Caravan and Camping
Forum is FREE to use
Start new topics, discuss, talk, chat, joke with other campers. Comment or give suggestions, advice and help on caravan parks, camp sites, holiday resorts, destinations, businesses, products, road conditions, vehicles, caravans and much more...
User | Posts |
Sirius Member | 20000 + |
Relaxed Camper | 21828 |
Luhman 16 Member | 12500 + |
Leon | 17659 |
Pluto Member | 4500 + |
Fred | 6075 |
Bostoe | 5439 |
BrianB | 5153 |
Uranus Member | 2600 + |
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP | 3369 |
Grumpy/Hannes | 3209 |
Saturn Member | 2000 + |
mulderpm | 2502 |
Lennie | 2192 |
Kanneman | 2141 |
Jupiter Member | 1450 + |
Chris Boucher | 1978 |
Swanie | 1854 |
Heindrich | 1831 |
Nico | 1745 |
steamer | 1690 |
Ski | 1669 |
Hennie Botha | 1664 |
Dansan | 1528 |
Butts | 1453 |
Mars Member | 1000 + |
George | 1211 |
Louvan | 1197 |
RichardJ | 1111 |
Gerden | 1093 |
Moon Member | 700 + |
Chris Centurion | 838 |
JohanMarais | 819 |
Fanie | 746 |
CampingKitty | 715 |
Titanium Member | 450 + |
ELU | 661 |
snys | 631 |
Benkie | 588 |
Douglas Green | 575 |
Andrew | 524 |
Platinum Member | 250 + |
Joe Stieger | 447 |
Harv | 424 |
Willie54 | 422 |
Andre Smit | 416 |
Rare Breed | 408 |
LEEN | 379 |
Kamp is Koning | 369 |
1Pierre2 | 355 |
survivalist | 352 |
Herman | 336 |
Izak | 325 |
RD | 319 |
Kurper | 302 |
captiva | 278 |
Dieter | 265 |
Meerkat | 262 |
Gold Member | 100 + |
Hennie1968 | 231 |
Fienie | 229 |
Wat is die aan bevole rat om mee te sleep
Goeie dag mense, ek wil by julle die sleepers hoor watter rat is die beste om mee te karavaan te sleep/trek op die pad bv. snel wee en gewone paaie.
Ek het 'n 5 gang handrat bakkie en sleep 'n Jurgens Fleetline karavaan.
Laat weet my asseblief en dankie.
Hi there fellow camper, enjoy camping.
When you leave just leave your foot prints and nothing other than a clean site as you found it.
Ek dink mens kan hoor/gevoel kry of jou engin swaar loop of nie. As mens byvoorbeeld n opdraande sleep in 5de gaan mens voel kar sukkel, dan skakel ek terug na 4de....selfs 3de by passe soos Pietermaritzburg. Ek het 6 ratte, maar gaan nooit verder as 5 nie
WAARSKUWING:
Kampeer is aansteeklik en verslawend ðŸËÂ
Dis nie iets waaraan ek nog veel gedink het nie. Met 'n handrad volg ek maar my instink, basies wat Geert ook sê. Ek dink as jou voertuig huidige verbruik kan toon, is dit miskien raadsaam om in die rat te sleep wat vir jou die beste verbruik gee eerder as om 'n reël daaroor te hê. Dis wat 'n outokas doen. As jy jou voet te hard moet neersit in hoogste rat, sal die verbruik hoër wees as wanneer hy makliker in die rat net onder hom sleep. Met my Kombi met slegs 82 KW het ek meestal in vierde, sy hoogste rat gemaklik gesleep en 'n goeie verbruik gekry, weliswaar maar teen 'n padspoed van so 90k/u.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Jou laaste rat 5 of as jy n 6 spoedratkas het is dit jou "overdrive"rat.Jy sleep nooit n swaar las in die rat nie.
Hoekom?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Net soos jy daar noem
4de rat is die ding.
