English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 963
Total Replies: 258 637
Total Views: 83 446 890
topics: 11 831
replies: 142 858
views: 39 452 179
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Waar stel jy voor sal ek oornag

replies: 15
views: 300
24 Nov 2020 @ 14:17:34 pm
Gert Kalis
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 40
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 57 years

Middag mede kampers. Gebore en getoeë in die Weskaap, toer ek graag ons land en Namibia. Die mees onlangstes was, 2018 met n sloertoer na Krugerwildtuin. 2019, Namibia en 2020 tuis. Dit was n wêreld nie my keuse nie.

DV 2021/07 besoek ek weer Kruger Park. As gevolg van laatslaap is daar hierdie keer slegs 3 dae oor vir my hterugvlug wat strek van Letaba na Bellville. (give or take 1900km). My vraag, waar oornag ek Noord van Bloemfontein.

1. Dinokeng, PTA?

2. Witbank, The Bass Pond

3. Bronkhortsspruit, Qodesh Kaperterein

4. of dalk Dullstroom, Elandskloof Trout Farm

My gewone ritte is gewoonlik so 400- 600km per dag. Ek mag die keer dalk dit rek agv tyd. Suid van Bloemfontein is ek kalm en selfgedaan. Om daar te kom is my toffie. Ek sal enige positiewe raad aanvaar 

Dankie

Gert

Gert Kalis
When ever you Fall. Pick something Up
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2020 @ 14:28:59 pm
Swanie
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1316
Joined: 26 May 2013
Experience: 47 years

Dinokeng kan deel van die reguitste lyn maak

ek sou dalk na die Parys omgewing gekyk het dit is 1/3 van jou pad so omtrent 670 km vanaf Letaba

dan sou ek ook oor Tzaneen gery het en die N4 vermy het

Kom ons gaan kamp
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2020 @ 19:46:55 pm
Maurits
Gold Member
74% Profile Strength
Posts: 108
Joined: 18 Apr 2016
Experience: 51 years

Gert, as ek so na jou jare ondervinding kyk is jy beslis nie meer 40jaar oud nie. Hoekom huistoe jaag? Ek en my vrou verkies om ons laaste kamp altyd so suid as moontlik in die Wildtuin te beplan. Ons verkies ook om Ermelo, Clarens, Ficksburg om te ry. By Ermelo slaap ons by Hein se plaasoord, Naby Clarens by Lesoba of by Uithoek by Fouriesburg. Baie goeie pad en n ander omgewing. Groete .Maurits

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2020 @ 20:37:39 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10282
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Kyk n bietjie by Flip en Tilla se web.

Maar hier is reeds twee goeie roetes genoem.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2020 @ 20:44:45 pm
Hannes
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 275
Joined: 21 Mar 2013
Experience: 49 years

Kyk nou net:  maak nie saak watter pad en oornag-plek jy uiteindelik verkies.  Kyk net al die raad, positiewe bydraes en belangstelling.

Waar sal jy ooit beter kry as by mede kampeerders EN op die Forum.

Vertrou dat jy na dese baie sal uitsien na jou 'trippie' volgende jaar.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2020 @ 10:33:37 am
Shirundu
Silver Member
92% Profile Strength
Posts: 76
Joined: 20 Jan 2020
Experience: 34 years

Dinokeng is regtig 'n baie lekker plek om oor te slaap. Die N1 roete is vinniger maar daar is 'n paar tolhekke wat aldag nie te goedkoop is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2020 @ 11:07:14 am
Tjaart
Platinum Member
85% Profile Strength
Posts: 417
Joined: 02 Jan 2014
Experience: 16 years

Bronkhortsspruit, Qodesh Kaperterein Weet nie hoe lyk die Grondpad nou nie Baie Jare terug was hy maar sleg 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2020 @ 12:42:50 pm
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1015
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Gert, ek gaan ook weer volgende jaar na die Wille Kruger.

Ek het al gery soos jou program aantoon. Nadat ons die Kruger verlaat het is ons eerste stop Badplaas, heerlik. Dan kan jy kies hoe vêr jy wil ry, maar moenie die gerieflike River of Joy net Noord van Bloemfontein vergeet nie. Dan is daar plekke soos Riverside by Kimberley, Orania, Christiana, Kambro-huisies net Noord van Britstown, en Gariep, en n lekker laaste aand is natuurlik Karoo-park. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2020 @ 14:04:15 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 10282
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 41 years

Gert, ek gaan ook weer volgende jaar na die Wille Kruger.

Ek het al gery soos jou program aantoon. Nadat ons die Kruger verlaat het is ons eerste stop Badplaas, heerlik. Dan kan jy kies hoe vêr jy wil ry, maar moenie die gerieflike River of Joy net Noord van Bloemfontein vergeet nie. Dan is daar plekke soos Riverside by Kimberley, Orania, Christiana, Kambro-huisies net Noord van Britstown, en Gariep, en n lekker laaste aand is natuurlik Karoo-park. 

Wil ook nog so roete af ry Kaap toe wat twee weke lank is.

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2020 @ 18:51:20 pm
Gert Kalis
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 40
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 57 years

Swannie, dankie dit is ook meer bekend aan my.

Maurits, ek is Januarie 60. Die rede vir die haas is dat ons laat plek gekry het. Die skole begin DV die 20ste Julie en Marlene het die voorreg om ons eerste en sover enigste kleinkind (1 jaar oud) op te pas. Wil hom nie noual teleurstel nie. Jou roete was 2018 my beplanning. Mede kampeerders wou die 4 N4/N1 volg. Stert tussen die bene het ek ingestem. As jy saam toer ry jy saam tot die einde en daarna. Nou het ek my geniun kamp pelle en hy ry waar ek ry. Dus is dit my roete noord. Via Graaf Reinette, bygesê en dalk Zebra Mountain.

Chuck, dankie ek het hulle "link" iewers maar dit het my ontglip. Ek waardeer.

Hannes, ek stem saam en dis hoekom ek die vrymoedigeheid het om die Forum te vra. Dankie kêrels.

Shirundu, dankie ja tolpaaie is maar n terugslag, maar agv tyd sal die paaie dalk ook tot voordeel wees agv instandhouding of is ek nou van die pad af?

Tjaard, Ek het Etsoha met my SW Tourer gedoen. Slegter paaie het ek nooit voorheen gesien. Ek doen ook die 4x4 ding (Pajero en sleepwa) en steeds was Etosha die slegste pad ooit. Dankie elkeval ek waarder die waarskuwing. Ek soek nie aspris sleg paaie vir my wa nie en my vriend het n standaard wa. Dankie ek waardeer.

Danson. Ek het die Noord Kaap Karroo roete ook gedoen. Moenie SANPARKE Kimberley mis nie. Mokala is seker SANPARKE se beste geheim en grootste juweel. 21km grond pad. 6 plotte met eie geriewe wat n GROOT Zero gas yskas insluit en ook gasstoof. LW hier is nie krag nie, maar jy het nie krag nodig nie. 2-3 dae in die kamp is amper te min. Gaan daar aan as jy kan. Ek verstaan Oranie se karavaanpark deel is tot niet. Hulle het nog Bungalows gebou. Dis volgens my kollega, ek het die nuus gister ontvang en sukkel om dit te sluk. Dit was lekker kamp daai.

Weereens dankie vir alle insette dis lekker om so te kan praat en trips te reël. Ek sal maar die Pta Dinokeng ding doen. Mooi loop, Reguitloop & gesondloop en asseblief kamp gereeld.

Groete Gert

Gert Kalis
When ever you Fall. Pick something Up
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2020 @ 21:36:38 pm
Karoo Klong
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1630
Joined: 22 May 2014
Experience: 8 years

Kamp waar en wanneer jy wil,solank jy dit net geniet.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Nov 2020 @ 21:55:50 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 18012
Joined: 05 May 2015
Experience: 8 years

Miskien oorweeg om 1 dag af te staan en vroeer te vertrek....maak jou terug vlug miskien n plesier rit. 

Ek sien egter jy praat van paar opsies soos Witbank en Bronkhorstspruit onder andere wat die N4 roete dan is. Dan sal ek nie Dinokeng aanbeveel nie. Ek bly naby die N4 / N1 en van daar is dit basies n uur se ry na Dinokeng, dis heeltemaal teenoorgestelde rigting waarin jy gaan beweeg.....so jy gaan onnodig nog n 2 ure se reis by jou rit bysit. Dinokeng sal slegs nuttig vir jou wees as jy van Noorde via N1 verby Dinokeng sou beweeg. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2020 @ 09:40:11 am
Gert Kalis
Bronze Member
96% Profile Strength
Posts: 40
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 57 years

Geert Dankie. Ja gaan dalk die Tzaneen R71/ N1 roete doen. Al die ander paaie was n klip in die bos. Slegs die wildtuin is bespreek en betaal. Die res begin nou dat ek weet waar en wanneer ek waar wil wees.

Weereens julle bydrae het baie gehelp.

Gert Kalis
When ever you Fall. Pick something Up
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2020 @ 11:50:33 am
Bostoe
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4914
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 36 years

Gert ja baie opsies maar gaan groot geniet hom en kamp n hond uit n bos

Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2020 @ 11:59:36 am
Dansan
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1015
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 41 years

Jin jy kan gerus by Orania gaan inloer op pad Kaap toe. Bespreek net vooraf, daar is net ses staanplekke. Ons het n paar dae gestaan en die "toeriste-bus" geneem en baie geleer. Ons het ook n lekker vergadering gehad met die voorsitster van die Sakekamer. Die museum het nog die hemp en pak klere van Verwoerd met die bloedvlekke op. 

Het julle geweet daar is n privaat-skool EN n universiteit op Orania? En geen polisie nie, as jy n skelm is word jy deur die buurdwag gevang en aan Hopetown se polisie oorhandig. Die dorp het n eie GROOT brandweer, SPLINTERNUWE olimpiese-standaard swembad en bied jaarliks n groot lugskou aan. Jy kan net daar eiendom koop indien jy iets vir die dorp kan beteken. Daar is geen industrie wat jy NIE op Orania kan kry nie. Kinders speel in die straat tot laat in die aand en jy MOET elkeen wat jy teëkom groet, al groet jy dieselfde persoon 50 keer op een dag.  

Het julle geweet dat Orania gaan strek tot by Lambertsbaai teen die see? Gaan chat met hulle, ongelooflik.

Die karavaan-park is pragtig en geleë tussen luukse hout-huise, maak gerus n draai by die spa en kry n heerlike body massage. Neem ook die booze cruise.  

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Nov 2020 @ 17:49:26 pm

Dis nou intrrressant, dankie sal daar gaan draai,

Ek wag net dat almal nou op pensioen gaan en weg kom, dat ek die pad kan vat.

Geert Dankie. Ja gaan dalk die Tzaneen R71/ N1 roete doen. Al die ander paaie was n klip in die bos. Slegs die wildtuin is bespreek en betaal. Die res begin nou dat ek weet waar en wanneer ek waar wil wees.

Weereens julle bydrae het baie gehelp.

Gert.....

Waar staan jy in die bos met so tak kraal?

Al weer oppad iewers heen.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za