English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 519
Total Replies: 252 681
Total Views: 83 243 704
topics: 11 569
replies: 139 147
views: 39 339 967
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wat se bande koop julle slim ouens

replies: 16
views: 324
13 Oct 2020 @ 12:32:53 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 806
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Moet my asseblief nie nou kruisig nie, hierdie topic is seker al holrug gery. Ek koop nou al vir die afgelope 20 jaar NET Good Year Wranglers. Ek het nog nooit minder as 80 duisend kms gekry nie, en ook al meer as 90 duisend. MAAR! Die bande wat ek NOU op het is Good Year Wrangler KEFLAR. En na 55 duisend is hulle klaar! Ek was vanaf dag een ontevrede met hulle. Hulle is so hard soos n baksteen. 

Wat stel julle voor? Ek wil nie n verband gaan uitneem om nuwe bande te koop nie, maar nou is ek geforseer om aan iets alternatief te dink.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2020 @ 15:56:28 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 852
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

werk uit wat 'n band jou per km gaan kos

Vir my gaan dit meer oor padhou vermoe teer / grondpad / klip pad ry en Geraas (nog nie een verloor nie)

Ek is maar 'n MICHELIN man op my plat kar op by 4X4

Foto van Bande op my MAZDA 3.2   4X4   huidig 61235km op die bande linker voorband se foto.

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2020 @ 16:59:23 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1853
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ek het op aanbeveling van my neef (boer) Cooper AT3 opgesit met 'n 80,000km waarborg.

Lyk my ek gaan dit kry, maar........soos die bande afloop begin hulle al meer padgeraas veroorsaak.

Gaan nie weer dit opsit nie. Gaan nie weer all terrain bande op die Disco sit nie. Die hoeveelheid kere wat ek offroad ry, regverdig nie die koste en padgeraas nie.

Gaan my bande met Michellin pad bande vervang. As ek dan moet offroad ry, sal ek 'n tou saamvat sodat iemand my kan 'recover' as dit nodig is.

Ek het die overlanding en offroad ding klaar gedoen tussen 1994 en 2015. Dit was lekker maar is nou klaar.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2020 @ 17:37:58 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek wonder of dit nie beter is om 'n band te koop wat 'n sekere aantal jare eerder as 'n sekere afstand sal hou nie.  Ek sê dit want daar is blykbaar 'n veilige tydperk wat jy met 'n band kan ry.  Sommige mense reken vyf jaar, ander tot tien jaar.  As jy oortuig is jy moet bande na vyf jaar vervang omdat die rubber al harder word en die padhouvermoë dus afneem, maak dit mos nie sin om bande met 'n potensiële honderd duisend kilos te koop as jy moontlik gemiddeld tien duisend kilometer per jaar ry nie. Dan moet jy bande wat maar in die helfte van hulle leeftheid is, weggooi. As jy die tien jaar reël aanvaar, maak langafstandbande wel sin want ek glo meeste mense ry seker minstens tien duisend kilometer per jaar, altans as hulle nog werk. Baie pensionarisse vermoet ek try aansienlik minder.   Op die oomblik is my gemiddeld ongeveer 15 duisend. Ons is pensionarisse maar ons ry nogal baie, so lang afstanande maak nog vir my sin. Ek persoonlik dink jy kan darem tien jaar veilig met jou bande ry.

Omdat die rubber mettertyd harder word, wonder ek ook of die tempo waarteen 'n band afloop, nie dalk afneem soos die band ouer word nie.  Hoëspoedbande se rubber is mos sagter as die wat vir 'n laer spoed bedoen is, om hulle padhouvermoë te verhoog maar jy boet afstand daardeur in. Hoe harder die band dus is, hoe verder kan hy ry.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2020 @ 18:20:02 pm
Wegisons
Gold Member
100% Profile Strength
Posts: 121
Joined: 07 Dec 2015
Experience: 54 years

Yokohama Geolanders also give high mileage .....provided you swop them regularly back to front

none
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Oct 2020 @ 19:46:52 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Al ons voertuie by die werk word het Continental bande toegerus. Selfs met swaar vragte van tyd tot tyd het die bande nog nooit minder as 80000km gedoen nie en heelwat oor 100000km.  Het op 'n ander draad dit ook genoem en dit is die meeste km wat ek ooit op bande gekry het. 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2020 @ 07:38:30 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1485
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

I've just put 'Radar' Renegade AT5 on the cruiser. Did quite a bit of research on the 4X4 forum and they were very reasonably priced.

I've only done a couple of thousand k's on them, but so far so good.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2020 @ 09:47:32 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1214
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Al IS hierdie onderwerp al vantevore bespreek, bly dit nog steeds altyd interessant! (Dankie Danie/Dansan!)

