English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 643
Total Replies: 236 884
Total Views: 82 688 171
topics: 11 036
replies: 129 037
views: 39 031 610
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Vroegtydig betaal afslag

replies: 18
views: 279
25 Sep 2019 @ 16:23:09 pm
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14693
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Sal jy van die aanbieding gebruik maak indien jou gunsteling Desember oord jou afslag gee indien jy jou volle rekening vroeer vereffen? Ek sien n oord soos Scottburgh karavaan park gee jou 10% afslag op jou Desember bespreking indien jy jou rekening 100% vereffen teen 31Augustes. 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
1
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 17:21:33 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Geert...

Ek is nie n voorstaander van vooruit betaal of 100% betaal nie.

Soos met NKP wat jy n jaar vooruit moet bespreek en betaal.

Daar is baie ou mense wat nie weet en self ons wat is die vooruitsig oor n jaar tov van gesondheid en wat ook al.

En daar is n % wat hulle vat met kansellasie.

Niemand in vadag se lewe kan daai risiko neem nie.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 17:28:14 pm
Chris Boucher
Moon Member
100% Profile Strength
Posts: 893
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Afhangende wat hul kansellasie-beleid is - m.a.w. watter persentasie jy verbeur as jy genoodsaak is om te kanselleer.

By Bosveld Oase verloor jy 100% van jou deposito as jy kanselleer. Het dit eenkeer oorgekom. Hulle was selfs nie eens bereid om die bespreking na 'n ander datum te skuif nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 17:49:05 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

As ek nie so twee of drie dae voor kan betaal nie dan gaan ek nie.

Chris.... ek is ook daardeur en dit was regtig buite ons beheer gewees en hulle het nie die menslikheid om dit inte sien nie.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 19:45:55 pm
Danie-SLK
Pluto Member
92% Profile Strength
Posts: 4559
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 43 years

Ek dink hierdie is 'n antwoord wat elke ou persoonlik sal raak. Behalwe gesondheid is daar ook ander faktore wat mens sal laat besluit om nie ten volle te betaal nie. As verlof bv nooit gestop word weens werksverpligtinge dan kan mens seker 'n deel spaar en ten volle betaal.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
25 Sep 2019 @ 19:58:34 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 259
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

I must agree with you all, it's a racket if they won't re book you for a different period and will not refund even portion of your deposit, you may be sure they will take a booking from someone ells for that period. You could even accept a 10% admin fee if you cancelled less than a month before the booking date

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 07:12:31 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ek doen als wat ek kan en maak seker dit binne my vermoë is uitgesorteer wanneer ek besprekings maak.  Ek kyk ook na die kanselasie beleid maar deur met die oord te praat en te onder handel kom mense gewoonlik vêr.

Vir 'n lang vakansie betaal ek vir so bespreking gewoonlik alles klaar so gou as moontlik. Die kere wat ons altyd by Balito in April gaan kamp het was my vakansie vir die volgende jaar teen Sep of Okt van die vorige jaar klaar betaal.  Dan het ek die res van die maande gewerk en los take verrig om te spaar vir brandstof, tolhek gelde, lekker kos en sommer spending money.

Ja ek het gedoen wat ek kon, maar daar is 'n groter HAND altyd in beheer en uit SY genade kan ek met alle eerlikheid sê dat ek behalwe vir een insident nog altyd die vakansie kon gaan geniet het.  Die eenkeer wat dit nie gebeur het nie was by ATKV Natalia waar ek 'n jaar vooruit bespreek en betaal was toe verander hulle die seisoen tariewe beleid oor 'n seker tydperk.  Ek het wel al my geld teruggekry.

