Puik toestand...2x gebruik
R650
Pretoria oos
Jy kan maar die naweek jou vleis op my braaier kom braai.
Dis 'n bargain daai vir R650. Hy is nog slinter nuut.
Nice bargain, net biki aan die kleinerige kant.
Daai braai werk soos n bom vir 2-4 mense net gisteraand met loadshedding n vleisrol op hom gaar gemaak,en boonop is dit n bargain, ek het lank terug R850 betaal.
Ek gebruik 'n soortgelyke nagemaakte Weber braaiertjie se deksel saam met my ALVA Steak plaat.
Pas mooi netjies daarop. Die klein braaiertjie is lankal geskiedenis maar sy deksel kom steeds goed te pas.
Ek het die Weber 37 cm wat langer pote het, in puik nuwe toestand wantek pas die outjie op en hy bly binneshuis.
Hy het lekker gewerk toe die tweeling seuns en hulle sussie kleiner was, maar nou is die seuns en die meisie langer as ek, so iemand ly honger.
Ek en die Tannie gebruik hom as ons alleen gaan kamp, werk baie lekker.
Daai Webber bly n bargain.
Ek het 1x nog splinternuut in sy boks....nooit gebruik nie - R 700
Ek het nog nooit n Weber besit of op hom gebraai. Gee dit n verskil aan smaak of hoe?
Eish....ek geniet deesdae weer baie my Weber. Ek maak sommige dae sommer die hele maaltyd daarin gaar......groentes en vleis. Ek bak selfs brood in dit....kom heerlik uit. Partykeer sit ek my braaimat daarin en braai lekker tuisgemaakte maalvleis patties daarin vir hamburgers......heerlik....kry nie beter! Ek is egter nie n voorstaander om op n oop vuur op die weber te braai nie.....soms te warm vir sekere vleise. Vir hierdie hierbo gebruik ek die 57cm Weber
Ek sien juis hoe lekker hulle op Toks en Tjops op daai Weber braai. Lyk baie nice.
Geert, is die Smokey Joe al verkoop en indien nie, is hy nog beskikbaar?
Jammer....altwee reeds verkoop
Ek het nog nooit 'n Webber gehad nie want ek hou te veel van groot vuur maak.
Dankie Geert.
Willem ek hou ook daarvan om 'n houtvuur te maak. Dit gee atmosfeer en bring rustigheid.
As die wind die aand waai, dan werk die Weber 110%. Jy hoef dan nie bang te wees vir vonke op jou of jou buurman se tent nie.
Glo jou maar hy is vir my te "bulky" on te vervoer.
Ek maak 'n houtvuur vir atmosfeer, maar braai op my Weber Smokey Joe. Ek wil nooit weer sonder 'n Smokey Joe wees nie. Alhoewel ek dit nie self agterkom nie, sê die res van my familie dat die vleis wat ek op die Weber braai lekkerder is - blykbaar 'n meer rokerige smaak.
Ek braai deesdae net vis in 'n toeknyp-rooster op gewone houtvuur-kole. Ek demp die hitte in die Weber m.b.v. die verstelbare openinge wanneer ek braai en stel weer groter indien ek meer hitte benodig.
Ek gebruik my groot Weber selde. Maar ek het al my tweede Smokey Joe. Ek gebruik laasgenoemde selfs in my binne-braai by die huis.
Ek is nogals lief daarvoor om ons groente daarin gaar te maak en het ook al n paar keer n brood daarin gebak....kom heerlik uit. Verder gebruik ons die Weber meer vir groot stukke vleis soos roasts. Die rostiserie op die 57cm is nogals n wenner.