English & Afrikaans Forums
Total Topics: 20 493
Total Replies: 218 565
Total Views: 81 875 785
topics: 10 489
replies: 118 975
views: 38 640 083
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Was die naweek in Gauteng, maar ai tog!

replies: 15
views: 256
14 Mar 2019 @ 14:58:06 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1550
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Ons het Saterdag van Ballito af opgevlieg Gauteng toe vir 'n tante se 90ste verjaardag. Dit was nadat ons Oktober verlede jaar hierheen verhuis het. Groot was ons skok en verbasing hoe die verkeer (Sondagmiddag vanaf Centurion na Alberton en weer Dinsdag van Alberton na OR Tambo) vererger het. Dit kan seker ons wees wat in die kort tydjie gewoond geraak het aan die rustige lewe in Ballito.  'n Mens sal seker weer daaraan gewoond raak as jy moet!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 16:34:38 pm
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1193
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Heindrich,

Mens pas geweldig vinnig aan.

Ons het dieselfde ervaring gehad toe ons uit die Rand uit Laeveld toe getrek het. Dit was stremmend om Pretoria of Johannesburg toe te gaan.

En dit is na 34 jaar in die laeveld en vele reise terug Rand toe steeds so.

As ons in Pretoria of Johannesburg ry, is dit spanningsvol. Ons is oop pad en beeste gewoond. Nie baie karre en taxis nie.

Ek waai maar vir almal soos in 'smile and wave' Sien ook die ouens groet gewoonlik eerste met een vinger, ek waai maar met al vyf terug soos ons mekaar op Malelane groet.

Ten minste groet die manne hier, al toet hy net!

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
14 Mar 2019 @ 19:57:57 pm
Bak oor
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1088
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Mens raak bobbejaansburg nooit gewoont. Daar is elke iets nuut op die paaie. Hoop nie daar is iets van jou gesteel terwyl jy hier was. Grap net.

Ek self het van Alberton na Ballito verhuis later weer terug getrek na Alberton. Dit was weereens n groot aanpassing en beslis twee verskillende wêrelde. Alberton is volgens my een van die beter keuses om te bly in sentraal Gauteng. baie sentraal gelee. Nie naasteby so hectic soos in die noorde. Mis Ballito geweldig en ek dink dit is dalk die beste vakansie bestemming in KZN kus gebied.

Rom 8 - 1&2
Daar is nou geen ververoordeling vir die wat in Christus jesus is
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 06:13:15 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek kry die mense wat van enige ander plek in SA af kom jammer as hulle hier moet kom bestuur.  Ek self beplan my tye so dat ek baie min van die verkeer moet verduur om by 'n plek uit te kom.

Ry eerder ver voor die tyd, of 'n heel wye draai.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 06:20:32 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12042
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Een van die redes dat ek nie vir n naweek kamp suid van Pretoria nie is die verkeer. Gelukkig is die meeste oorde wat in my smaak val Noord, oos en Wes van Pretoria.....hoef nie deur Jhb te ry nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 06:40:58 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Doen dit om dieselfde redes Geert.  Ons het twee keer deur Johannesburg gery om Suid te gaan kamp vir 'n naweek sedert 1999. Eenkeer was dit Karee Kloof toe met 'n Familie saamtrek en 'n ander keer Bloekompoort toe vir 'n Forum saam trek.

Dis dit. Ek ry slegs daar deur oppad lang vakansie toe in Natal of Suid kaap dan middel van die dag as die mense eindelik by hulle werke is. Dan is die verkeer so effe beter.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 06:42:05 am
Leon
Alpha Centauri Member
96% Profile Strength
Posts: 12290
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ons kla nou al en dis nog nie eers 'n 10de bad soos waarheen ons oppad is nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 07:09:35 am
Relaxed Camper
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 12042
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Ons kla nou al en dis nog nie eers 'n 10de bad soos waarheen ons oppad is nie.

Miskien vra ons een van die dae op die forum vir oornag plekke tussen Pretoria en BelaBela weens die lang rit oor swak paaie🙂

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 08:21:12 am
Hein
Silver Member
70% Profile Strength
Posts: 50
Joined: 16 Nov 2013
Experience: 41 years

Hallo Heindrich, ons was juis laas naweek by die kinders (kleinkind-ook Heindrich,het verjaar)in Ballito.

Kontak my asb by hein@10uit10.co.za dat ons kan gaan melkskommel drink wanneer ek weer afgaan.

Nogal jaloers op almal daar

Groetnis

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 08:56:51 am
Dansan
Platinum Member
96% Profile Strength
Posts: 288
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Julle ouens moet sien hoe het die Strand en Somerset Wes die afgelope tien jaar verander van heerlike kusdorpe na die gatlikste plekke denkbaar. 15 duisend nuwe huise. 30 duisend nuwe karre. 10 duisend nuwe kinders. En geen aandrang op sonpanele of water-tenke vir elke huis nie. Stadsbeplanning is dood, morsdood. Ek woon in die Strand en moet 6km na my kantoor in Somerset Wes ry, elke dag. Ek ry op ongewone tye anders staan ek stil tot by die huis.  

