English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 435
Total Replies: 251 833
Total Views: 83 199 719
topics: 4 494
replies: 30 772
views: 17 435 298
In this section we discuss caravan and camping resort destinations sorted by province.
Resort Search:
topics: 431
replies: 37
views: 17 353 654

Vra advies oor Moreson Limpopo Musina

replies: 12
views: 318
20 Nov 2019 @ 14:52:08 pm
PappaEngel
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 31 Aug 2019

Goeie dag mede-kampeerders.

 

Ons gaan vir die Desember-breuk saam familie by Moreson, Limpopo kamp. Enige ervarings van die oord? Goed of sleg? Ek verstaan dat daai omgewing baie warm in Desember is. Is die weer darem kampeerbaar? Baie dankie

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 16:23:35 pm
Skolopad
Platinum Member
70% Profile Strength
Posts: 423
Joined: 28 Feb 2018

Just Google Musina Limpopo , it will give you info of the town including temperature, just remember the saying is "Don't send Oscar to jail, rather send him to Musina "

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 17:01:42 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9702
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Het daar groot geword en my Pa het n wildsplaas faar gehad. 

Dis vrek warm in Desember, hoop jy het n silwerseil.

Geniet dit.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 17:05:11 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9702
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Musina is baie verwaarloos.

Gaan maak n draai by Impala Lili.

As julle kan gaan kyk hoe lyk dit by Beitbrug.

By Arkonvillage is n leer fabriek. Weet nie of hy nog bestaan nie maar het so paar jaar terug vir my nog geweerbelde daar gekoop.

Laatweet asb.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Nov 2019 @ 22:54:01 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1831
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ernest

Welkom op die forum.

Musina is erg warm in die somermaande. Maak voorsiening daarvoor.

Soos Jin bo voorstel, neem 'n silwer seil saam om jou tent ens mee toe te maak en die temperatuur effe te laer te maak in jou tent deur direkte sonlig te reflekteer.

Maar weet, warm lug is warm lug.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2019 @ 09:58:52 am
Frikadel
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 565
Joined: 08 Apr 2014
Experience: 24 years

Warm en die droogte daar is baie erg.

As jy al ooit karakter getoon het, nou is die tyd!
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Nov 2019 @ 12:58:55 pm
Proffie
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1831
Joined: 04 Aug 2017
Experience: 30 years

Ek sien Moreson is op die Musina Tshipise pad, ongeveer 5km van Tshipise af.

Volgens die fotos op google maps lyk dit na 'n oulike plek. Hulle word ook op 4,4 uit 5 geevalueer.

Maar dit bly 'n warm deel van ons wêreld.

Jesus saves all who do the will of the Father Matt 7:21-23
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2019 @ 05:53:02 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 16097
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 56 years

Ja ek wil amper sê jy moet daar gebore wees om daai hitte te kan hanteer.  Lekker groot silver seil bo oor jou kamp opset (Grooter as die opset is 'n ekstra plus en 'n waaier of wat sal mens seker oor die weg kan kom.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2019 @ 07:34:24 am
Leeu
Gold Member
85% Profile Strength
Posts: 146
Joined: 18 May 2008
Experience: 26 years

Goeie môre mnr Engel, soos reeds genoem is dit vrek warm daar. Ek het nog nooit by Môreson self gekamp nie, want jy kan slegs daar kamp op uitnodiging. Dis 'n geslote klub.

Ons het wel al in Desember by Tshipise gekamp, wat net om die draai is. Daar waai meeste van die tyd 'n windtjie en as jy in die koelte is, is dit aanvaarbaar. Ek maak gewoonlik my t hemp nat by die kraan en dan is dit baie lekker. Vat waaiers of lugversorging saam. Ons meet gereeld so 45 grade in die koelte. Dis 'n baie lekker tyd oor Desember by Tshipise, want dan is die oord nie so vol nie en jy kry nog steeds die vakansie "vibe" soos by enige ander oord. Vanaf die oord draai mens af van die Mussina pad na die grens se rigting en kan jy vir kilometers langs die Limpopo rivier en grensdraad ry tot anderkant Mussina.

Oom Arie, wat 'n "lang kamper" is, kamp een keer 'n jaar by Môreson en stuur dan vir ons video clips van die staanplekke. Daar is wild wat tussen die staanplekke deurloop. Hoop nie daar is ook bobbejane wat pla soos by Tshipise nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Nov 2019 @ 14:43:45 pm
Janneman
Silver Member
33% Profile Strength
Posts: 72
Joined: 25 May 2013
Het Junie vanjaar saam met Arrie hul daar gekamp. Dit is heerlik in die wintermaande maar Desember sal seker baie warm wees.
Maak voorsiening vir malaria teenmiddels. Die kampbestuurder by Moreson het malaria daar opgedoen en het nog Junie baie gesukkel met die nagevolge. Ook gehoor van besoekers wat deurgeloop het daarmee.
Daar is wel bobbejane maar hul het nie by die kampplekke gelol nie. Wat wel oorlas mag wees is die volstruise wat in die kamp rondloop en soms vleis van 'n rooster af gaps ens. as jy nie paraat is nie.
 
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
23 Nov 2019 @ 16:04:27 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9702
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Dis bly maar n mooi deel as dit goed reën gekry het.

Het darm lekker daar gebly in die 80 jre.

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
24 Nov 2019 @ 17:46:40 pm
Bak oor
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 2988
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 40 years

Daardie plek kan ordentlik warm word. Het n paar army kampe daar gedoen en het te voet van Musina tot Pafuri al langs die secil lyn gepatrolleer om die boere te beskerm teen vee diefstal en onwettige immigrante wat kortpad oor die rivier vat. Ja julle gaan warm kry.

🌪️ Worry ends where faith begins 🌪️
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
27 Nov 2019 @ 20:26:04 pm
PappaEngel
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 5
Joined: 31 Aug 2019

Het Junie vanjaar saam met Arrie hul daar gekamp. Dit is heerlik in die wintermaande maar Desember sal seker baie warm wees.
Maak voorsiening vir malaria teenmiddels. Die kampbestuurder by Moreson het malaria daar opgedoen en het nog Junie baie gesukkel met die nagevolge. Ook gehoor van besoekers wat deurgeloop het daarmee.
Daar is wel bobbejane maar hul het nie by die kampplekke gelol nie. Wat wel oorlas mag wees is die volstruise wat in die kamp rondloop en soms vleis van 'n rooster af gaps ens. as jy nie paraat is nie.
 

Ek verstaan die eienaar van moreson is oorlede aan Malaria

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za