English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 277
Total Replies: 230 158
Total Views: 82 384 946
topics: 402
replies: 3 914
views: 1 473 310
Talk about the current road conditions throughout the country

WILDTUIN TOER.

replies: 14
views: 2032
20 Mar 2017 @ 10:24:32 am
Klasie
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 53
Joined: 17 Feb 2013
Experience: 47 years
Ek en Vroulief gaan begin Junie die jaar die Palma hak en vir n week of twee in die Wildtuin toer.Ons is woonagtig in Nelspruit en beoog om vanaf Nelspruit te ry en twee nagte in Magoebaskloof karavaan park te oornag en daarna by Punda Maria in die Wildtuin in te gaan.
Twee vrae: Hoe is die Magoebaskloof karavaan park? Volgens die info op die forum is dit n baie mooi en goeie karavaan park.
Die pad vanaf Magoebaskloof tot by die Punda Maria hek.Wat is die toestand? Is daar gevare om op te let?
Is dit die beste pad vanaf Nelspruit tot by die Punda Maria hek?
Aangesien ons die Suide van die Park gereeld besoek het ons besluit om meer Noord te gaan en die gedeelte te verken. Indien dit lekker is dan bly ons sommer vir n langer tydperk aangesien ons tyd ons eie is.(Pensieonarisse).
Enige inligting of ander voorstelle sal waardeer word.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2017 @ 10:30:39 am
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4453
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Klasie was nog nie daar nie maar verstaan dis lekke en mooi daar jou roete sal deur Tzaneen tot by Gravelotte daar draai jy links hou reguit aan deur Phalaborwa tot by wituin se ingang roete mooi maar by Gravelotte hou by jou spoedgrens geniet ou maat
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2017 @ 10:59:00 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1757
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Klasie, ek ken ongelukkig nie die Magoebskloof Karavaanpark nie en hoop hier is iemand wat daaroor kan kommentaar lewer.

Ek sal liewer die pad oor Giyani na Punda toe vermy want daar is kort-kort protesoptrede. Ek sal eerder soos hierbo aanbeveel, die R71 vanaf Tzaneen oor Gravelotte neem en dan by Phalaborwa-hek ingaan.  Ses kilometer verder draai jy links op die H14-teerpad na Mopani ('n pragtige pad) dan op verby Shingwedzi tot by Punda.  Die nadeel is jy gaan laat by Punda arriveer en dan is die mooiste staanplekke reeds opgeneem.  Oorweeg eerder om met die R40 te ry en buite Phalaborwa-hek by die karavaanpark daar te oornag, dan sal julle gouer by Punda uitkom.

Hier is 'n lusmakertjie by Punda se kampeerterrein:-

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2017 @ 11:18:33 am
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 803
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Lennie, waneer het jy daai foto geneem? Ons was in December in Punda Maria en die watergat se wal was gebreek en dus leeg. Uiters teleur gesteld.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2017 @ 11:56:13 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

Uhg, kan self nie wag vir ons trippie nie.  Op kyknet tv kanaal so ruk terug, was 'n program sleep tv, hulle het toevallig gedraai by magoebaskloof getaway, noodloos om te se, het soos 'n droom gelyk...but then again, everyting on tele does!

Sal ook wil weet van daai watergat, gaan lekker teleurgestel wees as dit 'n droe gat is.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2017 @ 12:10:09 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1757
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Die foto is in Mei 2016 geneem terwyl daar erge droogte was.  As die wal gebreek was, glo ek dit moes wees as gevolg van die baie reën wat hulle gehad het

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2017 @ 13:18:13 pm
Grumpy/Hannes
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2976
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 29 years

Klasie

Eks mal oor Magoebaskloof maar het nog nooit met n wa daar gekamp nie. Ek sleep n Swing. Magoebaskloof Getaway is pragtig. Ek het daar in gery sonder n wa. Onder korreksie, ek dink daar is net 10 staanplekke. Van die teerpad af is dit n geweldige styl afdraende en redelik nou. Die afgaan is nie my probleem nie, dis die uitkom slag! Jy moet n baie kragtige voertuig he daarvoor.

Daar was mense met n Penta....geen probleem want hulle sleep met Fortuner V6 4x4. Ek sou nie my wa

daar kon uitkry met Hilux 2.5D met difflock aan nie.

Al die ander kamp plekke ook bekyk, .... Met die toestand van die paaie sal ek geensins my wa daarheen sleep nie. Ek het nou n 4x4 sleepvoertuig, maar ek weet ek sal my wa seermaak. 

Ons is baie Lief om in Magoebaskloof te gaan ry, veral deur die plantasies by Houtbosdorp. Die mooiste watervalle, op een plek lyk dit soos n Klein oerwoud. Pragtig. Daar is n plekkie, ek dink hulle noem dit Magoebaskloof Rusoord? Daar is 6 staanplekke end dis reg teen die hoofpad. Nie te bad, maar hulle cater meer vir chalets, maar dis n opsie on te oorweeg.

