English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 297
Total Replies: 230 439
Total Views: 82 397 913
topics: 1 125
replies: 11 448
views: 4 804 354
Jokes and everything else that makes you laugh

Wees gegroet.

replies: 64
views: 12088
page 1 of 2
26 Jul 2015 @ 18:31:06 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Plaas hierdie onder humor maar weet nie wat se erenstige gevolge dit mag inhou nie.

Ontvang Vrydag e-pos van Sanlam dat my dood sertifikaat aan hulle gestuur moet word want Dept. Van Binnelandse Sake het hulle laat weet dat ek oorlede is. Eers gedink dat dit weer een of ander foefie is om my bankbesonderhede in die hande te kry. Gaan kyk op Staat se webtuiste en my ID nommer in wragtig ek is "deceased".

Nou wonder hoeveel sulke foute word gemaak en met al die korrupsie of dit uitgebuit word. As al my polisse uitbetaal plus die wat Elmarie se werk aan haar uitbetaal kan ons lekker lewe.

Kan dalk voordelig wees as ek dood bly maar wat se proses en moeilikheid het ek nou. Wat as die bank my rekening vries.

Sien Elmarie lek alreeds haar lippe af.innocent cool 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2015 @ 18:34:27 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5026
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Mooi man, jy is seker die gelukkigste oorledene op aarde ;)


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2015 @ 18:51:09 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Jan, as jy jou kaarte reg speel, het jy n wenner. Kry die polisse en verdwyn!!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2015 @ 18:57:15 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3671
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Nou is jy van Sars se rekord ook af.

Bonus!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2015 @ 19:03:54 pm
Anonymous

Liewe blikkies, volgende is jy dalk ook nog met Negerier getroud.yell, dit het al glo paar keer met mense gebeur, die "getroud", sterkte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2015 @ 19:12:14 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13840
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Moet seker shocker wees om jou eie naam op website te sien as "deseased". Hou ons maar op hoogte van verwikkelings
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2015 @ 19:13:33 pm
Johan Hall
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 650
Joined: 13 Jun 2011
Experience: 38 years
Wat 'n nagmerrie wat vir jou voorle om alles weer reg te stel
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2015 @ 19:15:24 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13840
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Hoop jy oorleef hierdie regstellings
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2015 @ 19:44:59 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years
Iemand moes jou besonderhede op die stelsel geplaas het,die persoon het seker n kode of so iets,soek die oorsprong in die hooimied.Sterkte.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2015 @ 20:28:06 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7868
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years
Is jy nou n SPOOK of n ENGEL.
Wat het jou dood veroorsaak, moet op die sertifikaat wees.
Welkom terug uit die dode.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2015 @ 20:29:04 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Jammer om te hoor van jou sterfte. Ek kan nou nie eintlik se ons gaan jou mis nie.......tensy jy ander planne het?

Persoonlik dink ek jy gaan groter probleme he on weer lewendig te word. Maklikste is om jou geboorte weer te registreer!

Of dak soos Herman se, vat die geld en waai......!

Op n ligter noot......nou kan jy sien watter van die familie en vriende het regtig vir jou om gegee toe jy nog geleef het....hahahaha

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jul 2015 @ 22:26:22 pm
Hanz
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 64
Joined: 19 Jun 2013
Experience: 38 years
Jammer om te verneem van jou oorlye, Jan. Mag die wederopstanding met wondere gepaard gaan.
Dis die LEWE!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 06:06:28 am
It'l dodat
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3326
Joined: 12 May 2014
Experience: 61 years

Please.... Pretty please pretty pretty please tell me how...

Oh heavens I'll be in the pound seats...laughing

 

Slightly quicker downhill....
These days a teeny-tiny bit more slightly quicker....
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 07:06:33 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 47 years

Sterkte Jan sien net nag vir jou om dit reg testel

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 07:07:35 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

"n Tweede lewe???

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 07:23:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14112
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jan dit gaan seker 'n nagmerrie wees om dit reg te stel. 

