English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 019
Total Replies: 243 921
Total Views: 82 987 452
topics: 11 247
replies: 133 231
views: 39 191 944
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wat sal jy doen, wat is ons veronderstel om te doen en wat is die beste om te doen

replies: 17
views: 399
05 Feb 2020 @ 11:03:59 am
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2907
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Die ding gebeur al hoe meer dag en nag.

Man en sy vrou ry in die aand op die R59 snelweg naby Kliprivier.  Polisie ligte gaan aan en wys hulle moet aftrek. Wetsgehoorsaam doen hulle net om heeltemal beroof te word deur manne wat polisie uniforms dra, Toyota Fortuner word gesteel en hulle word in n eensame veld afgelaai. Gelukkig vir hulle was die babatjie nie saam.

Vraag is wat sal jou optrede wees as n polisie voertuig jou op n hoofweg in die aand of dag vra om af te trek.

Wat is die regte ding om te doen sonder om nie jou en jou familie in gevaar te sit.

Stop jy nie en dis regte polisie mag daar dalk op jou geskied word en jy gaan toegesluit word. 

Hoe verdedig / verseker jy jou familie se veiligheid. 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2020 @ 11:18:55 am
Big5Spotter
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1033
Joined: 08 Oct 2014
Experience: 11 years

Dis n sad storie, weet wragtig nie wat om te doen, soos jy se stop jy beroof hulle jou,stop jy nie skiet hulle jou, beide kante toe is ons geskroef.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2020 @ 11:35:13 am
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3052
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Die vraag wat ek vra....het jy al in n vuurwapen se loop vas gekyk? 

Ja ek het al!

Wat deur jou gedagtes gaan is Onbeskryflik. Elke situasie is uniek en elke persoon tree anders op. Daar is GEEN middeweg. Daar is GEEN vooropgestelde manier hoe om op te tree nie. Ja my opleiding as Polisieman in 80 jare help nou nog. Ek weet nou nog wat my ou Magsnommer was.

Grootste en beste raad..bly kalm.

Ek slaan nie aan vrouens nie, maar my vrou en kinders weet.... as ek bestuur en n kar jaag in aankomense verkeer in, en sy skrik en swaai arms ens....dan foeter ek haar. Hoekom? Want sy trek my aandag af om ons uit hierdie situasie te kry 

Elke situasie word vererger deur die passasiers

 BLY KALM.!!!!

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2020 @ 12:00:43 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2907
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Die vraag wat ek vra....het jy al in n vuurwapen se loop vas gekyk? 

Ja ek het al!

Wat deur jou gedagtes gaan is Onbeskryflik. Elke situasie is uniek en elke persoon tree anders op. Daar is GEEN middeweg. Daar is GEEN vooropgestelde manier hoe om op te tree nie. Ja my opleiding as Polisieman in 80 jare help nou nog. Ek weet nou nog wat my ou Magsnommer was.

Grootste en beste raad..bly kalm.

Ek slaan nie aan vrouens nie, maar my vrou en kinders weet.... as ek bestuur en n kar jaag in aankomense verkeer in, en sy skrik en swaai arms ens....dan foeter ek haar. Hoekom? Want sy trek my aandag af om ons uit hierdie situasie te kry 

Elke situasie word vererger deur die passasiers

 BLY KALM.!!!!

Hannes ek het al menigmale binne in n vuurwapen se loop vasgekyk. 9mm, haelgeweer, AK47

Ek het Al gestaan en kyk hoe n dubbel loop haelgeweer binne in my dogter se mond gedruk was.

Maar ek sal nie aan my vrou foeter as sy hande swaai en Groot geskrik het nie. Sy is nie opgelei Vir die goed soos wat ek opgelei was. En selfs met Al my opleiding weet geen persoon regtig hoe jy op daardie oomblik gaan optree.

Dit is wel goed as jy die tipe ding bespreek en n idee vorm van wat vir jou moontlik wag en wat jy moontlik Kan en moet doen.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2020 @ 12:24:55 pm
Anonymous

Ek beskryf my nou glad nie as ''Mr Macho Man'' nie, maar ek weet nie wat my gedrag sal wees nie omrede ek maar 'n kort humeurige tipe is.

In so situasie sal dit seker maar my einde beteken.

Jare gelede toe jy nog kon rond beweeg in Germiston op 'n Saterdag oggend het dit gebeur.