Ek het tans Nexens op my Touareg - oorspronklike toerusting vir die voertuig, en sedert dien maar gehou by die soortgelyke maak. Baie goeie bande, lekker stil, met loopvlak goed genoeg vir ongeveer 50 000 km. (ek vervang bande wanneer hulle 2,0 - 2,5 mm loopvlak oor het)

Probleem is dié goed se wande is dem sag - nou al twee afgeskryf weens slaggate, en sal dus volgende keer kyk na iets anders (oorweeg tans General Grabbers - baie hoog aangeskryf onder die Touareg ouens) Op my Audi S3 gebruik ek Pirelli. Uiters goeie padhou vermoeë maar ook maar sag aan die wand se kant. Net nou die dag een afgeskryf weens 'n slaggat, maar aangesien ek nie juis grondpad of 4x4 (!!) met die platkar ry nie, bly ek maar by Pirelli.

Maar, my Jimny het Continental 4x4 bande op. Ongelooflik. Ek ry baie 4x4 paadjies, doen teerpad, ens. en kry baie goeie kilo's uit die goedjies. Sou beslis, as ek dié in 18" (vir die Touareg) kon kry, dit toe oë aanbeveel. 

Bande kos maar altyd 'n klompie, en as jy jou geldjies neersit, kan jy nie sommer weer verander nie. undecided

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2020 @ 14:01:44 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1853
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ek wonder of dit nie beter is om 'n band te koop wat 'n sekere aantal jare eerder as 'n sekere afstand sal hou nie.  Ek sê dit want daar is blykbaar 'n veilige tydperk wat jy met 'n band kan ry.  Sommige mense reken vyf jaar, ander tot tien jaar.  As jy oortuig is jy moet bande na vyf jaar vervang omdat die rubber al harder word en die padhouvermoë dus afneem, maak dit mos nie sin om bande met 'n potensiële honderd duisend kilos te koop as jy moontlik gemiddeld tien duisend kilometer per jaar ry nie. Dan moet jy bande wat maar in die helfte van hulle leeftheid is, weggooi. As jy die tien jaar reël aanvaar, maak langafstandbande wel sin want ek glo meeste mense ry seker minstens tien duisend kilometer per jaar, altans as hulle nog werk. Baie pensionarisse vermoet ek try aansienlik minder.   Op die oomblik is my gemiddeld ongeveer 15 duisend. Ons is pensionarisse maar ons ry nogal baie, so lang afstanande maak nog vir my sin. Ek persoonlik dink jy kan darem tien jaar veilig met jou bande ry.

Omdat die rubber mettertyd harder word, wonder ek ook of die tempo waarteen 'n band afloop, nie dalk afneem soos die band ouer word nie.  Hoëspoedbande se rubber is mos sagter as die wat vir 'n laer spoed bedoen is, om hulle padhouvermoë te verhoog maar jy boet afstand daardeur in. Hoe harder die band dus is, hoe verder kan hy ry.

Fred

Ek hou van jou koop vir tyd idee.

Laat my bietjie anders dink oor bande koop.

Kom maar terug na mengsel van tyd, loopvlak en sywand benodig, afstand wat band kry, koste per km en dan díe mengsel se koste oorweging. Vir my nou ook padgeraas by.

Nou raak dit moeiliker en seker daarom dat voertuigbande 'n ongelooflike dinamiese onderwerp bly.

Karavaanbande is minder kontraverseel. Hy staan baie, die bande begin van dag 1 af oksideer en hard word, die geleentheid om te flex is beperk en kan dus nie verharding effektief teenwerk nie. Hier vervang ek op tyd elke 5 jaar en ek gebruik 15" Firestone taxi bande wat gemaak is vir vrag dra en slaggate. Ek vat nie kanse nie. Spandeer eerder elke 5 jaar R3,000 en is seker my bande kan die wa dra tot waar ek wil. Gaan nie van hardword probleme gee en my R45,000 se skade aandoen nie.

As ek so daarna kyk, kan ek 15 keer bande koop elke 3 jaar = 45 jaar se bande gemeet teen potensïele karavaan skade. (VPI uitgesluit). 

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2020 @ 14:35:01 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9753
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Interressant.....

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2020 @ 16:47:50 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1214
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Kan glo dat gewone kruislaag bande hard kan word na 'n tyd, maar straallaag?

Nee wat, nog nooit daardie probleem ondervind nie.

Ek het op een tyd baie bande toetse gedoen vir General waar ons verskeie ander fabrikate teen mekaar opgeweeg het, asook verskillende banddruk tydens verskillende omstandighede. Ook baie te doene gehad met CAR tydens Jakes Venter se tyd met Stikstof in die bande, ens. Beslis NIE 'n kenner of spesialis wat bande aanbetref nie, maar het dus darem so bietjie ondervinding daarvan, so, ek glo dat my gebruik van die bande op my karavaan (veral) , met die nodige sorg in aggenome, nie probleme sal/kan veroorsaak nie! 