Die een agter die toonbank gaan "terwyl jy voor hom of haar staan" vra vir "proof that you are still alive".

Dalk nie 'n grap nou nie maar ek glo jy gaan nog lekker lag vôrentoe.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 08:50:09 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ag mens tog!  Waar begin jy?   As ek jy is doen ek niks, bly dood en kyk wat gebeur.  Jy kan mos nie help hulle is so simpel nie.  Laat hulle self hul eie fout agterkom en dit regstel.....

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 09:48:37 am
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

Jan, lê beedigde verklaring by polisie af dat jy nog lewe en voorsien verklaring aan SANLAM met beedigde afskrif van jou ID. jy gaan meer poefies as plesier hê om uit die ding te kom. waar kom Binnelandse sake aan die nonsens. daar is dalk 'n ander knaap wat met jou ID nommer rondloop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 09:58:31 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Dankie vir al die medelye word opreg waardeer laughinginnocent

Freda die gedagte van bly stil en doen niks klink goed maar is bekommerd dat die Bank hiervan hoor en my rekening stop. 

Sal maar vandag in die ry gaan staan en hoop vir die beste.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 10:53:48 am
Anonymous

Jan, hou ons asb op hoogte met jou wedergeboorte, en opstanding, blikkies ek dink jy gaan vind dat in SA dit makliker is dood as om jou oorleweing te staaf.

Kyk die forum het kinkels en kabels, 

Herman, ons eie TV ster, en nou Jan wat uit die dood uit opstaanlaughing.

Hier bly ek, ek gaan nerens.smile

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 11:37:36 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Sterkte en hou ons ophoogte asb.  Dalk moet van ons dit ook eendag deurgaan ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 13:55:17 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Ok

Nou wat is die teenoorgestelde van n begrafnis?

N Forum lid is dood, maar hy lewe......so ons kan nie na sy begrafnis gaan nie!

Wat nou?

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 14:02:12 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years
Kom ons hou n kampnaweek,net om seker te maak dat Jan nog met ons is,en sy teenwoordigheid te vier.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 14:08:20 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Dirk

Wonder net waar gaan ons dit hou ?

LMGA, by Nic ?

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 15:31:18 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Episode 2.

Eers 'n kalmeerpilletjie gesluk en wou klippies en coke / Spook en diesel vat maar gedink dit gaan my te vriendelik  maak en afgesit Binnelandse sake toe.  Verwagtings nie baie hoog nie en ook nie teleurgestel nie. Eers in tou om nommer te kry en na verduideliking verwys na ander kantoor en weer in tou. Nog verduideliking en weer verwys na ander kantoor. Nou was twee ure verby en pilletjie uitgewerk en bloeddruk in rooi.  

By derde kantoor was daar so 30-40 mense in die ry en my Taxi attitude het kop uitgesteek en het so bietjie onnosel voort gestrompel tot by die toonbank. Met 'n "good day Sir" en skynheilige glimlag van oor tot oor het ek weer verduidelik en al reaksie wat ek gekry het is daai dowwe gesig uitdrukking so al of hy "deceased" is. "This is the wrong office you must go to the other office" was nie die antwoord wat ek wou hoor nie.

Het nou Expo se raad gevolg en verklaring by polisie afgelê en vir Sanlam gestuur.       

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 15:44:42 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5608
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 32 years

