English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 526
Total Replies: 252 776
Total Views: 83 247 929
topics: 11 574
replies: 139 205
views: 39 342 246
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Watter bande koop julle?

replies: 19
views: 352
01 Jul 2020 @ 12:31:30 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Dalk was hierdie item al tevore op die forum, verskoon dan asseblief.

My Fortuner gaan binnekort bande moet kry. Ek ry al 40 jaar lank met Good Year Wrangler, ek kan julle lank besig hou oor my Afrika-reise daarmee, nog nooit nodig gehad om te verander nie. MAAR. Die laaste stel was die KEFLAR-tipe. En hulle het my tandstopsels uitgeskud. Ek het my skokbrekers al vroegtydig vervang en steeds geen plesier nie, stam het hulle gestamp.

Wat ry julle? My dae van Roubicon-rotse klim is verby, maar ek sal beslis weer na Spitzkoppe reis, en die ander sinkplaat-pad plekke soos Nossob en Mabuasehube. Ek soek n lekker pad-band wat geskik is vir karavaan. Ek wil ook nie my seiljag en ligte vliegtuig saam met my see-uitsig huis verkoop om hulle te bekostig nie.

Ek hoor graag van julle, by voorbaat dankie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2020 @ 13:26:03 pm
Swannie
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 137
Joined: 12 Aug 2015
Experience: 20 years

Hello, Good Year Wranglers is baie goeie bande, koop hulle weer, maar jy kan ook kyk na Cooper se ST MAX hulle is ook goed, my Wrangler het op die oomblik die Cooper STT PRO bande maar dit is meer n mud terrain band, ons het ook gevind dat die nuwe BF bande krake ontwikkel op die side walls.....so ek sal of Good Year of Cooper bande opsit as ek jy is.

 

Jesus first, then all other people Jesus love's !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2020 @ 15:43:45 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Dansan, hoe hard het jy daardie Keflar-tipe bande gepomp?

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2020 @ 16:07:33 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 397
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Gebruik die goodyear wrangler all terrain adventure sonder keflar. Geen probleme met skud nie. 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2020 @ 16:26:16 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Gebruik die goodyear wrangler all terrain adventure sonder keflar. Geen probleme met skud nie. 

 

 

Gaan hulle ook op die Fortuner sit. Nou dat ek nie meer baie gaan ry nie.

Paar manne wat tevrede is met hulle.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2020 @ 17:22:38 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1070
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Het enigiemand ondervinding can Yokohama en Continental. Het nog nie nuwe bande op die Fortuner gesit  nie, maar op my ou Isuzu het ek met beide gery en was metal by baie tevrede- veral die Contis.

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2020 @ 17:48:54 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Vandat ek Hilux ry - ek dink my eerste een was in 2008 - ry ek met Bridgestones AT duelers. Uitstekende diens. 100 000km+ aan die orde van die dag. Op my eerste Hilux kon ek nie Bridgestones vir vervanging kry nie en was aangewese op Wranglers wat by HiQ in Somerset-Wes gekoop. Uitstekende rygemak verskaf, maat o wee, swak kilometers gegee. Ek het beswaarlik 50 000km daarmee gekry. Sedertdien is ek maar ononderbroke terug by Bridgestone.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
01 Jul 2020 @ 18:17:24 pm
George
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 438
Joined: 01 May 2016
Experience: 12 years

i have goodyear wranglers , best bang for your buck.

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 07:27:46 am
Swannie
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 137
Joined: 12 Aug 2015
Experience: 20 years

Hi, ek het vergeet om te noem, jy kan ook met gemoedsrus ALL TERRAIN HANKOOK bande koop, dis ook n baie goeie band alhoewel hulle nie so bekend is nie, ook n mooi band, koop hulle by Tiger Wheel en Tyre.. EN teen n baie goeie prys, nie cheap bande nie, sal Goodyear en die res maklik ore aansit en ook baie betroubaar as die pad nat is.

Groete

Swannie

 

Jesus first, then all other people Jesus love's !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 07:52:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek het maar altyd die Cooper STT bande gebruik.  Baie goeie kilos gekry alhoewel die band op teerpad effe geraas het.  Toe hulle ge-discontinue is was die Cooper Pro se omtrek vir my te groot en nie so mooi band soos die STT nie.

Tans het ek die Pirelli Scorpions ATR op.  Puik padhou vermoe op die teerpad, geen lawaai en laas toe ek by Atlantis se duine in die Kaap gaan ry het was die terein vaardigheid in die sand vir my beter as die Cooper STT.

Hulle werk ook puik op die grondpaaie.  Moet die band net so effe afblaas.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 08:09:15 am
Henning & Zettha
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 49
Joined: 17 Mar 2016
Experience: 47 years

Die kevlars laasweek verkoop na 3000km omdat hul te hard ry en is van mening dat hul klippe gooi. Het nou michelin force opgesit.  Vorige stel was yokahama g15 wat ek baie tevrede mee was, net pad geraas op die laaste lewe van die bande.  Yokahama het  dit glo reggestel.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 10:20:51 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Dankie manne, dit lyk my julle is ook maar grootliks Wrangler-manne. Ek het nou op n navorsing-trip gegaan en met n klomp ouens gesels en ook n paar bande-plekke gaan sien. Die inligting is nogal insiggewend.

