English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 791
Total Replies: 209 477
Total Views: 81 329 745
topics: 10 050
replies: 113 014
views: 38 367 176
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wasbak waterkraan

replies: 7
views: 196
05 Dec 2018 @ 18:53:50 pm
PhilipO
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 05 Dec 2018

Met 'n nuwe watertank installasie vind ons dat die tweede kraan se water loop saam met die een wat aangeskakel word - hoe gemaak om die tweede kraan se watervloei te stop? Dankie Philip

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2018 @ 20:06:18 pm
Proffie
Titanium Member
100% Profile Strength
Posts: 582
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 28 years

Philip

Watter wa het jy? As jy model kan noem, sal dit van hulp wees vir die tegniese ouens op die forum wat konstruktiewe raad kan gee.

(Ek is nie een van die tegniese kenners nie, ook maar 'n haak en ry ou)

Sommer ook watter wasbak?

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
05 Dec 2018 @ 21:10:49 pm
JohanMarais
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 04 Mar 2014
Experience: 29 years

Is die tweede kraan toegedraai?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 09:21:22 am
Chuck Norris
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 6451
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 36 years

Welkom op die forum.

Jy sal meer detail moet gee.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 10:33:17 am
Stephan
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 139
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 6 years

Stupid vraag - is die ander kraan oop of toe.

Ek het 'n geval gehad waar die ander een oop was en toe water deur gekry het

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 10:39:50 am
PhilipO
Bronze Member
51% Profile Strength
Posts: 7
Joined: 05 Dec 2018

Dit is 'n 2000 Palma. Standaard wasbak en grys kraantjie. Kraantjie op die wasbak is toegedraai maar die water kom steeds uit wanneer die ander kraan gebruik word. 

Wat betref my ander navraag oor die 195 bande - ons is tans by Supa Quick en ruil ons terug na 185 aangesien die spasie slegs 15mm meet en kan ons nie nou die spacers insit nie.

Dankie Philip 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 12:03:52 pm
Danie-SLK
Uranus Member
92% Profile Strength
Posts: 3269
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 41 years

Ek sou dink die 2e kraan seel nie mooi en met die nuwe pomp kon vuilgoed dalk deurgekom het wat nou daar vassit. Kyk mooi na die plek wat die 2e kraan moet seel as dit toe is.

Sou die spacers nie meer spasie aan die bokant gegee het selfs met die 195 bande?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
06 Dec 2018 @ 13:01:04 pm
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 10643
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 54 years

Dit is maar net die kraan wat nie mooi seel nie.  Ek self het nog nie een van daai krane sovêr uitmekaar gehaal om nou vir jou te kan sê hoe gemaak om daai seël te vervang nie.

Ek vermoed maar dis iets soos 'n "O" ring wat onklaar geraak het.  Dis regtig iets kleins.  Die wa is al 18 jaar oud so iets is moontlik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous