English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 504
Total Replies: 234 958
Total Views: 82 558 297
topics: 10 944
replies: 127 822
views: 38 966 169
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Waar koop ek dit in Gauteng

replies: 32
views: 729
23 Apr 2019 @ 21:48:19 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2056
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek is op soek na so n tipe tafel 2 meter in lengte of naasteby. Wie kan help met informasie. Verkieslik vervaardigers self of gebruikte een.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 22:17:27 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14531
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 22:23:21 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2056
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Geert baie dankie. Nee kyk jy is skerp my maat, baie skerp.

Lekker om jou op die forum te hê.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Apr 2019 @ 22:34:22 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4448
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Hierdie pryse is ook baie goed. Heelwat duurder as jy by Campworld sou koop.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 02:28:09 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1635
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Ons het soortgelyk op die Penta KC, met die buite kombuis.

Dis net doodeenvoudig gerieflik. Ek gebruik 'n 'bubble' waterpas om hom gelyk te laat staan. Lekker werkoppervlak en staan gelyk met die gasstofie se blad. Ma in haar skik (= lekker kos en gereeld lekker koffie).

Het ook kleiner een onder die voorste syvenster waar ons die winkelwater houer op sit vir koffie en kook. Meer koffie as kook.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 07:45:20 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 546
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Proffie, ek neem aan die tafels wat jy gebruik se pote rus op die grond en is verstelbaaren nie soos die in die advertensie wat Geert geplaas het wat teen die kant van die woonwa rus nie.

Ek stel ook belang in so 'n tafel wat hoogte verstelbare pote het en sal dit waardeer as jy vir my van die naam van die verskaffer waar jy die tafels gekoop het, kan voorsien.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 07:53:02 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14531
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Proffie, ek neem aan die tafels wat jy gebruik se pote rus op die grond en is verstelbaaren nie soos die in die advertensie wat Geert geplaas het wat teen die kant van die woonwa rus nie.

Ek stel ook belang in so 'n tafel wat hoogte verstelbare pote het en sal dit waardeer as jy vir my van die naam van die verskaffer waar jy die tafels gekoop het, kan voorsien.

Ek het n ruk terug ook vir myself gemaak....het dan dit so gemaak soos jy beskryf, waar die pote op die grond staan. Ek het dit so gemaak, want anders moet mens gate in wa boor vir brackets en die probleem is as ons lank staan, gebruik ons die draft skirt {Sou dan ook verandering in die draft skirt moes maak - gate inwerk - sodat pale teen karavaan kon kom}

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 08:00:18 am

Die een wat ek paar jaar terug gemaak het vir my Splash...

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 10:12:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Dit gaan jou baie goedkoper uitwerk om self te maak.

Koop van die "Connect-it" fittings.

Koop aliminium SQ-tubing.

Koop 'n stuk aliminium "Checkerd plate"

Die pote en dies meer om dit teen die karavaan vas te maak kry jy by Camp/Leisure world.

Dan maak jy spesifiek so lank en breed soos wat jy wil hê.

Sou jy die pote skuins teen die kant van die wa vas sit is die tafel dadelik waterpas as die wa gelevel is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 10:31:27 am
Hein
Silver Member
70% Profile Strength
Posts: 54
Joined: 16 Nov 2013
Experience: 41 years

Uit ondervinding: Verstelbare pote-word raakgeskop en dan voeter dit wat bo-op is af of die "ausie fitting" verloor sy "grip" met dieselfde gevolge en dit kan katastrofiese gevolge hê indien warm ketel, kastrol of water op iemand val.

Het gegaan vir die skuins pote @ die wa en materiaal gekoop by Non Ferrous in PTA-wes

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 11:03:01 am
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4448
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

Mens kan natuurlik die variasie v d Aus klamp met die stelskroef gebruik om te verstel. My tafel se pote is nie verstelbaar en ek stel net die pososie aan die onderkant om waterpas te wees. Pote is nog nooit raak geskop nie want hulle is nie heel voor nie maar 150mm van voor gemonteer en die onderpunt is dus meer as 150mm van waar jou tone sal wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 13:19:00 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Daar is altyd 'n manier om die raak skop van die poot te onduik.

Ek self het 'n blad gemaak van perspex vir my Penta en ook maar die skuins poot tot teen die kant van die wa gebruik.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 22:01:22 pm
Kamp is Koning
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 34 years

Wat ek doen om die tafel gelyk te kry is om grond in blikkies te gooi en dit onder die pote van die tafel in te sit en dit met n waterpas gelyk te maak.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 22:28:34 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2056
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Dis hy Kobus. Boer maak n plan laughing

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Apr 2019 @ 23:34:48 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1635
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Proffie, ek neem aan die tafels wat jy gebruik se pote rus op die grond en is verstelbaaren nie soos die in die advertensie wat Geert geplaas het wat teen die kant van die woonwa rus nie.