Ek is juis tans besig met my beplanning vir Des die jaar. Dis so effe laat ja maar omstandighede by werk (wat almal ken) het my gedwing om dit uit te stel tot nou.  Ek gaan bespreek en klaar betaal sodat my budget vir Des net brandstof, tolgelde, en spending money is.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 07:39:06 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14693
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ek probeer ook maar om Desember betalings so vroeg moontlik af te handel aangesien ek vir myself werk en Desembers maar n maer maand is. Inkomste daai maand is maar minimaal, uitgawes is dubbel {Lone + Bonus}.....so as ek op so n geleentheid kom om 10% afslag te kan kry op verblyf deur vroeer te betaal, sal ek definitief daarvoor probeer gaan indien moontlik. 

Ja....ek besef wat Leon sê.....ons beplan soms ver vooruit, maar dis maar elke keer weer uit Genade dat ons dit kan bywoon wat ons beplan het. Soms n jaar vooruit...baie dinge kan gebeur in n jaar. Ek voel ook soms dat ek nie wil beplan om dit wat moontlik met my kan gebeur of nie. As iets gebeur is dit maar uit ons hande uit.....dit kan selfs n dag voor vertrek gebeur. Ek was ook maar nog altyd geseend gewees om darem al die kampe wat ek beplan het by te kon woon, maar begryp dat dinge baie vinnig kan verander.

Ek voel net dat as jy by n populere oord bespreek oor Desember en jy nie kan gaan nie, jy maklik dit sal kan verkoop aan volgende kampeerder......daar is baie oorde wat met elle lange waglyste sit. Al is dit n minder populere oord.....sak jou prys bietjie onder dit wat jy betaal het, daar is altyd iemand daar buite wat uitkyk vir n winskopie. So....mens sal nooit al jou geld verloor nie

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 08:00:34 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Geert jou siening om dalk die bespreking te verkoop deur die prys effe laer te maak kan ook help.  Ek self het net nog nooit so daaraan gedink nie.

Ek dink dit het een jaar met my gebeur by Balito dat ek korting gekry het deur die vakansie gelde vooraf klaar te betaal het.  Maar dit was nou nie soveel dat mens 'n boek daaroor wou skryf nie.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 08:10:40 am
Bak oor
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2129
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Ek stem met chuck (Jin). Groot maatskappye is vandag hier more weg. Kyk byvoorbeeld Thomas Cook. Betaal jy voor uit en iets loop skeef sukkel jy soos Catherine met oorde wat niks vir jou as klient voel.

Nee wat my geld bly by my solank moontlik en ek betaal net wat nodig is om die plek te secure.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 08:14:45 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14693
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Geert jou siening om dalk die bespreking te verkoop deur die prys effe laer te maak kan ook help.  Ek self het net nog nooit so daaraan gedink nie.

Ek dink dit het een jaar met my gebeur by Balito dat ek korting gekry het deur die vakansie gelde vooraf klaar te betaal het.  Maar dit was nou nie soveel dat mens 'n boek daaroor wou skryf nie.

Laasjaar Oktober het ek 6x staanplekke te veel bespreek by Bosveld Oase....ek het dit adverteer. Oorspronklik het min belang gestel....toe sak ek die prys met R200 vir die naweek en alles was in n japtrap opgeraap gewees. Ek was self verbaas gewees dat die mense so vinnig was op n winskopie.

NS: Vir die wat weer n lekker Bosveld Oase winskopie soek....ek het 2x lekker skaduwee staanplekke vir die naweek van 4-6 Okt 2019 beskikbaar 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 08:23:22 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Wat is die staanplek nommers Geert.?  Sal my wa onder die skadubome daar in pas?

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 08:56:19 am
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8549
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Laasjaar Oktober het ek 6x staanplekke te veel bespreek by Bosveld Oase....ek het dit adverteer. Oorspronklik het min belang gestel....toe sak ek die prys met R200 vir die naweek en alles was in n japtrap opgeraap gewees. Ek was self verbaas gewees dat die mense so vinnig was op n winskopie.

