Ek is op soek na 'n kraan vir die wasbak in die badkamer. Wilk Emerald of soortgelyk asseblief.
Cas 078 399 9813
Cas as jy 'n foto plaas dan sal ek kan help soek. Andersins sal ek aanbeveel jy probeer Brits karavane. Hulle het altyd van die ou voorraad onderdele gehad.
Hulle kan dit dalk vir jou aanstuur.
As jy dalk nie 'n nuwe kraan kan kry nie en die oue se bedrading is al wat fout is, oorweeg dit om 'n drukskakelaar in die bedrading te sit. Ek moes dit doen toe ek nie 'n nuwe kraan vir ons vorige Sprite kon kry nie.
Die probleem is daar is 'n gedeelte van die kraan wat weg is.
Hier is die fotos. Dis 'n baie algemene kraan gevind in alle CI & Jurgens produkte.
Dankie vir die hulp.
Dit is algemeen hier by Campworld op die rakke. Hulle is net lig grys van kleur met 'n donkerder grys kleur kraan knop.
Sal 'n draai gaan maak en kyk wat prys hulle.
Leon, ek het reggekom. Caravan Doctor in Vanderbijl het vir my so 'n gryse gestuur vir R 250. Baie dankie vir almal se hulp.
Chapperig
Happy ending
Sorry Cas seen your picture of the tap now not the same as Jurgens mixer taps
Owen 0763994355 if you wish to call
het wasbak met kraan R300