Jou "overdrive" rat se tande is baie kleiner dan die eerste paar ratte.As jy te veel krag opsit gaan jy die rat beskadig.
Goeie naand mense, dankie ek het dit gedoen met my sleep en ja nou sit ek met R80K se onkostes weens ek by 'n ander plek my voertuig laat diens het en daar 'n moontlike omruiling van ratkas gedoen was sonder dat ek dit geweet het. Ek was deur na 'n ratkas plek toe en daar was gese dat die viertuig gaan terug kom na 6 mnde of 10 duisend km en ja mindr as dit is my ratkas totaal vernietig.
Ek het moes om draai in Colesberg weens my ratkas olie gegooi het en daar het 'n laer in die ratkas disentegreer en die olie was soos teer en vol metaal stukkies en daar was ook twee enjin rubbers (-engin mountings) afgeskuer. Plus die (centre bearing) was moeg weens die enjin rubbers wat nie meer gewerk het nie. Mense kyk na julle voertuie as dit gediens of aan gewerk word, ek het die stel afgetrap en daar wou die (warranty) nie eens betaal nie omdat my viertuig 'n diens verby gegaan het. Ek kon nie die datum sien onder aan die strookie nie en het op die kilos gegaan vir die diens. Laat jul diens sentrum die strookie in die deur holte plaas en nie in die venster nie.
Hierdie strookie was een van daai deursigtige strookies en nie 'n wit papiertjie nie. Ek het my diens sentrum motor werktuigkundige gevra om dit in die deur holte aan die drywers kant aan te bring waar dit opsigtelik gaan wees.
Mense baie dankie vir julle inligting en ja nou gaan ek nue meer sleep nie, karavaan verkoop aan my swaar en val terug na 'n tent / Gazebo en tent kombinasie. Ek gaan nou maar lig kamp en nie meer 'n karavaan sleep nie, hierdie was 'n duur les en daar gaan tyd kom dat ons in chalets tuis moet gaan. Veilig sleep en kry inligting voor daar gesleep gaan word, Geert en ander mense weereens dankie vir julle terug voering ol my vraag.
Hi there fellow camper, enjoy camping.
When you leave just leave your foot prints and nothing other than a clean site as you found it.
Jammer om te hoor van jou skade Izak. Dis jammer dat so-iets so vroeg in jou sleeptyd moes gebeur want karavaanlewe is deur en deur die moeite werd.
Dis moeilik om te verstaan hoe die skade gekom het, veral die feit dat die ratkasolie so dik was. My indruk is dat Mahindra voertuie heel betroubaar is. Maar dit help seker nie om daaroor te bespiegel nie, dit gaan nie die probleem laat verdwyn nie. Gaan jy die skade laat herstel? Kyk gerus wat jy vir die voertuig kan kry na jy die ratkas herstel het. Dalk is dit die moeite werd om hom maar net te laat gaan vir wat jy kan kry en maar 'n nuwe te koop.
Ek is bly julle gan aanhou uitkamp en wie weet, dalk kan jy mettertyd weer moed bymekaarskraap om 'n karavaan aan te skaf.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Spoed, ek stem nie met jou saam nie. "overdrive" is 'n idee van die 50er en 60er jare van die vorige eeu en heel 'n heel verouderde tegnologie. Al die ratte in 'n ratkas is bedoel om gebruik te word en jou stelling dat die ratte in die hoogste versnelling swakker is, maak nie sin nie. So-iets sou bedoel die ratkas is ontwerp om in te gee. Met outomatiese ratkaste waar die blikbrein meer as die bestuurder weet wat geskik is, byvoorbeeld, skakel dit oor na hoogste versnelling wanneer dit geskik is wat gewoonlik die geval is op 'n gelyk pad selfs met 'n wa op die sleepstang. As dit nie gebeur nie, beteken dit waarskynlik die sleepvoertuig is te swak vir die karavaan en dan behoort jy nie die twee saam te gebruik nie.