As jy die perfekte dorp vind, moenie daar gaan woon nie, jy gaan dit opvoeter.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 09:11:00 am
Skolopad
Gold Member
70% Profile Strength
Posts: 239
Joined: 28 Feb 2018

The trick is ask peoplw where they are traveling over a specific period, then go the opisit direction, no trafic , very littel incorrect noise, aaaaah perfect

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 09:59:10 am
Proffie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1193
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Hallo Heindrich, ons was juis laas naweek by die kinders (kleinkind-ook Heindrich,het verjaar)in Ballito.

Kontak my asb by hein@10uit10.co.za dat ons kan gaan melkskommel drink wanneer ek weer afgaan.

Nogal jaloers op almal daar

Groetnis

Vertrou dit sal mooi skoon melkskommel wees met smaakmiddel na smaak.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 10:39:12 am
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1568
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

Kyk, om hier in GP te ry, moet jy 'n gebore padvark wees, andersins bereik jy nooit jou bestemming in tyd nie.

Seker hoekom ons ook so humeurig islaughing.

Byvoorbeeld: As ek by Grey ave in Alberton op die snelweg klim werk toe sonder verkeer, neem dit my gewoonlik so 10-minute om by die werk in te trek.

Vanoggend het dit my bykans 'n uur geneem. Sodra jy by PPC sement op die snelweg vasval, dan sit jy en moet maar geduldig wees omrede daar geen ander uitweg is nie, maar dan kry hierdie ''Hooter Bussies'' wat blatant die pad reels verontagsaam en glo die geel lyn is slegs daar geplaas vir hulle.

Vanoggend het ek oor as genoeg gehad daarvan. Omrede ek sien, ek is alreeds laat, dink ek maar toe dat dit tyd is om te speel met die ''Hooter Bussies''.

As ek sien een kom in die geel lyn afgejaag, beweeg ek daarin en sit my hazards aan sodat die oudste dink dit is 'n stilstaande gebreekte voertuig. Naderhand het daar so 4 bussies agter my gestrand gestaan omrede hulle in die geel lyn wou ry en nou is daar nie uitkom kans nie omrede ander motoriste hulle nie die gaping wil gee nie, want ek kan mos nie ry nie, my voertuig is per ongeluk stukkend en ek weet nie om hom aan die gang te kry nielaughing

No More............?
No More............?
No More............?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 13:46:46 pm
Fred
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2032
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years

Ja Dennis, Gauteng is maar 'n ander plek.  Ek het die eerste 26 jaar van my lewe daar deurgebring en toe was die verkeer al erg.  Nou, meer as 40 jaar later, is dit nog erger.  Tot onlangs moes ek so 'n paar maal per jaar daarheen ry vir vergaderings, en dan was ek elke keer bitter dankbaar dat ons 43 jaar gelede besluit het om Pietersburg toe teverhuis.  Mense wat altyd kanse vat omdat hulle dink hulle tyd is belangriker as die res, maak my ook woedend.  In Engeland wys die oorhoofse kennisgewingsborde op snelweë as daar probleme vorentoe is.  Dan word motoriste aangeraai om hulle spoed te vermider tot sê 40 m/u en om in jou baan te bly- en sowaar- alle voertuie se spoed neem af en almal bly in hulle baan, en die verkeer bly beweeg.  Hier, as so 'n aanbeveling kom en motoriste reageer daarop, sal talle ander net eenvoudig die gapings vat en uiteindelik 'n bottelnek by die probleemarea veroorsaak en almal tot stilstand dwing.  Wanneer gaan Suid-Afrikaanse bestuurders tog volwasse word?

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 13:51:36 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1550
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Fred.....hulle gaan nooit verander nie!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Mar 2019 @ 15:05:17 pm
DK
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1568
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 17 years

'n Ander metode om vinniger deur die verkeer te kom of te vermy, is om die ''App'' genaamd ''Ways'' te download op jou foon.

Soms neem dit omdraaie wat gery moet word om verkeer te mis, maar tenminste bereik jy jou bestemming vinniger as om kort pad te neem en vir ure in die verkeer vas te sit.

Dit wil net voorkom of die verkeer al hoe meer en meer daagliks raak.

Toe daar nog veiligheid was om gebruik te maak van publieke vervoer, was dit 'n plesier gewees om op 'n trein te klim en rustig te sit tot en met jou bestemming.

Ek onthou nog toe ons woonagtig was in Pretoria, het ek my vakleerlingskap by Transnet (Spoorweg) gedoen te City Deep, JHB en het daagliks heen en weer gery met die trein sonder probleme.

So ook toe ek op JHB kollege was, het ek rustig op die destydse metro blits trein geklim en binne bykans 'n halfuur was ek op JHB stasie.

Deesdae as die treine nie ongelukke maak nie, word jy aangerand of vermoor vir 5 cent en dan gee hulle nog kleingeld ooklaughing.

 

 

 

 

No More............?
No More............?
No More............?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required