English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 237
Total Replies: 248 893
Total Views: 83 115 505
topics: 11 387
replies: 136 614
views: 39 268 220
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wat is die beskrywing van jou “kwaliteit” kampeer fasiliteit?

replies: 21
views: 387
15 Apr 2020 @ 21:15:21 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Nou dat ons niks het om te doen, en die hele dag het om dit in te doen, kom ons doen iets.

Die Amerikaners, altans, volgens die seminaar wat ek bygewoon het, beskryf kwaliteit as “Voldoening aan klient vereistes” of in Engels gestel, “Conformance to client requirements”.

Hulle verduideliking byvoorbeeld dat ‘n Volkswagen Beetle wat in alle opsigte aan sy eienaar se vereistes voldoen ‘n kwaliteit voertuig is, waar teenoor ‘n Rolls Royce wat in alle opsigte aan sy eienaar se vereistes voldoen ook ‘n kwaliteit voertuig is. Met ander woorde, die eienskappe wat vir jou saak maak definieer jou persepsie van kwaliteit, nie die prys nie.

Hoe sou jy jou ideale of “kwaliteit” kampeer sleepwa, tent opset, kampeer of safari voertuig, “ryhuis” of karavaan omskryf?

Ek sal nog my bydrae lewer.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 10:19:53 am
steamer
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1454
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 46 years

For our purposes, the vehicle and caravan are 95% compliant.

They are tailored (mostly by myself) to suit our simple needs while camping. Mostly game parks.

Totally off-road capable would make up the balance of 5%.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 10:57:24 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Kan dit seker vergelyk met ideaal. Hoeveel van jou karavaan se fasiliteite gebruik jy. Ek het byvoorbeeld n wa gesleep met items soos binne wasbak, buite wasbak, stoof, waterkan en pompie wat nooit gebruik was in 5 jaar nie en microwave 1 of 2 maal. Dit het my wa nie ideaal gemaak nie. Huidige Expo het net beddens, yskas en baie pakplek....ons gebruik alles....so wa is vir ons ideaal, geen wit olifante wat deel vorm van dit nie. Dit wat ons sleep kan ons 100% gebruik

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 11:53:59 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1156
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

My 27-jarige ou wa (1993 Caravette 6B) voldoen aan my behoeftes. Ons gebruik die "dinette" elke dag. Ons eet daar en speel saans kaart of "Rummikub" want ons slaan bykans nooit ons voltent op nie - slegs afdak. Ons gebruik nie die gasstoof in die wa nie, maar wel die wasbak vir tandeborsel en handewas. Een dingetjie wat 'n verbetering sou wees is die bed. 'n Eilandbed sou seker meer gerieflik wees as die hoekbed, maar danksy die hoekbed het ons baie meer kaste vir pakplek - in ag genome die grootte van die wa. Ek het intussen die ou 13" vellings vervang met 14" vellings/bande - ietsie wat gepla het omdat ek gesukkel het om 13" bakkie-bande te kry. Maar verder soek ek niks ekstra aan my wa nie.

Die ou Caravette het al nege keer die langpad tussen die Boland en die wildtuin afgedraf - en nog nooit het ons die geringste probleem ervaar nie

En my sleepvoertuig (Dubbelkajuit Hilux 2.8 Auto) voldoen 100% aan my behoeftes. Ek is net spyt dat ek 'n glasveselkappie laat opsit het en nie 'n aluminium-kappie nie - maar dit kan ek nog steeds laat doen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 12:03:38 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Gaan binnekort na baie wik en weeg vir my Sprite Swing koop vir my normale oorde en dan vir off grit gaan ek vir my n Eazy Awn RTT opsit met laai rake binne bakkie en slider vir yskas dan is ek 100 % reg vir kamp

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 12:12:43 pm
Hennie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 947
Joined: 09 May 2014
Experience: 26 years

Gaan binnekort na baie wik en weeg vir my Sprite Swing koop vir my normale oorde en dan vir off grit gaan ek vir my n Eazy Awn RTT opsit met laai rake binne bakkie en slider vir yskas dan is ek 100 % reg vir kamp

Koop Geert se Swing.

