English & Afrikaans Forums
Total Topics: 22 524
Total Replies: 252 775
Total Views: 83 247 108
topics: 11 573
replies: 139 204
views: 39 341 865
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Voordele van lockdown

replies: 27
views: 413
07 Jun 2020 @ 08:30:25 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Gaan seker nou aangevat word maar 'n groot voordeel was om die vissermanne van die strand af weg te gehou het. Vandat ons weer kon oefen het ons die strandfront gebruik en was dit opmerklik om die skoon strand te sien.

Eendag nadat visvang weer kon plaasvind is die strand veral Blue Lagoon weer net een gemors. Vanoggend staan die manne bankvas want die shad loop en ons staan en kyk hoe die mense hulle gemors net so los en voertuig toe stap. By die parkeerplek gooi hulle die gemors langs die voertuig en ry weg. Vat die man toe aan toe hy langs my stop en aggresief vertêl hy my dat dit nie sy strand is nie en as ek nie daarvan hou nie moet ek dit gaan skoonmaak. 

Dit alles terwyl die polisie in hulle voertuie wat luier sit met verwarmer aan en net mooi niks doen nie. 

Hulle kan maar die strand permanent lockdown vir die vissermanne!!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
07 Jun 2020 @ 10:25:45 am
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1513
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Alles behalwe mense het baia voordeel getrek uit die lockdown. Die aarde is veel beter af sonder ons mense.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 07:34:12 am
Relaxed Camper
Luhman 16 Member
100% Profile Strength
Posts: 17415
Joined: 05 May 2015
Experience: 7 years

Ja....vir my is dit om die strand te bevuil dieselfde as om jou papiere en blikkies by die venster uit te gooi byvoorbeeld in n plek soos wildtuin....mens doen dit nie....geniet die natuurskoon. Dink dit gaan maar oral so....ek sit baie op daai rotse by Ballito en kyk vir golwe....dan is dit ook maar gemors wat rondlê soos gekoekte vislyn wat net daar gelos word. As mens op die strand sit is dit soms ook hartseer om te sien wat spoel met die see uit. Mens sien ook baie strandgangers wat varke is....los hulle gemors ook soms net agter en dink hulle is in n hotel. Ek wou al iets sê vir sulke mense, maar hou my liewer in, want soos jy sê dit draai gewoonlik onaangenaam uit

WAARSKUWING:

Kampeer is aansteeklik en verslawend 😁
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 07:56:01 am
Kurper
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 266
Joined: 22 Feb 2012
Experience: 36 years

Maak my net so boos om die gemors te sien. Hulle het geen respek vir enige iets, is nie Vissermanne nie - ek noem hulle Visvarke!

“He was a wise man who invented beer.” – Plato
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 10:39:10 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ag komaan nou manne, kalmeer.

Jan, Blue Lagoon was die grootste seer oog in die Strand, dis darem nou gesloop. Het jy gekla oor die vieslike toestand daarvan toe dit nog daar was? Dit het n pis-plek vir rondslapers geword.

Ek laaik die vissermanne, ek het eintlik nog nooit opgelet dat hulle sodanig mors nie. Vissermanne het n PLIG om hulle aas op die strand te los, dit word binne oomblikke deur die seemeeue opgepik en weggeneem. Daar was nog nooit n studie gedoen oor vissermanne wat mors nie, ek woon al vir 65 jaar in die Strand en dit was nog nooit n issue nie.

Jislaaik Kurper, jy is darem ook nou n bietjie onnodig kras. Van die aangenaamste mense en eerlike Afrikaners wat ek ken hou van n lyntjie natmaak, hulle sal hartseer wees om te hoor wat jy van hulle sê. Ek ken jou nie, maar die indruk wat jy maak van jouself sê vir my jy kan maar n onaangename ou wees, ek is bly ek hoef nie saam met jou te braai saam met opgevoede vriende nie. 

As jy n gemors wil sien, kyk maar hoe gooi rokers hulle toppies by die verkeersligte uit.

Shoe, dat karavaan-mense hulle met sulke beusel-agtighede moet bemoei.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 11:02:07 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Kyk net hoe pragtig lyk ons strand vanoggend, en heeeeeel links staan n visserman wat NIEMAND pla  nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 11:09:57 am
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Danie, die strand ingesluit Blue Lagoon is pragtig opgegradeer vir almal om te geniet en nie net vir vissermanne om te bevark nie. As jy hule gemors wat hulle los goedpraat is dit reg. 