Ek stel ook belang in so 'n tafel wat hoogte verstelbare pote het en sal dit waardeer as jy vir my van die naam van die verskaffer waar jy die tafels gekoop het, kan voorsien.

Chris

Nee, myne skuif in die bracket in aan die kant van die karavaan.

Ek het myne by Kempton Caravans gekry toe ek die wa in Feb 2017 gekoop het. Hulle doen die kmbuisombouing en bemark as whtever KC (kitchen conversion)

Myne is egter nie checker board nie maar powdercoated oppervlakte. Maak maklik skoon.

Klink jy soek 4 pote tafel.

Kan sê die een wat soos op die foto is wat een kant aan die wa vas is, is gerieflik. Net 2 pote, neem nie baie plek op nie en kan nogal gewig dra.

Moet sê in die 2 jaar wat ons die wa het en die 16 maande se kamp in daardie tyd, met kleinkind en maats somtyds saam, het niemand nog ooit die pote onder die tafei uitgeskop nie. Raakgeskop soms, veral ma as sy daar bedrywig is. Dan lig ek net die tafel effe van die grond af en die pote hang dan weer reg en sit neer.

As dit 10 keer in 16 maande se kamp gebeur het is dit baie.

Nee wat, dit werk vir ons.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 07:37:33 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 546
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Baie dankie vir almal se inligting en voorstelle. Dit word opreg waardeer.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 07:57:56 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14531
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die Swing en Splash se kombuis werk ook met pote wat jy uitdraai na grond. Ek het dit nog altyd reguit na onder gesit (nie kuins nie) en nog nooit die probleem gehad dat ek pote raakskop nie.....en ek het groot voete. So ek weet nie of daai "poot raakskop" so n groot probleem is nie. My plastiese tafel se pote is ook heeltemaal op die hoeke....ek skop hulle ook nie raak nie.

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Apr 2019 @ 08:47:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Ek dink die poot raak skop is eintlik meer van toepassing  by die tafel binne die karavaan.  Die Sprite karavane het mos 'n tafel wat se pote amper werk soos die van 'n strykplank.  Daar is reeds min beweeg spasie by die dinette en mens stamp die pote maklik raak dan kan 'n vol koppie koffie dalk onnodig mors.

Soos kamp staaltjie van die tyd toe ek as kind saam ouer gekamp het is.......................        Jare terug toe my swaar nog na my suster gevry het, het ons gekamp by Durban Caravanpark op die Bluff oorkant die ou inry teater. (Dis seker glad nie meer daar nou nie.)  Ons sit en ontbyt eet een oggend. Toe hy opstaan toe skop hy die elkel poot uit van daai dinette tafel met die land kaart op.

Gelukkig was ons klaar geeet maar die koffie tamatiesous en borde het als op die vloer beland.

My pa het toe maar om die probleem tydelik op te los 'n groter rubber voet stuk proppie op die vloer vas geskroef en die tafel se poot het daarin gepas.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 17:50:26 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8388
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Die een wat ek paar jaar terug gemaak het vir my Splash...

Blink idee. 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Apr 2019 @ 20:17:17 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14531
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Die rede hoekom ek nie meer hierdie kant tafels gebruik nie: ek reken as jy n tafel met 2 pote kan saam sleep...kan jy net sowel een met 4 pote saam sleep....daar is nie eintlik spasie wat jy spaar nie. Tafel met 4 pote kan jy meer areas gebruik soos jou kamp opset verander. Ons het ons sin vervang met een van hierdie opvou tafels van Outdoor Warehouse.....werk vir ons goed.  Smaak en idees gaan verskil....vir ander sal die tafel teen karavaan seker meer ideaal wees. Die tafels wat teen die kante permanent bly...selfs tydens sleep, sal seker met pakspasie help

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Apr 2019 @ 01:29:45 am
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1635
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 29 years

Die rede hoekom ek nie meer hierdie kant tafels gebruik nie: ek reken as jy n tafel met 2 pote kan saam sleep...kan jy net sowel een met 4 pote saam sleep....daar is nie eintlik spasie wat jy spaar nie. Tafel met 4 pote kan jy meer areas gebruik soos jou kamp opset verander. Ons het ons sin vervang met een van hierdie opvou tafels van Outdoor Warehouse.....werk vir ons goed.  Smaak en idees gaan verskil....vir ander sal die tafel teen karavaan seker meer ideaal wees. Die tafels wat teen die kante permanent bly...selfs tydens sleep, sal seker met pakspasie help

Geert

Die voordeel vir ons met die PentaKC wat se kombuis buite sit, is dat ons die tafel as kombuis deel gebruik. Hy is ongeveer 500mm breed en gelyk met die uitslaandeksel van die stofie & kombuisgoed rakkies. Die kombuis se eie werkspasie, ketel, koffieperkuleerder ens. staan daarop.

