English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 239
Total Replies: 248 942
Total Views: 83 116 200
topics: 988
replies: 13 956
views: 3 252 833
In this section we discuss industry businesses and product reviews.

Wat gaan van voertuig pryse word?

replies: 9
views: 1018
07 Apr 2020 @ 13:28:03 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 16916
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Veronderstel iemand is binnekort in die mark vir n nuwe voertuig. Wat sou julle voorstel wees....om so gou moontlik te koop aangesien ZAR in sy kanon is en pryse moontlik binnekort drasties kan styg? Of gaan vervaardigers pryse laag hou om verkope aan te moedig aangesien mark stiltetyd ervaar het en hulle dit weer probeer aan die gang kry?

So die vraag is: NOU koop of LATER?

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2020 @ 17:56:13 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Lyk of dinge makliker word "koop n KIA" en begin betaal eers ses maande later.

Ding is daar is al hoe meer werkloosheid en mense wereldwyd trek swaar. Daar is ruimte bv invoer belastings en baie meer wat verminder kan word om pryse minder te maak. Voertuie is nie regtig duur. Dit is al ons belastings wat die pryse laat hand uit ruk.

Baie gaan verander na hierdie wereld epedemie.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2020 @ 19:59:23 pm
Louvan
Mars Member
88% Profile Strength
Posts: 1048
Joined: 07 Aug 2016
Experience: 30 years

Gelukkig het die Fortuner na twee jaar slegs 37000 kilos op die klok. Seker nog goed vir ten minste nog agt jaar. Sal dan worry..👍😁

Never too old to have a happy childhood
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2020 @ 22:44:35 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Die huidige wisselkoers is die een faktor wat invoere se pryse deur die dak gaan jaag en daar is geen vooruitsig dat dit sal verbeter nie.

Plaaslik vervaardigde voertuie sal uiteraard effens minder getref word, en voertuig uitvoere sal baie baat vind by die swak Rand, maar ingevoerde goedere gaan onbetaalbaar duur word.

Die gevolg hiervan sal wees dat daar ‘n groter aanvraag sal wees vir tweedehandse voertuie wat hulle pryse sal laat stabiliseer.

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Apr 2020 @ 23:19:33 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Die huidige wisselkoers is die een faktor wat invoere se pryse deur die dak gaan jaag en daar is geen vooruitsig dat dit sal verbeter nie.

Plaaslik vervaardigde voertuie sal uiteraard effens minder getref word, en voertuig uitvoere sal baie baat vind by die swak Rand, maar ingevoerde goedere gaan onbetaalbaar duur word.

Die gevolg hiervan sal wees dat daar ‘n groter aanvraag sal wees vir tweedehandse voertuie wat hulle pryse sal laat stabiliseer.

Kanneman hoe Kan ek jou kontak

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2020 @ 08:23:40 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9417
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Moet maar wag en sien.

Ek sal nie nou koop nie, sou ek moes eers bietjie wag.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2020 @ 08:27:21 am
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3235
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek vermoed na die virus-fiasko gaan die vraag na nuwe voertuie maar baie swak wees omdat die bevolking aansienlik gaan verarm.  Fabrieke sal dienooreenkomstig minder produseer want 'n ooraanbod verlaag die pryse en fabrieke kan dit nie bekostig om onder kosprys te verkoop nie. Of dit tot 'n verlaging of dalk 'n verhoging van pryse sal ly, sal ons maar moet sien.  Die wêreld het nog nooit so 'n situasie ervaar nie en daar is dus nie ondervinding om op terug te val nie. Ekonome se voorspellings is dus ook maar redelik ingeligte raaiskote.  Daar is die afgelope paar dae deur 'n ekonoom gesê sodra Sjina se produksie weer besig is om in rat kom,  en dit sal die vraag na ons grondstowwe dramaties laat  styg en ons sal dus 'n bloeitydperk beleef.  Die probleem is net Sjina het nodig om sy produksie uiit te voer, en die vraag daarna wêreldwyd sal net nie daar wees voordat die krisis verby is nie, en dan aanvanklik ook op 'n baie laer skaal as tevore.

Op Geert se vraag sou ek sê in sy posisie sou ek op die oomblik niks doen nie net eenvoudig omdat ek gladnie met enige sekerheid kan sê wat vorentoe gaan gebeur nie.  Dan ook, dalk het ek die geld wat ek nou op 'n nuwe voertuig uitgee, binnekort nodig om net te oorleef.  Ek is egter nie 'n dobbelaar nie en ek hou nie daarvan om skote in die donker te skiet nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2020 @ 10:54:33 am
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1461
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Kanneman hoe Kan ek jou kontak

Bak oor, ek het vir Admin gevra om my kontak besonderhede aan te stuur.

 

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2020 @ 12:08:53 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4653
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years

Ek dink aanvraag na voertuie gaan laag wees die ekonomie het n harde hou gevat

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Apr 2020 @ 14:03:26 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3104
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 30 years

Pryse sal beslis nie daal nie.

Ek is ook besig om te kyk, maar gaan geen besluite neem vir dievolgende 3 tot 6 maande nie.

Lockdown eindig vlg Vrydag. Maar die virus is nogsteeds hier. Dinge gaan baie verander dus sal ek geduldig wees

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za