English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 930
Total Replies: 258 210
Total Views: 83 433 421
topics: 11 812
replies: 142 582
views: 39 444 894
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wat laat jou bloed kook?

replies: 57
views: 910
page 1 of 2
17 Feb 2021 @ 11:52:41 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1005
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Op een van die forums het iemand genoem dat sy moermeter getoets word in n kamp. Ek het genoem dat n stoutgat-kind (met n stupid pa) met n 10 000-watt LED flits my meter kan laat blaas. Ek het al per geleentheid my eie multi-watt flits gevat en direk in so n kind se gevreet geskyn nadat hy vir die soveelste keer sy flits op my geskyn het waar ek in vrede staan en braai. So is daar verskeie dinge in  kamp wat my moermeter wakker maak, soos mense wat dink n toilet is n plek waar jy op die vloer pee.

En wanneer ek by die toonbank kom met n perfek-voorbereide en betaalde bespreking en daar staan n ou drel wat "gedog het my bespreking is in order" en almal moet staan en wag dat sy onnoselheid opgeklaar word.

Of iemand wat gedurig verwys na "maar laaskeer was dit dan so, hoekom kan ek nie weer daar staan nie?"

Of musiek : die top moermeter-stripper. 

En dan is daar die mense wat gedurig in jou keel kom afdruk dat hulle al "so lank hier kamp dat ons netsowel al n plot hier gekoop het." En dan byvoeg " ons kyk nie eens meer na diere nie, hulle kyk na ons." 

Wat laat julle moermetesr uit rat uit gaan?

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 12:30:11 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 340
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 15 years

My moermeter draai hoog wanneer ek eers die stort moet skoonmaak voor ek dit kan gebruik. Daar is gewoonlik 'n mop byderhand, maar party mense los die stort vol modder en ander onidentifiseerbaarde gemors nadat hulle klaar is. Ongelukkig weet mens selde wie die skuldiges is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 12:42:34 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10277
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Ouers wat jul kinders vroeg oggend met skopfiets uitjaag dat hulle gou........ n knippie kan vat..... Dink dis wat hul doen.

Eh haat daai goed in n kamp.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 13:20:06 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1286
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Doef Doef Doef Doef Doef Doef Doef Doef Doef Doef 

en mense wat op mekaar skree (baklei en vloek) as hulle gesuip raak

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 13:51:23 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1673
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Kampeerders wat die hele tyd met hulle voertuig in die kamp moet rond ry. Hulle loop nêrens heen nie hulle ry. Party keer net om te kyk!

Iemand wat sy tent toue oor myne opslaan! Of sy kar teen my woonwa parkeer. My privaat spasie ignoreer (my staan plek).

Die kamp moet verlig met sy miljoen kw LED lig op ń paal.

.

.

.

Iemand wat ń Toyota Fortuner ry....LoL...dit kan nog verskoon word?

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 13:58:15 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 675
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Ou mense wat sogenaamde ou kampers is wat oor alles en almal kla in die kamp. Meet jou eie kamp genot aan die manier hoe jy kamp en hou op ander kampers kretiseer wat dinge anders doen as jy.  Jou manier is miskien nie die regte manier van dinge doen nie.

As dinge jou gat so krap gaan boek voltyds by 'n outehuis in en kom net uit vir etes.  Verkoop jou karavaan aan iemand wat die kamplewe wil geniet sonder klagtes.  Onthou mense verskil en so kamp mense ook op die manier hoe hulle wil kamp.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 14:15:27 pm
Nabro
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 340
Joined: 27 Jan 2015
Experience: 15 years

Ou mense wat sogenaamde ou kampers is wat oor alles en almal kla in die kamp. Meet jou eie kamp genot aan die manier hoe jy kamp en hou op ander kampers kretiseer wat dinge anders doen as jy.  Jou manier is miskien nie die regte manier van dinge doen nie.

As dinge jou gat so krap gaan boek voltyds by 'n outehuis in en kom net uit vir etes.  Verkoop jou karavaan aan iemand wat die kamplewe wil geniet sonder klagtes.  Onthou mense verskil en so kamp mense ook op die manier hoe hulle wil kamp.

