English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 153
Total Views: 82 384 101
topics: 585
replies: 3 594
views: 3 315 636
Share all those nice recipes with everybody...

Weber Braai

replies: 22
views: 25261
29 Aug 2004
Anonymous
Hi all,
I have seen the beer can chicken recipe and its add ons and I think it is something I will try out soon. My father in-law always comes up with great things to do in his Weber. My wife bought me one last week and I am now ready to explore. Do any of you have a recipe/s that are unbeatable??? I need something to make with our next camping trip and i want to knock the outlaws off their feet!!! (with the cooking)
Regards, Kevin
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2005
Anonymous
Shame,Kevin. No one responded in months!
I am also always on the look out for kettle braai ideas. I include a few recipes (in Afrikaans).
They are all for INDIRECT COOKING - with the lid on, fire on both sides, foil dripping pan between the 2 fires, grill above dripping pan.

GESTOPTE BEESFILET
1,5 kg; 6 – 8 porsies; 25 - 30 min.
Vulsel :
Blik oesters, broodkrummels, kruie, sout, gebraaide ui, 30ml sjerrie, 45ml suurroom
Meng alles saam, sny fillet oop, stop en werk toe met gare. Geur fillet met sout en bestryk met botter. Braai met deksel op en laat staan vir 5 min.

HEEL BEESFILET IN SPEK TOEGEDRAAI
1,5 kg; 6 porsies; 45 min.
Vryf peper oor vleis, laat staan 30 min buite of 3 ure in yskas.
Bedek met 8 – 10 repe rugspek en steek vas met tandestokkies.
Plaas vleis op gesmeerde rooster oor druppan. Maak deksel toe en braai vir 30 – 45 min. Laat staan 10 min.
Sny in 8 skywe, giet botter oor.
Verhit 60 ml brandewyn, steek aan die brand en giet oor vleis.

GEROOKTE VARKRIB
Marineer varkrib oornag.
Braai met deksel op vir 25 min.
Bedruip vleis met marinade en strooi saagsels (geweek in water of appelsap) oor vuur.
Maak deksel toe, braai nog 10 min.

SKAAPRIBBETJIE
Bestryk ribbetjie met sous of marinade van jou keuse. Rooster vir 35 min met deksel op.

LAMSTJOPS
Geur, plaas op rooster, maak deksel toe en braai 20 min tot bruin.

GEROOKTE ONTBEENDE LAMSBLAD
1,5 kg; 6 porsies; 1 uur
Vryf vleis met olie en geur met sout en peper. Plaas op rooster en maak deksel toe, maak gaar vir 45 min.
Strooi klam roosmaryn & saagsels oor warm kole, maak ketel toe en braai nog 45 min.

SKAAPBOUD
1,5 – 2 kg; 6 – 8 porsies; 1 uur
Sny vet af. Maak paar snye in vleis en druk knoffel daarin. Geur met sout en peper.
Maak kors met mosterd, gemmer, kruie, sout en 100ml olyfolie.
Smeer oor vleis en laat 1 uur staan.
Plaas op rooster en maak toe met deksel, bak vir 1 uur.
Laat 5 min staan, sny en sit voor.

SKAAPBOUD MET KOFFIE-GLANSLAAG
2 kg; 8 porsies; 1 uur
Sny vet af. Maak paar snye in vleis, druk knoffel & roosmaryn daarin.
Vryf vleis met peper in.
Braai met deksel op vir 30 min.
Maak sous van 75ml swart koffie, 75g gesmelte botter, 15 ml suurlemoensap.
Bedruip vleis en braai nog 1 uur.
Laat 15 min staan, sny en sit voor.

ONTBEENDE LAMSBOUD
1,5 kg; 6 porsies; 1 uur
Sny ontbeende boud oop en slaan met vleishamer tot oral ewe dik.
Maak snytjies en druk knoffel daarin.
Vryf vleis met olie, geur met sout en peper.
Bestryk met suurlemoensap en strooi origanum oor.
Plaas gesnyde uie in druippan.
Braai vleis op rooster vir 1 uur met deksel op. Haal druppan uit, gooi vet af, plaas vleis op uie in druppan.
Giet 60ml tamatiepuree en 30ml suurlemoensap oor.
Plaas druppan met vleis op rooster en braai nog 30 min met toe deksel.