Gee tog bietjie meer inligting op jou profiel. Ons hou daarvan om mekaar te leer ken en dis altyd interessant om te sien watter voertuie lede gebruik.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
In die ou dae het op n automatiese ratkas het jy n knoppie gedruk en jou "overdrive" het ingeskop.Met n handrat het jy net vier ratte gahad.Slim mense het toe agtergekom dat as jy nog n rat bysit loop jou omwenteling stadiger van jou motor en jy bespaar brandstof.Ratverhouding op jou laaste rat is nou nie meer 1tot 1 nie maar meer.Jy het nou meer tande maar kleiner tande.As jy op die laaste rat nou hard werk gaan jy iets beskadig.Ek kan verkeerd wees maar dit is hoe ek dit verstaan.
Soos Fred noem met handrat volg ek maar die instink en maak seker dat die voertuig nie LABOR met 'n sleep toestand nie. Of dit gelyk pad is of berg pas.
Ek het met my Mazda 2.5 Tdi en Navara 2.5 Tdi selfs in hoogste rat gesleep as die "toestand" dit toegelaat het. My "toets" of ek in 'n gepasde rat was, is om in die gekose rat effe te versnel en as daar nie 'n verandering in spoed kom nie is ek in 'n te hoë rat en het ek dan terug gerat na bv 4de toe.
Dit het vir my goed gewerk en ek het so baie gemaklik gesleep en geen voertuie meganies gebreek nie.
Sedert ek met die Ranger se Auto ratkas gesleep het sal ek nie sommer terug beweeg na 'n handrat om mee te sleep nie. Met die Auto ratkas sit ek die rat hefboom in "sport" en die voertuig doen wat hy moet doen in die toepaslike pad toestand. In "sport" bly die ratkas vir bietjie langer in 'n rat voordat na 'n volgende rat oorgeskakel word.
Die Mahindra Dusk wat ek nou het, het ook 'n Auto ratkas, maar het nie die "Sport" funksie nie. Ek kan die ratte wel in Handrat Mode verander maar dan bly die ratkas in daai rat wat ek geselekteer het. Dus sleep ek steeds heeltyd in Auto en op die N4 snelweg vanaf Rustenburg het die ratkas op sy eie selfs 6de geselekteer met die sleep van my wa.
So ek glo die voertuig sal dit slegs doen as dit in die korrekte toestand is om dit te doen.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Leon, as jy sleep staan "S" juis vir "sleep", of dit is hoe ek dit ook sien.
Spoed, jy het die idee van "overdrive" taamlik reg- ek kom uit daardie era en het in my jong dae onder andere 'n paar ratkaste herbou. Dit was egter nie soseer 'n ekstra vyfde rat, of in voertuie met drie ratte, 'n ekstra vierde nie. Dit was 'n ekstra oorbringkas na die ratkas wat by sommige voertuie soos die Austin Cambridge van den Plas, in al die ratte gewerk het. Dis iets soos 'n "low range" oorbringkas in 'n 4X4 maar in plaas van die padspoed te verminder, het dit die spoed verhoog.
Jou idee dat die top rat 'n verhouding van 1:1 gee, is ook nie reg nie. As jy 'n ratkas oop maak of na sketse daarvan kyk, sal jy sien daar is geen omstandigheid dat die inkomende as direk met die uitgaande as verbind nie. Die verbinding geskied altyd deur middel van minstens een derde as. As die verhouding dus 1:1 sou wees, sou dit heel toevallig wees en ek glo nie dit gebeur juis nie. Daar is ook nie minder tande met die hoogste rat nie, dit werk nie soos 'n fiets se ratte nie. Gaan kyk gerus na ratkaste se binnegoed op internet of in 'n werkswinkelhandboek van enige voertuig. Jy is duidelik 'n man wat dink oor die dinge en ek is seker jy sal dit heel interessant vind.
