English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 482
Total Replies: 234 541
Total Views: 82 528 781
topics: 10 933
replies: 127 599
views: 38 951 952
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Vrae aan Brommer: Trukamera bedrading

replies: 4
views: 177
18 Oct 2019 @ 09:43:33 am
Rudi
Bronze Member
33% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 22 Oct 2007

Vrae aan Brommer

Ek is besig om my  trukamera / monitor installasie self te doen en het net 'n paar vrae n.a.v. jou vorige post van "Brommer / Rear view camera installations" op 8 Nov. 2018.

Jy sê die volgende: "EK gebruik op meeste voertuie hul standaard trailer konneksie aux pin 2 en dan het jy nie ekstra draadjies en nonsens om in te prop nie"

My vrae:

  1. Is dit nou vir die RCA kabel (video) vanaf die kamera?
  2. Hoe konnekteer jy die RCA draad op die karavaan/voertuig 7-pin plug? Sny jy die RCA prop af en Koppel die negatief (outer) van RCA draad op die aard punt van karavaan/voertuig 7-pin plug en die positief (pin) van RCA draad op die aux pin 2  van karavaan/voertuig 7-pin plug?
  3. Sal dit nie dalk steurings op skerm veroorsaak as die RCA draad so gekoppel word nie?

Dankie by voorbaat

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2019 @ 14:14:18 pm
Danie-SLK
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4428
Joined: 08 Sep 2009
Experience: 42 years

As ek kan antwoord. Dis nou nie die antwoord op die vraag nie maar ek dink hierdie is die ideaal as mens 'n nuwe installasie doen. 6 pennetjies vir die krag en beeld en geen roes soos wat mens kry met RCA behalwe as jy die goue tipe gebruik soos die musiek mense doen.

Pin 2 kan mens wel vir die krag draad gebruik maar mens het steeds  punt/e nodig vir video. "Screen" draad vir die grond om steurings te beperk bly 'n wenner vir die video.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
18 Oct 2019 @ 16:27:02 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5191
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek het daai pennetjie stel op my Fortuner en karavaan. As ek wel dit weer moet oordoen, sal ek dit maar split in 2 of net die pin 2 gebruik. Dit werk 100% sonder steurings en ek doen al die installasies suksesvol daarmee. 

Ek het in verlede met daai sokke gewerk maar het gevind dit kan probleme skep en moet jy adapter ook he as iemand anders jou wa wil/moet sleep..

Voertuie soos Ford wat steurings maak gee ek net aparte trailer lig sokstel en dit werk 100% en voertuie soos Toyota doen ek gewoonlik direk op pin 2, of 2de koppeling afhangende van die installasie en waar die kamera sy krag moet kry


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 08:00:22 am
Rudi
Bronze Member
33% Profile Strength
Posts: 18
Joined: 22 Oct 2007

Dankie vir terugvoer Danie & Brommer.

Ek het toe die naweek my installasie klaargemaak en toe gemaak soos Brommer gese het en punt 2 op my standaard karavaan/voertuig 7-pin plug as video konneksie gebruik. Geen ekstra koppelings tussen kar en karavaan nie. Werk baie mooi.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Oct 2019 @ 08:20:27 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5191
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Lekker Rudi, Geniet hom!

 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required