Hierdie naweek is dit ons kleindogter se naweek en die besluit is geneem om haar dieretuin toe te neem. Ek verneem Pretoria se dieretuin is besig met opgradering en dat motor diefstal redelik die hoogte in skiet daar. Weet nie of dit 'n army rumour is nie.
Wat sal dit wees Harties se dieretuin of Pretoria?
Ek dink harties het rustiger atmosfeer... my vrou was 2 weke terug by pretoria, hulle het dit geniet
Ek weet die boot rit by Harties is weer 'n wenner
Ek kan nie nou kommentaar lewer en sê wat ek dink nie. Ek was al 3 keer by Pretoria se wildtuin en stem saam dit is 'n pragtige dieretuin. Maar ek sal nooit vergeet, toe ons baie jare terug, by Harties s'n was, hoe baie, baie, baie ek dit geniet het nie. Vir my was dit fantasties! Ons het gekamp by Harties en was die oggend van plan om so 2 ure in die dieretuin te spandeer, en ons was omtrent die hele dag daar. Ek het al baie gewonder of dit nog so goed is en sou regtig graag weer wou gaan.
Julle, en veral die kleindogter, moet die dag geniet!
Dennis, julle moet dit geniet, watter een julle ook al gaan.
Dankie tannie Freda, ek glo ons sal. Op die ou einde sal die laaste besluit seer sekerlik Harties wees.
@Dankie Johann, sien nogal uit daarna, sy moet nou nog net saam met ons gaan kamp, dan is die saak reg.
Moet nie die kabelkar rit berg op nalaat nie
Dennis, my kinders was verlede week by Harties se park. Hulle terugvoer is dat dit baie skoon is en dat hulle en my kleinkinders (6 en 4) dit baie meer as die Pretoria Dieretuin geniet het. Dan is daar die bootvaart en die naby geleë kabelkar. Laasgenoemde is nou egter net 'n vinnige draai wat die ouer mense meer as die kinders geniet want ons kan gaan sit en die omgewing waardeer en geniet terwyl die jongetjies aksie soek.
Gaan besoek albei...
Hartseer en n skande! Kyk hoe lê daai arme olifant daar op die grond!
Net gister op PretoriaFM na 'n onderhoud geluister waar Charlie bespreek is. Blykbaar kwyn hy omdat sy lewensmaat oorlede is. Daar gaan ook diere wetenskaplikes (nie vee-artse!) van VSA (??) oorkom om die olifant te ondersoek. Daar is sterk aansprake dat dieretuine nie meer olifante mag aanhou nie, en dat Charlie om die rede vanuit die Pretoria dieretuin verwyder sal word ... hoog tyd sou ek sê (ons is beslis nie voorstanders van dieretuin of sirkusse waar diere soos narre moet optree nie). Ons besef dat nie almal diesulke diere in die veld kan gaan beskou nie, maar ons voel dit is 'n (ou Romeinse?) barbaarse instelling!!

Ja....daar sal altyd verskonings wees vir hul onbevoegde nalatigheid. Ek het nog n hele reeks fotos gesien van daai dieretuin......vieslike haaglike toestande waarin die diere daar leef