BOEREWORS
Braai met deksel toe, keer wors na 15 min om. Wors bly sappig en brand nie aan. 20 – 25 min.

GEMARINEERDE VARKTJOPS
30 min
Dreineer tjops, braai bokant vuur om te sel. Strooi sout oor en draai tjops om, bedruip met marinade.
Braai oop vir 8 min, skuif na middel oor druppan, sit deksel op en braai nog 20 min.

GEBAKTE VARKTJOPS
25 min.
Sny vetlaag sodat dit nie opkrul.
Bestryk met min olie.
Geur met sout, peper, paprika & mosterdpoeier.
Braai met deksel op tot goudbruin.

GEBRAAIDE VARKBOUD
4–5 kg; 12–16 porsies; 4 uur
Sny vel, vryf in met sout, peper en salie. Bestryk met min olie.
Braai met deksel op tot gaar en goudbruin. 4

HEEL TANDOORI HOENDER
1,5 kg; 6 porsies; 1 uur
Maak snye in hoendervel.
Meng sous van 150ml jogurt, 45 ml suurlemoensap, gemmer, knoffel, rissiepoeier, 45 ml olie, koljander, paprika, masala, sout en peper.
Smeer oor hoender, bedek en laat oornag in yskas staan.
Braai met deksel op tot goudbruin.
Bedruip met sous 3 keer terwyl gebraai word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2005
Anonymous
Heng Christa
Jys reg, jammerte dat niemand in maande geantwoord het nie.
Maar nou moet jy juis sulke lekker goed pos terwyl my vrou 'n week weg is op konferensie en ek elke aand "Woolies microwaveables" eet!!!
Ek lyk al soos pasta en die sous en pasta en daai sous.
Maar dankie sal uitdruk en gebruik.
Groete - Dennis
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2005
johann.buitendach
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 142
Joined: 01 Jan 2007
Kevin,

See http://www.weber.co.za/ or http://www.weber.com/

I see Weber has a "gathet" that works similar to the beercan principle! - poultry roaster.

My alltime favourites are stuffed whole fillet,
chicken wings or prawns!
Groete
Johann
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Apr 2005
johann.buitendach
Gold Member
11% Profile Strength
Posts: 142
Joined: 01 Jan 2007
Just for the record!

Looks like the Beer"bum"CAN chicken is a
USA initiative?

Beer Can Chicken

From: Weber's Big Book of Grilling

Heres a technique that delivers great-tasting chicken and makes a lively conversation starter as well. Weve used one of our special rubs, but you can sub in 2 to 3 tablespoons of your favorite one. Bottoms up!



For the rub:

1 teaspoon dry mustard
1 teaspoon granulated onion
1 teaspoon paprika
1 teaspoon kosher salt
1/2 teaspoon granulated garlic
1/2 teaspoon ground coriander
1/2 teaspoon ground cumin
1/2 teaspoon freshly ground black pepper

1 whole chicken, 4 to 5 pounds
2 teaspoons vegetable oil

1 can (16 ounces) beer (tall boy)


To make the rub: In a small bowl combine the rub ingredients.

Remove and discard the neck, giblets, and any excess fat from the chicken. Rinse the chicken, inside and out, under cold water and pat dry with paper towels. Lightly spray or brush all over with the vegetable oil and season, inside and out, with the rub.

Open the beer can and pour off half of the beer. Set the half-full can on a flat surface and slide the chicken over the top so the can fits inside the cavity. Transfer the bird to the grill, keeping the can upright. Carefully balance the bird on its two legs and the can. Grill over Indirect Medium heat until the juices run clear and the internal temperature reaches 170F in the breast and 180F in the thickest part of the thigh, 1-1/4 to 1-1/2 hours. Wearing barbecue mitts, carefully remove the chicken and the can from the grill, being careful not to spill the beer it will be hot. Let the chicken rest for about 10 minutes before lifting it from the can. Discard the beer. Cut the chicken into serving pieces. Serve warm.