Ons het vriende, 'n plaasboer van Fochville wat by ons kom kuier het vir die naweek saam met sy gesin.

Die Saterdag oggend besluit ons om ''shopping'' te gaan doen by Golden Walk en hulle ook te wys waar al die winskopies naby Golden Walk bekom kan word.

Dit was omtreeks 11-uur die oggend wat ons terug beweeg kar toe en albei van ons, behalwe die vrouens en kinders word ter aarde geduik teen die grond vas.

Mes teen my keel en mes teen my vriend se keel. My vriend gee bes en laat dit vaar dat hulle alles van hom afneem.

Ek weier blatant, die ''Bl#$sem'' voel my beursie in my sak en ruk en pluk om my hand daar uit te kry omrede ek daar klou dat die biesies bewe, maar laat nie los nie. Kyk hom in die gesig lag vir hom en spoeg hom ook sommer daarby, maar ek kon sien hy gaan nie die mes gebruik nie alhowel hy hom nogsteeds teen my keel hy.

Die swakkeling rower sien hy gaan nie sy sin kry by my nie en laat los. Ek kom vinnig op my voete en sit hom agetrna, my vrou skreeu dat ek dit moet los, maar my hou moet ek inkry.

Ek haal hom skrapelings in en ''M0#r'' hom met 'n vuishou agter die kop dat hy sommer 2xmaal sy spoed bereik en ek los toe, want ek is tevrede, ek het ook my deel van marteling aan hom terug gegee.

Teleurstellend was, was dat omstaanders van ons ras net staan en toekyk terwyl slegs twee met messe ons dreig, maar die omstaanders doen geen moeite om hand by te sit nie.

Die een persoon vra nogals die vraag: Dink jy dit sal veilig wees om na daardie winkel te gaan waar die klere so goedkoop is????cool.

Ek het die persoon net aangekyk en my skop geskud om vir die persoon te wys, jy behoort jou eintlik te skaam vir die K@k vraag omrede jy deel van die omstaanders was.

So 'n hele mondvol met die gevolgtrekking, in so situasie is dit uiters moeilik om myself te beskryf indien dit sou gebeur. (Dalk my einde en ''Houtbed'' toe).

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2020 @ 13:32:37 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15834
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek dink 'n mens moet die vraag aan die polisie stel.  Dan moet mens maar hulle raad volg.

Tot en met dan sal ek die volgende voorstel:

  1. As dit 'n ongemerkte voertuig is met blou ligte ry jy tot by die naaste  vulstasie of heel beste moontlike polisie stasie en stop dan.  Wys en gee deurgaans te kenne dat jy vorentoe naby ligte of by die polisie stasie wil stop.
  2. As die ongemerk te voertuig geen registrasie no op hetnie kan jy erge moeilikheid verwag. In so geval probeer om by naaste polisie stasie te kom.
  3. As dit 'n erkende gemerkte polisie voertuig is trek af en probeer stop waar dit veilig is.  Onthou vulstasies het gewoonlik kameras wat die pompe area dek.
  4. Almal in jou voertuig wat kan, gebruik selfone en neem als af so ongemerk as moontlik.
  5. As jy 'n dash cam het draai dit om maksimum af te kan neem.

Ja dit is moontlik vir krimenele om polisie uniforms te bekom.  Net so effe moeiliker (nie onmoontlik nie) om nog 'n polisie voertuig ook te hê. So ek sal dit dan sterk oorweeg om te stop.

Beste bly steeds om aan te dui jy wil vorentoe by vulstasie of polisie stasie stop.

Daar is natuurlik die kanse dat die polisie dalk deel is van die kriminele storie maar ongelukkig is dit die situasie waar jy jou nou bevind.

Probeer om enige trips in die nag te vermy.  Dit is hoofsaaklik dan wanneer booswigte hulle dinge gaan probeer.

Dis maar my leke raad.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2020 @ 15:03:15 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9021
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Wees maar kalm en vat die situasie soos hy kom.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2020 @ 15:48:02 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2907
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Bly kalm.  Voor uit klim bel iemand en laat jou foon val onder jou seat of agter die seat. Sodat iemand Kan hoor daars fout. Beslis nie die tyd om Hero te speel en wintie te wees. Jy skyf jou passasiers agter jou in steselmatig,  jy praat baie om te hulle te se vat  alles sodat die aandag op jou geplaas word en op jou bly, nie op jou passasiers. Bid tussen in hardop en vra Vir die Here se beskerming. Bly kalm, hou jou handle in die lug heeltyd om te wys jy is nie n gevaar, moet nie  naby n sel foon kom, vashou of wees en beskerm jou passasiers ten alle tye. 