Jan

Jy moet gesê het jy wil hom aangee vir iets en dan kyk of hulle die ou kan opspoor.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 19:41:09 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Sterkte Jan. Ek hoop jy kom reg.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 19:45:21 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13840
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Dis nie n situasie waarin enig iemand wil wees nie...sterkte!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 20:00:19 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 49 years
Jan hoop dat hy gaan regkom, hoe weet ek nie. Kan n " deceased" n verklaring afle?
Laat my dink aan die Himba wat hulle vra toe hy oor die grens loop daar by Swartboois drift.
Vra hom toe " waar is jou face(engels vir gesig) . Nou wat bedoel jy, vra die Himba, hier staan ek reg voor jou, kan jy nie my gesig sien nie? Man, se die beampte, daai papier met jou gesig op. Nee wat se die Himba, as jy my hier sien voor jou, watse twak is die papier dan nou. En stap toe ongedeerd oor Angola toe.
Sien Jan, stuur die klomp warm plek toe.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Jul 2015 @ 20:30:20 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years
Jan, ter ondersteuning aan jou vir die gesukkel van vanoggend, het ek toe ook maar n ietsie gebruik,want jy het ons kampers mos nodig vir die brutokrasie....baie sterkte en geduld.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 10:29:45 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4455
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Mok Jan sterkte vir n ou wat dood is klink jy nog lewend
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 11:24:33 am
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Gaan fisies na die ouens toe met jou id boek en sê jy dring aan op jou sterftevoordele, terwyl hulle mos beweer jy is oorlede.

Sê jy wil sommer hê hulle moet alle debietorders ook staak, want een van die voordele van dood wees is mos dat jy nou vry is van hierdie dinge.

Hopelik sal dit hulle laat wakker skrik. Terloops, 'n bietjie slegte publisiteit (vir die Departement van Binnelandse Sake) ontlok gewoonlik vinnige regstellende aksie van hulle kant af.

Sterkte.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
28 Jul 2015 @ 19:22:45 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Beëdige verklaring aan Sanlam gestuur maar hulle sê ek moet brief van Binnelandse sake kry wat sê ek is lewendig.

More gaan ek na Sanlam se kantoor en groot geraas maak. Hulle het my maandelikse uitbetaling gestop.

Wat my omkrap is dat ek niks verkeerds gedoen het nie en wat as ek staatgemaak het op die maandelikse geld.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 11:46:49 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Dinge word net erger. Nou is my vrou se status by Binnelandse sake "WIDOW" maar ek is dood maar nog "MARRIED" 

Gaan nog in 'n nagmerrie ontwikkel om alles reg te stel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 12:30:43 pm
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

Jan, ek was bang daarvoor dat hulle jou polis gaan stop en kanselleer. korrespondeer alles nou asb skriftelik. niemand het Binnelandse Sake inkennis gestel dat jy "oorlede" is nie. dis hulle fout. SANLAM kan nie nou ook vir jou sê jy moet nou daarheen en soontoe gaan om dit en dat te doen nie. SANLAM het geen magte om jou polis stop totdat die nodige doodsertifikaat nie ingedien is nie. hulle mag nie. polis aftrek orders moet nog steeds afgaan teen die "boedelrekening" en die eksekuteur van die boedel moet SANLAM inkennis stel van jou "dood".

verwys jou saak ook na ombudsman van versekering....in die nuwe SA is alles 'n boggerop!

Jan Steenekamp

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 12:31:54 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

Hallo Jan

Uit ondervinding met staatsdepartemente kan ek jou verseker dat kanale van onder af verstop is. Dit is soos eenrigting kleppe van bo na onder. As jy by die onderste klerke kla, loop jy jou in toe kleppe vas. Kla op hoë vlak en dan word navrae van bo nogal vinnig beantwoord en probleme reggestel.

Uit hulle webtuiste is hier 'n paar kontaknommers wat dalk van hulp kan wees:

Provincial Manager: KwaZulu-Natal  Nosipho Shandu, nosipho.shandu@dha.gov.za,           033 8455038, 0791452274, fax 033 3455079

Deputy Director General: Counter Corruption & Security  Matome Malatsi (jy vermoed mos onheiligheid?!) matome.malatsi@dha.gov.za  012 4067188  0760100079

KZN Regional Office  Mnr Mshiyeni Nzuza  mshiyeni.nzuza@dha.gov.za 031 3087900 0732628499

Verpes hierdie mense met jou probleme en hulle sal mettertyd hulle ondergeskiktes uitsorteer net om van jou en jou klagtes ontslae te raak. Doen dit net baie respekvol en beleefd, want jy respekteer mos hulle hoë poste (sarkasties bedoel). Jy wil hulle as bondgenote werf eerder as om hulle as vyande te hê.

