English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 307
Total Replies: 250 380
Total Views: 83 153 050
topics: 11 433
replies: 137 648
views: 39 291 254
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Wanner trek n mens die streep?

replies: 20
views: 506
24 Feb 2020 @ 08:40:01 am
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 350
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Ek vind dit baie interessant om te lees wat almal koop en gebruik wat met die karavaan of kamp te doen het.  Dit sluit in as die karavaan by die huis staan (gestoor word) en as karavaan by die kampplek staan. Dit laat my terug dink aan die dae wat ons nog gekamp het met n "pad" karavaan en al die goed wat ons saam gevat het. Al die goed moes natuurlik in die karavaan gepak word. 

Ek het tot 2004 n "pad" karavaan gebruik. My laaste twee karevane was n Fleetline XL en a Classique. In die Classique n Ingeboude microwave, radio, stort / wasbak met warm water (die stort nooit gebruik nie) , toilet en al die ander nice goed wat dit maklikker gemaak het.  Dan was daar al die goed vir buite -  tafels, tafeldoeke, rake wat teen die karavaan hang. Braaipan, urn, twee plaat stoof, ligte wat die hele kamp kan verlig, fietse / speelgoed vir die strand vir die kinders. Daar was nog baie aander goed  wat saam moes gaan om die familie en  vriende wat saam kamp te impress (ingesluit buurman). Dit het langer gevat om al die fancy goed weg te pak as wat dit gevat het om die tent / canopy en karavaan op te slaan.  Dit was altyd n baie lang proses (op n goeie dag ongeveer 1.5 uur) om net weer die karavaan gehak te kry reg vir die pad huistoe. 

Toe reel ons ons eerste trip na Namibia en besluit om dit sonder die karavaan te doen. Het dit gedoen met n venter sleepwa en met net die nodige goed.  Kamp opslaan was maklik en vinnig elke dag. Ons het op die trip besef dat n mens kan met minder klaarkom. Dit is waar ons die spreekwordelike  "streep in die sand getrek" het. By die huis gekom en besluit om die karavaan te verkoop en n 4x4 sleepwa aangeskaf.  En weer  later verkoop en n Bushlapa Boskriek aangeskaf.

Ek weet, dis nie vir almal nie want elke kamper doen wat vir hom lekker is.  Maar, dis nou al 15 jaar wat ons sonder die fancy karavaan en al daardie gadgets oor die weg kom.  Kamp opslaan het verander van ongeveer 1.5 uur tot n maksimum van 20 min.  Maar, meer belangrik, ons kamp ewe lekker langs n dubbel wiel Jurgens op  Hartenbos as langs die Chobe revier in Botswana.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 09:01:52 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Dit hang eintlik maar af van waar en hoe jy daarvan hou om te kamp.  Ons geniet bv die gemak van ons Maia.  Maar neem ook baie min ekstras saam.

Behalwe vir twee stoele, 'n tafeltjie en 'n kamp kassie het ons nie meer al die goed wat ons in die verlede saam gekarwei het nie.  Mens se behoefte verander.  En ek glo ons behoefte gaan weer verander in die toekoms as dit vir ons beskore gaan wees om permanent te kamp soos ons beplan.

Dit het ons gesien verlede jaar by die Eiland.  Die Oomies en Tannies het hulle self darem baie gemaklik daar ingerig vergeleke met ons 2 stoele, 'n tafel en kamp kassie onder die rally.

Ons sal maar sien wat die toekoms inhou.  Tans is die streep in die sand vir ons 'n pad wa met baie gemak en baie min buite wat saam gery word.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 10:21:52 am
Shirundu
Bronze Member
92% Profile Strength
Posts: 37
Joined: 20 Jan 2020
Experience: 33 years

Piet jy slaan nou die spyker op die kop. Ek het die karavaan oorlaai en so ook die bakkie om agter te kom ons gebruik nie die helfte van die goed nie. Ook verlede jaar die Exclusive ingeruil op 'n boskaravaan en besluit hier is die 'streep in die sand". In plaas van 4 stoele net 2. 4 tafels word ook net 2. Die swaar braai bly by die huis en gebruik die kamp s'n of in die veld op die grond. 'n Hele kas elektriese toebehore het plek gemaak vir een verlengkoord en 'n buitelig. Lang storie kort....... ons kamp nou net ligter nie maar ook gemakliker.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 12:03:30 pm
Jaco van Rooyen
Silver Member
77% Profile Strength
Posts: 94
Joined: 20 Feb 2017

Ons streep word maar vir ons getrek deur ons finansies of eerder die tekort daaraan : (

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 12:16:21 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2020
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Soos Leon sê ek ook dit hang af van hoe jy daarvan hou om te kamp.  Ons drie kampvriende het almal BushLapa boswaens en hulle geniet hulle Namibië en Botswana kuiers. Nogtans kamp ons altyd heerlik saam, veral in die Kruger Wildtuin of die ander nasionale parke. Ons geniet ons Exclusive tot die uiterste toe en verkies om nie op hierdie stadium van ons lewe in Namibië en Botswana te kamp nie.  Ons wil met niks anders as ons Exclusive kamp nie en maak 99% van diie kamp kere net gebruik van ons "rally"-afdakkie met kante.  Die "rally" slaan maklik op en af en ek doen dit sommer self  -  gewoonlik tot 6 keer op- en afslaan by ses verskillende ruskampe in die Kruger Wildtuin binne een maand !  En, as ons kampmaats met hulle BushLapas saamkamp, is hierdie outoppie gewoonlik eerste klaar op- of afgeslaan.

