Is daar van julle wat bygelowe het met Vrydag die 13de? Ek lees elders van n oord wat vertel dat hul 2 mense gekry het wat hul naweek gekanseleer het weens die feit dat hulle nie op Vrydag die 13de wil sleep nie.
Nee wat, glo nie daaraan nie. Daar is wragtig by ons mense wat hysbak sal vat tot die 14de vloer en dan die trappe afloop na die 13de.
Jesus se hand van beskerming is permanent oor ons, 24/7. Al wat ek doen maak nie saak watter dag voor ek ry vra ek vir sy seën. Want as Hy met ons is wat kan teen ons wees en as hy ons in n ding in vat sal hy ons daar deur vat. Alle eer aan ons Vader met sy onuitputbare genade.
Nee wat. Glo ook nie aan Blou Maandag nie.
Ook nie aan n swart kat oor die pad voor my nie.
Het self n swart kat gehad
Ek stem saam voordat ons uit ry by die hek bid en vra dat die Here Sy hand oor ons sal op die pad. Ons vra dit daagliks en met Sy hand oor ons kan dit net goed gaan. Daarom is bygelowigheid soos vrydag die 13de of blou maandag nie vir ons van toepassing nie. Dit is vir ons soos nog n dankbaar gegewe dag in ons lewens.
Ek drink nooit 13 biere nie. Slegs 12 of 14.
Jesus se hand van beskerming is permanent oor ons, 24/7. Al wat ek doen maak nie saak watter dag voor ek ry vra ek vir sy seën. Want as Hy met ons is wat kan teen ons wees en as hy ons in n ding in vat sal hy ons daar deur vat. Alle eer aan ons Vader met sy onuitputbare genade.
Sommer net bygeloof, en sonde daarby! Glo geensins daaraan of enige ander bygelowige stories nie, en soos reeds genoem, is God altyd in beheer! Ek en vroutjie vra daagliks Sy seën en beskerming, veral ook wanneer ons vertrek op vakansie.
My oorlede pa het baie jare gelede so ding gehad met 'n swart kat, soveel so dat hy net voor Glencoe omgedraai het en ons terug gekom het huistoe toe die kat voor hom die pad gekruis het. Ons was toe oppad Vryheid toe om by my ouma te gaan kuier. Onthou nog die rusie tussen hom en ma...
Amen ek stem Salom lekker dag vir julle
Ja kyk daar is mense wat die bygeloof ding heeltemal te vêr vat. Sommige ruk sommer die dam heel onder die eend uit deur heeldag op Friday the 13th in die bed te bly.
Van swart katte voor jou verby loop, Mag nie onder 'n leer deur loop nie, Gesnyde aartappel op fraatjie smeer en dan agter oor jou skouer gooi, Messe en vurke wat val, Vatdoek by deur uit gooi.
Al die goete kan nogal vir lekker vermaak sorg.
Vir my is elke Vrydag n goeie dag, astware die beste dag van die week, maak nie saak van die datum nie!!
Ja nee wat kyk dit bly 'n puik dag. Want baie keer beteken dit dis KAMP tyd.
Ek moet juis nou verlof in sit vir Ma die 23ste.
Want volgende naweek is KAMPTYD in Parys.
Ek dink dit is waarom Vrydae so lekker is, soos jy se, kamptyd!!!!
Goeie more,
Nuttelose feite vir almal maar
44jaar gelede was 13/9 'n Saterdag-troudag
64 jaar gelede was 13/9 dink ek 'n Maandag-geboortedag
Dus is hierdie Vrydag vir iemand spesiaal
Mooi naweek vir almal
Die bygelowigheid verbaas my altyd. Mense moet besef Harry Potter is net 'n storie en toordery bestaan nie werklik nie. Ons buurvrou vertel daar het 'n uil op hulle dak gesit en hooo. Sy het haar man gestuur om hom te verjaar want sy wil nog nie doodgaan nie. Hoe de d&^&%r sal die arme uil dit regkry? Ons mense is maar soms baie primitief, en dan is dit meestal ook nog mense wat hulleself as Christene beskou!
Stem saam met jou Bakoor. Ons moet ons nie laat afskrik deur hierdie stories nie. Jesus is ons beskermer en Hy wil vir Sy kinders net die mooiste en die beste hê. Elke dag. Sy belofte aan ons. Ons het hoeka vanoggend die mooiste boodskap by ons manne-sessie gehad.
Its the daughters birthday and she is her olds man good luck, roll on Friday the 13
Een wat sy doppe tel is n alkoholis.
Ek drink net enkels👢
Ek is nie 'n alkoholis nie, alkoholiste woon vergaderings by.
Dis beter om dubbels te drink, dan sal jy nooit by 13 kan uitkom nie. 2...4...6...8....
Die manne is nou so slim, lyk my hulle is klaar onder die prop. Die 13 is nou vergete, weggedrink
Grootste klomp nonsens ooit. Toe ek nog gewerk het was daar sowaar personeel wat n kans gevat het en probeer het om op grond van Vrydag die 13de verlof te kry om nie te werk nie.......hulle mag dalk seerkry.
Dis beter om dubbels te drink, dan sal jy nooit by 13 kan uitkom nie. 2...4...6...8....
Weet jy waar sit jou enkel, twee doppe uit n bottel met 500ml coke.
Lekker Saterdag en al wat op Vrydag die 13 de gebeur het was ń moontlike overdose van Bachus se lekkernye.
Nee wat. Ons het Vrydag die 13de 'n pit gedruk en kom kamp.
En om alles te kroon, speel die karpies mooi saam die naweek.
Duidelik het iemand anders 'n goor trip gehad as ek kyk na die gazebo geraamte wat hulle agter gelos het.
Naand Johan, waar het julle gaan kamp? Ek wil Baja dam se karpies volgende naweek gaan probeer uit oorlê.
Naand Johan, waar het julle gaan kamp? Ek wil Baja dam se karpies volgende naweek gaan probeer uit oorlê.
Ons was by Chelmsford net buite Newcastle. Die karp was wakker, maar die wind het ons behoorlik klaargemaak. Tenminste weet ek nou dat my tent nie bang is vir sterk wind nie.
EK glo nie sommer in nonsens nie, maar daai aand wat ek my bakkie gestamp het ens was toevallig Vrydag 13 Mei 2015?
Maar nou ja, dinge gebeur en daar is mense wat maar lelike dinge glo en oorkom op sulke dae, maar om te glo dat dit uit en uit spesifiek met die nommer te doen het is moeilik, want die nommer (13) is ontwerp deur mense, en die dag "Vrydag" is ook deur mense ontwerp, so ek is seker die ongeluk van die dag word maar ook deur mense ontwerp
Moes hierdie nie eerder onder "Comedy Corner" geplaas wees nie?
Het daar toe iets gebeur wat iemand kan toeskryf aan net "Friday the 13th".
Met ons het dit great gegaan.
Het 'n splinternuwe skoonheids bed vir 'n skoonheids deskundige verniet gekry en dit by iemand gaan aflaai wat dit dringend nodig het. Plus punt 1.
Het 'n swaardiens Hi Presure Washer verniet kon leen. Op Saterdag toe al die "precast walls" om my huis skoon gespuit. Dit lyk nou soos nuwe mure. Plus punt 2.
Nee wat met ons beter as great gegaan.