English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 408
Total Replies: 232 555
Total Views: 82 434 834
topics: 1 126
replies: 11 528
views: 4 807 123
Jokes and everything else that makes you laugh

Vrouens verstaan

replies: 11
views: 2903
16 Feb 2017 @ 10:55:20 am
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years


Skrywer onbekend

Soos meeste getroude mans weet, is die skoner geslag se koppe nie aldag lekker opgeskroef nie. Ons aanvaar hulle raak soms emosioneel vir enige strooi. Daar is selfs 'n boek, "Men are from Mars-Women are from Venus", wat veronderstel is om mans te help om vrouens te verstaan. Die probleem is egter dat mans nooit handleidings soos diŤ gaan lees nie.

'n Man het nie 'n boek nodig om 'n TV in te stel nie, en hy het ook nie 'n boek nodig om vir hom te sÍ hoekom 'n vrou se kop raas nie. Dit is soos die son en die maan, dit gebeur daagliks en ons aanvaar dit maar so..... Soos my storie hieronder:

Nou kyk my Namakwa kaktussie is eintlik 'n baie selfstandige vrou en ek hoef haar nie meer as eenkeer 'n maand aantevat nie. Maar laas Vrydag het sy besluit dit is tyd om daai "two-stroke" motor in haar kop te "start", en glo my so 'n "2 stroke" kan raas.

Dit was weer 'n Vrydag middag en ons was laat vir 'n Smous braai! Ek was egter net laat want die braai het 4 uur begin en ek was eers 6 uur genooi. As ek dalk Nostradames of Siener van Rensburg as vak gehad het op skool, sou ek geweet het van die braai en hoe laat dit begin het. Maar ek het net Aardrykskunde en Wiskunde gehad so al wat ek weet is hoe om daar te kom en hoeveel om saam te neem.
Elk geval so in die aantrek kry ek nie my sokkie nie en ek maak my eerste fout van die aand.

Ek vra vir Mamma waar is my sokkie? Ek dink dit was 'n geldige vraag want sy was immers die persoon wat dit laaste gehad het, sy het dit gewas, opgehang en van die wasgoed-draad afgehaal. Maar nee, toe nie 'n goeie vraag nie, want ek kry toe so die wit van die oog (dit is soos 'n baie vuil kyk) en 'n sarkastiese antwoord dat sy nie my sokkies dra nie! Nou, ek weet sy dra nie my sokkies nie, en dit was nie my vraag nie, ek wou weet of sy weet waar dit is, want sy het dit laaste gehad. Maar om 'n pakslae te vermy het ek maar stil gebly en self begin soek.
Nou Mamma hou nie van laat wees nie. So wat sy maak is, sy gaan sit in die kar en wag met die "casserole" op die skoot en 'n halwe bottel rooiwyn (waaraan sy al vanaf 5 uur teeg) tussen die voete. Intussen hop ek in die huis rond opsoek na my sokkie se maat. Dit was nie lank nie toe is Mamma terug en die huis en wil weet hoekom ek so draai? Ek verduidelik dat ek nie my sokkie kry nie en ek maak toe my tweede fout en noem dit is omdat die huis deurmekaar is. Oooo henetjie was dit nie 'n fout nie! Daai kaktussie begin toe sulke dorings uitslaan en dorings laat haar harder praat. Sy blameer toe my varksugtigheid en dat dit eintlik my skuld is dat die huis so lyk. Net daar maak ek my derde fout en wys vir haar alles wat rondlÍ en dui ook aan op die feit dat, dit is haar plakkies in die hoek, dit is haar glas op die koffie tafel, dit is haar bord op die kombuis counter, dit is haar trui op die sitkamerbank, dit is haar handsak in die gang.

Toe besef ek, nou is ek in die hondehok......... want ek was reg. Jy ken daai gevoel, jy dink jy het gewen want jy het haar verkeerd bewys, maar eintlik het jy sopas jouself in die poepsak bygekom.

Ek kry toe weer daai stywe lip en besluit de hel met die sokkie en trek 'n paar plakkies aan. Nou oppad in die kar kan ek sien Kaktussie wil baklei maar sy weet net nie hoe om te begin nie. Sy moet mos nou die storie so draai dat dit my skuld is. Vra toe of ek dink sy is 'n skoonmaker? Ek weet toe wat ek ookal sÍ gaan verkeerd wees en ek sÍ toe maar net ek is lief vir haar en dat ek wil nie baklei nie. Maar praat wil sy praat, hulle gaan mos so deur die trappe van vergelyking daai tyd. Die gunsteling een is ......ek is nie jou ma nie, daarna, ek is nie jou bediende nie, en dan ten laaste sÍ hulle jy moet van nou af jou eie wasgoed was. Maar ek was rustig het nie teŽ gepraat nie, want my kombuis vloer-moer was nog vars in my gedagtes.

Maar so ge arriveer by die Smous is daar niks fout nie, die glimlag word weer opgesit en Mamma en Pappa is lief vir mekaar. In die kombuis vertel sy egter vir die vrouens hoe DEUR die ### ek is, en in die kroeg vertel ek vir die manne hoe IN die ### ek is. Die aand was egter 'n sukses, die "two stroke" se olie het opgeraak en die koppie het opgehou raas en Mamma was weer normaal.

Ook net totdat ons by die huis kom en ek sluit daai voordeur oop. Toe ek daai sleutel draai is dit asof ek daai "two stroke" weer opstart, maar in pleks van olie is hy nou vol rooiwyn en nou raas hy eers.

