English & Afrikaans Forums
Total Topics: 19 247
Total Replies: 201 748
Total Views: 80 837 466
topics: 1 115
replies: 11 288
views: 4 805 249
Jokes and everything else that makes you laugh

WAARMEE HOU OU MENSE HULLE BESIG

replies: 29
views: 693
13 Jan 2018 @ 07:44:07 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5178
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Waarmee hou julle jul self besig.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2018 @ 07:46:15 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5178
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
As ek nie op die forum le en gesels nie, loop ek in die komplx rond.

Is soos n miskruier.
Hy loop heeltyd en k&k soek.

I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2018 @ 10:02:44 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5178
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Ek dink hierdie is gepas vir alle kampers.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2018 @ 11:39:29 am
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1072
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 53 years

Oom Jeep, ek dink jy moet eers vir ons 'n definisie gee van "ou mense".

Ek het 'n paar goedjies waarmee ek my besig hou, en gee nie om om dit met jou te deel nie, maar ek wil nou nie uitvind dat ek 'n voor op die wa verspotte snuiter is in geselskap wat met wysheid en lewenservaring na die forum toe kom nie.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2018 @ 11:57:21 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: less than a year

Ek wil myself nou darem ook nie as 'n ou mens sien nie maar is wel 'n pensionaris wat nie meer werk nie en by my huis moet besig hou.   Johan, jy en Elma klassifiseer ook nog nie as ou mense nie, hoor! laughing

Nee wat, so tussen die huiswerk, 'n paar stokperdjies, die internet, TV, kosmaak, eet, slaap,  kuier met mense en net eenvoudig niksdoen, gaan die dae om.   Heeltemal te vinnig na my sin, die tyd vlieg behoorlik.   Elke jaar voel of hy gouer verbygaan.   Voel of ek sommer een van die dae wel 'n "ou mens" gaan wees.cry

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2018 @ 12:11:26 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5178
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Kanneman en Freda
Die definisie van oud... moeilik, eks nog springlewendig.. tenspyte van 75.
Ek dink mens is so oud soos jy voel.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2018 @ 12:33:58 pm
DK
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 974
Joined: 13 Jul 2016
Experience: 16 years
Stress, werk, stress en weer werk gepaard met stress.
Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2018 @ 12:51:21 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1072
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 53 years

Oom Jeep, waar voel 'n mens hoe oud jy is? Ek wil ook daar voel.

Terloops, ek en jy is gedurende dieselfde oorlog gebore.

Ek begin my dag deur vroeg koffie te maak en dan laat te lê, maar van vroeg af op my iPad die wereld se nuus en dinge te bespied. Nadat ek met baie min water gestort het (in 'n plastiek krat, want daardie grys water spoel die toilet) gaan sê ek eers more vir my kruietuin, en vang die vars wurmpies op my suurlemoen boom. Ek spandeer baie tyd met my kamera en sagteware waarmee ek die fotos kan manipuleer. Ek ry elke dag 'n paar kilometer met my fiets en gaan gereeld Mall toe om 'n brood of so iets te koop. Verder maak ek taamlik gereeld kos en neem eenmaal per week die vuilgoed trollie met onder andere so 4 lee rooiwynbottels uit straat toe. Ek kuier gereeld by die bure, en kyk net saans TV, maar spandeer baie tyd voor die rekenaar om op hoogte te bly met wat aangaan. Ek hoef nou nie gras te sny nie, want daar is nie gras om te sny nie. Ek bak gereeld brood in die Weber, en vang so twee keer per week vis, of liewer, ek hengel, want ek vang nie altyd iets nie. Ons gaan stap amper elke vroeg-aand. Ons kamp een keer per maand. Ek het 'n klomp houtwerk kraggereedskap, maar ek kom maar selde daarby uit, want daar is gereeld lekkerder dinge om te doen wat minder stof maak. Die dae, weke en maande vlieg verby. Ek kan nie dink waar ek destyds nog tyd kon kry om te werk ook nie. Ek het my laaste (na aftrede) werk op 70 bedank. Ek sien nie kans vir 'n oue tehuis of 'n kompleks nie. Daar sal ek soos baie ander wat daar woon, voor my tyd oud raak.