Makes 4 to 6 servings.

2004 Weber-Stephen Products Co. All rights reserved. Legal Notice Privacy Policy
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2005
Anonymous
Christa, ek het toevallig die eerste keer in 'n paar maande gekyk, aangesien ek nie in die eerste dae vandat ek die vraag gepos het antwoord gekry het nie. Ek gaan nou vir 'n maand met vakansie en sal die resepte nou kan probeer. Dankie vir al die info!!!

Kevin
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Aug 2005
Anonymous
Dankie Johan, ek het gelukkig 'n termometer, so ek sal dit definitief probeer. Ek sien ek het 'n jaar gelede die vorige vrae gepos en dit voel soos gister. Net jammer ek het daardie tyd net die website van weber gekry. dis altyd lekker om beproefde opinies te kry, want die mense oor die water se kos is nie altyd soos ons s'n nie!!! Alhoewel jy s die beer can chicken kom van hulle af.

Kevin
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2017 @ 15:45:45 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years

Jy kan nie 'n fout maak om die Weber Braaibybel te koop nie. Daar is al meer as 1,6 miljoen eksemplare wereldwyd verkoop. Die indeks beslaan 9 bladsye met drie kolomme op elke bladsy.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2017 @ 16:09:46 pm
Piet Pad
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 87
Joined: 16 Feb 2016
Experience: 32 years
So kry ek ook ń Weber braai. My swaer vertel my. Voor kerk sit jy ń heel hoender en 5 brikette in. Maak die deksel toe en na kerk val daai hoender van die been af. Nodeloos om te s .... daai aand het KFC die huwelik gered en my swaer het ń weber net komplimente gekry. Geniet die resepte. (vir die wat kan)
'n Glimlag is gratis!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2017 @ 14:28:40 pm
PietG
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1890
Joined: 12 May 2015
Experience: 47 years
Ja Piet ek gebruik myne ook maar soos n gewone braai.......die res kom ek nie mee reg nie.
Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
16 Apr 2017 @ 15:07:32 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Ons het juis vandag 'n 2kg lamsboud in die weber gemaak.  Dit was nie ontbeen nie.  Dit was 2 ure in die weber en toe net mooi reg.  Gaar en sag maar half pienkerig van binne.  Die smaak wat weber aan vleis gee, is ongelooflik lekker.  Vir my is dit die lekkerste manier om heel hoender te doen.  Dit gee 'n rokerig smaak aan die kos.  Onder die vleis of hoender, sit ons 'n groot bak vol aartappels en uie en al die souse en vette drup daarin.  Dit gaan terselfdertyd as die vleis in en die aartappels was heerlik gebraai van buite en sag binne.  Die sous baie lekker op die vleis en rys.  Nee, ons gebruik hom.  Het hom selfs saam op ons lang kamp gevat hierdie keer.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2017 @ 16:21:42 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1104
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 54 years

Piet Pad, verwar jy nie dalk 'n Weber met 'n Cobb nie?

Jy sê "Voor kerk sit jy ń heel hoender en 5 brikette in. Maak die deksel toe en na kerk val daai hoender van die been af."

Ek het nog nooit gehoor van 'n Weber wat met net 5 brikette kan werk nie, maar ek het wel gehoor dat 'n Cobb dit kan doen.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2017 @ 16:58:16 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My weber is my oond as ek kamp. Resepte wissel van skaap, vark, pizza, hoender op die spit tot chelsea buns malva pudding en groot oond pan pasteie.

Ek toor met my Weber as ons kamp.

Stem saam dat jy baie meer brikette sal moet gebruik as 5 maar as jy eers agter die kap van die byl gekom het sal jy nooit jou weber weggee nie.

Terloops ek gebruik net Etosha Brikette in my Weber.  Hulle is gemiddeld groter as die ander make en brand dus langer in die Weber.

