English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 522
Total Replies: 252 732
Total Views: 83 244 925
topics: 87
replies: 1 763
views: 192 736
Share your best or worst experiences to help others out.

Walvis roete gestap

replies: 10
views: 2184
25 Apr 2017 @ 18:37:22 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Dagse,
Gister terug van die Walvis staproete by Potberg in de Hoop natuur reservaat.
5 dae, en nie te ver elke dag nie, maar tog het die ou lywe dit gevoel. Wat die stap gemaklik maak is dat jy net met dagsak stap, jou krat met slaapsak en eetgoed word elke dag na die volgende oornaghut vervoer. Daar is hout, rooster,warm storte, gasstoof met genoeg kombuis gerei. Dan kan jy n koelboks met vleis en drankies in ook saamgebring. Regtig lekker om elke middag ietsie koud te geniet, en n vleisie te braai elke aand.

Daar is n kampeerterein by de Hoop, langs n vlei. Die gaan beslis besoek word, het nie eers van die een geweet nie, dit is onder Cape Nature se bestuur. Grondpad soontoe lyk net bietjie grof op die oomblik.

n Foto van Vaalkrans hut, jammer dit is sleg uit fokus, maar die wat van baie naby die see slaap sal dit geniet.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2017 @ 21:21:13 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years
Lyk na n fantastiese ervaring te wees...laaik daai fotos👍
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2017 @ 07:30:21 am
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

Ek glo dit was seker baie lekker, Herman.   So, maak jul eers brekfis by die hut voor jul begin stap of dra jy kos saam met jou?   Hoeveel ure stap jy van die een hut na die ander?   En hoeveel mense altesaam stap saam?    Pragtige kliphuis daardie.    Ek haal my hoed af vir jou, jy sien nog kans vir baie.   Mooi man!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2017 @ 08:10:41 am
pwven
Jupiter Member
85% Profile Strength
Posts: 1859
Joined: 03 Jan 2015
Experience: 56 years

Dit moes seker baie lekker gewees het Herman. Die fotos lyk soos skilderye.

Geniet die lewe so lank as jy kan
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2017 @ 09:49:03 am
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Staan op sodra son opkom, saans is dit maar vroeg bed toe. Sluk n koffie en beskuit, ons braai so ekstra worsie of tjoppie vir brunch langs die pad.
Freda, agv die terrein, wat plekke maar klouter is, berg op, berg af,sagte sand etc, vorder mens net sowat 2km/uur. Dit is nou die groep se spoed, mens loop saam, en stap gemiddeld sowat 4 tot 7 uur per dag. Res van tyd stop en bewonder mens die omgewing.
Ons was 4 wat gestap het, ander pelle kon dit nie maak nie. Minimum is n groep van 6 maks 12.
Freda, my ou maat van 68 het saamgestap, dit was somtyds bitter vir hom. Ons kom van jongdae af saam, met menige stap agter die rug, nou met 2 heupvervangings later en opgebruikte lyf raak dit moeilik. Die ouderdom haal ons nou vinnig in.
Wil nog se, ouma Von was n yster !!! Kort bene en al.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2017 @ 12:53:39 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2830
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 42 years
Klimk heerlik Hermam,
Bly jul kan jul drome beleef...
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2017 @ 14:18:45 pm
FredaD
Pluto Member
85% Profile Strength
Posts: 4706
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 2 years

'n Mens moet baie respek hê vir iemand wat 2 heupvervangings gehad het en bereid is om dit te doen.   Sê vir Vonnie ek is trots op haar ook.   Opdraende is seker die moeilikste.  En sagte sand is ook nie maklik nie.   Bly julle het dit geniet.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2017 @ 18:18:10 pm
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4737
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 35 years
Lekke Herman daar word n mens weer jou self
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
29 Apr 2017 @ 10:47:24 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9760
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Lekker Herman.
Groete.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Apr 2017 @ 17:08:59 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2558
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 50 years
Vanoggend saam n vriende oor die Swartberg gestap om te gaan loer hoe die pas lyk.
Wel, daar is net een woord. Tussen eerste water en Prince Albert is daar n gedeelte van die pad wat heeltemal weg is.
Ongelooflik om te sien die massiewe klippe wat rondgestoot is.
In my beskeie mening gaan die pad vir baie lank gesluit wees, maar wil byvoeg, dit was heerlik om die roete deel met net bergfietsreiers en stappers.
Kyk mooi op foto, die pad stop waar die 2 staan, rivier loop nou waar pad was.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2017 @ 20:31:12 pm
Estelle
New Member
37% Profile Strength
Posts: 1
Joined: 18 Jun 2017
Hallo Herman

Is daar 'n yskas in die oornag hutte?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za