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2018 @ 13:00:51 pm

Baie rustige en interessante leefstyl wat jy het.
Jy mag nie wens nie, maar ek sal so ń leefstyl baie geniet.
Ek hou baie van jou water besparing idee.
Never trust to quickly, because life is too short?
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
13 Jan 2018 @ 14:44:30 pm
Grumpy/Hannes
Saturn Member
100% Profile Strength
Posts: 2580
Joined: 24 Aug 2011
Experience: 28 years

Ek werk👹👹👹👹👹

On my way back!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2018 @ 20:35:22 pm
Kamp is Koning
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 69
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 20 years
Dit lyk my ek sal maar Kanneman se voorbeeld volg en so lank as moontlik werk en genoeg kamp om besig te bly.
Ek stem ook saam met oom Jeep n mens is so oud soos jy voel dit wil se ek is nou so 18.
My pa het na aftrede gese hy was so besig dat hy nie weet waar het hy al die jare tyd gekry om vir n baas te werk nie.
Hy het 92 jaar oud geword en het maar nog elke dag probeer om besig te bly al was dit om dalk sy rose te snoei of pyp te rook.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Jan 2018 @ 23:02:04 pm
HM
Uranus Member
85% Profile Strength
Posts: 3415
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 45 years

Julle laat my skuldig voel. Dalk tyd om terug huis toe te gaan waar ek baie besiger bly. Die getoerdery maak mens lui.

Minstens is ek nog nie 'n Miskruier hier is die kamp plekke nie. Grappie!!

The Happy Campers.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2018 @ 08:41:05 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5178
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Hahaha, Hendrik, ek sien sommer jy weet wat doen miskruiers..
Nogal n manier om besig te bly in n kampplek. Kan dalkies prettig wees.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2018 @ 09:00:00 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years
"............Terloops, ek en jy is gedurende dieselfde oorlog gebore......." (Dit is nou Kanneman en Oom Jeep).
Ek sal maar nie op die draad reageer nie en verby hou want ek is nà die oorlog gebore.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2018 @ 09:43:22 am
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 387
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 41 years

Hi Len en andere,

Nou watse moese oorlog het julle Ouers gehad in doerie jare.

Dog ek nog al die tyd dat kindertjies maak is 'n vreedsame proses, binne 'n gelukkige huwelik.wink. Smaak my die mammies was erg moelik daai tyd of hoe bedoel die Meneer dan nou????

Lyk of  ystervarke minder probleme gehad want hulle maak nie eers oorlog as hulle klein varkies wil maak nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2018 @ 10:30:17 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5178
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
"............Terloops, ek en jy is gedurende dieselfde oorlog gebore......." (Dit is nou Kanneman en Oom Jeep).
Ek sal maar nie op die draad reageer nie en verby hou want ek is nà die oorlog gebore.

Len, maar dit was amper nêh. :)
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2018 @ 10:43:03 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5178
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

Hi Len en andere,

Nou watse moese oorlog het julle Ouers gehad in doerie jare.

Dog ek nog al die tyd dat kindertjies maak is 'n vreedsame proses, binne 'n gelukkige huwelik.wink. Smaak my die mammies was erg moelik daai tyd of hoe bedoel die Meneer dan nou????

Lyk of  ystervarke minder probleme gehad want hulle maak nie eers oorlog as hulle klein varkies wil maak nie.

Andre
Hoe oud is jy? Ek en Kanneman in is gebore in die tyd net voor Hirosjima. Lyk my Len net na Hirosjima. Dis nou die atoombom Hirosjima.

Het in vroee 80tigs by Bedryfsenginering gewerk saam met n japanese engineur.
Praat so, vra hom waar kom hy vandaan. Verduidelkk Hirosjima. Ek sê nee verstaan nie.
Hulle spreek dit uit ... Ierosjiema met die klem op die eerste "ie". Hy sê.you know "etombomb jis jis jis. Ierosjiema." en beduie met sy vingers van vliegtuig en val van bom.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2018 @ 13:16:00 pm
Andre Smit
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 387
Joined: 23 Sep 2011
Experience: 41 years

Goeiemiddag OOM Johan,

Andre'tjie was net bietjie moedswillig vanoggend met die Seniors en die Oorlog jare. 

Mens besef dit nie aldag maar my generasie se Bosoorlog, soos byvoorbeeld daai Vuurpyl aanslag op Katima Mulilo is ook al vanjaar 40 jaar gelede.

Nog 14 paytjecks oor voor ek na 42 jaar die Army koebaai sê.

Ek het vir lank van die manne hier ge-oom aangesien ons Boer mense mos maar die 10 jaar jou senior as die afsny punt gebruik het. Hier was to manne en sommer so in die algemeen veral Aunties wat nie ge-Oom of ge- Tannie wou word nie.

Met jou ouderdom soos genoem êrens, short ek 16 jaar so jy is beslis 'n Oom vir Andre.

Groete en ek geniet veral jou deel van jou ondervinding oor die meganies/tegniese aspekte.