 

Ha ha, gelukkig weet ek jy verwys nie na my inset nie, want ek is nie oud nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 14:19:12 pm
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1265
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 13 years

Ha .... daar is baie!

Karavaan storte waar water net eenvoudig onder die karavaan/tenthokkie uit dreineer. Dit word vinnig 'n moeras, en dan het hulle te vertel "dis goed vir die gras!"

Mense wat tog so graag diere in die kamp (en buite!) wil voer. Brood vir voëltjies, (dit is SO sleg vir die voëls want dit gis in hulle kroppe), kos ens. vir die apies en bokkies. In 'n kamp gesien waar 'n dame (?) dit doen onder 'n teken wat baie duidelik sulke optredes verbied .... maar ag, "die kinders hou tog so daarvan" en "siestog, die bokkie is so klein" Uuuuughh!

Mense wat morsig is, papierstompies, blikkies ens uit voertuie gooi. (Nie noodwendig by 'n karavaankamp nie, by gesê)

Vuil morsige ablusieblokke

Harde musiek of 'n TV in die karavaan wat so hard is dat jy alles kan hoor.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 14:25:00 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1673
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Wees bedagsaam en respekteer jou mede kampers waarme julle die kamp deel.

Wat ek ook sien is dat as die saamtrek groot word dan verdwyn  bedagsaamheid en respek. Ek noem dit waneer “Lager Mentality” in tree.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 14:29:38 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 675
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Nee Max, moet nie warry nie. Die skoen pas nog nie.tongue-out

Gryswater is 'n beter voorbeeld wat ek met my stelling bedoel.  Elke kamper hanteer sy gryswater op sy eie manier.  Daar is geen geskrewe reels aangaande dit nie.  As 'n kamppeerplek dit in hulle  reels invoeg dan is dit staande kamp reels en moet nagekom word.  Die probleem kom in as 'n buurman sy manier van gryswater hantering op jou wil kom afdwing.  Ek verstaan as dit 'n dreinering probleem veroorsaak en sal daarvolgens my optrede aanpas.     Dis wat ek bedoel het met my eerste pos. 

Dis soos katte en diere kos voer.  In die reels staan jy doen dit nie en dan is daar nog steeds kampers wat dit openlik doen.  Hou by die geskrewe reels.  Alles wat nie in die kampreels is nie gebruik elke ou sy eie manier van doen sonder dat jy jou manier op 'n ander ou afdwing.

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 14:29:47 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10277
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Klein hondjies wat saam gaan as kinders.

My kinders het nie op die gras of by jou wa ge skeit nie.

 

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 14:34:45 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3887
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Baie van die dinge wat hierbo genoem word, pla my ook en seker alle opgevoede kampeerders.  Ek probeer dit egter ignoreer want ek kom om te ontspan en as ek my te veel daaraan steur, bederf dit net alles.  Soms egter is dinge net te erg, en dan strip my moer.  Soos die Zimbabwiese dame wat in Punda Maria haar man se onderbroeke en kouse in die opwasbak gewas het terwyl die regte plek daarvoor net 'n paar treë daarvandaan is.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 14:50:07 pm
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 102
Joined: 04 Jan 2021

Myne klim die hoogtes in wanneer gaste onverwags opdaag en my privaatheid en rustigheid steur.

As ek iemand oor nooi of vooraf bevestig het ek geen probleem daarmee nie, dan weet ek om my daarop volgens voor te berei en nie rond te hardloop soos ń hoender met ń afkop nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 14:54:56 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 675
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Stem saam Fred.  Sekere dinge is te erg. 

Ek dink baie dinge wat kampers omkrap en oneenigheid tussen kampers veroorsaak kan maklik uitgesorteer word of in die eerste plek voorkom word as kampplekke hulle reels opgradeer en met 'n ystervuis afdwing.  Ek weet nie hoekom doen hulle dit nie seker bang hulle verloor kampers.

 

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 14:59:32 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 675
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Danie hierdie een is die beste.cool

Neus blaas of skoonmaak in die stort.tongue-out

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 18:19:22 pm
George
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 605
Joined: 01 May 2016
Experience: 13 years

loud music, if i can hear it outside your van its to loud.

