'n Comment van iemand op 'n ander draad het my laat wonder. Wat is vir my belangrik in die lewe?
Jy kry mense waar geld en status vir hulle baie belangrik is. Werk naweke, werk vakansie dae, werk na-ure ens ens. Wanneer is dit genoeg? (Onthou ek praat nou nie van waar dit nodig is om die pot aan die kook te hou nie)
Skeep jy nie jou vrou, kinders, vriende (en skoonma) af nie?
Dit kan gebeur dat jy eendag dalk jou buurman impress het met alles wat jy vermag het maar dan skielik besef jy het eintlik niks nie. Passop om nie verby jou familie leef nie. Maak tyd vir jou vriende.
Mens leef net een keer. Geniet dit.
Vanmiddag as ek by die huis kom gaan ek my vrou en kinders druk en soen en dankbaar wees want ek het genoeg en my beker loop oor.
Speknek, jy is 100% reg. kwaliteit familietyd is nie meer. jy is 8 ure p/d by werk, is by huis by fam van 5-10 as jy gaan slaap, dan weer 8 uur volgende dag by werk en so gaan dit aan. dis hoekom ons moet gaan kamp! dis dan die tyd om al die los toiings vas te maak en met mekaar te chat en te kuier.
my kinders is al uit die huis maar nog nie uit my sak, maar as ek en vrou gaan kamp is hulle saam. UIT hulle eie keuse. dis ok vir hulle tyd om saam met hulle ouers deur te bring..
ek stem ek werk baie en vat min vakansie, my maatskapy doong my gewoonlik om verlof te vat maar dis net omdat ek dit doen vir my mense onder my dat hulle werk verseker is maar my naweke na ure ens behoort aan my vrou en famielie. hulle is my eerste preoriteit
Al die goud wat ooit op die aarde was, is steeds hier. Jy gaan niks met jou saamvat nie.
Al wat ek nastreef is VREDE,LIEFDE en GELUK
En nie een van die goed kan met geld gekoop word nie.
1) My grandkids
2) My grandkids
3) The rest of us
Ek kan 'n boek vol skryf wat vir my belangrik is.
Op hierdie stadium is die belangrikste huidiglik om ontslae te raak van hierdie dekslse Maag ''Buck''
Spekkies, baie wyse woorde, 'n familie lid het so "hoog en hard" gelewe, op 'n dag toe hy by sy leë huis kom, vind hy dat sy mense nie status en geld gesoek het nie, maar liefde en aandag.
DK ek het ook daai ding gehad, toe begin ek Magou drink koop by Chekers (Boy se slap pap)en ek is nou weer lekker al daai medesyne gelos
@ Dennis, wat ook help is eet lepel rou vla poeier met glas water, het altyd vla poeier by my.
@ Johan, dankie, ek weet nie wat het ek weer aan gejaag om die prentie te laat verdwyn nie.
Kamp is vir my belangrik, my kinders kom ook gereeld saam, soos bo genoem, uit die huis, maar nie uit die wallet nie, maar ek gee nie om nie, my gesin is immers ons geluk.
Dankie, Johann. Nou het ek al 3x resepte, werklik een van die drie moet werk.
Kan op 'n Vrydag oggend vir my vrou sê kom ons ry 3uur en gaan kamp en sy is reg. Sy beweer dat ek baie liewer vir haar is as ons kamp want dan gee ek baie aandag aan haar en nie soos by die huis waar ek altyd besig met iets is nie.
Was baie weg van die huis toe kinders klein was en het baie gemis. Het maar op die harde manier geleer om minder "macho" te wees en meer liefde te wys en gee dan kry ek baie terug.
Ja, die tyd beskikbaar wat ouers en kinders saam spandeer, moet ook kwaliteit tyd wees. Maak die beste daarvan. En skakel totaal af van die werk, maak nie saak watse probleme jy daar gelos het nie. Moenie in jou familie se tyd daaroor verknies en bekommer nie, skakel af.
Tyd is vir my belangrik. Tyd vir myself, tyd vir my geliefdes. Tyd vir ons saamwees. Die lewe is soms so n gejaag dat jy stokflou anderkant uitkom en terugkyk op n lee pad sonder spore. Baie goed is belangrik, soms lewensbelangrik, maar sonder tyd vir mekaar is daar n groot leemte in jou lewe.
Baie lank terug het 'n GM (Owen was jy van) eendag gesê "as jy laat werk kan jy nie jou dag beplan nie" en dit bly nog altyd by my.
Baie lank terug het 'n GM (Owen was jy van) eendag gesê "as jy laat werk kan jy nie jou dag beplan nie" en dit bly nog altyd by my.
Dit is ook van toepassing as jy werk huis toe neem. Dan het jy gesit en speel terwyl jy moes werk. En nou moet jy gaan inhaal om by te kom.
Lekker nou gelag, vir jou opmerking, nie vir Dennis se bug nie.
Bier. Baie belangrik dat mens nie uit bier hardloop nie. Ys...ook belangrik
Spekkies, sex at 62 is ook belangrik....