As daar geskiet word glo ek hulle sal een persoon skiet dus wil jy nie he dit moet met passasiers begin. Dan is dit eerder jy as wat dit van jou familie is. Bly kalm, praat mooi heeltyd, bid heeltyd. Leer dit Vir jou familie ook. 

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2020 @ 20:56:56 pm
Anonymous

Bly kalm.  Voor uit klim bel iemand en laat jou foon val onder jou seat of agter die seat. Sodat iemand Kan hoor daars fout. Beslis nie die tyd om Hero te speel en wintie te wees. Jy skyf jou passasiers agter jou in steselmatig,  jy praat baie om te hulle te se vat  alles sodat die aandag op jou geplaas word en op jou bly, nie op jou passasiers. Bid tussen in hardop en vra Vir die Here se beskerming. Bly kalm, hou jou handle in die lug heeltyd om te wys jy is nie n gevaar, moet nie  naby n sel foon kom, vashou of wees en beskerm jou passasiers ten alle tye. 

As daar geskiet word glo ek hulle sal een persoon skiet dus wil jy nie he dit moet met passasiers begin. Dan is dit eerder jy as wat dit van jou familie is. Bly kalm, praat mooi heeltyd, bid heeltyd. Leer dit Vir jou familie ook. 

 

Ek lees wat jy skryf en maak sin, maar die dag as jy genoeg gehad het, was dit genoeg.

Ek is en was nog nooit ń hero nie, maar moet my nie ontkant vang nie.

Laat verlede jaar, laai ek my vrou in Primrose af vir haar vervoer Parktown, JHB toe.

Ek merk die voertuig agter my staan met ń "hele" klomp in.

Ek stap kafee toe om vir my koeldrank te koop en een konfronteer my.

Ek ignoreer hom, met uitkoms noem my vrou dat hy eintlik die kar se deur oopgemaak het om k@k te verkwansel.

Kyk, toe styg my meter frek diep in die rooi in en klim uit terwyl Mnr, Handsome nog buite rondhang.

Ek wou die bliksem deur ń winkel venster druk, maar tot besinning gekom.

Sy makkers het maar eerder bly sit in die voertuig, want hulle het gewaar groot oorlog gaan begin.

Nee wat, maak my dood, maar by my kry jy niks.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2020 @ 21:31:06 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2907
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Kosie. Jou optrede is baie soos myne en ek verstaan. Ek staan ook nie n oomblik terug om appels rond te gooi as omstandighede dit toelaat

Dis n heeltemal ander storie as daar n vuurwapen na jou vrou gewys word en jou dogter met n haelgeweer loop in haar mond.

Dan is hero wees weg en jy smeek en bid dieselfde tyd.  Jy Kan dit eers verstaan as jy daar was. Om n ou n paar klappe te gee as hulle jou probeer pick pocket is so maklik as om uit n boom te val.

Om met gewapende kriminele deurmekaar te wees, ander ding.

 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Feb 2020 @ 23:15:19 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 15744
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Toe my seun so 3jaar oud was het ons by my Conquest gekom by n sentrum waar daar 3 skurke insit. Nog voor ek iets kon doen rig hulle n rewolwer op ons. Ek het net weggekyk in n ander rigting en vir hulle geskreeu ry!! ry!! ry!! Skok het eers paar uur na die tyd deurgekom. Neewat...ek gaan nie in sy rewolwer se pad staan nie, kar is vervangbaar. Ek wil nie daaraan dink dat as ek die ou aan sou vat en hy my of my seun sou skiet, dat hy sonder pa moes grootword of anders om....ek sonder my seun.....net om jou aardse besitting te probeer beskerm?

 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 06:10:00 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15834
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Wanneer daar wapens betrokke is moet mens maar die situasie mooi evalueer.  As die wapen in iemand anders se hand is dans jy maar volgens die "tune" wat hulle speel..