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 18:45:43 pm
captiva
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 254
Joined: 25 Mar 2014
Experience: 48 years

Mense hier is n klomp moer jaers op die kop geslaan,en raai wat as ons  ons mede kampers hanteer en respekteer soos wat on aan ons gedoen wil he. dan is ek seker hierdie topic sou nie aangeroer gewees het nie

Laastens ook as iemand n vraag vra op die forum dan is dit sekerlik omdat hy onseker is, of nie weet nie of dalk net wil bollie praat. En dit jaag my moer as daar n snotty antwoord gegee word

Mooi loop

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 19:30:50 pm
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 102
Joined: 04 Jan 2021

Eish, gou popcorn maaklaughing

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 20:02:43 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2065
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 52 years

Ag neewat, dis net nie die moeite werd om jou oor alles en nog wat te ontstel nie.  Die bogemelde klink baie erger as wat dit werklik is want alles hierbo genoem gebeur tog nie gelyktydig tydens een kampsessie nie.

My uitgangspunt is leef en laat leef en ander se optredes gaan nie my vakansie bederf nie.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 20:31:34 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1382
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

Len - jy slaan die spyker op die kop. Ja, daar's dinge wat my soms irriteer, maar in die algemeen probeer ek maar daarmee 'cope'.

Bygesê - ek poog om andere nie te irriteer nie, maar ek slaag seker nie altyd daarin nie.

👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 20:49:20 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17967
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

My meter was in die rooi Desember toe bure se brakke mens 5h30 in die oggend wakker blaf en dan lek hulle jou braai rooster skoon en eienaars doen niks.😤

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2021 @ 21:22:13 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1382
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 35 years

My meter was in die rooi Desember toe bure se brakke mens 5h30 in die oggend wakker blaf en dan lek hulle jou braai rooster skoon en eienaars doen niks.😤

Was dit nie dalk my honde nie? CAM Hilux langs jou? My honde lek gewoonlik my roosters skoon.

Maar ek twyfel - myne begin gewoonlik al 04:00 blaf.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2021 @ 09:48:15 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 675
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Was dit nie dalk my honde nie? CAM Hilux langs jou? My honde lek gewoonlik my roosters skoon.

Maar ek twyfel - myne begin gewoonlik al 04:00 blaf.

Ek vra onverskoning dat ek jou hondjie met 'n kettie geskiet het. 

Waneer kan ek my albaster kom haal?cool

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
18 Feb 2021 @ 12:22:41 pm
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 102
Joined: 04 Jan 2021

Ek wil graag nie in ń geveg betrokke raak nie, maar ek het geensins ń probleem met klein woefies nie.

Dit hang ook sekerlik af hoe die woefie opgelei is.

Ek neem bv ons woefie wat tans saam met ons toer sedert ons aftrede en word nie met halsband vasgeheg by die karavaan nie, slegs halsband as ons gaan stap.

Woefie hou nie van blaf nie en het haar plekkie vir No: 1 & 2 wat daagliks skoongemaak en gereinig word.

Woefie wandel nie rond nie en ken haar reels.

Die ergste wat my laat kook, is as jy goedere uitleen en moet gaan vra daarvoor as jy dit benodig.

Byvoorbeeld: Ek het goedere uitgeleen voor ons relocation en vanoggend lê ek in die bed en dit slaan my voor die kop dat die goedere nooit ooit weer gesien of terug besorg sal wees niesealed

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2021 @ 13:57:54 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4900
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

My moermeter gaan rooi in n oord as ek buurman of ou langs hom se doef doef kaptein span seile moet luister daai ou wat net deur jou staanplek loop en maak of niks verkeert is nie en boonop groet die blikse- nie stort of toilet wat vuil gelaat word en dan die tante se skoot hondjie met pienk strik wat bol  en pie waar dit wil dan se sy liefie kom hier dan moet ander skoon maak en dan daai gekef kef innie nag assie hond binne caravan isyell

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2021 @ 14:33:30 pm
Gisi
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 14 Jan 2021

 Ek wil nie na jou TV program luister nie en ook nie na sport uitsendings nie ek hou van die bosveld TV en van die naggeluide