Sterkte

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 12:51:51 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Jan. Het groot geraas by Sanlam kantoor gemaak na geen terugvoering van hulle gekry het na my navrae nie. Jy is reg Binnelandse sake het hulle nie laat weet nie. Sanlam maak van tyd tot tyd navrae by binnelandse sake en handel dan op daardie inligting.

Hans. Dankie vir die kontaknommers sal beslis opvolg.

Nounet agtergekom dat Liberty ook nie hulle maandelikse uitbetaling gedoen het nie en nie eers die ordentlikheid om te laat weet nie.

Gelukkig is ek nie afhanklik van die fondse nie maar dit kan groot ongemak veroorsaak het.  Elmarie sit nou ook met die probleem dat sy nou weduwee is.    

  Wat 'n gemors.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 15:00:41 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13840
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Klink na omtrent n gemors
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 15:08:57 pm
Karel
Platinum Member
77% Profile Strength
Posts: 357
Joined: 17 Mar 2015
Experience: 44 years

Jan. Het groot geraas by Sanlam kantoor gemaak na geen terugvoering van hulle gekry het na my navrae nie. Jy is reg Binnelandse sake het hulle nie laat weet nie. Sanlam maak van tyd tot tyd navrae by binnelandse sake en handel dan op daardie inligting.

Hans. Dankie vir die kontaknommers sal beslis opvolg.

Nounet agtergekom dat Liberty ook nie hulle maandelikse uitbetaling gedoen het nie en nie eers die ordentlikheid om te laat weet nie.

Gelukkig is ek nie afhanklik van die fondse nie maar dit kan groot ongemak veroorsaak het.  Elmarie sit nou ook met die probleem dat sy nou weduwee is.    

  Wat 'n gemors.


Eintlik het jy net twee probleme
1) Liberty se fondse,maar soos jy sÍ: jy het dit nie nodig nie. Laat my weet as ek my bank besonderhede kan stuur.
2) Die ryk weduwee.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Jul 2015 @ 15:38:59 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years
Jan jy het my simpatie,ek deel jou frustrasie en moedeloosheid,jy het dit nie gesoek nie net gekry.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2015 @ 11:54:22 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Amper toegesluit vannoggend oor ek nie wou loop nie en groot  geraas gemaak het by Binnelandse sake in Durban.  Het 'n paar nommers geskakel wat my verwys het en gesê het na watter kantoor van binnelandse ek moet gaan. So gemaak en in ry gaan sit om gehelp te word.  Na uur en half my beurt en beampte sê ek moet beëdige verklaring by polisie aflê. Wys hom my verklaring wat hy eers nie wou aanvaar nie want die verklaring sê nie waar ek dood is nie. Na 'n bietjie stoei aanvaar hy dit maar sê toe ek moet 'n  nommer skakel en hulle sal my help. Verduidelik nogal baie mooi dat van 'n landlyn is dit gratis. Vra hom toe  hoekom hy dan nou nie bêl nie want dit is mos hulle fout word daai nek sommer lekker lank uitgerek. Wou toe nie verder help nie en ek kon slegs uitvind dat ek die 29 Junie 2015 in Sasolburg dood is. Hoe ek aan my einde gekom het wou hy nie bekend maak nie. Was slegs bevoorreg om my eie doodsertifikaat te kon lees. (Uitdaging vir julle om my dit na te doen)laughing 

My Ouma het altyd gesê ek gaan iets groots doen - sy het net nagelaat om te sê dat ek dit eers na my afsterwe gaan doen. 

Toe nommer geskakel en raai wat? Hulle sê ek moet vorms by Binnelandse sake gaan invul. Gelukkig is dit koud en is seker Mr. Old Brown sal my kalmeer. 