At last !!!!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2017 @ 13:55:26 pm
mulderpm
Moon Member
85% Profile Strength
Posts: 803
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 24 years

Die foto is in Mei 2016 geneem terwyl daar erge droogte was.  As die wal gebreek was, glo ek dit moes wees as gevolg van die baie reën wat hulle gehad het

Ok, so dit was voor ons daar was. Volgens die kamp bestuurder breek die olifante die wal. En SANParks raak nou moeg om dit reg te maak. Hulle ruk ook die toevoer pyp uit die grond en breek die heining. Hulle het kenelik ook die nuwe staff ablusie bloke gebreek. Ons (etlike Punda kampers) het gevra dat hulle die water gat moet herstel maar dit het nie gebeur nie. Ons het ons tyd daar korter gemaak omdat daar nie meer aktiwietyd by die lee watergat was nie. Volgende December is ons, i.p.v. 5 nagter, net vir 2 nagte daar ingeboek.

Weet iemand of dit nou al reg gemaak is?

 

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2017 @ 21:53:35 pm
maurits
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 69
Joined: 18 Apr 2016
Experience: 57 years
Ek het laasjaar n nag in Magoebaskloof geslaap.Kan dit beslis aanbeveel.Selfs n Toyota 2.5 sal maklik n karavaan uitsleep.Dit is regtig nie baie steil nie.Maurits Sandbaai
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Mar 2017 @ 21:53:39 pm
maurits
Silver Member
74% Profile Strength
Posts: 69
Joined: 18 Apr 2016
Experience: 57 years
Ek het laasjaar n nag in Magoebaskloof geslaap.Kan dit beslis aanbeveel.Selfs n Toyota 2.5 sal maklik n karavaan uitsleep.Dit is regtig nie baie steil nie.Maurits Sandbaai
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2017 @ 07:07:23 am
steamer
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1292
Joined: 06 Jun 2015
Experience: 45 years

You can always sleep over the first night at Phalaborwa town & you are through the gate nice & early ready for the long trip up to Punda.

Your strongest weapon is your mind!
And then there's, Power Tools!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Mar 2017 @ 08:50:50 am
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 828
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 33 years
As jy teen wildtuinspoed (50 kph) met 'n karavaan ry, gaan dit jou maar lank neem vanaf Phalaborwa tot Punda. En as jy (teen daardie spoed) skielik in die hoek van jou oog 'n spesiale "sighting" langs die pad sien, is jy verby voor jy kan stop. Daarom ry ek persoonlik nie vinniger as 30 kph as ek sleep in die wildtuin nie. Ek sal dus een van 2 opsies voorstel. Oornag 1 aand in Shingwedzi oppad Punda toe (indien jy by Phalaborwa ingaan) of ry via Louis Trichardt en Thohoyando. Dit kan 'n mate van frustrerend wees deur die voormalige Venda a.g.v. die groot dele wat jy teen 60 kph moet ry, maar daar is tog 'n uniekheid aan. Ek gebruik gewoonlik die hek die naaste aan my eerste kamp en ry nie verder as 150 km na my kamp nie. Andersins kom jy te laat in die kamp om 'n beter staanplek te kry. Maar nou ja - elke ou soen sy vrou op sy manier.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2017 @ 06:52:24 am
CampingKitty
Titanium Member
92% Profile Strength
Posts: 690
Joined: 14 Jan 2015
Experience: 3 years

ek het toe ook gaan kyk daarna om te in by Phalaborwa hek, te oornag by Sable hide, en dan op na Punda, maar dis 8 ure se ry tot by punda, en met 'n wa seker nog langer, so daai een gaan nie werk nie.  Sal maar versigtig ry punda toe, hoop en bid daar geen protesteerders op die pad is nie. dis jammer daar nie 'n overnight hide soos sable is halfpad punda toe nie. sou dit baie graag wou doen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Mar 2017 @ 09:26:44 am
HappyCamper
Bronze Member
66% Profile Strength
Posts: 45
Joined: 01 Nov 2010
Experience: 47 years
Klasie, die vraag is watter een van die twee jy gaan gebruik. Magoebaskloof Getaway is baie mooi maar soos reeds gese is die pad baie steil. Magoebaskloof Ruskamp is bietjie hoer op teen die berg met min staanplekke. Albei is pragtig gelee, alhoewel ons nog nie daar gekamp het nie.
Ons ry gereeld van Tzn na Shingwedzi, so Punda is haalbaar vanaf Magoebaskloof as jy vroeg wegspring. Ek stem saam, die beste pad is Tzn, Gravelotte tot by Phalaborwa
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Mar 2017 @ 09:53:11 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13782
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
Daar is n artikel van Magoebaskloof in April uitgawe van Caravan & outdoor life
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required