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2021 @ 15:25:35 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3887
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Netso Gisela.  Ek verstaan heeltemal as lankstaan kampeerders hulle TV's saamneem, maar as jy vir 'n kort tydperk kampeer, wil jy tog wegkom van die gewone dinge en die nuwe omgewing geniet.  Dis maar my gevoel en ek dink mede-kampeerders wat so sterk TV georiënteerd is, behoort my en jou gevoelens te eerbiedig. Dit rym tog nie om  sogenaamd ordentlik te wees deur nie in die stort te nies nie en die opwasbak na gebruik skoon te maak, maar dan so onhoflik teenoor jou bure te wees nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2021 @ 15:33:31 pm
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 681
Joined: 04 May 2016
Experience: 34 years

Wat my rooi laat sien is mense wat dink as hulle hul verblyf betaal het, het hulle die oord gekoop en dan kan maak net wat hulle wil. Hullee beskou dit as hul reg  om hul gate uit te geniett en gee nie om of hul gedrag en optrede 'n steurnis of onaanvaarbaar vir mede kampeerderss is nie.

Kampeerders wat hul gryswater op die staanplek laat loop net omdat daar nie reels is wat dit verbied nie. As jou opvoedingg van so 'n aard was sou jy geweet het wat is reg en aanvvaarbaaqr en wat nie. Dit moet nie nodig wees vir reels om jou optrede te bepaal nie.

Op die plaas was ek gewoond om sommer in die veld te staan en water af te slaan. Omdat daar nie reel is wat dit aanspreek nie beteken nie dat ek dit in die oord ook kan doen nie….is mos ook in die natuur.

Selfde met mense wat die ablusies en skottelgoed opwas plekke nie agter hul gatte kan skoonmaak nie. Hulle het mos betaal en buitendien doen hulle dit nie eers by hul eiee huis nie, hoeekom sal hulle dit nou doen.

Ek kan nog aan heelwat ander dinge ook dink wat my bloeddruk laat styg, maar ek dink ek het alreeds my nek vêr genoeg uit gesteek. 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2021 @ 15:51:49 pm
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 102
Joined: 04 Jan 2021
Ons is reisende parmanent kampeerders en staan ń maks van 3-5 maande.
Gedurende normale kampering het ons nooit TV saam geneem nie, slegs radiotjie vir RSG.
Nou dat ons reis het ons "Open View" aangeskaf waarvan ons TV slegs gebruik word vir programme waarin ons belangstel, NL: 7-de Laan, Nuus en Master Chef.
Na dit is TV af.
Ons hou ook nie van die "geblêr" van TV tot laat snags nie.
Ek bou eerder my model vliegtuie.
Dit is baie beter tydverdryf.
Gaande gesig was en skeer dra ek altyd ń lappie saam om die wasbak ordentlik skoon te maak na gebruik.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2021 @ 15:52:24 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1673
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 51 years

Ek wens ek het ń oplossing vir lang termyn kampers en hulle behoefte om met Radio en TV in kontak te bly met die wereld gebeure sonder om lastig te wees?

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2021 @ 16:46:41 pm
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3887
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

'n Karavaan is nogal redelik klankdig, so ek dink as die persoon sy vensters toe maak en sy TV net sag aan het, sal dit nie sy bure pla nie.  Ongelukkig word ouer mense algaande doof, so sommiges kom dalk nie eers agter dat hulle TV's of radio te hard aan is nie. Ek gun langtermynkampers hulle vermaak maar hulle moet maar ook ander in ag neem.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2021 @ 17:14:54 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2280
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years

Die probleem met die TV kan opgelos word. Jy kry deesdae "bluetooth"oorfone wat jy opsit en dan is die klank van die TV geheel en al gedemp.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2021 @ 19:36:29 pm
Gisi
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 14
Joined: 14 Jan 2021

Die probleem met die TV kan opgelos word. Jy kry deesdae "bluetooth"oorfone wat jy opsit en dan is die klank van die TV geheel en al gedemp.

Hoeveel mense gebruik dit werklik?   Wonder maar net.  “As dit jou pla sit die oorfone op ek luister na my ......”, dit pla my nie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2021 @ 22:12:57 pm
Meerkat
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 193
Joined: 26 May 2017
Experience: 4 years

Ons het tussen 11 en 14 Febr by Bass Lake Lodge gekamp oppad huistoe vanaf KNP. Die kamp was tot oorlopens toe vol.  Komplimente aan al die kampeerders, personeel en skoonmakers. Geen probleme met ablusies (silwerskoon, ten spyte van groot getalle gebruikers en reen), geen probleme met kampeerders: daar was 3 verjaarsdag partye. 