Ek kritiseer jou nie soseer nie- ons gesels oor die ding en ek, soos jy duidelik, wonder ook hoe dinge werk. My vermoede is ook nie altyd reg nie en ek kom soms eers agter hoe die vurk in die hef steek as ek begin navorsing doen. My kragte laat my nie meer toe om swaar werk te doen nie, en moderne voertuie raak ook so ingewikkeld dat 'n "back yard mechanic" soos ek nie juis meer daar betrokke kan raak nie, maar ek probeer nog soms en slaag snaaks genoeg ook.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Net om te korregeer ek impliseer nie dat enige rat 1 tot 1 verhouding is nie. Ek sleep met gevoel tov kan ek in die bestaande rat effe versnel of nie. As ek kan, veronderstel ek sukkel die voertuig nie en sleep ek in daai rat. As ek nie effe versnel nie, veronderstel ek die voertuig kan in 'n laer rat beter sleep.
Dis hoe ek dit vir myself uitgesorteer het met die verskeie voertuie wat ek gebruik het.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Ons is op dieselfde bladsy Leon. Ek het eintlik verwys na Spoed se 1:1 stelling. Ek dink jou metode sal ook wys dat jy dalk in die laer rat 'n beter onmiddelike verbruik sal kry mits jou voertuig natuurlik so 'n syfer kan wys. Ook behoort 'n voertuig wat redelik swaar trek, die beste verbruik te gee as hy op die hoogtepunt van sy wringkragkurwe is. Dis egter ook 'n ietwat verouderde veronderstelling want met die turbo's wat voertuie deesdae amper almal het, is daar nie eintlik meer 'n toppunt nie maar strek die maksimum wringkrag oor 'n wye toeretelling.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Jammer om te hoor van jou skade Izak. Dis jammer dat so-iets so vroeg in jou sleeptyd moes gebeur want karavaanlewe is deur en deur die moeite werd.
Dis moeilik om te verstaan hoe die skade gekom het, veral die feit dat die ratkasolie so dik was. My indruk is dat Mahindra voertuie heel betroubaar is. Maar dit help seker nie om daaroor te bespiegel nie, dit gaan nie die probleem laat verdwyn nie. Gaan jy die skade laat herstel? Kyk gerus wat jy vir die voertuig kan kry na jy die ratkas herstel het. Dalk is dit die moeite werd om hom maar net te laat gaan vir wat jy kan kry en maar 'n nuwe te koop.
Ek is bly julle gan aanhou uitkamp en wie weet, dalk kan jy mettertyd weer moed bymekaarskraap om 'n karavaan aan te skaf.
Goeie dag Fred, ja ek gaan die bakkie laat regmaak om te gebruik, ja ons gaan nog kamp en ook die chalets bewoon weens ons albei op aftrede is en nie meer daai energie het om die dak te lig by al die plekke nie. Ons is lede aan die Rhino Gold Klub van Ezenvelo KZN Natuur kamp area's.
Ons gaan die bakkie van die handsit en kyk na 'n karretjie om mee te gaan kamp, dit moet groot en hoog genoeg wees sodat ek nie amper op die grond gaan sit nie. Ons het juis die Toyota Aygo verkoop weens hy te laag was vir my en my heupe nie daai in en uit kom hanteer nie. Die bakkie is al 8 jaar oud en het my goeie diens gegee tot nou.
Dankie vir julle terug voering almal.
Hi there fellow camper, enjoy camping.
When you leave just leave your foot prints and nothing other than a clean site as you found it.
Daar is in die draad genoem dat auto ratkaste n goeie stelsel is vir n sleepvoertuig. Selfs ernstige 4X4 manne verkies dit deesdae. Dit is saammet handratkaste volgens deskundiges die betroubaarste. Maar hulle word al skaarser en meeste ligter voertuie het n dubbelkoppelaar of CVT wat beide minder duursaam is. Dit het net twee tekortkominge naamlik oorverhitting as dit swaar werk as gevolg van die glip in die wringkragomsetter en om dieselfde rede n effens hoër brandtofverbruik. Daar is egter ook n oplossing hiervoor naamlik n sluitbare omsetter. Bo n sekere spoed, in sommige gevalle hier by 50kpu koppel die omsetter solied deur middel van n koppelaar soortgelyk aan die in n handrad model sodat die glip met sy nadele uitgeskakel word.