NS: Vir die wat weer n lekker Bosveld Oase winskopie soek....ek het 2x lekker skaduwee staanplekke vir die naweek van 4-6 Okt 2019 beskikbaar 

Jy terg my lekker.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 09:01:51 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14693
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Wat is die staanplek nommers Geert.?  Sal my wa onder die skadubome daar in pas?

Ek stuur netnou meer detail

Jy terg my lekker.

 

 

Jy het darem lekker troue aan. As jy weer op die been is moet ons opmaak en kamp

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 09:42:34 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1098
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Ek sien weer die "afslag" uit 'n ander oogpunt .... kontant in die hand is 2,5% per maand werd. Dus, sou jy in Augustus betaal vir Desember het jy in werklikheid niks gespaar nie, maar die oord wen eintlik deurdat hulle die geld vroeër kry, en, SOU daar 'n kansellasie ter sprake wees, hulle 'n gedeelte sal terughou.

Maar, dit is seker maar elkeen se eie keuse. Maak maar soos jy goeddink en GENIET die kamp!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 09:49:08 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 15008
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Oom Nico.  Jy moet nog vir ons kom terugvoer gee oor jou blomme kyk toer.  Het jy vooruit bespreek en betaal of net gery en gehoop jy kry plek????

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 10:32:41 am
Nico
Mars Member
92% Profile Strength
Posts: 1098
Joined: 16 Jan 2010
Experience: 12 years

Leon, ek het reeds terugvoer gegee omtrent die toer - kyk na die "Aktiewe Onderwerpe" afdeling. Ek het egter nie al die parke gegradeer nie (nog nie kans gekry om Admin te vra om die kleiner plekkies te "lys" nie.)

Ons het geensins vooruit bespreek of erens vooruit betaal nie - kom by 'n dorp, sien advertensies langs die pad (selfs by kafees/garages en/of ander kampeerders navrae gedoen) en siedaar .... lekker gebly en baie goedkoop! Duurste was R275.00 per nag vir ons twee, goedkoopste R136 vir 6 mense (en ..... al was ons 2 karavane, as dit op 1 staanplek staan was die prys steeds R136!!!!) Parke orals was uitstekend - Munisipale parke ingesluit.

Ek sê net vanoggend vir Joanie dat ek nie verbaas is dat Thomas Cook gevou het nie - meer mense maak deesdae hulle eie vakansie reelings sonder om deur 'n reisagentskap te gaan. Ek moet erken ek en Vroulief is baie geseënd en bevoorregd want ons het die geleentheid gehad om baie oorsee te reis - en slegs een keer (in Turkeye) van 'n reis agentskap gebruik gemaak. (Moet hier noem dat ons selfs in Mauritius ons eie reelings getref het - motor ingesluit .... baie goedkoper!) Waar ons ookal getoer het, huur ek 'n motor, ry met 'n padkaart (later darem gelukkig GPS - met die program in Afrikaans nogal!!) in 'n rigting, hou van 'n plekkie, eet middag ete, en indien ons baie hou van wat ons sien, slaap ons dan oor dan by 'n B & B vir 1 of 2 aande. NOOIT 'n probleem gehad nie, baie goedkoper op die manier en baie gesien en ondervind. Heerlik - hou daarvan om dinge op die ingewing van die oomblik te doen.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 10:44:48 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 14693
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Wat is die staanplek nommers Geert.?  Sal my wa onder die skadubome daar in pas?

WhatsApp gestuur

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
26 Sep 2019 @ 15:00:24 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5247
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 30 years

Ek respekteer en verstaan die oord wat volle betaling vooraf verlang ens. Ek vra self volle betaling vir my projekte vooraf.

MAAR, daarom los ek dit eerder omdat ek nie lief is vir vooruit betaalnie omrede ek ook maar weet alles is nie gewaarborg nie.

Die oorde wat ek nog basies besoek het of gellenthede het my betaling geskied by aankoms. 

So ek wag maar tot ek weet ek kan ry, kry plek en betaal as ek daar kom as hul dit so aanvaar..

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First