My 2c

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Oct 2020 @ 21:08:04 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1301
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Bridgestone AT Dueler. Uitstekende diens. 100 000km+ is algemeen. Geen ander band vir my nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 06:55:50 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3480
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Nico, Ek meen die bande sal hard word ongeag die aard van sy struktuur.  Ek is ook nie enige soort deskundige nie, so dis maar my mening.   Dit is die oplosmiddel of so-iets in die rubber wat mettertyd verdamp wat die verharding veroorsaak en beide bande gebruik rubber. 

Ek het so terloops 'n spaarwieletjie vir my Venter wat in 1982 nuut gekoop is.  Dis 'n kruislaagband- ek twyfel of straallaagbande toe al bekend was- en die band se rubber is baie hard.  Daar is egter geen teken van barsies nie.  Die sleepwa het nog altyd in 'n garage gestaan. Ek het nog nooit die spaarwiel moes gebruik nie, so ek hoop maar as ek dit dalk een of ander tyd gaan nodig kry, sal die band hou.  In so 'n geval sal ek maar baie stadig ry want tien duim bande is deesdae maar baie skaars en ek sal dus onwaarskynlik langs die pad geholpe raak.  Ek het gelukkig lanklaas nodig gehad om langpad met die sleepwa te ry.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 07:26:44 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16140
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Oor die algemeen Firestone Firehawks. Dan het ek gehou van Cooper STT op die Tipper.

Die Cooper STT is nie meer beskikbaar nie en ek hou nie van die STT Max wat is sy plek is nie.  So tans is daar Pirelli Scorpions AT op my Tipper.  Ek het nou al met hulle ge-4x4 en die sand duine in Atlantis Kaap gery.  Tans is ek baie beindruk.  Nie net is die vermoe in die sand puik nie daar is geen padgeraas nie en die band lyk ook heel skaflik op die Tipper.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 08:34:29 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 806
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Shoe, dit bly darem n lekker topic! Ek het ook n merse klomp navorsing nou gaan doen oor bande. Die Good Year Wrangler het WEER die beste vertoon op Drive Out se toets. Ek het gister WEER van agent na agent gery en met die ouens gesels, hulle sê ek gaan nog n verdere 10 000 km uit my bande kry, dus 65 000 km. Ek het openlik gesels oor die "nuwe" Grabbers, maar almal het gewaarsku teen padlawaai, soos die BF's. Bly ASB weg van Dunlops, my vriend het nie eens 15 000 km gekry toe raak hulle ovaal. Hulle is gewaarborg vir 100 000 km en ek voorspel hy gaan gratis bande kry vir die res van sy lewe. BEIDE sy motors se bande is nou gratis vervang. Die agente sê ek kan Mitchelins  en Bridgestones probeer, maar waarom? Hulle sê ek gaan nie meer kilos kry nie en 60% meer betaal. Die manne waarsku my teen Cooper en Hankook se nat-pad-gedrag.

Vir R9100 kry ek vier Wranglers, MET wheel alignment.  

Ek het nou bykans 35 jaar se 4x4 agter die rug en is bevoorreg om alles suid van die Kongo te kon besoek, verskeie kere. Ek het vier jaar lank opleiding gedoen in die Hexrivier Rubicon MET WRANGLERS. Maar alhoewel ek dink daai dae is nou verby gaan ek maar by All Terrain bande bly.

Fanx vir julle pragtige insette, ek dink julle manne kan maar by my kom braai, ons sal lekker chat. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
5 days ago @ 09:21:08 am
Wetkit
Gold Member
92% Profile Strength
Posts: 114
Joined: 08 Mar 2018
Experience: 40 years

Ek moet se, ek het ook nou al n paar verskillende tipe bande probeer en elke keer kom ek maar weer terug na die Pirelli Scorpions AT.

Dis wel n "sagte" band, maar hy sit op die pad en maak baie min geraas.

Loop selfs skaflik in die sand, maar het al 2 verloor met skerp klippe.

Wil elke keer kyk na Grabbers, maar dan is hulle net weer te duur vir my.

Kry maklik tussen 60k en 80k op die Pirelli Scorpions AT.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
4 days ago @ 13:29:47 pm
Rene
Bronze Member
100% Profile Strength
Posts: 46
Joined: 11 Jul 2012
Experience: 45 years

Currently have Michelin Latitude Sport 3 on my AWD Territory.  I'll be happy if they last for about 50k. There is not much choice for this type of car available. 

"What a life"
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za