   

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2015 @ 13:45:48 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13840
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Lyk my dit gaan nog n lang pad wees
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2015 @ 13:47:08 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13840
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Hulle verwys jou elders, want hulle weet nie hoe om probleem self uit te sorteer nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
31 Jul 2015 @ 16:49:11 pm
Retired Camper
Mars Member
81% Profile Strength
Posts: 1014
Joined: 06 Nov 2014
Experience: 13 years
Jan ek weet nie van jou nie, maar ek is meer werd dood as lewendig. As so iets met my moet gebeur vat ek die geld en laat al die polisse uitbetaal en leef lekker tot die einde. As hulle nie wil hoor nie, laat hulle dan maar betaal.
Cheers vir altyd
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Aug 2015 @ 22:39:07 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 31 years

As jy nou weer jou "geboorte" geregistreer het laat weet ons van die doop datumlaughinglaughing.

Gebruik al jou lewenservaring en kennis om skool makliker te maak.

Sterkte!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2015 @ 19:02:29 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Jan

Ek het nie vir jou raad nie, maar gaan jy weer skool toe gaan as jy weer begin lewe?

Foeter tog die klein blikkies wat nie wil leer nie. Ek sal later met jou regmaak.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
03 Aug 2015 @ 19:40:09 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Het Vrydag aan hoof van Binnelandse sake e-pos gestuur wat dadelik geantwoord en een van sy mense aangesê het om my te help. Hy het egter vergeet om die persoon the "copy" in die e-pos. Weer e-pos gestuur want kan hom gladnie op telefoon kry nie. Sal môre weer iets anders probeer want al my polisse en uitbetalings is gestaak.

Is nou bekommerd dat iemand die doodsertifikaat gebruik om my polisse te laat uitbetaal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Aug 2015 @ 08:56:56 am
Expo / Jan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 541
Joined: 19 Jul 2015
Experience: 27 years

Jan, ek het gesê jy gaan baie bollie kry.......die mense jaag dinges aan en dan moet jy dit self regstel.

eerstens, betaal jou agterstallige polis paaiemente nou kontant vir die maande wat dit nie per debietorder gehef was of word nie (hou bewyse van betalings)...as paaiemente nie betaal is kanselleer hulle polisse! hou so aan tot en met die saak uitgesorteer is.

tweedens, vra bewyse vanaf al jou lewensversekerings maatskappye dat geen eise teen jou polisse ingedien is en uitbetaal is nie. indien dit wel gedoen is, verklaar dispuut en roer hulle op met regstappe.

derdens, dien verklaring wat jy afgelê het by al lewensversekerings maatskappy in dat jy NIE oorlede is nie. heg ook gesertifiseerde afskrif van ID aan. Wanneer iemand oorlede is word die ID dok gewoontlik gestempel as "DECEASED" en joune is nie gestempel nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2016 @ 12:16:53 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2008
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Ja ek is nog steeeds "deceased". Na maande se frustrasie en e-posse nog niks verder nie.

"n Televisie persoon het toe van die saak te hore gekom en 'n onderhoud met my en Elmarie gedoen. Dit is gisteraand op die nuus en vanoggend op goeie more SA uitgesaai. Tot die minister van binnelandse sake is genader om kommentaar te lewer.  

Vir 6 maande nou is maandelikse uitbetalings van my annuiteite ook gestop deur twee assuransie maatskappye.  

Binne 5 minute na die uitsending het Liberty my geskakel (hulle brief aan my dat hulle uitbetalings staak is op TV gewys) en vreeslik om verskoning gevra vir die probleempie. 

Dit was soos kole op die vuur gooi soos ek hulle presies vertel het wat ek van hulle dink. Vanoggend is al die agterstallige geld in my rekening. Oornag gedoen. Minister se kantoor vanoggend geskakel en sal saak oplos.

Wys jou net "NAME EN SHAME" werk. Miskien is ek gou weer lewendig. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Mar 2016 @ 20:37:13 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years
Bly vir jou,hoekom moet dit eers lelik word voor daar geluister word,die mense doen nie hulle werk waarvoor hulle betaal word nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Mar 2016 @ 10:13:05 am
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 31 years

Jan, sterkte. Hoop die laaste paar tree gaan gemaklik af. Ten misnte kan jy se jy het self die driehoek broodjies op jou begrafnis geeet. laughinglaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2