Gelukkig sien ek jy mors ook tyd met beuselagtighede deur jou standpunt te stel en die gemors goed te praat.

 

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 11:34:46 am
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ai Jan, is dit al waarmee jy ons karavaan-mense se dag mee kan maak?

Vertel eerder vir ons iets van jou reise.

Ek gaan nie hierdie forum vergal met hierdie tipe goedjies nie.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 11:46:00 am
Chris Centurion
Titanium Member
88% Profile Strength
Posts: 651
Joined: 04 May 2016
Experience: 33 years

Jan, ek dink Danie praat van 'n gewese plek met die naam Blue Lagoon in die Strand Wes Kaap.

Hy was seker nog nooit in sy lewe by die Blue Lagoon in KZN nie.

Danie, maak eers seker waarna die manne verwy voordat jy hulle aanval.

Moeg geploeg.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 11:54:03 am
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ek het ook gedink daar word van twee verskillende Blue Lagoon's gepraat.

Maar dan wil ek darem net byvoeg - ek is ook 'n hengelaar. En daar is ongetwyfeld 'n morsige klomp hengelaars ook, maar die klompie ouens saam met wie ek gereeld hengel is dan seker van die meer opgevoedes (of noem dit wat jy wil). As ek my hengelplek verlaat sal jy waaragtig niks sien wat agtergelaat is nie - behalwe my voetspore as ek op 'n sandstrand gehengel het. Maar laat ek dadelik byvoeg - ek ruim maar soms ander kere ook ander hengelaars se gemors op.

Maar moenie ons hengelaars (of vissermanne - soos hierbo genoem) almal onder dieselfde kam skeer en na ons verwys as visservarke nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 12:03:04 pm
Dansan
Moon Member
96% Profile Strength
Posts: 808
Joined: 05 Jul 2013
Experience: 40 years

Ag sorry Chris-man, Jan het ook nie juis gesê waar die plek is waarvan hy praat nie. Nee, ek val hom nie aan nie, ek het maar net n lansie gebreek vir die vissermanne hier by ons.

Ja, jy is doodreg, ek was nog nooit by KZN se Blue Lagoon nie, nog te besig om weer n slag alles suid van die Kongo te besoek.

So verdedig en BELEDIG elke ou maar plekke. Op grond van wat Jan openlik en in die publiek van sy Blue Lagoon dink moet ek (en al die ander lesers) oordeel of ek OOIT daar wil uitkom. Te bang ek  kry daar agressiewe vissermanne wat mors, soos Jan vertel.

Beslis nog nooit so-iets langs Namibië se lang kuslyn tot by die Kunene ervaar nie.Maaind you, ek sal darem lank dink voordat ek die Skedelkus verruil vir enige ander plek.

You'll never never know if you never never go
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 12:06:03 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Jan, ek dink Danie praat van 'n gewese plek met die naam Blue Lagoon in die Strand Wes Kaap.

Hy was seker nog nooit in sy lewe by die Blue Lagoon in KZN nie.

Danie, maak eers seker waarna die manne verwy voordat jy hulle aanval.

Chris, jy is reg as ek weer Danie se skrywe lees. 

Ek het niks teen visvang nie en vang self vis in Namibië maar nie in Durban nie want hier is niks meer nie. 😂

Was net baie opmerklik wat ons beleef het op die strand na Vrydag. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 17:25:42 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Ek en Susan het gister hier in Margate langs die strand gery. Gedurende lockdown was dit pragtig skoon en netjies. Nou is dit oopgestel, en alhoewel niemand nog op die sand mag loop nie, het die gemors al opgedaag. Ek kan nie se wie so baie " Kentucky" eet nie maar die strand en parkeerplekke was tot oorlopens toe bemors.

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 17:27:43 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Met die begin was daar GEEN toet-toet-toet van die "white wall tire" brigade gewees nie.

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 17:30:03 pm
PietG
Saturn Member
88% Profile Strength
Posts: 2191
Joined: 12 May 2015
Experience: 48 years

Skerp Willem baie skerp. 

Ons drink uit die piering want ons koppie loop oor.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 17:30:38 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Mens wil amper die afleiding maak dat daar ouens is wat heimelik hoop die ernstiger vlak van 'lockdown' moet maar weer ingestel word.