En nou kom ek by my punt: die soliede koppeling is n sterk positiewe punt maar vervaardigers adverteer dit om een of ander rede nie. Ek het baie voertuie se spesifikasies, insluitende my eie gelees en in nie een so iets gesien nie. Ek het later tot my vreugde uitgevind my kar het dit wel. Weet julle of julle autokaste dit het?
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
In SA is die direkte koppel van die torque converter / wringomsetter eintlik ou tegnologie. Dit word al sedert die sewentiger jare in die RATEL IGV van die weermag gebruik.
Snaaks dat dit nou eers werklik in die voertuie meer gebruik word.
GOD IS ALTYD TEENWOORDIG
Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
Dis interessant! Ek weet nie hoe lank dit al in ligte voertuie gebruik word nie, maar ek hou van die idee en ek meen die voordele is groot. Dit bring natuurlik ook ekstra tegnologie mee wat kan probleme gee, maar ek moet nie die bobbejaan agter die berg gaan haal nie. Ek hoop lede met autokaste sal terugvoer gee want ek vermoed min mense met sulke ratkaste weet daarvan en weet of hulle voertuie dit het omdat die motormaatskappye dit nie noem nie. Ek dink ook as jy vir verkoopspersoneel daaroor uitvra, gaan hulle soos een van my onnies gesê het n "trieng trieng no sale" uitdrukking in hulle oë kry. Toe ek my Kuga gekoop het, het die een verkoopsman nie eers geweet wat n dubbelkoppelaar wat nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
Ek lees hierdie insette en stem heeltemal saam met Fred wat die tegniese sy van ratkaste aanbetref. In my geval het ek ook maar oorgeskakel na 'n outomatiese ratkas, en manne, hierdie Touareg trek dat hy enige Venter sleepwaentjie in 'n Exclusive sal verander! :-))
Maar, komende van 'n handrat Nissan X-Trail en daarna 'n Suzzuki Grand Vitara, het ek ook waar moontlik in die hoogste rat gesleep, en, sou die toereteller, of my oor, my waarsku "dat dit sulke tyd is", dan teruggeskakel. Interessant dat ek op 'n keer (moontlik op hier CP.com webwerf?) gelees het dat jou toere (handratkas) 3100 opm moet wees vir beter brandstofverbruik en enjin simpatie. Dit het vir my gewerk (en ek is fanaties < my beskrywing, Vroulief sê anders> oor rekordhou met sulke dinge. Ek het ook, na my GV se verrigtingskyfie, gevind dat ek langer in 'n gekose hoër rat kan bly as voorheen.
En Fred, ja, jou beskrywing van ratkaste se ratverhoudings, klop met myne!
Ek aanvaar die 3100 rpm is spesifiek vir jou Suzi want dit hou sekerlik verband met n betrokke voertuig se wringkragkurwe.
Nue belangrik nie, maar het n korreksie: die Austin waarn ek verwys is eintlik die Westminster, die grootste van hulle destydse reeks. Geheue nie altyd 100% nie. Dit was n besondere luukse voertuig met n drie liter masjien, waarskynlik inlyn, wat sowat 120Kw ontwikkel het en met n topspoed van sowat 150kpu. Nie juis indrukwekkend teen vandag se srandaard nie. Hy het ook in n Pricess R weergawe uitgekom. Die 'R' het beteken hy het n Rolls Royce masjien gehad. Daar was ook n sportmotor, die Austin Healey, myns insiens een van die mooiste sportmotors ooit met siesrlfde 130Kw masjien met n klank wat jou hom laat begeer het.
Sommer so n bietjie nostalgiese nuttelose inligting. Ek hoop ek het die slag reg onthou.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven