English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 303
Total Replies: 250 337
Total Views: 83 151 766
topics: 11 429
replies: 137 609
views: 39 290 307
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Waterkloof Glen diere hospitaal

replies: 10
views: 6378
09 Oct 2015 @ 21:25:34 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17153
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ek moet hierdie plek n pluimpie gee. Ons Beagle het vanaand gespeel en sy binne toonnael seergemaak. Dis Vrydag aand en naaste veearts wat naby ons oop was is Waterkloof Glen diere hospitaal. Die hond het baie pyn gehad en moes maar direk soontoe gaan....al was dit nou Vrydag aand. Daar aangekom..baie profesioneel gehelp...ontvangs dame boek hond in...veearts met assistent staan gereed om te help. Hond word ingespuit om te kalmeer....poot word verdoof...nael word verwyder en antibiotika word gegee vir inflamasie. Na al hierdie profesionele hulp dog ek nou gaan ek verassing kry met rekening wat ver oor die R1000 gaan wees omdat dit na uurs op n Vrydag aand is. Ek was so verbaas om te sien dat die totale rekening vir alles ingesluit R310 was! Dis nou mense wat vir diere omgee sonder om jou uit te buit! Ns: Die hond het nog lekker eetding nadie tyd ook gekry😁
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2015 @ 02:23:16 am
Chris L
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1305
Joined: 31 Jul 2011
Experience: 41 years

Geert, dit moet gedoen wees. So 3 weke gelede het ons Husky begin tjank wanneer sy beweeg. Ek kon sien sy het pyn maag omgewing. Ek het haar na ons naaste veearts geneem. Die diens was flink en na bloedtoetse geneem is omrede hulle vermoed haar been struktuur gee in is ek meegedeel dat sy kanker, diabetis en cholestrol het. ek het n klomp tablette en n sak honde kos gekry want sy moet op die dieet gaan en die kos sal die been struktuur help en terselfde tyd haar laat gewig verloor. Ek moet haar ook  bring vir x-trale sodat hulle kon vasstel hoe ver gevorderd is die been kanker.

Ek is daar weg met n kwitansie van R2004.00 en x-trale uitgesluit. Nodeloos om te se die tablette het my hond laat slaap en die kos het haar aanmekaar laat vormeer. Na 2dae het ek alles gestop want die Husky was nog steeds ongemaklik en ek kon sien haar maag is half opgeblaas. Ek het vir haar rys gegee om te eet en binne n paar uur was ons Husky piekfyn en het rond gehardloop en met haar maat gespeel.

Tot ophede het sy nog nie weer getjank of ongemaklik voorgekom nie, en ek hou haar goed dop. Ja sy is oorgewig,(soos haar baas) maar sy is deur dieselfde veearts gesteriliseer (gelukkig hoef haar baas nie die oefening te gedoen het nie) en het daarna so gewig aangesit alhoewel sy nog steed dieselfde hoeveelheid kos gekry het. Terloops die sterilisasie rek was R4500. 

So Geert jy is gelukkig om sulke diens teen so n prys te bekom. Soos die manne se" give that man a bells"

AMAZING
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2015 @ 09:11:10 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1036
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 11 years
Geert dis voorwaar goeie diens vir so min geld, bure van ons se hond is gebyt deur ander hond nie ernstig nie en daai rek was R1250.00
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2015 @ 09:55:16 am
chameleon
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3145
Joined: 22 Mar 2014
Experience: 48 years

Geert oor die diens kan ń mens maar skryf bly om te hoor dat dit weer goed gaan met jou hond

Camping is a collection of memories .... make each one count
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 Oct 2015 @ 16:07:35 pm
Veldskoen
Platinum Member
88% Profile Strength
Posts: 336
Joined: 08 Apr 2015
Experience: 36 years
Geert. Veeartse is vandag net so erg soos privaat klinieke. Jy betaal vir elke stukkie watte en lappie. Selfs vir die tydperk wat die hond in die hospitaal le. Die veearts is heeldag by die diere hospitaal en jy betaal selfs vir die besoek deur die veearts by die hond. My Miniatuur Schnauzer het n derm blokasie gehad. Twee dae in die hospitaal. R4000.00 verder. Kla nie, maar die hond het maar siekerig teruggekom en hom Liquid Parafin gegee. Die volgende dag is als oor en derm blokasie skoon gespoel.
Goeie diens wat jy gekry het.
Hou jou voete plat op die aarde
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 Oct 2015 @ 07:17:23 am
POTYSTER
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 177
Joined: 23 Sep 2014
Experience: 6 years
Verlede week my seun se hond ingevat--R2635 later vir een nag op die drup--moet s sys gesond maar jinne!!!
POTYSTER
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2015 @ 09:29:16 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9556
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years
As jy omgee moet jy dit wys.
Sterkte
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
12 Oct 2015 @ 15:20:00 pm
Hagar
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1563
Joined: 20 Dec 2014
Experience: 32 years

Stem saam met die flinke diens maar daarmee saam kom die flinkheid op die rekening ook. Ek ry na die buurdorp met my hond en dis steeds goedkoper diesel ingesluit. Hy het so 7 jaar gelede my hond uitgesit met kanker en dit het my R19,50 gekos. Hy se dat om n hond uit te sit is so traumaties dat hy net vra vir dit wat dit hom kos om dit uit te sit. Hy het my ook R900 gevra vir die verkeerd maak van my teef bulterrier (terloops sy kan nie reggemmak word nie want sy is reg gebore) Ek voel partykeer dat hulle die mense uitbuit met diens aan die 4-voetiges.

Geert dit is regtig goeie prys wat jy gekry het.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2016 @ 10:26:32 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17153
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Ons Beagle is toe vanoggend oorlede...blykbaar pangreasietes(spelling?). Was maar 5jaar oud. Was afgelope 4dae op drup. Ongelooflik hoe mens so n "vriend" kan mis
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2016 @ 11:21:24 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16005
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Sterkte met die een................ Het netso gevoel toe ek ons worshond moes laat uitsit het weens ouderdom en als wat met dit saam gaan.

Nie weer nie. Ons is klaar met diere. Die kids is groot en die het hul eie diere.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Nov 2016 @ 12:19:40 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 61 years

Jammer om te hoor Geert. Sterkte man.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za