Sal enige tyd weer daar kamp.  As almal net hoflik is, of soos jou ma jou geleer het: behandel almal soos jy behandel wil word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2021 @ 08:47:47 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1005
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Lekker klomp opinies gekry! Behalwe vir diegene wat dink n woefie is Ok, dink almal min of meer dieselfde. Ek sit net en wonder oor Paul se irretasie met Fortuners. (LOL) 

Wat Woefie betref, nee, nee, nee en weer nee. Ek gee nie om of dit n kuifkop-wollie metr n strik is of n draadkar-skelet of n bruingat-haar-platgevreet is nie, NEE. Dis erg genoeg dat ek met plakkers in my buurt sit wat te doof is om te hoor as hulle brakke onnodig blaf. Wanneer ek kamp wil ek niks, soos in NIKS hoor. Verstaan my mooi, ek HOU van n bewerige pateet-hond op n mooi girl met n bikini, se skoot, iewers op n mooi strand. Maar (en julle moet nou sê of julle saamstem) in n kamp word hulle bolle deur n erg-getroue eienaar mooi opgetel en (JIP, KYK MAAR) dan word die bolle in die DROM gegooi!  En wanneer jy daai deksel oopmaak slaan n PONG jou wat al jou lus vir n koel G&T vir n week-lank wegneem.  

Honde? NEE!

 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2021 @ 10:32:26 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 675
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Komaan Danie.   Hoe gaan ons almal kan nooi vir 'n spitbraai as daar GEEN hondjies in die kampplek rondloop nie.tongue-out---- Spot net.

Gewoonlik is die kampplek se eie aangestelde "Kamp Kaptein", met 3 x sterrietjies op elke skouer, die ou wat oor alles kla en tantrums gooi as dinge anders gedoen word in die kamp as wat sy sogenaamde standaard is. 

Uit ondervinding is dit ook hierdie ou wat nie eerste groet en terug groet nie.   Deur te groet maak die omgewing lekker en kampbaar. Kampers is veronderstel om vriendelike mense te wees wat mekaar groet, lekker gesels, saam kuier om 'n vuur en saamleef in 'n klein kamplekkie sonder om iemand se tone te trap.

Groet asb. jou buurman.  Dis die eerste skakel tot goeie buurmanskap. 

Nors hoogmoedige kampers maak jou buurman onnodig kwaad.

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2021 @ 11:00:02 am
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 102
Joined: 04 Jan 2021

Lekker klomp opinies gekry! Behalwe vir diegene wat dink n woefie is Ok, dink almal min of meer dieselfde. Ek sit net en wonder oor Paul se irretasie met Fortuners. (LOL) 

Wat Woefie betref, nee, nee, nee en weer nee. Ek gee nie om of dit n kuifkop-wollie metr n strik is of n draadkar-skelet of n bruingat-haar-platgevreet is nie, NEE. Dis erg genoeg dat ek met plakkers in my buurt sit wat te doof is om te hoor as hulle brakke onnodig blaf. Wanneer ek kamp wil ek niks, soos in NIKS hoor. Verstaan my mooi, ek HOU van n bewerige pateet-hond op n mooi girl met n bikini, se skoot, iewers op n mooi strand. Maar (en julle moet nou sê of julle saamstem) in n kamp word hulle bolle deur n erg-getroue eienaar mooi opgetel en (JIP, KYK MAAR) dan word die bolle in die DROM gegooi!  En wanneer jy daai deksel oopmaak slaan n PONG jou wat al jou lus vir n koel G&T vir n week-lank wegneem.  

Honde? NEE!

