English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 532
Total Replies: 252 830
Total Views: 83 250 607
topics: 11 578
replies: 139 240
views: 39 343 583
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wat is vir jou aanwending die voor en nadele van 'n induksie stoof?

replies: 29
views: 407
17 Apr 2020 @ 10:11:03 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Wat is vir ons aanwending die voor en nadele van ons AMC induksie stoof?

Voordele:

Dit is kompak en maklik om erens in die karavaan weg te pak.

Dit bespaar my elke jaar 'n fortuin aan gas, want ek gebruik die oord se elektrisiteit.

Dit is blitsvinnig om iets warm te kry.

Dit kan 'n potjie ure laat prut op 'n lae verstelling.

Die wind waai dit nie dood nie, dus kan ons dit buite gebruik. (baie belangrik hier in die Kaap en naby die see)

Dit werk heerlik met platboom gietyster kookware.

Nadele:

Dit werk slegs met vlekvrye staal waar 'n "I" op gestempel is.

Dit werk nie met aluminium kookware nie. (daar is 'n staal plaat daarvoor beskikbaar teen groot koste)

My inverter is net 1200 watt, wat nie genoeg is nie. Ons eenheid benodig 2000 watt.

Dit hou nie van 'n "spike " in die krag voorsiening nie. Myne moes heelgemaak word.

Wat is julle ervaring?

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 13:17:34 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 882
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Het een so 5 jaar terug gekoop  My vrou like hom nie so hy ry maar net saam..

 

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 13:30:10 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Ons is baie gelukkig met ons s,n.

Eerste keer se gebruik was n katastrofe omrede ons nie geweet het v.d. dpesiale potte nie

Ons het toevallig n korrekte pan gebruk en dit so goed gevind dat Elma dadelik n vlekvrye pot probeer het ( een van campworld produkte)  en net daar die toets gedop. Inderhaas winkel toe en die korrektes aangeskaf.  

Nou is ons gerat en vind dit baie baie gerieflik. Roereiers in n pan vat slegs twee minute. Sit al aan tafel,  dan maak sy dit. Tjoef-tjaf

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 14:13:11 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4463
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Wou een koop toe sien ek die kragverbruik is hoog en ek gaan sukkel by oorde wat net 10 amp kragpunte het. Sal al die ander goed moes afsit om dit te gebruik. Sou ook nuwe potte moes koop.

Nee wat! Ons twee plaat stoof met oond doen die ding. In elk geval nie so haastig om iets gaar te kry terwyl ek kamp en ontspan nie.

 

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 14:23:18 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ons gebruik een maar die krag verbruik is baia hoog. Trip die staanplek se 10A trip as enigiets anders aan is. Dit is well vinnig en kompak. Gebruik maar meer die dubble spiraal stofie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 14:31:36 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Het een gekoop vir die karavaan maar het dit nooit in die wa gesit nie want Elmarie gebruik dit in die lapa wanneer ons kuier. Baie tevrede en word gereeld gebruik.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 14:37:06 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ons gebruik gas in die huis. So hy bly in die woonwa.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 14:40:37 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

As jy toevallig reeds die regte kookgery het, is dit seker goed.  Ek is egter nie oortuig van die voordeel van die ding nie, veral as jy ook moet belê in 'n paar duisend rand se nuwe potte en panne.  Vir my lyk dit maar soos die Wankel-enjin.  Dit werk en dit het sekere klein voordele maar ook nadele en ons is so gewoond aan die suiermasjien dat die ding net nie veld gewen het nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 14:50:29 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ter verdediging van induksie, ons het gevind meeste potte werk op hom. Net nie aluminium nie. En ons het op gehou om aluminium gedurende kamp te gebruik want ons kamp nou lank en aluminium is giftig. All ons stainless staal, giet yster potte werk op hom. As n’ magneet aan die pot vas sit werk hy. Hy moet net yster in hé.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 16:20:05 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Paul, die magneettoets is nie betroubaar nie. Ons kinders in Centurion het ingetrek in 'n huis met 'n vierplaat Speedqueen induksiestoof.  Hulle het 'n stel Duitse vlekvrye potte wat sterk magneet aantrek, maar dit werk net nie op die stoof nie. Die stoof 'sien' dit eenvoudig nie. Hulle moes 'n ander stel, 'n goedkoop Suid-Afrikaanse stel, wat wel werk.  Beide trek magnete ewe sterk aan.  Wat die probleem is, kon ons nog nie vasstel nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 16:35:51 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Ok. Ek het dit nog nie ondervind nie. All ons yster potte werk.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 17:07:40 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17420
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Al nadeel wat ek nog ervaar het was Desember waar oord se krag onder die 200v was. Dan maak Snappy Chef niks....wys net E4