Se dankie vir wat jy in die lewe het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 12:20:48 pm
Paddyandpaul
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 388
Joined: 23 Oct 2017
Experience: 57 years

If i was long timing think i would like this type of luxury my buddy has in Canada. Seurage and grey water hook up, cable tv, water supply and choice of electric power. Not for me here as we do not camp long term and manage with the minimum.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 12:25:58 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ons karavaan is 25 jaar oud, en toe ons oorweeg om op te gradeer wou die handelaar vir ons R 10000 gee met die verskoning dat banke nie karavane ouer as tien jaar wil finansier nie.

Ons spandeer toe 'n derde van wat die opgradering sou kos, en nou het ons alles wat ons nodig het vir dit waarvoor ons die karavaan gebruik, m.a.w. dit doen nou vir ons wat ons gedoen wil hê.

Dit behels 'n as met bladvere, skokbrekers, 4x4 bande, 'n water tenk onder die pens, 'n Versterkte onderstel en die bakwerk en meubels alles op die raam vasgebout, 'n buite opwas plek/kook plek onder dak aan die agterkant, 'n afdak wat uitrol en in 'n japtrap in kant mure of 'n volledige vol tent omskep, alles van groen ripstop, 'n 12/220 volt regop yskas, sonpanele met twee batterye, 'n inverter, mikrogolf, induksie plaat, porta pottie, en buite 'n stort hokkie met gas geyser.

Die karavaan het 'n eiland bed in gehad, asook hangkaste, 'n binne wasbak, stoof en brekfis nook. 

Ek glo ook in "less is more" Natuurlik gebruik 'n ou net wat van toepassing is afhangende van waar jy kampeer. Niks word as los goed in die karavaan saamgery nie, m.a.w. dit is 'n stop en slaap opset sonder die nodigheid om iets te verskuif. Alles pak onder die bed of in die neuskas weg.

Buiten vir die yskas is alles 24/7 reg om te gaan kamp.

Die enigste neukery is, toe ons jonk was het ons altyd gejeuk om te gaan kamp, maar kon dit nie bekostig nie. Noudat ons altyd kan moet ons wag vir die jeuk en dan gou maak voordat dit oorgaan! wink

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 15:53:08 pm
Harv
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 329
Joined: 23 Oct 2008
Experience: 22 years

Canvas dome tent less than a year old. A river. Shade. Sorted. Happy as Larry.

Soet wees!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 17:54:57 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2198
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ons is gelukkig met die swing nadat ek dit verander het om by ons behoeftes te pas. 

Dit gesê sal nie 100% tevrede wees totdat ek 4x4 motorhome onder my afdak het nie. So baie plekke wat ons wil besoek en dit sal ons idiale kamp voertuig wees. Ons beplan alreeds om oor twee jaar die Serengeti te besoek.

Tans gebruik ons die Ranger  met die Rhinolite aluminium toegeruste canopy en tent vir Namibië toere en Swing vir toere in SA. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 19:35:22 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9408
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Tans is die classique so ingerig dat hy aan ons behoeftes voldoen.

Dis nog net die snappy chef wat moet uit.

Het nog nie en sal ook nie binne kos maak nie.

Dan gaan daar n daktent bykom vir plekke in Namibia wat die classique nie na uitgenooi is nie.

Moet nog inverter en sonpanele bysit.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 20:35:10 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Tans is die classique so ingerig dat hy aan ons behoeftes voldoen.

Dis nog net die snappy chef wat moet uit.

Het nog nie en sal ook nie binne kos maak nie.

Dan gaan daar n daktent bykom vir plekke in Namibia wat die classique nie na uitgenooi is nie.

Moet nog inverter en sonpanele bysit.

 

 

Is jou Snappy Chef ingebou binne die karavaan.....of is hy losstaande?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 21:10:13 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9408
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Is jou Snappy Chef ingebou binne die karavaan.....of is hy losstaande?

Hy is ingebou Geert.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 21:25:29 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Hy is ingebou Geert.

 

 

Wonder watter % kopers verkies dit so

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 21:45:25 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 4298
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 47 years

Min mense gaan daai Snappy Chef binne die wa gebruik. Dalk om water te kook vir koffie of tee. Gaan ook net werk waar daar krag is. 