Kanneman, ek ry op die oomblik 1,3 bar voor en 1,5 bar agter. Wanneer ek die oop-pad vat is dit 1,8 bar op al die bande. Met die karavaan is dit 2,5 bar agter en 2,2 bar voor.

My bietjie navorsing op die oomblik :

TIGER WHEELS. Die heel duurste plek waar jy kan koop.
Hulle Wranglers = R9 950-00
Hulle Grabbers =  R11 390-00

Namakwa bande
Wranglers  =  R8 920.00 
Grabbers = R9 280=00

MAAR, dit lyk vir my asof the new kid on the block nou die DUNLOP AT5 kan wees.

Jy kry n sertifikaat wat 100 duisend km waarborg. Prys = R7 400-00

Ek het nog nooit Dunlop gery nie. Julle moet hom gaan Google, dis n mooi band. Die loop-vlak is vir n 9 duim rim terwyl ons karre se rimme gewoonlik 8 duim is. Die band is in April vanjaar vir die eerste keer bekendgestel.

Ek is nog nie reg om te koop nie, maar sal julle laat weet.




You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 10:40:36 am
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 872
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Dankie manne, dit lyk my julle is ook maar grootliks Wrangler-manne. Ek het nou op n navorsing-trip gegaan en met n klomp ouens gesels en ook n paar bande-plekke gaan sien. Die inligting is nogal insiggewend.

Kanneman, ek ry op die oomblik 1,3 bar voor en 1,5 bar agter. Wanneer ek die oop-pad vat is dit 1,8 bar op al die bande. Met die karavaan is dit 2,5 bar agter en 2,2 bar voor.

My bietjie navorsing op die oomblik :

TIGER WHEELS. Die heel duurste plek waar jy kan koop.
Hulle Wranglers = R9 950-00
Hulle Grabbers =  R11 390-00

Namakwa bande
Wranglers  =  R8 920.00 
Grabbers = R9 280=00

MAAR, dit lyk vir my asof the new kid on the block nou die DUNLOP AT5 kan wees.

Jy kry n sertifikaat wat 100 duisend km waarborg. Prys = R7 400-00

Ek het nog nooit Dunlop gery nie. Julle moet hom gaan Google, dis n mooi band. Die loop-vlak is vir n 9 duim rim terwyl ons karre se rimme gewoonlik 8 duim is. Die band is in April vanjaar vir die eerste keer bekendgestel.

Ek is nog nie reg om te koop nie, maar sal julle laat weet.




ek het my huidige bakkie met die DUNLOP (Supper Slips) gekry.  Binne 3000km met Michelins vervang

Die DUNLOPS en Water hou nie van mekaar nie

Vorige  bakkie Continental op gehad enn oor die 100000 km op hulle gekry

 

Ek glo dat die vering ens speel ook 'n rol op band performance.  Wat werk op 'n TOYOTA en wat werk op 'n FORD kan verskil

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 11:38:58 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Hou maar by die oorspronklike fabrieks band. (Bridgestone)

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 11:43:35 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hou maar by die oorspronklike fabrieks band. (Bridgestone)

Ek is ook maar gewoonlik geneig om by dieselfde band te hou as ek nie probleme opgetel het nie.....hoekom  iets anders probeer as mens gelukkig was

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 12:11:35 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

My Fortuner het uigekom met die Bridgestone Duelers AT en het ook om en by 100000 km gegee. Ek het weer met dieselfde vervang omdat ek hoogs tevrede was. Vriend van my het verwang met Good Year Wrangler en was gladnie tevrede nie. Het ook maar om en by 50000 km gekry. Het toe weet weer teruggeskakel na Bridgestone.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
02 Jul 2020 @ 12:38:32 pm
KAKAMAS
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 8
Joined: 13 Mar 2018
Experience: 4 years

Ek het self daai Dunlop at5 getoets by Toyota se toetsbaan .Die hanteering is goed en Dunlop se hulle gaan 39% langer hou as sy voorganger.

DIE LEWE WIL GELEWE WORD
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 13:18:25 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Die kilometers wat jy uit 'n band kry, behoort nie die enigste faktor by die koop van 'n band te wees nie.  'n Band van R2500 wat jou 70 duisend kilometer gee, is beslis 'n meer ekonomiese kopie as 'n R70 duisend een wat jou 100 duisend kilometer gee. (3..5sent/kilo, teenoor 7 sent). En moenie die fout maak dat die duurder band jou noodwendig beter padhouvermoë ook gaan gee nie.  Die teendeel is moontlik waar, want die hoë kilosband het waarskynlik harder rubber wat hom langer laat hou maar swakker padhouvermoë gee, hoewel dit waarskynlik maar 'n geringe verskil sal wees. Onthou ook dat die rubber met tyd agteruit gaan- 'kenners' verskil meestal tussen 5 en tien jaar - so as jy nie baie kilos per jaar opsit nie, is die duur band dalk nie so ekonomies nie.  Omdat  die rubber harder word is die band se verrigting na tien jaar heelwat anders as toe hy nuut was. Dit klink dus vir my logies dat ek meer gereeld bande behoort te vervang.

