English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 490
Total Replies: 234 713
Total Views: 82 538 082
topics: 1 129
replies: 11 555
views: 4 810 130
Jokes and everything else that makes you laugh

Waarskuwing - Ouers van dae en minder oues!!!!!!

replies: 20
views: 3557
07 Sep 2016 @ 11:42:48 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Graag wil ek mense waarsku om naby 'n stopteken verby te stap.

My onaangename ondervinding. As jy dom EN oud is moet jy voel.

Ek stap by die stopteken by Leo Haese in Centurion verby(systraat by ingang na perseel). Sien nie die stopteken en nog nie my bril op nie. Vandag se tekens se hoeke is so skerp dat mens lelik gesny kan word. So gebeur dit dan dat ek my kop stamp. Ek voel soos mens maar maak en toe ek na my hand kyk is dit net bloed. Die wag by die hek sien dit en probeer dadelik pleister kry nadat hy vir my 'n nat waslap gegee het.

Daar staan mens en orals op die plaveisel is bloed. Eers dog ek dit sal ophou. Na so 5 min kom die wag weer om vir my te se hy soek nog pleister. Ek vra toe net vir toiletpapier wat ek op my kop kan vasdruk en huis toe ry. Dit doen hy en ek is daar weg.

Nou in hierdie hele tyd ten aanskoue van die personeel by die firma (verkoopslokaal) kom niemand om te hoor wat het gebeur nie. Dit terwyl ek met my kop onderstebo staan. Self personeel wat by die "boom" moes wag dat die hekwag trugkom. Dit is die tydvlak wat ons in leef waar min mense betrokke raak in iemand anders se wel en wee.

Toe die sny van 7cm weer begin bloei na 2ure toe is ek maar DR toe. Die sny was tot op die been en as mens bles is help natuurlik nog minder :)

Ek plaas hierdie insident dat ons tog versigtig moet wees vir die skerp hoeke by 'n stopteken.

Groete.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 12:43:26 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Dankie vir die waarskuwing, Danie.   As jy ouer word, is jy meer bedag daarop om te kyk waar jy loop en trap, dus meer grondlangs as bo-langs.  'n Onverwagse trappie of gat in die grond kan jou laat val en 'n been of, erger, heup breek.   Dit wys net, jy moet maar boontoe ook kyk vir onverwagse dinge.

Jy is ook reg, mense is deesdae baie traag om iemand tot hulp te kom.  Daar is darem nog mense wat, veral kinders en ouer mense, sal help.  Jy was net ongelukkig so een was nie daardie dag naby nie.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 13:17:18 pm
Karel
Platinum Member
77% Profile Strength
Posts: 357
Joined: 17 Mar 2015
Experience: 44 years

Danie, ek moet sê jy het 'n sin vir humor. Jy plaas dit in die comedy corner.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 13:24:49 pm
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Jy is nie alleen nie Danie.

Ek loop eendag kar toe by die Ultra Shell in Blemfontein en hou 'n Merc wat aan kom dop - die bestuurder wys ek kan maar oor stap en toe loop ek my disnis teen die stop teken - gelukkig nie teen die kant nie. Natuurlik kraak my vrou haar omdat ek in so 'n groot pad teken vas loop.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 13:27:09 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 830
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Dankie Danie vir die waarskuwing. Ek vind dat as n' voorwerp op omtrent oog hoogte is loop jy maklik daarin vas. Tipies soos n' stop teeken, of soos onlangs met my gebeur het, n' oprol garage deur wat nie heeltemaal oop is nie. My vrou het ook gedink dat dit baia snaaks is, die deur is dan so grooooot. Mens is genyg om meestal op die grond te kyk terwyl jy loop.

Ons stap gereeld in die KNP en dit word altyd deur die veld wagter tot jou aandag gebring dat jy voor jou moet kyk, sodat jy gevaar kan sien aankom. Dit is maar n' menslike neiging om te kyk waar jy jou voete neersit.

Die, nie-betrokke houding kom van die gevaarlike omstandiheed waarin ons dees dae bevind. Daar is so veel gevalle dat emotioneele lokvalle deur boewe opgestel word en mense beroof en/of vermoor word.....baia traagies.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 13:39:36 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Jy is nie alleen nie Danie.

Ek loop eendag kar toe by die Ultra Shell in Blemfontein en hou 'n Merc wat aan kom dop - die bestuurder wys ek kan maar oor stap en toe loop ek my disnis teen die stop teken - gelukkig nie teen die kant nie. Natuurlik kraak my vrou haar omdat ek in so 'n groot pad teken vas loop.

Karel dit kon mos verhoed word en ek kan nie die teken vloek nie. - hahaha

Soos Paul hierbo se loop ek ook met tye teen my oprol garagedeur vas as ek self so stupid was om hom te stop voor hy self stop as hy heeltemal oop is. Soos mens ouer word moet mens maar gewoontes aankweek in hou en wat en waar mens dinge doen.