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 17:10:49 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Al nadeel wat ek nog ervaar het was Desember waar oord se krag onder die 200v was. Dan maak Snappy Chef niks....wys net E4

Nice, so mens kan Snapy Cheff gebruik as n’ low volt alarm :)

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 17:39:20 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Hom ontkoppel in die classique, nog nie gebruik nie.

Het n pan vir hom en nog nie gebruik nie.

 

Werk op gas of vuur buite, dink hulle is sommer stront.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 19:42:53 pm
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 80
Joined: 18 Sep 2019

Gebruik hom so nou en dan. Gerieflik as jy haastig raak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 07:33:12 am
AltydKampTyd
Bronze Member
88% Profile Strength
Posts: 26
Joined: 16 Oct 2016
Experience: 28 years

Ek is maar ‘n hout & gas ou, ek kampmen wil iets anders doen. So nee, ek sal nie ene koop nie

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 10:21:58 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1304
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek het myne gratis gekry as 'n maandelikse "resort rating" wenner op dié webblad. Ons het dit nog glad nie in die wa gebruik nie, maar gebruik dit daagliks in die kombuis. Ons reken dit is 'n puik apparaat.

Maar in die wa sal ons waarskynlik voortgaan met ons spiraal tweeplaat-stofie en ons stoof/oond kombinasie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 11:10:22 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Hom ontkoppel in die classique, nog nie gebruik nie.

Het n pan vir hom en nog nie gebruik nie.

 

Werk op gas of vuur buite, dink hulle is sommer stront.

 

 

Jin, kan jy hom nie buite gebruik nie. Hy kom handig in as jy hom kan buite neer sit waar jy wil.

Ons het In die verleden altyd hout en gas gebruik maar deesdae gebruik ons net gas as Eksdom ons in die steek laat. Hout vir braai By die kamp en as ons picnic gas koeker met n’ rooster pannetje.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 12:07:23 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Jin, kan jy hom nie buite gebruik nie. Hy kom handig in as jy hom kan buite neer sit waar jy wil.

Ons het In die verleden altyd hout en gas gebruik maar deesdae gebruik ons net gas as Eksdom ons in die steek laat. Hout vir braai By die kamp en as ons picnic gas koeker met n’ rooster pannetje.

Hy is nog in sy gat indie wa.

Hy het n doek oor om nie te krap nie en word as pakplek gebruik.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 12:44:03 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2031
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Ek behoort nie kommentaar te lewer nie want ons het nie 'n snappy-chef induksiestoof nie. Wat ek egter wel kan sê ons gasbranders in die Exclusive en ook die gasplaat wat ons in die tent/rally gebruik, werk vir ons soos 'n droom, of daar nou krag is of nie.  Ons het dus geen behoefte aan 'n alternatief nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 15:45:30 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1514
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Hy is nog in sy gat indie wa.

Hy het n doek oor om nie te krap nie en word as pakplek gebruik.

 

 

Kan n ou nie n plank sny wat oor die gat pas nie. Soos oor die wasbak. Ek het n box gebou wat oor ons Gypsey se gas stoof gepas het. Dan word die spasie deel van die tafel. Daai gas stoof ook nooit gebruik nie.

Die Exclusive het n gas stoof maar sy cover is level met die tafel. Ook nog nooit gebruik nie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 20:51:01 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9767
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Kan n ou nie n plank sny wat oor die gat pas nie. Soos oor die wasbak. Ek het n box gebou wat oor ons Gypsey se gas stoof gepas het. Dan word die spasie deel van die tafel. Daai gas stoof ook nooit gebruik nie.

