https://www.netwerk24.com/Nuus/Hof/uitspraak-oor-regulasies-van-inperking-verwelkom-20200602
Ek kan nie die berig lees nie....moet intekenaar wees
Vertel ons wat die berig sê.
Berig ook op Maroela Media. Wat die uitspraak se is die afsonderingsreels onder vlak 4 en 3 is ongrondwetlik maar sal vir nog minstens 14 dae in werking bly. Die uitspraak raak nie die die verkope van tabakprodukte nie.
Halooooooo almal, ek was weg vir sewe weke, het van die inperking gebruik gemaak om skaamteloos op my rug te lê en min te doen nadat ek 'n gruwelike rug-operasie gehad het.Hopelik haak ek daai karavaan op 01 Augustus, en dan gaan daai pad @#$% !
Ek is nie verbaas oor die hof-uitspraak oor die feit dat 'n "onwettige inperking" nog kan aangaan vir 14 dae nie.
Die regering het in Maart bloot gereageer op wat die wêreld as 'n tussentydse maatreel aanvaar het vir iets wat totaal onbekend en buite beheer is. Of die inperking (wêreld-wyd) wel in 'n doel geslaag het sal ons eers oor 'n paar jaar weet, maar IETS moes gedoen word, al was dit 'n blote eksperiment. Kan jy jou indink oor die honderde miljarde se eise wat kan volg noudat die KONSTITUSIONELE HOF aangekondig het dat die miljarde wat verloor is deur besighede die staat se skuld is? Daar MOET 'n gevolg wees (reuse eise) omdat die land aanvanklik vir drie weke ingeperk was en daarvoor voorberei het. Daar MOES na drie weke toegelaat gewees het dat die land WEER kan voorberei vir n langer tydperk.
Ek dink die regter het hom vervies omdat die vet tannie te arrogant was om haar hofstukke behoorlik aan hom te lewer.
Na alles is ek verbaas dat hierdie land se mense wat eie denke het, eie diskressie het, TOEGELAAT het dat hulle soos kinders behandel was.
Die kabinet sal 'n verklaring uitreik sodra dit die uitspraak bestudeer het.
Ek lees vanoggend die noodsituasie wat deur die regering verklaar is, eindig in die middel van Junie. As dit nie verleng word nie, verval alle regulasies dan. Waarskynlik sal dit wel verder verleng word.
Ek dink hulle moet nou eers tot verhaal kom. Dan moet hulle n tolk kry om dit vertaal. Dan word n regs span ingespan. n Tolk moet vir hulle ook gekry word. Dan moet die regspraak vertaal word terug in dokument vorm. Dan raak die dokumente weg en weereens moet hulle weer tot verhaal kom. Dan moet n paar miljoen van ons tax geld gevat word vir regskostes. Dan weer allesv van voor. So die is n baie ingewikkelde proses, So ek dink dit kan nog hele ruk vat. Wees maar geduldig.
Die regering het alreeds gesê hulle teken appel aan. Dit sal 'n ruk neem om gehoor te word. Indien die reg tot appel dan toegestaan word volg nog 'n veredere vertraging voordat die appel self aangehoor word.
Indien suksesvol - back to square one en glimlag die uiters geliefde tannie dokter. Indien onsuksesvol apelleer hulle na die konstitusionele hof. Wanneer hulle eendag 'n datum vir daardie appel kry is daar lankal 'n entdtof beskikbaar en is ons almal al in ge-ent en is die inperkings in elk geval nie meer nodig nie, terwyl wyd verspreide armoede en ellende volg.
Die noodsituasie is nou verleng tot 14 Julie en dit kan blykbaar maand tot maand verder verleng word indien nodig so die einde is nog nie in sig nie.
Ek sal die dood voor inenting kies.
Beslis gaan ek nie die merk van die bees dra.
Die regering het alreeds gesê hulle teken appel aan. Dit sal 'n ruk neem om gehoor te word. Indien die reg tot appel dan toegestaan word volg nog 'n veredere vertraging voordat die appel self aangehoor word.
Indien suksesvol - back to square one en glimlag die uiters geliefde tannie dokter. Indien onsuksesvol apelleer hulle na die konstitusionele hof. Wanneer hulle eendag 'n datum vir daardie appel kry is daar lankal 'n entdtof beskikbaar en is ons almal al in ge-ent en is die inperkings in elk geval nie meer nodig nie, terwyl wyd verspreide armoede en ellende volg.
Bak oor well done had some difficulty to tell the difference between bees and beast
Bak oor, sou jou opmerking verskil het indien ek in plaas van in-enting na immunisering verwys het?
Bak oor, sou jou opmerking verskil het indien ek in plaas van in-enting na immunisering verwys het?
Ek vertrou niks. Ek en vroutjie het vir die eerste keer ooit hierdie jaar n griep inspuiting gevat. Daarna bietjie opgelees en uitgevind dat die 2020 moontlik n kleurlose ink bevat wat jou wel kan identifiseer. Ook dat as jy die griep inspuiting gevat het jy moontlik positief kan toets vir ons nuwe bedreiging.
Nou die kan alles stront stories wees maar dis op die net beskikbaar en dis frightening. Nooit weer n griep inspuiting niks twak weer vir my. Ons land het nou weer so Dertig duisend toets kits van China gekry, van China. Ek weier om getoets te word so langs die straat. Almal lieg en bedrieg niemand en niks kan jy glo. Ons lewe in n bose wereld so ek loop lig vir alles en dankie vir my hemelse Vader en sy genade wat ek sy beskerming geniet. Sy wil nie myne, alles wat God doen en toelaat met sy kinders is goed en ek is gelukkig daarmee.
Die gerug oor die entstof kom waarskynlik van Amerika af. Intentifisering vir wat? Saamesweringsteorieë is 'n algemene stokperdjie by hulle. Ek is reeds oor 70 en my vrou naby daaraan en ons kry jaarliks die griepinspuiting en het jare laas griep gekry- verkoue wel. Dit is dalk net 'n werklikheid dat jy die dood verkies as jy nie die inenting kry nie.
Ek is kleintyd inge-ent en in gespuit en soos skape in ‘n ry gestaan by die skool om die polio inenting in ons kele gespuit te kry net soos met skape. My nefie is in die ysterlong dood, en ons bure se seun het die lewe ingegaan met ‘n kruk en ‘n polio beentjie.
Ek vertrou op die medici, nie die sosiale media nie.
Ek is van mening dat voorkoming beter is as genesing, en dat die goeie Vader vir ons die keuse van die mediese wetenskap gegee het om tot ons voordeel te benut - die wat verkies om hulle vertroue daarin te stel.
Polio inentings in Amerika word ook nou deur oningeligtes beswadder omdat dit glo tot outisme sou lei, wat nie waar is nie. As gevolg daarvan laat sommige ouers nou nie hulle kinders inent nie, en van hulle kry wel die siekte. Ons het van kinderverlamming gepraat. Neewat, enigiemand kan enigiets op internet publiseer en baie mense glo dit sondermeer al weet hulle nie eers wie die gerug geskep het nie. Mense is geneig om te glo dat as 'n stelling verskeie kere herhaal word, moet dit seker die waarheid wees. Ek stem met Pieter saam.