Dis een groot MOET is dat mens sleutels altyd op dieselfde plek neersit anders gaan mens heeldag soek. Dis nie 'n grap om oor 50 te wees nie :)

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 13:44:45 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Danie ja 'n kop wond bloei baie, en dit is moeilik om die bloed te stop. Ek weet presies waarvan jy hierbo praat.

Om my kop te stamp is basies deel van my lewe. Vernaam as ek 'n pet drae om my bles teen die son te beskerem, dan misgis ek die hoogte van eits en loop my dat my nek in my skouers in druk, dan loop die bloed op my kop. En almal vernaam Janet en my seun dink ek is 'n clown.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 14:04:30 pm
Tom Sainsbury
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 437
Joined: 03 May 2016
I seldom get through a holiday without bumping my bald head on the top of the caravan door. It has been my way for as long as I can remember.
It is one of the very few things that makes me instantly angry (like biting my cheek).

Come to think of it, road signs should be designed & placed in such a way that they are not hazardous to pedestrians.
I know that my redeemer lives.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 14:10:38 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2051
Joined: 31 May 2014
Experience: 52 years

Danie ek is bly oor hierdie draad. Gedink dit is net ek wat met oop oê in goed vasloop.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 14:57:40 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8382
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Met die hoofpyn wat ek reeds mee sit en griep van saterdag af voel dit of iemand my teen die kop stamp.

Sterkte, hoop hy word gou gesond.
As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 15:00:02 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2981
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Danie

Sorry om te hoor. Hoop jys okay.

Moenie sleg voel nie, het al met ons almal gebeur. Toe ek nog jonk en jukkerig was op skool in Oos Londen (130jr gelede) stap ek in die hoofstraat en bekyk die kar wat stadig langs my ry met die oulikste poppie in. En ja wragtag.......daar loop ek in paal vas.cry Shame, nie eers daai jare wou sy my kom help nie!laughing

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 15:49:26 pm
Karel
Platinum Member
77% Profile Strength
Posts: 357
Joined: 17 Mar 2015
Experience: 44 years

Danie

Sorry om te hoor. Hoop jys okay.

Moenie sleg voel nie, het al met ons almal gebeur. Toe ek nog jonk en jukkerig was op skool in Oos Londen (130jr gelede) stap ek in die hoofstraat en bekyk die kar wat stadig langs my ry met die oulikste poppie in. En ja wragtag.......daar loop ek in paal vas.cry Shame, nie eers daai jare wou sy my kom help nie!laughing

Hannes, as jy in OosLonden groot geword het, sal jy weet waar Arnoldton stasie was. Ek klim eendag van die trein en stap saam met 'n klomp ouens op 'n goedere perron , omtrent 1.5 meter hoog. Die een ou loop en rondkyk en stap van die perron af. Nodeloos om te sê hy het sy dinges af geval. Ons wou ons natuurlik kraak van die lag, vandag as ek daaraan terug dink kry ek die ou jammer want hy kon nie 'n gesig trek nie, want jy moet mos 'n man wees. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 16:35:22 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14494
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Sterkte...jammer as mense niks omgee vir sy medemens nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 16:53:17 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5655
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Ag shame man. Almal spot en ek self wou dit nie oorvertel nie, maar dis nou maar so. Dis n eina daardie wat ek niemand toewens nie. Dis seer, baie seer. En dis nog vernederend ook.

Nou weet almal hoekom ek NIE van n drop-top karavaan like nie. My kop is alewig innie pad en as ek hom stamp word ek kwaad. Sommer baie kwaad.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 18:47:41 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2601
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 51 years
Danie, Soos hierbo gese is dit nie net ou mense wat sulke dinge oorkom nie. JARRRE gelede, toe ekself nog jonk was, loop ek by 'n Volkswagen handelaar uit na ek onderdele gekoop het, sien om een of ander rede nie 'n venster van seker 2 meter by twee meter raak nie, en loop daarteen vas. Seker 'n karate kophou, want die ruit breek in stukke en een skerf tref my been net bo die knie- 'n diep sny waarvoor ek 'n aantal steke moes kry. Personeel het my net gesit en aangaap maar niks gedoen het om te help nie. Ek verstaan steeds nie hoekom die redelike dik ruit gebreek het nie, 'n voorkop is dog nie so hard nie.
Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 19:01:42 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4438
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Danie

Sorry om te hoor. Hoop jys okay.