 

 

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 09:00:17 am
Anonymous

Daai nag met my BT-50 in 2015 wat hulle my by die ooframp probeer afdruk van pad (nie polisie ens) het ek sien hier is probleme. Ek was verbaas oor my kalmte op daardie stadium... En hulle het my van agter kom stamp en voor my kom druk om af te trek.. My uitweg daar en dan was om hulle maar goeie stamp te gee en toe geluk draai en hul voertuig dwars voor myne swaai toe gee ek maar vet en stamp hulle reg op deure aanhoudend tot ek kan gesien het om weg te kom. As hul vuurwapens gehad het, was dit vir hul baie moeilik soos hul kar geskud en gestamp word.. Ongelukkig is dit maar 'n one sided stille oorlog tussen landsburgers en die kriminele..

Ek het na paar videos gekyk en gesien mense stop vir die polisie en maak hul DEURE NET OOP???? Elke keer wat polisie my aftrek is my venster net genoeg oop om hul te kan hoor maar nie hul hand in my venster te kan druk nie. DIS TOG LOGIES???

Ek hou ook my kar in rat, net voet op rem. Gee my lisensie as versoek en verder groet ek beskaafd en dan het ek my deel gedoen. As ek moet blaas moet die masjientjie daar wees.. Maar gewoonlik in daai situasie is daar meer as een polisie voertuig en 'n hele span daarso.

Maak nie venster groot oop nie, kyk na situasie, eerste oomblik van aggressie sou my een van 2 besluite laat neem, as hul kar agter my is en ek kan ry, dan ry ek... Neem my eerder in hegtenis by polisie stasie as wat ek dalk elkgeval dood langs pad le of so iets.

As ek sien die kar is voor my dan moet mens besluit hoe jy gaan wegkom, agteruit of stoot jy hulle in hulle moer in, veral as dit ongemerkte voertuig is.

 

ELKE KEER SIEN EK DIE MENSE KLIM UIT OF MAAK DEUR OP EN PRAAT DAN MET POLISIE??? 

Daar is fout no1.. Jyt toegang tot jou voertuig gegee en reeds verloor.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 09:57:42 am
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 887
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

My Broer en vrou ook Augustus verlede jaar afgetrek deur "polisielede" op die R59. Voordat hulle besef het was daar 4 binne in hulle voertuig.  Die een makatees het bo-op my skoonsus srug gaan sit met haar kop onder die "dash". Drie en 'n half ure "ordeal" later, waar hulle in 'n veld aangehou was en sneller ook getrek was maar nie afgegaan het nie. Dank die Vader dat hulle nog leef.

Hy het hom voorgedoen dat hy NOOIT weer sal stop op snelweg as hulle hom weer so sal wil aftrek nie.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 10:46:45 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 525
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years
Ons het n reel ingestel omdat die boosdoeners wat hulle voorgee as SAP in die Oos Rand bedrywig is naby Boksburg en omgewing.
Ons probeer om nie in die aand te ry nie en as ek nou moet, om die kinders op te tel met skoolgoed en dies meer stop ons nie vir enigeiemand nie en sal na die naaste petrolstasie ry net vir die kameras.
As die wat ons probeer stop hans raak ry ek hom terug in sy ma in.
Ek is nie materialisties nie en het baie goeie virsekering en sal my rygoed as wapen inspan.
As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Feb 2020 @ 12:26:39 pm
Anonymous

Ons het n reel ingestel omdat die boosdoeners wat hulle voorgee as SAP in die Oos Rand bedrywig is naby Boksburg en omgewing.
Ons probeer om nie in die aand te ry nie en as ek nou moet, om die kinders op te tel met skoolgoed en dies meer stop ons nie vir enigeiemand nie en sal na die naaste petrolstasie ry net vir die kameras.
As die wat ons probeer stop hans raak ry ek hom terug in sy ma in.
Ek is nie materialisties nie en het baie goeie virsekering en sal my rygoed as wapen inspan.

Stem, dis maar wat ek ook moes doen, kies jou wapen en gebruik hom tot jou voordeel... Daai tyd is dit oorlog tussen jou en hom/hulle......

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Feb 2020 @ 09:23:02 am
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 401
Joined: 28 Feb 2018

Some one once gave advice of switching on the vidio or camara on you phone and show them you are taking photos or vidio al the time, dont know if it works but can act as a detergent 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Feb 2020 @ 12:19:37 pm
Anonymous

Some one once gave advice of switching on the vidio or camara on you phone and show them you are taking photos or vidio al the time, dont know if it works but can act as a detergent 

Or a magnet for a bullet

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za