English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 122
Total Replies: 227 570
Total Views: 82 273 951
topics: 10 745
replies: 123 353
views: 38 804 359
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Voorstel vir Desember vakansie

replies: 11
views: 243
15 Apr 2019 @ 08:57:08 am
Nollies
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 15 Apr 2019

Hi Julle, ek wil graag by julle hoor ek het altyd Junie Jullie verlof gevat maar is nou verplig om in Desember met vakansie te gaan.

Wat se oord sou julle voorstel vir so 2 weke in Desember? Ek het wel plek gekry by Buffelspoort. Enige raad en advies voor dat ek my geld oor betaal.

Dankie ek hou die post dop

 

 

 

 

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 09:34:10 am
Bak oor
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1637
Joined: 05 Sep 2013
Experience: 39 years

As jy kinders het hou Buffelspoort hulle lekker besig. Anders kyk gerus na Mabelingwe

Many people will walk in and out your life, but only true friends leave a footprint in your heart
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 09:35:58 am
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 13740
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Edward sou  jy kyk na 'n oord langs die kus ook. Indien wel sou ek Harkersville in die Suid Kaap naby Plettenbergbaai aanbeveel.

Vele stap en fietsry roetes in die omgewing. Baie ander doen dinge. 10km uit Plet uit so daai "Hussle and Bussle" van die Desember vakansie ervaar jy baie minder.  Hulle tariewe is baie minder vergeleke met die bekende oorde.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 09:47:52 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 513
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Baie welkom op die forum Edward.

Gee asb. vir ons 'n bietjie meer inligting soos bv. hoe vêr wil jy ry, het jy kinders en hul ouderdomme ens. Dan kan ons dalk beter voorstelle maak. 

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 10:02:25 am
Nollies
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 15 Apr 2019

Baie dankie, Ek roof kyk al lank julle forum van dat wegsleep nie meer een het nie. Jammer maar ek is maar n stil ou met min woorde, so ek praat nie altyd saam nie.

Dit is ek my vrou en meisikind van 10j. Ek gee nie om as ek ver moet sleep nie mens pas dit mos maar alles in as deel van jou vakansie. Ek hou van besig maar nie vertrap nie, as ek dit so kan stel. Ons het gedink aan n oord vakansie omdat daar gewoonlik lekker programme gehou word.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 10:03:39 am
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Sie julle kom van die Vrystaat af so die noordelike oorde se klimaat sal julle seker pas, alhoewel dit dan maar redelik renerig kan wees regoor die land. Atkv Drakensville kan ook opsie wees en daar is natuurlik baie om te doen in die Drakensberge. Dit is nou as julle van die buitelewe en stap hou. Brandstof raak 'n al groter faktor, alhoewel die KZN kus darem nie te vêr van julle af is nie. Die see het mos altyd sy eie bekoring.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 10:35:21 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 513
Joined: 04 May 2016
Experience: 32 years

Daar is so 4 oorde in KZN wat ek kan aanbevveel wat vakansie programme aanbied nl. Villa Spa en ATKV Natalia by Illovo Beach, MacNicols by Bazley Beach en TO Strand by Leisuresbaai. Almal puik oorde. Weet net nie ofr jy nog gaan plek kry nie. Die strande iss ook nie so besig dat hulle jou vertrap nie. Dit is amper soos privaat strande.

Laat weet ons waarheen jy Desember gaan.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 10:50:26 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 13433
Joined: 05 May 2015
Experience: 6 years

Daar is so 4 oorde in KZN wat ek kan aanbevveel wat vakansie programme aanbied nl. Villa Spa en ATKV Natalia by Illovo Beach, MacNicols by Bazley Beach en TO Strand by Leisuresbaai. Almal puik oorde. Weet net nie ofr jy nog gaan plek kry nie. Die strande iss ook nie so besig dat hulle jou vertrap nie. Dit is amper soos privaat strande.

Laat weet ons waarheen jy Desember gaan.

Karridene langs Natalia en Happy Wanderers het ook nice programme wat hul aanbied. Jy behoort nog reg te kom by Karridene 

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 13:47:04 pm
Dansan
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 531
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 39 years

Ons hier in die Kaap sit met 'n nuwe YSLIKE probleem dat ons NIE vakansie kan/wil/gaan/moet hou in Desember nie. Soos dit nou gaan gee jy letterlik jou eiendom oor aan dit wat riskant en onaanvaarbaar is. Feitlik al my vriende gaan hou vakansie NA die eerste tien dae in Januarie van die volgende jaar. Krag-draad om jou huis, armed respons, diefwering, alarms, kameras en wat jy ookal doen, dit bly steeds beter om saam met die buurd die waak te hou.  

Maar om jou te antwoord, ons verkies steeds om na Ebb n Flow in Wilderness te gaan. Daar is so baie om te geniet dat 10 dae se staan nie genoeg is nie. Ons gaan nie graag Weskus toe nie, daar is hopeloos te veel werkloosheid en jy is gedurig besig om dop te hou.

Ek kan nie wag vir my vertrek na die Noorde toe in Augustus nie.     

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 14:08:26 pm
Heindrich
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1685
Joined: 21 May 2013
Experience: 19 years

Jammer om van julle sekuriteitsprobleme by die huis te verneem Danie. Ja daar is goeie oorde in die Suid- en Ooskaap beskikbaar. Petrol is net deesdae so duur om van Gauteng of selfs ons van KZN soontoe te ry. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
15 Apr 2019 @ 14:34:44 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 7582
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 37 years

Welkom op die forum. 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransmannetjie. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
17 Apr 2019 @ 18:53:16 pm
Nollies
Bronze Member
37% Profile Strength
Posts: 6
Joined: 15 Apr 2019

Hi julle, ons het toe maar wel besluit om by die keuse van Buffelspoort te bly. Ek glo dit sal baie lekker daar wees. Dankie vir al julle voorstelle, ons sal wel van die oorde besoek in die toekoms maar dit sal vir lang naweke wees. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required