Andre 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2018 @ 13:53:52 pm

Halo maat. Ek deel graag en dis so lekker vir my. Soms is die raat biki outyds veral met die nuter tegnologie, maar sommige goete word nooit oud en uit die mode nie.
Huidiglik is ek op die fase waar die Prediker sê... as jy oud word dan kom die vrees vir die hoogtes. Nie gepraat van spoed nie want daar was nie turbo aanjaers in die bybel se tyd nie. Deesdae word ek bang vir spoed, enigiets oor 120 k.p.u.
in die sewentigs wou ek kyk hoe vinnig kan my Fairmont GT hol met n 650 jurgens agter aan. Spedometer spoed 180 k.p.u. Toe word ek rerig bang.
Jy sien ... ouderdom vat aan n man.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2018 @ 13:57:02 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5178
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years
Sien julle ..
Ou mense hou hulle besig met oorlog en nostalgiese dinge oor spoed en en en en NIE oor girls nie
:) 😏😇
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2018 @ 14:54:55 pm
Janneman
Silver Member
33% Profile Strength
Posts: 48
Joined: 25 May 2013
Pasop om die pensionaris beroep so ligtelik af te maak.
Iemand vra eendag vir my wat ambag jy deesdae. Toe hy hoor ek is 'n pensionaris was sy antwoord:- Jy is deksels dappper ek het nog nie van enigiemand verneem wat daardie beroep oorleef het nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2018 @ 16:37:55 pm
Kanneman
Mars Member
96% Profile Strength
Posts: 1072
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 53 years

Pasop om die pensionaris beroep so ligtelik af te maak.
Iemand vra eendag vir my wat ambag jy deesdae. Toe hy hoor ek is 'n pensionaris was sy antwoord:- Jy is deksels dappper ek het nog nie van enigiemand verneem wat daardie beroep oorleef het nie

Pensioen voorsiening is 'n netelige saak. Genoegsaam daarvan is vir net sowat 5% van die bevolking beskore.

Daar is weens omdtandighede die ongelukkige groep wat nie as pensioenarisse gereken word nie, want hulle omstandighede was van 'n oningeligde aard, het nie mooi verstaan nie, wou nie na finansiele advies / raad luister nie, het verkies om dit wat vir voorsiening opsy gesit moet word op motors ens te spandeer (bv by verandering van werk waar die pensioenterugbetaling gebruik was om 'n nuwe motor te koop) of het by die uitstel tot anderdag pensioenvoorsieningskema aangesluit. Mits hulle nie noemenswaardige eiendom besit nie staan diegene nou bekend as die staatstoelae ontvangers.

Mag die Goeie Vader ons behoed dat ons nooit eendag op ons kinders se nekke sal hoef te lê nie, en laat dit 'n les wees vir die jongelinge.

Terloops, 'n mens het nie 'n nuwe karavaan of 'n nuwe motor nodig om heerlik te kan kamp nie. Afbetaalde toerusting, al is dit al ouerig, kamp die heel lekkerste want hulle sorg vir kommervrye en sorgvrye kampering!

Don't confuse one's personality with one's attitude. One's personality is who you are. One's attitude depends on who the other person is. Therefore, be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2018 @ 17:30:20 pm
Kamp is Koning
Silver Member
85% Profile Strength
Posts: 69
Joined: 07 Oct 2017
Experience: 20 years
Ek is nogal redelik gelukkig want ek moes op n laaang naweek in die maer jare gebore gewees het net vel en been het oorgebly.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2018 @ 18:59:21 pm
Anonymous
Kanneman, baie ware woorde
"Terloops, 'n mens het nie 'n nuwe karavaan of 'n nuwe motor nodig om heerlik te kan kamp nie. Afbetaalde toerusting, al is dit al ouerig, kamp die heel lekkerste want hulle sorg vir kommervrye en sorgvrye kampering!"

Terug na die vraag, ek het meer dinge om te doen as as wat ek tyd het.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2018 @ 19:24:30 pm
neef Herman
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2556
Joined: 03 Mar 2014
Experience: 48 years
Kanneman, moet se my ouers se generasie was bitter sleg met hul aftree beplanning. Moes vir hulle vir baie jare sorg, nou verby. Miskien hoekom ek redelik jonk begin het.
Maar nou lyk dit weer of kinders dit ook heeltemal ignoreer, en raak vies sodra ek dit aanraak. Om by 40 jaar oud te begin, raak hopeloos te laat.

Elk geval, hier kry ons nie kans vir gereeld kamp nie, so af en toe peul daar n " casual" joppie uit. Het einde verlede jaar renovasies op n kothuithuisie gedoen, nou weer besig om langsaan n plaashuis op te knap. Geen kwotasies nie, vra n daaglikse fooi om te bestuur. Lekker sakgeld, en hou my bedrywig.
Tussendeur is die tuin baie produktief, Von baie besig om te vries, baie konfyt gekook, souse te maak, sy woel erg. Wag nou vir die rissies en tamaties op ryp te word.
Uie, pampoene hang al onder die afdak in sakke.
Gooi elke dag so paar lusern bale vir die wild, veld lyk maar sleg. Darem 27mm reen gehad die week, plaasdam vol, berg gee weer water.
Aftree is so lekker, as ek dit geweet het, het ek dit baie vroeer gedoen, maar dan moes my ouers my help beplan het...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Jan 2018 @ 21:24:01 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years

As iemand my skielik vra waarmee hou ek my besig na my aftrede, struikel ek gewoonlik oor my woorde om met iets sinvols vorendag te kom.  Die beste wat ek dan kan doen is om te dink wat het ek die laaste klompie dae gedoen, en dan pop die een na die ander ding uit.  So, hier gaan ek :-

  • Ek doen my twee seuns se onderskeie besighede op die Pastel finansiële program en dit hou my so drie, vier dae in 'n maand besig  -  die een maand die een besigheid vir die afgelope twee maande en dan die volgende maand die ander besigheid ook vir twee maande.
  • Ons bly in 'n sekerheidskompleks met geen tuin nie en net 'n klompie potplante.  Maar ons het wel 'n swembad en ek hou daarvan om dit winter en somer piek-fyn te hou.  Gegewe die waterskaarste in die Kaap het die swembad 'n solar-kombers om verdamping te voorkom, maar dit kos kort-kort oprol om "asem" te skep en dan weer uit te rol wanneer die son skyn.
  • Ek pak kort-kort 'n projekkie aan wat ek dan self deurvoer en afhandel.  Die jongste was om 'n reënwater-tenk aan te skaf en so te installeer dat redelik suiwer water vanaf ons huis se dak na die tenk gekanaliseer word.  Ek het ook 'n elektriese drukpomp geïnstalleer sodat sou beurtwater ingestel word, kan die water in die tenk na die hele waterstelsel in die huis gepomp word.  Ek het ook destyds met die beurtkrag-storie 'n inverter gebou en afsonderlike ligte in elke vertrek in die huis aangelê met ook 220V krag vir die DStv, klanktoerusting en die rekenaars in my studeerkamer.
  • Ek vroetel ook graag gedurig aan ons Exclusive en is aanmekaar besig om dinge aan te bring of te verbeter of net instand te hou om ons vakansies so sorgvry en aangenaam as moontlik te maak.  Onlangs al die ligte met LED ligte vervang en bedrading aangelê om voorsiening te maak om die karavaan battery met dié van die Pathfinder s'n daagliks op te top terwyl ons sonder krag by Balule in die Wildtuin kamp.
  • Ek lees ook wyd op verskeie forums van wildbesigtigings in die Kruger Wildtuin en beplan dan ons wildkyk-roetes daarvolgens vir ons trippie in Meimaand.
  • En dan ons kleinkinders.  Hier is vyf van hulle nie verder as drie kilometers van ons huis af nie en ek en my wederhelfte geniet dit om by hulle betrokke te wees, soos byvoorbeeld om hulle skool toe te neem of te gaan haal, in te staan tydens krisisse soos dokter of hospitaal toe, sommer net by ons kuier, lekker saam met hulle te swem.  Ook tydens skoolvakansies boer hulle hier by ons.
  • En dan, my wederhelfte is baie lief om vriende en familie te onthaal.  Daar gaan nie maklik 'n week om wat dit nie gebeur nie. Ek is gewoonlik maar die stuurjong, "gaan koop gou dit" of "gaan koop gou dat".  Behalwe wanneer daar gebraai word wat ek doen, help ek darem met die opruimery.

Klink nie baie indrukwekkend nie, maar ons geniet my aftrede ten volle.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2018 @ 07:42:37 am
Anonymous

Om hulle neuse in ander mense se besigheid te druk

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2018 @ 08:35:44 am
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5178
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 43 years

Om hulle neuse in ander mense se besigheid te druk

Hehehehe. Ek neem aan jys nog nie op daardie stadium van aftree en moet jouself besig hou nie. En tog.. ek glo jou.... persoonlik dink ek dat as mens jouself nie besig hou met iets posetiefs nie, dan krap jy waar dit nie juk nie. Spreekwoord sê mos Ledigheid is die duiwel se oorkussing.

Len het n uitstekende besig-wees plan. Ek hou daarvan.

Hoe oud is jy nou-al spekkies. Of is dit n geval van "dis my geheim"

Ek sou dink mens moet probeer om soos die Bybel sê.... in vrede te lewe met ALLE mense.
Ek sê eendag vir ou-dominee. Dis maar BAIE moeilik om NIE te haat nie. Sy antwoord was... probeer so lewe dat ander mense jou nie haat nie.

Moral of the story... moenie n miskruier wees nie
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2018 @ 09:24:48 am
Anonymous

Somege weet van als maar bly (soos jy sê) 'n miskruier.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Jan 2018 @ 13:58:02 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1726
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 100 years
"Om hulle neuse in ander mense se besigheid te druk"

Ag nee Spekkies man - ons is darem nie almal so nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
View First