Die Exclusive het n gas stoof maar sy cover is level met die tafel. Ook nog nooit gebruik nie.

Hy is gelyk met die blad, dus plat en gladnie in die pad nie.

Die opwas bak het n deksel en pla ook nie.

Met die lappies en blompot op sien jy dit nie.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Apr 2020 @ 22:40:34 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17420
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Al nadeel wat ek nog ervaar het was Desember waar oord se krag onder die 200v was. Dan maak Snappy Chef niks....wys net E4

Afgesien van bogenoemde geval....sal ek steeds nie my Snappy Chef veruil nie. Ek het seker 4 jaar laas n gasbottel saam gesleep. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Apr 2020 @ 18:41:14 pm
Morelig
Silver Member
37% Profile Strength
Posts: 80
Joined: 18 Sep 2019

Ek ry ook elke slag gas saam. Maar die induksie word staan gemaak in die tent. Dan word die gas nie eens aan geraak nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 09:47:50 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Ons het `n "no name" brand by Checkers gekoop verskye jare terug.

Voordeel: Is baie, baie vining. Vinniger as gas. Om die selfde hoeveelheid water te kook op hom is vinniger as gas of om `n elektriese ketel te gebruik. Dit is ook nie nodig om `n hoë verstelling te kies nie. Is amper onmiddelik besig om hitte af te gee. Was goedkoop.

Nadeel: die feit dat nie alle potte werk op die plaat. Vertrou ook nie baie die glas blad, maar moet sê dat die een wat ons het nou al lank gebruik word en nog goed lyk.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Apr 2020 @ 10:52:31 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17420
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ons het `n "no name" brand by Checkers gekoop verskye jare terug.

Voordeel: Is baie, baie vining. Vinniger as gas. Om die selfde hoeveelheid water te kook op hom is vinniger as gas of om `n elektriese ketel te gebruik. Dit is ook nie nodig om `n hoë verstelling te kies nie. Is amper onmiddelik besig om hitte af te gee. Was goedkoop.

Nadeel: die feit dat nie alle potte werk op die plaat. Vertrou ook nie baie die glas blad, maar moet sê dat die een wat ons het nou al lank gebruik word en nog goed lyk.

Vriende van ons het ook die Checkers brand gekoop....Platinum. Hulle is so gelukkig met hom....hulle het laasjaar n 2de een vir hul huis aangeskaf...nog steeds in die wolke

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 09:11:47 am
Diddo
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 786
Joined: 23 Apr 2014
Experience: 21 years

Vriende van ons het ook die Checkers brand gekoop....Platinum. Hulle is so gelukkig met hom....hulle het laasjaar n 2de een vir hul huis aangeskaf...nog steeds in die wolke

Miskien moet ek die ketel en die induksie in die Kill a watt inplug en bietjie kyk watter een gebruik die meeste krag om sê `n liter water te kook.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Apr 2020 @ 09:19:33 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17420
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Miskien moet ek die ketel en die induksie in die Kill a watt inplug en bietjie kyk watter een gebruik die meeste krag om sê `n liter water te kook.

Ek wou laas daai toets doen met Snappy Chef teenoor gewone spiraal plaat.....omdat hulle adverteer hoe baie mens spaar. Maar my Kill a watt meter wil vir een of ander rede nie meer aankom nie....mors dood

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 20:10:27 pm
Froggy
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1695
Joined: 18 Jun 2013
Experience: 49 years

Ek het n Snappy Chef in die huis en hy word daagliks gebruik. 

Het ook n kleiner Snappy Chef wat ons in Froggy gebruik as ons kamp.

Sovêr is ons gelukkig met hulle.

Froggy ons Sprinter bussie Harry & Yvonne
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2020 @ 20:14:34 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17420
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het n Snappy Chef in die huis en hy word daagliks gebruik. 

Het ook n kleiner Snappy Chef wat ons in Froggy gebruik as ons kamp.

Sovêr is ons gelukkig met hulle.

Ek het ook n traveller Snappy Chef....werk net so lekker soos groot een

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za