Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 22007 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17761 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6219 |
Bostoe | 5460 |
BrianB | 5286 |
Uranus Member | 2600 + |
Grumpy/Hannes | 3222 |
mulderpm | 2652 |
Saturn Member | 2000 + |
Kanneman | 2149 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1999 |
Swanie | 1863 |
Nico | 1770 |
steamer | 1701 |
Hennie Botha | 1682 |
Ski | 1669 |
Karoo Klong | 1648 |
Dansan | 1531 |
Butts | 1460 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1253 |
Louvan | 1245 |
RichardJ | 1165 |
Gerden | 1165 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 851 |
JohanMarais | 820 |
Fanie | 807 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 662 |
snys | 631 |
Benkie | 594 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Errol | 440 |
Willie54 | 438 |
Harv | 424 |
Rare Breed | 420 |
Andre Smit | 417 |
1Pierre2 | 409 |
LEEN | 385 |
Kamp is Koning | 372 |
Izak | 326 |
RD | 322 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Meerkat | 269 |
Gold Member | 100 + |
Fienie | 240 |
Bushbaby | 208 |
Joos Pretorius | 200 |
BigG | 183 |
Trev1 | 183 |
Maurits | 172 |
Andal | 167 |
Andrew | 149 |
Dolrik | 144 |





Watersisteem van Jurgens Exclusive van tenk tot kraan
Kan iemand verduidelik hoe lyk Exclusive 2012 se watersisteem van tenk tot kraan, as kraan toegedraai is, loop water terug tenk toe, is daar iewers n non return valve wat foutief is of wat kan probleem wees?
Die systeem wat op my Classique was en die Exclusive wat ek nou het loop as volg.
Water Tank - Water pompie - non return valve.
Dan split die waterpyp in twee:
Eenkant gaan direk na die koue kant van die krane toe.
Ander kant gaan geyser toe en van daar na die warm kant van die krane toe.
Die non return valve keer dat as die tenk leeg loop die water uit die geyser terug loop tenk toe en so kan die elektriese element moontlik skade kry.
Nou die "Jurgens" Non Return Valve is 'n plastiek pypie met 'n verdukking binne en 'n balletjie. Die pyppie moet korrek in die pyp lyn monteer word om vloei weg van die pomp af toe te laat en dan weer blok van die ander kant af.
PASOP!!!!!!
As jy die pyp klampie om die Non return Valve se pyppie te styf vas draai, knyp dit die balletjie binne vas en kan hy nie sy werk reg doen nie. So die pyp klampies om die Valve moet net net styf genoeg vas gemaak word sodat water nie daar lek nie.
Sou mens 'n Water Tank dreineerings kraan installeer moet jy dit doen tussen die water pomp en die Non-Return Valve. Op die manier kan jy die lug uit die stelsel haal sou die tenk leeg geloop het maar die geyser kant van pypy sal steeds water in hê.
Hoop die inligting is van waarde
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

I had continuous problems with having to prime my pump.
When I installed a T to create a waste line, before installing the non-return valve I blew on it to determine the direction of flow. I could blow from both sides. There was a tiny amount of debris on the ball that prevented it from closing.
Living the dream

My ShurFlo has a micro filter on it's input. So, no debris kan get into the water system of the caravan. I clean it regularly and there is all sorts of dirt in it every time. It is also a good idea to flush the 60L water tank from time to time.
Groete,
Paul
Ek het ook 'n ShurFlo pomp wat ek binne-in die Excusive, in die kassie onder die yskas, geïnstalleer het. Dit is "self priming" en ek het die "non return valve" uitgegooi. Nadat ek gekamp het, dreineer ek die hele stelsel, ook die geyser. Voor 'n volgende kamp vul ek die watertenk en draai ook die warmwater krane oop en laat die pomp loop totdat die water by die warmwaterkrane uitkom - dan weet ek die geyser is ook vol en skakel dan eers die geyser-krag aan.

Dreineering van die oorde se water is nogal vir my belangrik. Die bosveld oorde het meestal boorgat water wat redelike kalk bevat. Langdurige gebruik kan 'n kalk neerslag in die Geyser veroorsaak. Dit op 'n elektriese element is glad nie goed nie.
So ek drein altyd die water uit as ek klaar by so oord gekamp het. Jy kan nou seker niks daaraan doen as jy lank staan by so oord nie.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

Stem saam Leon, dis waarom ek altyd na 'n kamp, die hele stelsel (insluitend die geyser) dreineer. My wa is nou 19 jaar oud en ek het nog nooit 'n geyser-element probleem gehad nie, maar ek moes wel twee jaar gelede die hele geyser vervang wat begin lek het.


Stem saam Leon, dis waarom ek altyd na 'n kamp, die hele stelsel (insluitend die geyser) dreineer. My wa is nou 19 jaar oud en ek het nog nooit 'n geyser-element probleem gehad nie, maar ek moes wel twee jaar gelede die hele geyser vervang wat begin lek het.

Stupid question, where/how do you drain the geyser?
Living the dream

When the main tank has drained and is empty, the geyser water returns to the empty tank as I have removed the non-return valve. The main tank's drain tap is open and the water coming from the geyser, is drained.

Thanks Len.
Living the dream

Lennie, is dit nie gevaarlik dat die geyser kan droogloop as jou watertenk ook leeg is en die geyser is aan?
Dit is nou as die none return valve verwyder is uit die sisteem.
Pierre, dit is teoreties sekerlik moontlik, maar ek het spesifiek 'n skakelaar aan die buitekant van die geyser-kas aangebring sodat die geyser maklik aan en af geskakel kan word. Ek skakel net die geyser aan wanneer ons warmwater benodig - die water word baie vinnig warm.
Ek het ook 'n skakelaar wat maklik bereikbaar is en wat die krag na die waterpomp afskakel wanneer ons reis, wanneer ons slaap of nie by die karavaan is nie sodat dit nie per ongeluk water uit die tenk pomp sonder dat ons daarvan weet nie.
Ek het die "non return valve" uitgegooi omdat dit die waterdruk onnodig baie verlaag.
En, ek gebruik 'n TankBuddy wat my watertenk altyd volhou.


Pierre, dit is teoreties sekerlik moontlik, maar ek het spesifiek 'n skakelaar aan die buitekant van die geyser-kas aangebring sodat die geyser maklik aan en af geskakel kan word. Ek skakel net die geyser aan wanneer ons warmwater benodig - die water word baie vinnig warm.
Ek het ook 'n skakelaar wat maklik bereikbaar is en wat die krag na die waterpomp afskakel wanneer ons reis, wanneer ons slaap of nie by die karavaan is nie sodat dit nie per ongeluk water uit die tenk pomp sonder dat ons daarvan weet nie.
Ek het die "non return valve" uitgegooi omdat dit die waterdruk onnodig baie verlaag.
En, ek gebruik 'n TankBuddy wat my watertenk altyd volhou.

Ek het 'n tank buddy gehad saam met die Classique. Hy het mooi gewerk. Sal baie graag weer een wil hê, Maar die prys van die tank buddy vandag is bo my budget.
Ek sal maar die tank per hand volmaak elke dag.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !

My tank buddy Le in die nosecone want hy stop nie as die tank vol is nie.
Het vir jare goed gewerk maar steek nou vas en water bly loop.
Tank buddy vervaardiger gebel en hy sê net ek moet hom skud, daar is 'n vuiligheid, maar skud help niks.
Weet nie as iemand raad het nie.
Probeer hom met kettel deskaleer skoon maak?
Groete,
Paul
