Ek is nog nie afgetree nie, maar reeds aan die apdraende-kant van 70.
Wat maak julle manne met julle-self die dag wanneer jy daai goue horlosie kry en die laaste kantoor-dag verby is?
Ek het hierdie kaskarre vir die kleinkinders gebou, ingeval julle handig wil begin raak. Kyk die kleur van die motor.
Dis iets vir julle om te doen, surprize die kiddies. Wys my julle maak-goed.

Ek was nie so gelukkig om 'n goue horlosie te kry nie. Ek hou myself nog lekker besig vir 6 maande van die jaar waartydens ek as konsultant optree in die beroepsrigting waarin ek betrokke was - en die ander 6 maande kamp ek amper heeltyd.
Maar jou handewerk lyk netjies.
Geen probleem met dinge om te doen nie. Ek is 'n DIY tipe persoon, so daar is altyd iets wat gedoen, herbou of gemaak moet word. Dan nog vakansiehou by die see en toere met die karavaan. Oorsese vakansies as die Covid ding nie pla nie.
Ek merk die een kaskar se wiele is groter as die ander een. As ek aan my kaskardae dink- 60 jaar gelede- loop een met groter wiele vinniger teen 'n afdraend, so ek skat dié een is vir die ouer of meer windgat kleinkind bedoel? En dit is baie netjiese klassieke kaskarre- net die nodigste, maar 'n rem van een of ander soort kort. Met so een met groot wiele maar sonder 'n rem, was die enigste manier vir ons om maar teen 'n heinigmuur aan die onderent van die straat te skuur, jou haakskeen teen die pad druk, maar dit kon seer wees so kaalvoet, of te probeer 'n u-draai maak, maar dit het soms gelei tot 'n kaskar wat rol en knoppe op die kop. Ma het nooit geweet nie anders sou ons sekerlik gestop word.
Ek is nou 22mde op semi aftree.
Nog nie n dag vervelig gewees nie.
Als gedoen al by die huis.
En nog steeds besig.
DOen bietjie konseltasie. Ry rond. Slaap as ek so voel. Krap vrou en kinders om. Krap die tuin om.. Ry motorfiets.. Soek skoor met wie naby kom as ek so voel ens ens ens
Daardie karretjies lyk regtig puik.
Einde Junie is my vrou en ek alreeds 1-jaar wat ons besluit het om op 58-jaar oud met pensioen te gaan.
Dit was ń vinnige besluit met sakrekenaar en sommetjies.
Tans is ons reisende "permies" en was nog nie eendag vervelig nie.
Ons is elke dag druk besig soos ons, ons program uitwerk.
Somtyds is die tyd te min en dinge moet oorstaan tot die volgende dag.
Ons "Motto": Elke Donderdag is GROOT skoonmaak en onderhoud.
Nee wat, ons sit nie heeldag op die stoep en wonder wat om te doen nie.
Pragtige karretjies....baie netjiese werk. Ek is nog n ent weg van aftrede, maar glo nie ek gaan sukkel om niks te doen nie
Amper daar, nog net 'n paar maande maar as ek so na my deurmekaar garage/workshop kyk en alles sien wat my vrou beplan "vir as ons eendag tyd het" gaan ek nog lank werk.
Amper daar, nog net 'n paar maande maar as ek so na my deurmekaar garage/workshop kyk en alles sien wat my vrou beplan "vir as ons eendag tyd het" gaan ek nog lank werk.
Nee is wat,
Sy is welkom on by die huis te bly en dit self te doen.
Klaar vir n baas gewerk.
Ek beplan my dag.
My motto 😊......
Al Weer Oppad Iwers Heen....
Sedert ons 4 jaar gelede uitgetree het, doen ons wat ons wil.
As ons wil kamp, gaan kamp ons (meeste van die tyd).
As ons wil lees, dan lees ons....tot ons wil kamp.
As ons verveeld wil wees, dan verveel ons onsself.
Ons skuld niemand niks nie en gaan waar ons gelei word.
Beide van ons doen ook kursusse/studeer om ons kennis te verbreed.
Verveeld? Net wanneer ons wil wees.
Ek is nou so besig ek weet nie waar het ek al die jare tyd gekry om vir n baas te werk nie. My buurman se ek steek die ander mans in die skande want nou wil hulle vrouens ook he hulle moet werk. Maar ek glo die tyd sal kom om eers 08h00 op te staan en net 1 job op n dag te doen tot 12h00 en dit wat nie klaar is nie te laat oorstaan tot more want more is nog n dag so se hulle.
En dan natuurlik te kamp, kamp en nog kamp.
Have a lot of time on my hands but do not really enjoy repair jobs around the house. Play bowls twice a week, ride my Harley and strangely a big entertainment now is doing the weekly grocery shopping. Fortunately my wife is not a addict to retail therapy so we do not do much other shopping.
Camping is still my no 1 way of enjoying myself but I must say I do have a lot of time.

I forgot to say that I am also a rather keen bowls player. Looking forward to my just more than 9 weeks at Eiland Spa where I'll be playing bowls 4 times a week.
As ek vandag terug dink aan die dae toe ek gewerk het weet ek regtig nie waar ek die tyd vandaan gekry het om te werk nie.
I forgot to say that I am also a rather keen bowls player. Looking forward to my just more than 9 weeks at Eiland Spa where I'll be playing bowls 4 times a week.
Wat is jou datums by die Eiland ek is daar in September
Swanie - nee, dan gaan ek jou mis. Ons is vanaf 15 Jun tot 20 Aug daar. Eers wildtuin toe van 1 Mei tot 15 Jun. Ek het bietjie laat by Eiland bespreek en kon nie 'n watwonderse staanplek kry nie, maar sien tóg baie uit daarna.
Sjoe julle is bedrywig... Dit inspireer my....
Ekt Nog 10jaar oor voor ek permanent gaan rondrits.. Geniet julle aftrede.
Swanie - nee, dan gaan ek jou mis. Ons is vanaf 15 Jun tot 20 Aug daar. Eers wildtuin toe van 1 Mei tot 15 Jun. Ek het bietjie laat by Eiland bespreek en kon nie 'n watwonderse staanplek kry nie, maar sien tóg baie uit daarna.
Chris
Ons is van 12 April tot 17 September by Eiland.
Ons moet hierdie keer probeer om 'n kuier in te kry.
Waar staan julle? Het jy al 'n erf nommer?
Swanie
Laat weet wanneer jy by Eiland aankom sodat ons darem kan ontmoet en 'n kuier en koffie saam geniet.
Sien julle DV hopelik daar. Nog nie seker van ons staanplek no nie.
Proffie - soos reeds genoem, het ons maar laat bespreek. Ons het heeltyd gehoop dat ons wel hierdie jaar by ons ver kinders kan uitkom, maar toe dit duidelik begin blyk dat die Europese lande nog vir 'n aansienbare tyd nie juis Suid-Afrikaners gaan verwelkom nie, het ons besluit dat ons dan maar by Eiland moet uitkom.
Ons is maar C- of A-blok aanhangers, maar kon net met E 230 regkom. Die ou spreekwoord lui mos dat "beggars can't be choosers".

Ek het C9 gekry maar kon net die 11dae kry
Ek het nog of 2 jaar of 5 jaar om te gaan. Sal meer eers sien hoe ek voel as ek 60 is en dan besluit of ek kans sien vier nog 3 jaar. Maar ek sal ook nie still sit nie. Hou daarvan om dinge te maak, verander en natuurlik te kamp.

Herman,
Tree maar eers af, dan praat jy weer. Jy gaan nie tyd hê vir als nie.