Gelukkig woon ek in 'n baie skoon dorpie. Dit was voor die 'lockdown' skoon asook tydens die 'lockdown' en is nog steeds skoon. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 18:30:56 pm
Kanneman
Jupiter Member
96% Profile Strength
Posts: 1512
Joined: 04 Mar 2006
Experience: 55 years

Ek het self destyds in Durban Noord gewoon, en toe was die Blue Lagoon nie juis 'n plek waar 'n ou sou wou gaan swem nie. "It takes all kinds to make a world", en Durban het 'n verskeidenheid van sy eie, soos mense wat glo hulle doen ander ouens 'n guns deur skoonmaak werk te verskaf - werkverskaffers! sealed

Be who you are and say how you feel, because those who mind don't matter, and those who matter don't mind.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 18:58:44 pm
Jan Meyer
Saturn Member
96% Profile Strength
Posts: 2238
Joined: 31 May 2014
Experience: 53 years

Ek het self destyds in Durban Noord gewoon, en toe was die Blue Lagoon nie juis 'n plek waar 'n ou sou wou gaan swem nie. "It takes all kinds to make a world", en Durban het 'n verskeidenheid van sy eie, soos mense wat glo hulle doen ander ouens 'n guns deur skoonmaak werk te verskaf - werkverskaffers! sealed

Pieter, jy is in die kol. Sommige beweer hulle is werkverskaffer😁

Die hele strandfront van Blue Lagoon tot by die hawe se ingang is nou regtig baie mooi gemaak en word regtig baie gebruik en is relatief veilig. Woon nou vir twintig jaar op die strandfront en Umgenipark langs die rivier.  

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 19:02:34 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Mens wil amper die afleiding maak dat daar ouens is wat heimelik hoop die ernstiger vlak van 'lockdown' moet maar weer ingestel word.

Gelukkig woon ek in 'n baie skoon dorpie. Dit was voor die 'lockdown' skoon asook tydens die 'lockdown' en is nog steeds skoon. 

Chris, almal kan nie daar by nie (ons is te veel) wink

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 19:04:56 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Willem - ek beskou dit as 'n moerske groot voorreg om te woon waar ons woon.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 19:22:37 pm
WilSur
Pluto Member
96% Profile Strength
Posts: 5811
Joined: 20 Jan 2003
Experience: 33 years

Willem - ek beskou dit as 'n moerske groot voorreg om te woon waar ons woon.

Chris, jy is 100% reg. 

Oppad na die volgende kamp.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
08 Jun 2020 @ 19:30:23 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 9762
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 40 years

Het level 5 geniet. Geen voertuie en mense op straat.

Nagte was lekker  stil met geen ambulans Serena's.

 

 

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 12:50:59 pm
Badger
Platinum Member
92% Profile Strength
Posts: 402
Joined: 28 Jun 2017
Experience: 64 years

When people start to fight and argue about anything and everything it's a sure sine that they are bored out of their minds.  I am a fisherman and agree that not all fishermen clean up after themselves, but this begs the question, does every other sector ?

Why not use this opportunity to make a pledge as campers to leave nothing but our footprints behind when leaving a park and or a campsite ?  and encourage everyone to do so as well.

 

Good luck and best wishes. Now lets talk Camping.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 13:23:18 pm
Zack
Titanium Member
85% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 02 Mar 2015
Experience: 33 years

Well said Brain.

Ek is 'n visserman is murg en been.  Elke keer is ek van die waters afkom is my boot vol plastieksakke en bottels wat ek optel wat in die see ronddryf.   Dis nie soseer gemors deur vissermanne nie maar deur die gewone man op straat.   Ek maak 'n punt om nie vir plastiek sakke te betaal nie want 9 uit 10 keer word dit vir iets anders by die huis gebruik en weggegooi.   Op die ou einde land dit in damme en eindig op in die see.   Begin NEE Dankie sê vir plastieksakke want indirek mors jy ook op 'n manier.

Hoeveel keer het ons as kampers by 'n vuil site aangekom wat net so laat staan is deur die vorige kamper? 

Ons kan as kampers begin om self 'n chicken parade te doen as jy kamp opslaan.  Tel alles op van sigaret stompies, koeldrank en bier proppe, cable ties, en so nog 'n klomp ander goed.   Onthou ook op nie water af te slaan in die aande langs jou karavaan nie.

 

 

Be a good person, but don't waste time to prove it
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
09 Jun 2020 @ 14:04:22 pm
mulderpm
Jupiter Member
88% Profile Strength
Posts: 1513
Joined: 04 Jan 2016
Experience: 50 years

Het level 5 geniet. Geen voertuie en mense op straat.