Ek dog ek klim nog so in die kooi en lÍ my kop neer vir 'n goeie nag rus toe hoor ek iemand breek die skottelgoed. Ek skrik so groot ek draai om, om haar wakker te maak en sÍ iemand breek haar borde, maar sy is nie daar nie. Ek gaan stel ondersoek in en daar staan my Kaktussie, Twee uur in die oggend besig met die skottel goed. Sy was hom nie normaal nie, sy was hom so met klinkende simbale, aspris so hard dat ek nie kan mis sy was skottel goed nie. Ek het nog probeer mooi praat en soebat dat sy moet kom lÍ, want Pappa is mos nou nog so effe lus ook na 'n braai, maar nee Mamma is op 'n "mission".

Man ek het net ingeslymer toe start sy daai elektrolux op. Ek kry so 'n koue rilling wat my skrotum weer op 'n plooi trek toe ek wakker skrik. Weet jy hoe klink 'n stofsuier drie uur die oggend as jy wind dronk is?

Nou word daar gesuig, ek word mos nou gestraf. Gelukkig het ek later my bewussyn verloor en kon ek verder slaap. Ek weet nie wanneer daai koppie ophou raas het nie, maar toe ek wakker word die volgende oggend lÍ Mamma langs my, nog ewe met haar geel rubber handskoene aan.

Ek staan toe later saggies op om met 'n bruin-beer te gaan worstel wat in my maag grom. Ek loop soos 'n trapsuutjies na die badkamer en laat sak die sitplek stadig, maar toe daai eerste plons geluid die water tref staan Mamma langs my! Nou moet jy weet dit kan nie 'n mooi gesiggie wees nie, die hare staan soos 'n bos-heks, die gesiggie is vol plooie gelÍ met die oŽ so effe rooi soos gister aand se wyn. Dan staan daai vuisies nog so gebal met die geel rubber handskoene ook.

'Wat maak jy?' vra sy.

Nou weet ek nie mooi wat om te antwoord nie, sy lyk asof sy kan moor. Ek bollie, antwoord ek haar toe maar eerlik. Sy het toe eintlik net vir my kom sÍ dat ek nie teen die rand moet mors nie want sy het skoon-gemaak, Daarna het sy weer gaan slaap.

Ek moet bieg die huis was silver skoon die volgende dag, maar my sokkie is nog steeds weg. Ek dink ek het dit by die gym verloor, maar dit is tussen ons en my vrou hoef dit nie te weet nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2017 @ 12:09:58 pm
Somer Kamper
Mars Member
77% Profile Strength
Posts: 1067
Joined: 03 Sep 2014
Experience: 21 years

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2017 @ 12:38:40 pm
OOM JEEP
Pluto Member
100% Profile Strength
Posts: 5638
Joined: 25 Aug 2015
Experience: 44 years
Goeie storie. Klink bekend. Verskil is eks al biki oud. Ek soek nie die sokkie nie, ek klim in die plakkies en dan weet jy mos... jy kannie so vieslik met plakkies na n braai toe ga nie.
I love camping all year round
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2017 @ 12:38:54 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years

Ha ha ha vra ek jou met trane in die ogge
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2017 @ 12:40:07 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years
Goeie storie. Klink bekend. Verskil is eks al biki oud. Ek soek nie die sokkie nie, ek klim in die plakkies en dan weet jy mos... jy kannie so vieslik met plakkies na n braai toe ga nie.


Oom Koos ek hoop net dis plakkies en nie "Crocs " nie
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2017 @ 18:19:16 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4456
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Ja die vrou geslag hulle kom mors van Mars af hoe het ek dit nou
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
16 Feb 2017 @ 19:47:12 pm
Campervan
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 2735
Joined: 27 Oct 2013
Experience: 41 years
My oudste suster het my 'n redelikke oulike boek gegee.
Everything a man knows about women.
Ek wil toe die boek maar lees, maar,
Elke bladsy is skoon sonder een woord daarin nie.
Nou vra ek jou,
Is dit al wat ons van hulle weet?
On The Road Again
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Feb 2017 @ 04:31:30 am
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

My oudste suster het my 'n redelikke oulike boek gegee.
Everything a man knows about women.
Ek wil toe die boek maar lees, maar,
Elke bladsy is skoon sonder een woord daarin nie.
Nou vra ek jou,
Is dit al wat ons van hulle weet?

Dit klink na 'n best seller, ek gaan sommer vandag nog een koop.  kiss

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2017 @ 19:07:20 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

OK, miskien het julle manne 'n punt.laughing

Man vra vir sy vrou:  "Kom ons kry take-aways vir ete.  Waarvoor het jy lus?"

Vrou:   Besluit jy

Man:   Pizza?

Vrou:  Ag nee, tog nie Pizza

Man:   Chinese?

Vrou:   Nee, asseblief nie, was laas keer gladnie lekker

Man:   Kentucky?

Vrou:  Te boring en vetterig

Man:   Nou wat dan?

Vrou:  Ek het jou gesê, besluit jy!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2017 @ 19:11:49 pm
dassie
Platinum Member
62% Profile Strength
Posts: 256
Joined: 12 Feb 2017
Experience: 19 years

Freda jy het nou net presies die storie in my huis verduidelik is jy dalk met die helmit gebore ? laughing

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Feb 2017 @ 19:41:56 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Freda jy het nou net presies die storie in my huis verduidelik is jy dalk met die helmit gebore ? laughing

 

Ag Dassie, dis ons voorreg om so te wees.  Jy weet, ons is gebore met hormone wat die manne nie het nie.  So dit is nie vir ons wat julle nie verstaan nie, dit is eintlik alles die hormone se skuld, ons verstaan hulle self nie aldag nie.  Ons hoop hulle skop bietjie uit soos jy ouer word, maar wragtig, hulle klou soos nete.laughing

Oscar Wilde het gesê:  "Women are made to love, not to understand".   So man is mos nou enige vrou se droom!wink

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Oct 2017 @ 21:19:38 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14171
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years
.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required