die einste luukse Stormsriviermond oorgekom, toe ek ook gedwing was om dit te moes doen... want die staanplek is aan my toegeken in die tweede ry en ek moes vat wat ek kry want die plek was vol.
Hoe maak mens dan as jy nie die steadies mag gebruik nie, omdat jy "nie die onderstel wil knak" nie... gelukkig was myne destyds n ou 82-model met n skynbaar sterker onderstel as die nuwer en langer waens.
Met enkel as werk die geel "wheel ramps" goed. Wees versigtig want die Penta is redelik gewigtig. My broer se geel ramp het geswik onder die Penta.
Kyk na Vastrap se ramp of n jack
Ek ry oook my geel ramps saam, het hulle die afgelope vakansie gebruik.
En ek vat ALTYD my elektriese jack saam, sal nooit sondrer hom travel nie. As dit kom by karavaan opjack om ekstra blokke onder die jacks of onder die wiel te sit is dit easy-peazy.

Dis n goeie idee..hoe groot is die tassie? En wat kos hy? Juis die naweek gesukkel..kon nie karavaan op sy ramps kry nie want kon nie die kar gebruik nie.
Met enkel as werk die geel "wheel ramps" goed. Wees versigtig want die Penta is redelik gewigtig. My broer se geel ramp het geswik onder die Penta.
Kyk na Vastrap se ramp of n jack
Ek het hierdie week my eie ramp gebou en gaan hom volgende week toets. Ek sal terugvoer gee na die vakansie.