Nagte was lekker  stil met geen ambulans Serena's.

 

 

As jy niks will doen nie was level 5 die mees aangenaam. Dit was still en rustig. Geen garaas nie en die lug was skoon en die natuurlike wereld het gejuig.

Maar metter tyd het die afsondering en ingehoktheid my uiters gevrustreerd gemaak. Ons is van natuure n' kuddedier en dus om afgesonder te wees is n' straf.

Ons sal maar Wildtuin toe gaan om stilte en rustigheid met ons kudde te geniet.

Groete,
Paul
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 14:17:24 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Ek praat gister met my dogter wat met haar gesin op Ballito woon.  Sy sê dit was vir meer as twee maande vir hulle lekker om op die rotse by ek dink Shakas Rock te sit en na die see te kyk.  Toe word rotshengel weer toegelaat en nou kan hulle nie meer nie.  Sy sê die rotse lê vol verrottende viskoppe en sterte wat deur die henlelaars agtergelaat is. Hulle gebruik blykbaar net die lyfgedeelte.  Ek is nie 'n hengelaar nie, so ek weet nie of daar enige logika in die praktyk is nie.  Maar interessant het sy opgemerk dat die mense wat so mosrs, met klein visstokkies rotse toe kom.  Sy maak die gevolgtrekking dat hulle nuwe 'hengelaars' is wat vinnig goedkoop toerusting gekoop het en waarskynlik niks weet van die etiket wat gesoute hengelaars handhaaf soos hierbo genoem is nie.  Ek sou raai dat hulle dit maar uit verveling doen tot ergenis van almal.

My dogter-hulle bly in 'n kompleks in die straat naaste aan die see en sy sê hulle waag dit nie meer om in die straat te loop vir oefening nie.  Baie mense ry daarheen en parkeer en stap dan op die smal sypaadjies en die plank-en-beton stappad sodat daar nie plek vir 'n muis is nie.   Dit kan 'n mens verstaan want almal wil bietjie uitkom. Wat egter nie sin maak nie, is waarom mense steeds nie op die strande kan stap nie.  Ballito het wel nie lank breë strande nie maar daar is baie dele van die land, soos meeste Kaapse Suidkus en Weskusstrande wat wyd en lank is en waar daar meer as voldoende sosiale afstand behou kan word, wat nie op die looppaadjies moontlik is nie. Ons kinders ry nou eerder maar bietjie weg van die see om te gaan stap.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 15:46:45 pm
Chris Boucher
Mars Member
100% Profile Strength
Posts: 1303
Joined: 30 Apr 2015
Experience: 34 years

Ja Fred - ek verstaan ook nie die reëlings t.o.v. stap op die strande nie. Hier in Kleinmond het ons 'n strand waar ons vir etlike kilometers kan gaan stap - maar ons mag nie. Ons mag egter op die kuspaadjie stap waar jy amper by mense, wat van vooraf kom, moet verby skuur. Jy mag ook op die strand gaan hengel - en dus stap tot by jou hengelplek, maar nie net vir oefening of die plesier daarvan nie. Terloops, ek mors nie as ek hengel nie - so geleer deur my oorlede hengelaar-pa.

In aansluiting by hierdie sinnelose reëls lees ek vanoggend 'n artikel deur Rhynle Greeff - voormalige diplomaat. Hy vra o.a. hoekom 'n tandarts toegelaat was om in 'n haarkapper se spoegmond te vroetel, maar 'n haarkapper was nie toegalaat om aan 'n tandarts se spoeglose hare te sny nie.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
22 Jun 2020 @ 16:10:17 pm
Fred
Uranus Member
100% Profile Strength
Posts: 3484
Joined: 09 Mar 2016
Experience: 52 years

Soos Glenis Lynn sing: "It's a strange strange world we live in Master Jack", veral as jou wêreld Suid-Afrika is né.

En ek aanvaar dat werklike hengelaars hulle skaflik gedra en respek vir hulle medemens en die natuur het.  'n Ruk gelede was daar 'n sstrandhengelkompetisie op Stilbaai.  Die hengelaars het oor sowat 2.5 kilometer langs die strand gestaan, almal toegerus met duur toerusting, spankleure en amptelike nommers.  Daar moes 'n paar honderd deelnemers gewees het.  Die volgende dag was die strand so skoon asof daar niemand was nie.

Het is beter rijk te leven dan rijk te sterven
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required
View First
Stay home and stay safe, visit the official website: sacoronavirus.co.za