Ons het vir lang kamp met die groter tent dan ook daardie moulded plastic opvoutafel. Nog by Builders gekoop voor Outdoor Whouse dit begin verkoop het.

Kort kamp vat ek oprol 'slatted' tafel saam vir as nodig.

Onlangs 'n week by Drakensville gestaan net met die aanhaak tafel.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2019 @ 20:22:28 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14531
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

John...kyk daai tafel aan regterkant....hy het laaie onder. Baie nice idee vir eetgery ensovoorts. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jun 2019 @ 21:38:54 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2056
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Geert dankie,  het dit by Kempton karavane gesien. Dit is presies wat ek in gedagte het. Moet sê daardie karavaan het nou n lekker klomp handige tafels. Ek love dit om te kook. Dit is my werksplek en waar ek kalm raak veel eerder voor ek by n braai staan. 

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 14:34:42 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

My ouers het altyd die twee tafels teen die karavaan gehad. Die gewone een by die wiel van die  karavaan en dan 'n effe hoër een by die deur soos op die foto van die Penta.

Die hoër tafel maak die staan en werk by die tafel gemakliker.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 14:35:43 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

O ja en die kamp yskas kan onder die tafel staan en steeds maklik oopgemaak word.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Jun 2019 @ 15:17:18 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 674
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Net 'n tip vir julle manne, ek het die vlekvry-staal tafel wat al vir jare onder my dakrak aangepas om teen die karavaan se kant te heg. Ek het die heg-stuk wat aan die tafel vaskom by Caracamp gekry. MAAR, let asb daarop dat dit 'n pes is om vertikale pote te verstel om altyd horisontaal met die karavaan te staan. My pote is die skuins-tipe wat aan die karavaan-self vas is. Dan is die tafel outomaties horisontaal. 

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jun 2019 @ 20:18:56 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14531
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

WEG Ry en Sleep se Julie uitgawe het nog nice idee op bls10

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jun 2019 @ 21:28:10 pm
Adele1
Gold Member
62% Profile Strength
Posts: 131
Joined: 30 Nov -0001
Experience: 39 years
Geert ek sit in Engeland en kry nie die digitale uitgawes nie dalk kan jy vir my n "hint" gee
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jun 2019 @ 23:06:27 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2056
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Net 'n tip vir julle manne, ek het die vlekvry-staal tafel wat al vir jare onder my dakrak aangepas om teen die karavaan se kant te heg. Ek het die heg-stuk wat aan die tafel vaskom by Caracamp gekry. MAAR, let asb daarop dat dit 'n pes is om vertikale pote te verstel om altyd horisontaal met die karavaan te staan. My pote is die skuins-tipe wat aan die karavaan-self vas is. Dan is die tafel outomaties horisontaal. 

Hi Danie. Ek het gedink aan die skuins bene wat druk teen die karavaan. Wat my bekommer is wanneer jy die tafel laai met wat ook  daar n baie sterk trek aksie op die kant beading gaan wees. As jy vertikale voete gebruik absorbeer dit meer die gewig op van die tafel van die grond af en minder stress op jou beading aan die kant van die wa waar jy die tafel inhaak.

Wat is jul opinie ek lees graag

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
30 Jun 2019 @ 23:22:37 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14531
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Geert ek sit in Engeland en kry nie die digitale uitgawes nie dalk kan jy vir my n "hint" gee

Adele1. Ek koop self nie die digitale uitgawes nie.....net die harde kopie. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
02 Oct 2019 @ 22:58:46 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14531
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 08:49:32 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14840
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Hi Danie. Ek het gedink aan die skuins bene wat druk teen die karavaan. Wat my bekommer is wanneer jy die tafel laai met wat ook  daar n baie sterk trek aksie op die kant beading gaan wees. As jy vertikale voete gebruik absorbeer dit meer die gewig op van die tafel van die grond af en minder stress op jou beading aan die kant van die wa waar jy die tafel inhaak.

Wat is jul opinie ek lees graag

Ek het dieselfde tipe tafel gehad met die tweede Penta.  Die blad was net van 6mm Pespex met 'n aliminium randjie om.

Die pote was ook so skuins teen die karavaan en het baie goed gewerk.  Die idee is dat dit is 'n werk oppervlakte en maak hom dan so effe hoër. So as mens langs dit staan werk jy maklik daar op. Dit opsig self verbeter die hoek van die skuins pote tot teen die kant van die karavaan.

Voordeel as die wa mooi gelyk staan soos wat dit moet vir gemak is die tafel klaar gelyk.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
04 Oct 2019 @ 22:22:10 pm
Bak oor
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2056
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

Ek moet juis nou n besluit maak nodig die tafel vir Desember se groot kamp.

To all forum members. May you be surrounded by your precious family. May you have the warmest thoughts and best wishes for a wonderful holy Christmas and a New Year blessed with Gods grace. May peace, love, and prosperity follow you always in the name of Jesus our saviour.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required