Goeie voorbeeld van wat Jugens gedink "kwaliteit" is, en hoe die verbruiker dit beskou.

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Apr 2020 @ 22:19:12 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9408
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Wonder watter % kopers verkies dit so

Ek het na ons fabriek besoek destyds gevra dat hulle hom buite sit so ook die opwasbak langs die snappy nie inte sit nie.

Ek wou ook nie die mikrogolf binne gehad het nie.

Hulle wou dit nie verander nie want dit is mos met ons mense, ons kan nie vernuwing nie.

 

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 08:17:43 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek het na ons fabriek besoek destyds gevra dat hulle hom buite sit so ook die opwasbak langs die snappy nie inte sit nie.

Ek wou ook nie die mikrogolf binne gehad het nie.

Hulle wou dit nie verander nie want dit is mos met ons mense, ons kan nie vernuwing nie.

 

 

 

Daar was tot onlangs nog n wa waarna ek gaan kyk het op die skou. Hulle het n buite stoof gehad....maar was gas. Ek het hulle vevra of hulle die gas stoof kan vervang met n Snappy Chef. Ja...was die antwoord, maar met n addisionele koste van R14k !!!! Die rede was dat hulle templates het wat werk met gas stoof en dat dit fabriek se produksie lyn onver gooi met persoonlike keuses. Nou om n gat in die blad te sny vir n gasstoof of n verskillende vorm gat vir n Snappy Chef is nou wraggies nie rocket science om nou R14k voor te vra nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 08:21:25 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9408
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Daar was tot onlangs nog n wa waarna ek gaan kyk het op die skou. Hulle het n buite stoof gehad....maar was gas. Ek het hulle vevra of hulle die gas stoof kan vervang met n Snappy Chef. Ja...was die antwoord, maar met n addisionele koste van R14k !!!! Die rede was dat hulle templates het wat werk met gas stoof en dat dit fabriek se produksie lyn onver gooi met persoonlike keuses. Nou om n gat in die blad te sny vir n gasstoof of n verskillende vorm gat vir n Snappy Chef is nou wraggies nie rocket science om nou R14k voor te vra nie.

Dis presies wat ook vir my gesê is, Dan is die prys ingedrang.

Nou moet daar buite die Box gedink word en die TOR gaan afval.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 08:24:52 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16902
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Dis presies wat ook vir my gesê is, Dan is die prys ingedrang.

Nou moet daar buite die Box gedink word en die TOR gaan afval.

 

 

Jy moes eintlik gevra het om nie blad te sny nie....net so in te sit en Snappy Chef los vir jou te gee.....minder werk vir hulle

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 08:35:51 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9408
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Jy moes eintlik gevra het om nie blad te sny nie....net so in te sit en Snappy Chef los vir jou te gee.....minder werk vir hulle

Die gat was klaar gesny gewees.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 13:32:50 pm
Swanie
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 731
Joined: 26 May 2013
Experience: 46 years

Wat ek sien as Kwaliteit is baie anders as wat meeste vervaardigers dink dit moet wees

Toe ek my Sprite koop het ek na 3 verskillede eenhde gekyk (Splash model)  en het maar die een met die minste defekte geneem.  Ek vra as ek een bestel of hulle die binnewasbak kan uit haal, die antwoord was nee.  Hulle sal 'n blad bestel sonder die gat dan kan die handelaar die oukas uitmekaar haal en die blad instaleer, Wie wil nou daai roete gaan.

 

So ja Kwaliteit is vir elke ou sy eie standaard of behoefte of hoe min jy gepla is oor waarde vir geld.

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2020 @ 14:04:38 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5725
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 45 years

Toe die kompitisie jare terug.... dink 2012  aan die gang was het ons gedink n  Elegance is goed..  en het gedink om dit aan te skaf.  2014 een gekry en volgens my een van die volmaakste sleep dinge.  Met die JEEP se sleep / gewigs  vermoens was dit in die kol.  Ongelukkig moes ons van dit in 2017 ontslae geraak het.  Soo .... tot daarna toe. Maar sê nog steeds ....  vir my...  was n awesome  wa.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za