 

Goeie môre Danie.
Ek ondersteun jou punt gaande woefies by oorde.
Jy kry die "keftertjies" wat aanhoudend blaf en almal wat verby kom jaag en onophoudelik blaf.
Dan kry jy ook die rustige tipe wat hulle rustigheid van kamp geniet en pla of blaf vir niemand nie.
Hulle word opgelei om vreemdelinge te respekteer en net die wêreld bekyk en om die rustigheid te respekteer.
Al beslommernis met woefie is, is wanneer dit inkopie tyd is waar ons dan die verkoeler aansit met radio op rustige musiek.
Nog nooit het ons klaende bure gehad wat gekla het dat woefie huil of aanhoudend blaf nie.
Ek noem dit net met geen aanvallende houding nie en geen "hard feelings" nie
 
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2021 @ 11:29:53 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3887
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Ek dink self die lawaai oor honde is ietwat opgeblaas.  Miskien het van die klaekouse eenmaal te doen gehad met 'n blaffende hondjie in 'n park, of dalk het hulle van iemand gehoor wat 'n vriend het wie se skoonma al so-iets ervaar het. Ons het ook so 'n keer of wat met ons klein hondjie getoer en sy het beslis nie lawaai nie.  Meestal het ons egter alleen gekamp en sy, ons laaste hond, is ook al etlike jare dood.  Ook het ons nog nooit, en ek beklemtoon, nog NOOIT 'n probleem met honde gehad nie, altans nie wat die blaffery betref nie.  Ons het wel al onbedagsame eienaars gehad wat nie agter hulle honde opgetel het nie, maar dit ook maar selde. 

Ek kan in elkgeval nie die antagonisme oor honde verstaan nie.  Hoe kan enige mens nie van 'n hond hou nie- hulle gee jou soveel plesier.  Ek kyk telkens as ek 'n eienaar met 'n oulike hondjie sien, met jaloerse oë na hom of haar, maar ons sal nie weer een kry nie- dit sal ons te veel beperk met ons huidige leefstyl. Ons pas so nou en dan 'n hond van familkie op en geniet dit baie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2021 @ 11:46:46 am
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 102
Joined: 04 Jan 2021

Hierdie enetjie is ook ons laaste.

Sy is al bejaard en sal saam met ons toer tot sy haar laaste asempie uitblaas.

Daarna reis ons slegs met woefie se assies saam met onscry.

Ek moet eerlik wees dat woefie ons tans weerhou van oorde terwyl ons toer waar oorde geen troetel diere aanvaar nie, maar ons wens haar geensins haar afwesigheid nie.

Ons wag geduldig en hoop nie dit is gou nie.

Die oorde beskikbaar vir woefies is ook aangenaam.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Feb 2021 @ 14:58:12 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 437
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 35 years

Dis dood eenvoudig, mense wat raas. Nou toe ons in die Kgalagadi by Nossop was, was daar weer n man wat as hy fluister nog steeds soos skree klink.  Ek kan nie verstaan hoekom mense dink hulle so oulik as die hele kamp hulle gesprek kan hoor.  

Dan kry die wat nie kan stadig ry in die kamp nie (jaag net stof op). Weer by Nossop. En die beste van alles is dat dit amper elke n vrou was. 

Dan kry jy daardie lekker groot ma wat met haar kinders kominikeer as hulle n 100 meter weg is. Te lui om op te staan. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Feb 2021 @ 18:32:40 pm
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 87
Joined: 18 Sep 2019

Ek het nou baie dinge gelees wat mense pla. So moet ons van mekaar verskil. As ons almal dieselfde was wat se opwinding was daar dan gewees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2021 @ 08:22:28 am
Fred
Neptune Member
100% Profile Strength
Posts: 3887
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 53 years

Wat my vanoggend pla is die klomp naamsveranderinge wat pas afgekondig is.  Port Elizabeth onder andere kry nou 'n nuwe naam.  Ek gaan in my eie land verdwaal.  Die plaaslike verkiesing is aan die kom, wat baie dinge verduidelik.

Ek bly gelukkig nog in Pietersburg, deel van die Polokwane munisipaliteit.  Dit is amptelik- selfs die munisipaliteit se dokumente weerspieël nog die naam.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2021 @ 08:33:51 am
Gerden
Gold Member
48% Profile Strength
Posts: 102
Joined: 04 Jan 2021

Wat my vanoggend pla is die klomp naamsveranderinge wat pas afgekondig is.  Port Elizabeth onder andere kry nou 'n nuwe naam.  Ek gaan in my eie land verdwaal.  Die plaaslike verkiesing is aan die kom, wat baie dinge verduidelik.