Oppad Kruger Wildtuin toe en weer terug, slaap ons vier keer oor (elke 500km) en haak nie eers die wa af nie.

So slaap ons oor - niks onnodig nie :-

En so kamp ons in die Wildtuin  -  4 stoele, 4 staan skinkborde, skottelgoedrak en vrieskassie  -  niks onnodig nie.

Die punt wat ek probeer maak, jy het nie noodwendig 'n boswa nodig net om met die nodigste goed te kampeer nie, jy kan dit netso goed doen met 'n teerpadwa.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 12:43:20 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Len, wat elke ou saam vat hang maar van sy behoeftes en die duur van sy kamp. Ons kamp vir n' maand of meer op n' slag en dan vat ons maar van die gerief items saam en dan vat dit etlike uure om op en aff te slaan. Ons begin so dag voor die tyd om aff te slaan en vat dit rustig. Laas in Pilanesberg het ons vir 5 dae gekamp en ons het net die rally dak opgeslaan grond seile, met twee tafels, hang rakkies en twee stoele. Toe dit begin hard reen gaan sit ons binne in die woonwa en gesels tot 1:30 die ogend.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 12:57:06 pm
Lennie
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2020
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 51 years

Paul, dis presies wat ek en Leon sê : elke persoon kamp soos hy daarvan hou en wat sy behoeftes is.

My eintlike punt was (jammer, ek herhaal myself), jy het nie nodig om jou padwa met 'n boswa te vervang om met minder goed te kamp nie, jy kan goed regkom met minder goed in jou padwa as jy dit sou verkies.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 13:06:07 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Reg so Len. Die grooter woonwa soos n' Exclusive en Maia gee die moontelikheid om meer dinge saam te vat as jy will. Dus volgens my meer geskik vir gerieflike/lukse kampeer.

Ons beplan om na Junie n' toer deur Botswana en Namibie met die Exclusive te doen. Ons gaan ook n' tent saam vat vir waneer ons vir n' paar dae wild camping op 4x4 paaie will doen. Die Exclusive sal ons basis kamp wees wat net teer paaie gaan ry. Ek was al etlike keere in Botswana, ook al daar gevlieg. Nog nooit in Namibie nie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
1
24 Feb 2020 @ 13:43:06 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Kyk moenie 'n fout maak nie. Dit sal lekker wees om op die afgelee plekke te kamp. Maar ons geniet die gemak van die Maia so dat ek hom nie maklik sal verruil vir 'n Bushlapa of Explorer nie.

Ek sleep my wa op grond paaie teen stap spoed.  Nie sommer verder as 3km nie.  Dan gaan dit nie oor die kondisie van die pad nie maar die tyd wat dit my vat om die 3km stap spoed te sleep.  Langer as 3km is die tyd op die grond pad amper langer as die tyd op die pad van die huis tot by die grondpad net.

Die 3km is maar my streep in die sand anders sou ek ook met my wa by Onverwags, Maningi manzi en Waterberge oord gaan kamp het as voorbeeld.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 13:53:55 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Reg so Len. Die grooter woonwa soos n' Exclusive en Maia gee die moontelikheid om meer dinge saam te vat as jy will. Dus volgens my meer geskik vir gerieflike/lukse kampeer.

Ons beplan om na Junie n' toer deur Botswana en Namibie met die Exclusive te doen. Ons gaan ook n' tent saam vat vir waneer ons vir n' paar dae wild camping op 4x4 paaie will doen. Die Exclusive sal ons basis kamp wees wat net teer paaie gaan ry. Ek was al etlike keere in Botswana, ook al daar gevlieg. Nog nooit in Namibie nie.

Maat van my het nou Desember met sy exclusive in Namibia gaan rond ry. Hy reken amper geen grondpaaie maar amper in Trane oor hoe sy wa veniel het met omtrent alles wat Los geskud het. 

Dit was sy eerste besoek aan Namibia en hy verseker my nooit weer wat n jammerte is want Namibia is die beste vakansie in die suidelike halfrond 

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Feb 2020 @ 14:14:28 pm
Piet Ford
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 350
Joined: 05 Apr 2019
Experience: 34 years

Ek verstaan dat daar baie op die forum is wat al op pensioen is (sal nog daar kom oor so 3 tot 5 jaar). Daarom sal daar meer goed saamgaan om dit vir n lang bly (kamp) gemakliker te maak.