Die afgelope aantal jare het ek sowat 20 duisend kilos per jaar gedoen en bande met 'n aanvaarbare padhouvermoë (hoe seker is ons in elkgeval daaroor?) minstens 60 duisend kilos en 'n redelike prys is vir my heeltemal in orde.   Die redenasie dat die duurste band die mees betroubare is, glo ek nie heeltemal nie.  Omdat ek van grondpaaie hou, het ek oor die jare al 'n klompie bande verloor as gevolg van skade wat deur voorwerpe op die pad veroorsaak is, maar geen band het nog onverklaarbaar gebars nie.  As 'n klip in 'n duur band steek, gaan hy afblaas netso seker as 'n goedkoper band.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 13:20:38 pm
FritzF
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 31 May 2018
Experience: 60 years

Het altyd Michelins op my LR Discoveries gehad.  Baie lekker bande vir teerpad en sukkel nie met die gewone naweek weg breek grondpad ry nie.  Selfs die nou en dan se regtige rowwe plekke, Wolwekloof ens. geen probleem nie.  Gaan toer toe saam met die Suidwes familie die Kaokoveld, van Tsumeb af deur Ruacana toe, al langs die rivier af tot by Epupavalle.  Van daar af so deur die Kaokoveld deur getoer, altesame 2 weke.  Al daardie grondpaaie was vars geskraap net voordat ons daar gekom het.  Ek het 6 pap wiele gehad in die 2 weke.  EK het 1 spaarwiel gehad en 2 spaar BF Goodrich AT bande en baie van daardie toutjies om bande mee reg te maak.  Die laaste pap wiel voor Epupa moes ek 3 langs mekaar indruk om 'n sny reg te maak, elke 100 Km gestop en net wind by gesit.  Gelukkig het ek 'n ekstra groot 12v pomp gekoop net voor die trippie.  By Epupa het die plaaslikke man wat sê hy is die band herstel man hy sal vir my die 2 BFs kan optrek in die plek van 2 Michelin's wat toe baie stukkend was.  DIt het op die ou end almal van ons en 'n halwe dag gekos om die ou bande af te kry.  Het al die boererate probeer, botteldomkrag en band onder swaar gelaaide Land Cruiser, Land Cruiser oor rand van band gery ens. ens.  Op die ou einde 4 pond hamer en koubeitel die band al in die ronde los gekap.  Nie veel verder nie toe pap band op een van die BFs.  In Tsumeb in gegaan na Tyger toe.  Die ou lag lekker, hy sê die skraap van die pad veroorsaak sulke skerp flint klippies, steek reg deur die meeste bande.  Hy sê as hulle die pad buite Tsumeb skraap hoor hy die boere in die pad aankom voordat hy hulle sien.  Hulle maak die gaatjies tydelik reg met self tapping skroewe en bandgom.   Was 'n goeie les gewees.  Ek en my stiefpa was naderhand soos 'n geoliede masjien.  As ons die blaas geluid hoor, trek ek af, terwyl ek onder die Discovery inklim met die jack, begin hy die wiel pomp.  Jy kan die toutjies met gom net indruk as die wiel styf is.  As die wiel pap is druk die gaatjie toe en jy kry nie die toutjie in nie, die rubber knyp vas. 

 

Behalwe die pap wiele was dit 'n ongelooflikke lekker trippie.  Die TD5 Discovery het die Explorer hanteer deur selfs die rofste plekke, deur rivier, oor groot rotse asof hy 'n venterjie sleep.  Daardie warm water stort was 'n groot bederf na 'n dag se stof pad ry.  Moet sê dit was darem 'n groot verskil om met 'n Discovery met lug suspensie en aircon dit te doen as jare vroeer met 'n weermag myn bestande Kwêvoël trok in daardie hitte.  Ons het die toer in Julie gedoen in die winter.  My ouers het in die Explorer geslaap ek en en vroulief in die klein nylon dome tentjie.  Het die flysheet af gelos.  Het lekker in die bed gelê en sterre kyk.  Die lug is baie skoon daar en geen kunsmatige lig in die nag.  DIt is ongelooflikke hoeveel sterre jy dan sien en hoe naby lyk hulle.

Lang termyn doelwit, Lank staan kamper
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Jul 2020 @ 13:24:44 pm
FritzF
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 31
Joined: 31 May 2018
Experience: 60 years

Het my huidige sleepvoertuig, Hilux V6 4.0 2006 model gekoop met Cooper STT Pro's.  Eish, die V6 is normaalweg baie stil met daardie STT Pro's kan jy nie die enjin hoor nie en nie veel van die radio op 120 op teer nie! :-)  Baie mooi bande, gee 'n baie agresiewe houding aan die Hilux, veral met die suspensie nog gelig ook.

Lang termyn doelwit, Lank staan kamper
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za