Ek lees so toevallighoe belangrik als vir almal is. Ek se ook, gaan sit sonder die werk..?moenie judge nie, jy moet n hardwerkende persoon respekteer wat sy tyd opoffer om iets van sy lewe te maak, te werk dat sy vrou en kinders n goeie en oorvloedige lewe kan he. As jy reeds die geld het, mooi vir jou. Maar moenie wonder oor ander se werk nie, wees dankbaar jy hoef nie so te werk nie
Brommer, wat jy sê is net so belangrik en waar. Almal se omstandighede is anders en sommige ouens moet nou maar eenmaal hul g@tte afwerk om al die nodige te kan betaal, wat die gesin net so nodig het. Net een voorbeeld, mense wil hul kinders graag in goeie skole sit, dit kos deesdae 'n fortuin. Maar almal het darem nou en dan tyd om met die familie te spandeer, en maak nie saak of dit min of baie tyd is nie, maak dan ten minste dit kwaliteit tyd om op te maak vir die tye wat jy nie anders kan nie.
Die lewe is baie duur, maar kom ons gaan kamp.
Brommer het 'n geldige punt beet. Werk is skaars. Ek kry veral mense jammer wat in die kleinhandel sektor werk. Daardie mense werk dikwels Saterdae, Sondae en vakansiedae. Lank voor die winkel in die winkelsentrum oopmaak en lank na dit toemaak is hulle nog daar om die boeke af te sluit en so aan.
Die winkelsentrum eienaars en die meeste kettingwinkel groepe is ongenaakbaar. Dit is eers belangrik om gesinstyd en vakansietyd te hê as jou maag vol is en daar is 'n dak oor jou kop.
Pieter, ek reken ek stem saam met jou, terwyl jy in staat is, doen wat jy kan, maar hou jou gesins lewe op prioriteit. Jy is redelik jonk en kan dit nog doen. Gaan kamp soveel jy kan wegkom.
Gelukkig is daar nou en dan tyd vir kamp ;) help ook nie mens werk om iets te koop wat jy nie kan gebruik nie.. Lewe is daar om hard te werk en te speel. Als kom op balans neer.
Voordat die vraag beantwoord kan word moet die konteks waarin die vraag gestel word eers uitgeklaar word. Belangrik en behoeftes kan waarskynlik in dieselfde asem genoem word. Dit laat mens dadelik aan Maslow se hierargie van vyf behoeftes dink, waar fisiologiese behoeftes, dit wat noodsaaklik is vir oorlewing, die basiese behoefte is,
Retired Camper, jy praat van hoe dinge kan gaan in 'n ideale wereld. Ongelukkig is daar 'n werklikheid waarvan ons nie kan ontvlug nie. Toe my dogter 22 jaar gelede in matriek was in 'n skool waarvan die kinders hoofsaaklik uit gegoede huise gekom het, was sy een van net twee kinders in die klas waarvan die ouers nie geskei was nie. In gemeenskappe waar meer as twee derdes van kinders uit gebroke huwelike kom wonder 'n mens hoe 'n pa kop bo water hou met 'n eie gesin en dan ook papgeld vir kleingoed uit 'n vorige huwelik kan bekostig.
Afgesien van die papgeld kwessie, ek verstaan nie hoe begrotings deesdae werk nie, want as ek kyk na die pryse wat vir huise, motors en karavane betaal word dan weet ek so waar as wragtag nie hoe mense nog kinders universiteit toe kan stuur nie.
Daar is 'n engelse uitdrukking wat lees "you are not what you are, but what you are perceived to be". Ek vermoed vir baie mense is dit eerste prioriteit op die belangrikheidsleer - dat 'n persepsie van welvarendheid voorgehou word.
Dit sal my min verbaas as baie van diesulkes wat bo hulle werklike vermoëns lewe nog 'n liederlike styl aftreevoorsieningsberg het om te klim na 'n gelukkige aftrede toe.
Ek het baie jare gelede 'n pragtige sekretaresse gehad wat heel somer soos 'n klipsalmander in die son gelê en bruin gebak het. Toe ek eendag vir haar sê dat sy op haar oudag spyt gaan wees oor die verrinneweerde vel, toe antwoord sy "maar meneer, ek wil nie dan mooi lyk nie, ek wil nou mooi lyk"........... Hoe gesê van wat is vir jou belangrik?
Sover ek weet is daar rofweg 35000 individue wat R10m of meer het vir spandeergeld. Ek praat nie van wat sy nett worthis nie, spending money, en rofweg 23000 van hulle woon tans in Gauteng... en dit uitnbevolking van rofweg 50m.. hier is BAIE armmense, maar hier is BAIE rykes ook.. ek meen, hoeveeL het dan maar net R1mvir spandeergeld, en hoeveel groter die groep wat R500k ens het.. dan sien ek defnitief hoekom daar so baie nuwe karre,en karavane op paaie is. En ook hoekom vakansie akkommodasie en kampplekke so vol is..