Moenie sleg voel nie, het al met ons almal gebeur. Toe ek nog jonk en jukkerig was op skool in Oos Londen (130jr gelede) stap ek in die hoofstraat en bekyk die kar wat stadig langs my ry met die oulikste poppie in. En ja wragtag.......daar loop ek in paal vas.cry Shame, nie eers daai jare wou sy my kom help nie!laughing

Ek is heel OK en dis nie seer nie. Trouens om net die velaf te stamp is seerder as die sny met 4 steke.

Ja soos reeds ge3noem bloie so sny in die kop baie.

Nou die dag iets interesant gelees oor brandwonde. As jy seer het na die brand is die senuwees nie gebrand nie. As dit 'n erge brand is dan is die senuwees ook dood en mens voel in die begin niks pyn nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Sep 2016 @ 21:05:45 pm
Anonymous

Danie dankbaar jy is darem okay, so kon dit veel erger wees.

Ja nee swaer, is swaar swaer. Nou voel ek nie so sleg nie, ek ry Vrydag tuin vullis weg, druk die huis se alarm knoppie en ry steeds agteruit, terwyl ek wag dat die buite alarm se liggie aankom, stamp ek iets agter my. Die remote het ses knoppies, 1 x binne akarm, 1 x buite alarm, 1 x paniek, 1x oprol garage deur en een vir die hek.

Dit was toe die hek se knoppie wat ek gedruk het, en het nie gesien die ding gaan agter die sleepwaentjie toe nie.embarassed

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2016 @ 11:00:27 am
Tom Sainsbury
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 437
Joined: 03 May 2016
Hi Jin,
Jammer om hierdie draad te kaap maar ek weet jy was 'n ruk trug in KNP gewees. As jy in 'n Milaria area was en jy kry griep simtome met hoofpyne MOET jy jou laat toets vir Milaria.
Ek wl nie spooke opjaag nie, maar wees lievers seker.
Beste, Tom
I know that my redeemer lives.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2016 @ 11:30:33 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

So 10 jaar trug by my pa se huis op Stillbaai, het ek 'n skuif deur uit sy koesyn geloop. Het hom met my voorkop en regter hand getref, in my regter hand het ek 'n bier in 'n botel gehaad en die het gebars. Ek moes met 'n bebloede voorkop mat was om die bier uit te kry. En weer eens soos dit gaan lag die hele famiele.

Maar ja jy kry dit min dat omstanders sal kom help as iemand seer kry. Toe ek my diensplig in die medicks gedoen het, het 'n vriend van my ook 'n medic by 'n motor ongeluk gestop om te help. Die vrou wat beseer was het 'n bo been beseering gehad wat erg gebloei het hy het haar vertel hy moet drukking toepas om bloeding te stop sodat daar 'n verband opgesit kon word, twee weeke laater is hy uit die parade geroep en was siviel aangeklaa vir betasting van die dame. Van daar dink ek ook tweekeer voordat ek help.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2016 @ 13:23:40 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5198
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Graag wil ek mense waarsku om naby 'n stopteken verby te stap.

My onaangename ondervinding. As jy dom EN oud is moet jy voel.

Ek stap by die stopteken by Leo Haese in Centurion verby(systraat by ingang na perseel). Sien nie die stopteken en nog nie my bril op nie. Vandag se tekens se hoeke is so skerp dat mens lelik gesny kan word. So gebeur dit dan dat ek my kop stamp. Ek voel soos mens maar maak en toe ek na my hand kyk is dit net bloed. Die wag by die hek sien dit en probeer dadelik pleister kry nadat hy vir my 'n nat waslap gegee het.

Daar staan mens en orals op die plaveisel is bloed. Eers dog ek dit sal ophou. Na so 5 min kom die wag weer om vir my te se hy soek nog pleister. Ek vra toe net vir toiletpapier wat ek op my kop kan vasdruk en huis toe ry. Dit doen hy en ek is daar weg.

Nou in hierdie hele tyd ten aanskoue van die personeel by die firma (verkoopslokaal) kom niemand om te hoor wat het gebeur nie. Dit terwyl ek met my kop onderstebo staan. Self personeel wat by die "boom" moes wag dat die hekwag trugkom. Dit is die tydvlak wat ons in leef waar min mense betrokke raak in iemand anders se wel en wee.

Toe die sny van 7cm weer begin bloei na 2ure toe is ek maar DR toe. Die sny was tot op die been en as mens bles is help natuurlik nog minder :)

Ek plaas hierdie insident dat ons tog versigtig moet wees vir die skerp hoeke by 'n stopteken.

Groete.

daars prokureurs wat in so geval n moerse publieke eis vir jou sal instel..selfs al gly jy by n sypaadjie... dis nogal verstomend, maar lyk my mens kan darem vergoeding kry en dit help dat so iets aangespreek kan word..... verkeerstekens kan maar gerus bietjie langer wees as mense

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Sep 2016 @ 14:44:47 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 830
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Om oud te wees is nie vir sisies nie.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required