English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 307
Total Replies: 250 380
Total Views: 83 153 050
topics: 149
replies: 2 389
views: 346 046

Watter pale gebruik julle vir rally tent?

replies: 13
views: 250
15 Mar 2020 @ 07:34:24 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Op die Jurgens tente. As julle net die rally gedeelte opslaan....watter pale gebruik julle alles? Slaan julle die hele raamwerk op met die twee sy pale wat van karavaan af kom en met dwarspale wat dan na nok toe gaan? Of gebruik julle net die middelste paal in nok wat van karavaan af kom met 2x losstaande pale wat op die hoeke dan kom?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 08:56:25 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9557
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Op die classique gebruik ek Al vyf wat van die wa is en die halwes voor by die nok.

Net meer rustig vir wind in die nag.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 09:51:47 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 639
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Ek slaan die hele raamwerk op aangesien ek die kantseile altyd opsit. Die wat dwars voor by die nok kom, maak net dat jou struktuur baie stewiger is.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 15:36:57 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons gaan nou nie kantseile gebruik nie. Sou dit reen, sal dit n probleem gee as hele struktuur nie opgeslaan is nie? Dam water op?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 16:44:34 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2174
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Geert by my gebeur dit nogal as dit reen dat daar n dam op die een punt van die rally vorm. Ek het vir my een van hierdie geel uitskop verfpale by Game gekoop. Ek het toe n tennisbal geneem en hom n ronde gat ingesny wat ek oor die geel paal se kop getrek het. Daar waar die water opdam stel ek die paal met tennisbal bo aan sodat die tent nie daar insak nie. Dit werk soos n bom vir my. Die tennisbal keer dat die paal enige skade aan die seil aanrig.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2020 @ 18:05:24 pm
captiva
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 231
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 47 years

Gebruik die hele raamwerk. ook stewiger as jy storm toue moet oorgooi

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 09:59:48 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Met die Jurgens tente hang dit af of jy 'n werklike rally tent het en of jy die modulere tent het wat jy dan sonder kante soos 'n rally opslaan.

Rally Tent

  • Gebruik drie regop pale vir op die hoeke en die middel.
  • Een dwars paal wat wat in die middel van die karavaan tot middel regop paal loop.
  • As jy sykante saam met die  Rally gekry het.  Gebruik jy daar ook 'n dwarspaal van karavaan tot by elke hoek paal om die kant stewig te hou weens die gewig wat die kanseil daar het.

Dis nie nodig vir 'n paal van die middel regop na die hoeke regop toe nie.  As dit reen laat jy die hoek pale net so effe skuin staan en die water loop sonder om op te dam van die dak af.

My 2 x Pentas en Classique het puik gewerk so.

Modulêre tent as Rally

  • As daar gaatjies in die tent dak is soos vir die middel en Hoek pale op die rally hierbo bespreek kan jy daai selfde pad volg.
  • Anders moet jy jou hele tent raam opslaan om die dak deeglik styf te trek.
  • Daar is ook 'n lussie aan die dak vas bokant waar die venster van 'n kantseil sou wees.  Gebruik 'n tou en trek aan die lussie om die dak styf te hou. Dit sal opdaming van water tydens reën verhoed.

Ek moet by sê dat die modulêre tentdak se gebruik as 'n Rally dak nie vir my werk nie.

Weens die Maia se lang dak is ek genoodsaak om ook die vole raam op te slaan vir die rally. selfde as die modulêre dakke van jurgens.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 10:42:52 am
Jaco van Rooyen
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 94
Joined: 20 Feb 2017

Soos captiva hierbo se, as jy storm band of tou oorsit dan is die volle raam beter.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 11:14:59 am
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5805
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Leon, ek stem saam met jou stelling van "Ek moet by sê dat die modulêre tentdak se gebruik as 'n Rally dak nie vir my werk nie."

Baie verwar hulle met die gebruik van die eerste deel van die modulere tent as die Rally.  Die Rally het soos jy sê gaatjies waar jou voorste pale deur die dak steek.  Die Exclusive se Rally het 5 pale voor en soms op 'n mooiweers naweek sit ek net die 2 hoek pale saam met die een in die middel.  Sou dit lyk of dit gaan reën sit ek die ander 2 by.

Ek het nog nooit op die eerste deel van die modulêre tent of die Rally 'n probleem gehad met die water wat op die dak opdam nie.  Maar wel met die Classique se tent op die voorste deel.  Destyds (2007) dit opgevat met Jurgens en hulle het die nodige veranderings aangebring en op al die volgende tente.

Classique se voorste dak probleem.

Rally met 3 pale.

Rally met 5 pale.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 11:32:53 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Jou fotos gee 'n baie goeie verduideliking van hoe werk die pale die beste op 'n rally.

Op die Maia se Rally is daar net gaatjies deur die dak by die middelste paal en hoek pale.

Sal dit so bietjie probeer as daar nie wind is met 'n kamp naweek nie.

Ek sal as daar nie 'n regte Rally dak vir 'n karavaan beskikbaar is nie sal ek eerder een laat maak wat lyk soos die op jou fotos as om met die modulêre tent as 'n rally te sukkel.  Sal maar plan sien om gaatjies te maak by die 3de en 4de pale van die Maia se rally dak.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 16:14:05 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5805
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Daar is net een standaard paal van die karavaan na die voorste paal, dit is die middelste een.  As ek daai kant seil opsit of die Multi Room dan sit ek daar ook 'n paal van die karavaan af in.  Die nader het nie dwars pale nie.  Die ou Exclusive het ook net die 3 pale voor.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 21:53:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dankie vir almal se terugvoering. Ons het hom opgeslaan en soos julle noem is dit anders as die rally wat jy apart koop. Na die op en afslaan episode het my vrou en ek eenpaarig besluit dat die leisure awn op die wa moet kom....bly maar n plesier

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend ๐Ÿ˜
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Mar 2020 @ 22:05:04 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Eish Geert. Daai Ranger en caravan lyk mooi ou maat ๐Ÿ‘

Me like 2 much

๐ŸŒช๏ธ Worry ends where faith begins ๐ŸŒช๏ธ
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Mar 2020 @ 06:33:07 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ons gaan nou nie kantseile gebruik nie. Sou dit reen, sal dit n probleem gee as hele struktuur nie opgeslaan is nie? Dam water op?

Het jy 'n volwaardige rally dak of gebruik jy die modulere tent dak as 'n rally?  Soos genoem sal jy nie probleme kry met opdam van water as jy 'n Rally dak het nie.

Die modulere tent het basies al sy pale nodig om die dak netjies en styf te hou want volgens my is daar nie gate in die middel en op die hoeke wat deur die tent dak druk vir jou om net 'n regop paal by te gebruik nie.

Daar is metodes wat jy kan gebruik om die tent dak styf te trek sonder om die totale raam te gebruik.  En dit is om tou om die plastiek hoek fittings vas te maak en die paal daaraan te trek met tent penne.  Jy moet maar sien hoe jy dit gaan doen.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za