Ek bly gelukkig nog in Pietersburg, deel van die Polokwane munisipaliteit.  Dit is amptelik- selfs die munisipaliteit se dokumente weerspieël nog die naam.

Ek moes nou die dag ook een van ons reisende permanent kampeerders wat tans by ń ander oord is, Noord ook so vinnige onderrig gee van die verskeie dorp name aan die Noorde wat verander het.

Hy is onbekend aan die Noorde en moes hom wys maak dat bv: Modimolle, Nylstroom is ens...

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2021 @ 08:43:24 am
Hennie Botha
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1159
Joined: 09 May 2014
Experience: 27 years

Wat my vanoggend pla is die klomp naamsveranderinge wat pas afgekondig is.  Port Elizabeth onder andere kry nou 'n nuwe naam.  Ek gaan in my eie land verdwaal.  Die plaaslike verkiesing is aan die kom, wat baie dinge verduidelik.

Ek bly gelukkig nog in Pietersburg, deel van die Polokwane munisipaliteit.  Dit is amptelik- selfs die munisipaliteit se dokumente weerspieël nog die naam.

Fred, ek kan ook nie verstaan die vermorsing van geld vir sulke onbenullighede. PE en Oos Londen se name verander. Dan word die lughawes se name ook verander. Hierdie swape wil net op die verlede konsentreer.

Sê dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2021 @ 08:54:24 am
George
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 605
Joined: 01 May 2016
Experience: 13 years

I guess our generation will always refer to these places by the name that we have always known them by.

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2021 @ 09:05:52 am
George
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 605
Joined: 01 May 2016
Experience: 13 years

Another thing that gets me going a little , parks that charge an arm and a leg for having a second vehicle . Most parks tell us if we can get it all on our site its no problem, a park in the western cape wanted a thousand bucks a month more just for the second car, we found a park 30 kms down the road without that problem.

two roads diverged in a wood and i took the one less traveled by, and that has made all the difference.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2021 @ 11:42:40 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17967
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Wat my vanoggend pla is die klomp naamsveranderinge wat pas afgekondig is.  Port Elizabeth onder andere kry nou 'n nuwe naam.  Ek gaan in my eie land verdwaal.  Die plaaslike verkiesing is aan die kom, wat baie dinge verduidelik.

Ek bly gelukkig nog in Pietersburg, deel van die Polokwane munisipaliteit.  Dit is amptelik- selfs die munisipaliteit se dokumente weerspieël nog die naam.

Fred, ek kan ook nie verstaan die vermorsing van geld vir sulke onbenullighede. PE en Oos Londen se name verander. Dan word die lughawes se name ook verander. Hierdie swape wil net op die verlede konsentreer.

Ek het daai belaglike naam gelees....Gqeberha???? Wat kos dit nie om dit te doen nie en dit terwyl miljoene smag vir n bord kos

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2021 @ 11:56:59 am
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 675
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 34 years

Arogansie Geert, Arogansie.  Vir my sal dit altyd PE bly.

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2021 @ 17:02:25 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2280
Joined: 12 May 2015
Experience: 49 years

Is E Baiye of Nelson Mandelabaai nou nie meer goed genoeg nie. Ek moet saamstem dat selfs Mandela nie graag sy naam aan PE gekoppel sou wou sien nie , veral as mens kyk hoe "Our People" hom deurgetrek het. Pragtige stede en dorpe nou "Slumvilles" as gevolg van wanbestuur en gebrek aan kundigheid. 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2021 @ 05:14:18 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17967
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Is E Baiye of Nelson Mandelabaai nou nie meer goed genoeg nie. Ek moet saamstem dat selfs Mandela nie graag sy naam aan PE gekoppel sou wou sien nie , veral as mens kyk hoe "Our People" hom deurgetrek het. Pragtige stede en dorpe nou "Slumvilles" as gevolg van wanbestuur en gebrek aan kundigheid. 

Ek probeer foto laai.....maar gaan lê weer net in galleries

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2021 @ 05:19:02 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17967
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Ek probeer foto laai.....maar gaan lê weer net in galleries

Probeer weer....

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
page 1 of 2
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za