Ek het ook twee Webers. Groot huis een en dan "Shorty" wat ek gebruik as ons kamp. Korter gemaak om makliker weg te pak.

Laastens braai ek nie op n weber nie. Net indirekte hitte soos vir n oond.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2017 @ 20:58:48 pm
Piet Pad
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 87
Joined: 16 Feb 2016
Experience: 32 years
Julle sien. Dit is die voordeel van die forum. Altyd goeie raad. Maar nou ja daai tyd het ek nog nie geweet van die forum nie en nou is die weber weg. Dalk was dit n 'trick' van swaer om ń weber te kry. LOL
'n Glimlag is gratis!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2017 @ 08:41:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Jy kan altyd weer een koop. Jy sal hom dan net dubbel lekker gebruik!!!! Ha ha ha

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2017 @ 09:40:14 am
Piet Pad
Silver Member
88% Profile Strength
Posts: 87
Joined: 16 Feb 2016
Experience: 32 years
Dankie Leon. Moet dalk weer probeer. Die keer met 10 kole en ń halwe hoender... Of wat s ek? Ek sien die weber manne geniet hulle braai.
'n Glimlag is gratis!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2017 @ 15:00:49 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13780
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Weber rotiserie is ook n wenner....😎
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2017 @ 17:39:58 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Dankie Leon. Moet dalk weer probeer. Die keer met 10 kole en ń halwe hoender... Of wat s ek? Ek sien die weber manne geniet hulle braai.

Nee, Piet, moenie 'n halwe hoender doen nie.  Dit is so lekker, jy gaan lus hê vir nog.wink   Vir die weber koop ons altyd 'n lekker groot hoender.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2017 @ 06:40:11 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Nee, Piet, moenie 'n halwe hoender doen nie.  Dit is so lekker, jy gaan lus hê vir nog.wink   Vir die weber koop ons altyd 'n lekker groot hoender.

Dit is ware woorde die.

Dit help nie om 'n halwe hoender gaar te maak nie, want dis so lekker jy eet 'n halwe een by jou self op.  My Weber rotiserie kan twee plaas hoenders hanteer. Man en as die familie hoor ek start die weber op dan het ek verseker kuier gaste daai Sondag.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2017 @ 09:17:01 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Dit is ware woorde die.

Dit help nie om 'n halwe hoender gaar te maak nie, want dis so lekker jy eet 'n halwe een by jou self op.  My Weber rotiserie kan twee plaas hoenders hanteer. Man en as die familie hoor ek start die weber op dan het ek verseker kuier gaste daai Sondag.

 

Leon, toe ons verlede maand by Van Stadens gekamp het, het my broer en skoonsuster by ons kom eet.  Ons het 'n 2.2 kg hoender gekoop by die slagter vir die weber.  My broer is 'n eter van formaat.   Hy kon nie uitgepraat raak nie en gesê dit is die lekkerste hoender wat hy nog in sy 76 jaar geëet het.  Ons gebruik nie eers 'n rotiserie nie, sit dit net so op die rooster neer.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
18 Apr 2017 @ 09:47:34 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 523
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years
Julle moet maar julle hoender geniet. Ek was gelukkig nog nooit so honger. Al hoender waarvan ek hou, is wanneer hy nog in embrio vorm is. ☺☺
Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2017 @ 06:41:20 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14080
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Julle moet maar julle hoender geniet. Ek was gelukkig nog nooit so honger. Al hoender waarvan ek hou, is wanneer hy nog in embrio vorm is. ☺☺

Mmmmmmnnnnn! Ek ken nog mense soos jy. Hulle sê as hulle groente wil eet druk hulle 'n stuk hoeder of varkvleis in die mond. Anders is dit net Bees of Skaap.

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2017 @ 11:09:15 am
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1502
Joined: 22 May 2014
Experience: 6 years
Nou voeter julle verkeerd so n tuisgebraaide vleisie maak my lus om te eet ,geniet dit.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required