Vir die van ons wat nog vir n paar dae of vir n week of drie gaan kamp, wel dis waar ek die streep getrek het met alles wat saamgaan en nie nodig is nie of nooit gebruik word nie. 

As n mens begin kyk na 4 duisend plus km in n twee tot 3 weke trip, dan wil n mens net die nodige saamvat. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2020 @ 07:04:44 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ons is so kies keurig wat ons saam vat dat ons selfs 'n menu uitwerk al is dit net 'n kort naweek.

So koop ons nie onnodige kruideniers ook nie.  Net die nodigste.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Feb 2020 @ 08:12:00 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9557
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Vat net die nodige saam.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 16:50:40 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Maat van my het nou Desember met sy exclusive in Namibia gaan rond ry. Hy reken amper geen grondpaaie maar amper in Trane oor hoe sy wa veniel het met omtrent alles wat Los geskud het. 

Dit was sy eerste besoek aan Namibia en hy verseker my nooit weer wat n jammerte is want Namibia is die beste vakansie in die suidelike halfrond 

Bak Oor ek sal graag met jou vriend gesels. Is die teer paaie so sleg? Ek verneem hulle is goed? My no is : ou ate one for too zero two times ate too sex.

Grond pad sleep ek soos Leon, stap spoed. Ek het nog geen skade gekry nie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 17:31:51 pm
JeffA
Gold Member
88% Profile Strength
Posts: 106
Joined: 31 Jul 2019
Experience: 1 year

Ek glo nie ek ek vrou kan beskuldig word van te veel goed saamvat nie. (Moet byvoeg ons is op die stadium naweek en langnaweek kampers)  Opslaan 20 min, afslaan 15 min.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 17:53:45 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1446
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Jeffrey, dit is die beste manier om te kamp. Toe ons gekamp het vir kort tye het ons ook so gemaak. 15 min om kamp op te slaan. Dit is perfek en daar is geen te kort nie.

Nou as ons vir n' maand of meer kamp en ons bou n' woonhuis en my buurman kom gesels en hy vra hoe lank ons kamp dan geniet ek dit verskiklik om vir hom te se ons vertrek oormore, dit is nou maar die duiweltjie in my. Sy mond hang oop en hy se, RERIG?

Die kar is om die wind te block,

My buurman i Tshipise, fireman Johan, en famielie was NIE lus om kamp op te slaan nie. Hy het hulp gaan soek :) :)

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 18:14:36 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

By ons hang dit baie af hoe vuil alles geword het oor die naweek. Ons vat self nie baie saam nie, maar as toerusting bietjie vuil is, vat dit ons seker maklik 2 ure om op te slaan.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 21:30:51 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Ons her rangskik gereeld en raak ontslae van alle oortollige goed anders eindig mens in 1ste rat op teen die operandes  uit. Toe ons nou terugkom van Dolphin af het ek alles uitgepak en toe weer van die oortollige goed wat nie gebruik was nie ontlae geraak. Nou gaan ons weer Paas naweek in 5de rat sleep en chop,chop kamp opslaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Feb 2020 @ 21:57:11 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 348
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 35 years

Ons her rangskik gereeld en raak ontslae van alle oortollige goed anders eindig mens in 1ste rat teen die opdraandes  uit. Toe ons nou terugkom van Dolphin af het ek alles vir skoonmaak uitgepak en toe weer van die oortollige goed wat nie gebruik was nie ontlae geraak. Nou gaan ons weer Paas naweek lekker in 5de rat sleep en chop,chop kamp opslaan.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 06:48:19 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17161
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Jeffrey, dit is die beste manier om te kamp. Toe ons gekamp het vir kort tye het ons ook so gemaak. 15 min om kamp op te slaan. Dit is perfek en daar is geen te kort nie.

Nou as ons vir n' maand of meer kamp en ons bou n' woonhuis en my buurman kom gesels en hy vra hoe lank ons kamp dan geniet ek dit verskiklik om vir hom te se ons vertrek oormore, dit is nou maar die duiweltjie in my. Sy mond hang oop en hy se, RERIG?

Die kar is om die wind te block,

My buurman i Tshipise, fireman Johan, en famielie was NIE lus om kamp op te slaan nie. Hy het hulp gaan soek :) :)

Daai mense op onderste foto...dis 5 minute se oppak....net ingooi, want lyk nie of hul veel sal worry nie 🤔

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Feb 2020 @ 07:08:05 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek ken ook mense wat glad nie worry oor die kondisie van hul kamp uitrusting nie.

Druk net in en daar gaat hulle.

Ek vee ook alles af voordat ek dit bêre.  Dan is dit 100% skoon en reg vir gebruik die volgende keer.

Die tent penne van my 2000 model Penta het bv geen roes opgehad nie na 11 jaar se gebruik toe ek die wa in 2011 verkoop het.  

Soos wat mens kamp sal jy jou self vinnig uitsorteer oor wat kom saam en wat bly by die huis.  Die rakke in my garage is so ingerig.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za