English & Afrikaans Forums
Total Topics: 21 483
Total Replies: 234 551
Total Views: 82 529 474
topics: 10 933
replies: 127 607
views: 38 952 302
In this section we advise you, and provide assistance to others on various industry topics.

Voertuig kapers in Kruger?

replies: 24
views: 7980
18 Jan 2016 @ 21:39:22 pm
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 373
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years
Hoor so 'n paar dae gelede oor RSG dat 'n renoster stroper 'n gesin probeer kaap het naby Numbi hek in die Kruger. Later is hy blykbaar doodgeskiet deur die polisie/teen-stroper eenheid, en sy maatjie ook gevang. Ook nie eens meer daar veilig nie! Wonder maar net wat ek in so geval sou doen...
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 13:49:00 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Wel dis nie verbasend dat dit gebeur nie, renoster stropers is gevoelloos en as hulle in die rondte is, is mense ook nie veilig nie.  Boonop is jy 'n maklike teiken, jy ry stadig, jy stop en konsentreer om diere te sien, nie 'n bl!xemse kaper nie.  Stel jou voor hy moet die insittendes uit die kar uitgooi en wegry en los julle daar alleen met die gevare van wilde diere om jou!   Scary!!!

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 14:04:02 pm
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Gelukkig het ek 'n 4x4 bakkie, ek sal op hom afry en jaag al gaan hy bosse toe. Hy sal dit nie verwag nie, die wat daar probeer kaap is nie gewoonte kaapers nie maar wel nood geleenthuigs kaapers vernaam as hulle vlug vir die teen strooper eenhuid.

Ek glo nie hulle sal skiet nie, want hulle will nie aandag op hulle vestig nie.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 14:17:25 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

So, hou jou deur in die wildtuin ook gesluit, maar nie oor die diere nie,  Sal nogal lekker wees om so ou die bosse in te jaag met jou voertuig.  Blaas jou toeter en gaan tekere, maak al wat 'n dier is senuagtig.yell   Ek het al baie gewonder, is die kapers nie bang vir leeus ens as hulle gaan stroop nie?

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 14:42:02 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1791
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ek het ook die radio-berig gehoor, maar 'n mens moet maar altyd versigtig wees vir onbevestigde berigte van 'n nie-amptelike aard.  Dikwels kry sodanige berigte stertjies aan.  Volgens die amptelike persverklaring wat op 14 Januarie deur SanParke uitgereik is, is 'n verdagte persoon met 'n geweer in die veld op 13 Januarie opgemerk deur twee verskillende groepe toeriste wat dit dadelik gerapporteer het. SanParke se teenstropingseenheid is met 'n helikopter na die gebied ontplooi waar hulle op twee potensiële stropers afgekom het.  Die stropers het op hulle begin skiet waarna die vuur beantwoord is.  Albei stropers is noodlottig gewond.

Daar was geen teken van 'n kapingpoging nie.  Kapings in die Kruger Wildtuin is hoogs onwaarskynlik want ontvlugting uit die Wildtuin is beperk tot net 'n paar uitgange en om sodaniges op daardie roetes voor te keer, behoort redelik eenvoudig te wees.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 15:14:06 pm
Leon
Luhman 16 Member
96% Profile Strength
Posts: 14761
Joined: 12 Jun 2007
Experience: 55 years

Mense ons bly in Suid Afrika. Weet dit nou maar, wat geld in Gauteng geld die hele land deur.  Mens kan niemand vertrou nie en geen sekerheid laat slap lê nie.

Die "Boewe" in ons land kyk uit na elke klein geleentheid om dit uit te buit.

Sonder Jesus is ek niks! ! ! !
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 15:58:31 pm
*****
Pluto Member
81% Profile Strength
Posts: 4705
Joined: 18 Apr 2011
Experience: 1 year

Dit is darem ook waar wat Lennie sê.  Hul gaan nie so maklik uitkom met 'n voertuig nie, behalwe as daar ander (onbewaakte)  plekke is waar hulle kan uit?  Deesdae by Addo deursoek hulle jou voertuig en jy moet papiere wys voor jy toegelaat word om uit te ry.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 18:56:51 pm
Bostoe
Neptune Member
92% Profile Strength
Posts: 4459
Joined: 11 Dec 2013
Experience: 34 years
Ek ry vir hom in sy moe-- hulle sal hom in stukke optel
Haak daai wa kamp bly koning
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 19:24:18 pm
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5196
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Voer hulle vir die leeus! Haha


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
19 Jan 2016 @ 23:10:25 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1791
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Mense ons bly in Suid Afrika. Weet dit nou maar, wat geld in Gauteng geld die hele land deur.  Mens kan niemand vertrou nie en geen sekerheid laat slap lê nie.

Die "Boewe" in ons land kyk uit na elke klein geleentheid om dit uit te buit.

Leon, ek glo nie daar is een leser op hierdie forum wat nie weet dat ons in SA 'n ernstige misdaad probleem het en daarom altyd paraat moet wees.  Maar die punt wat ek probeer maak is dat 'n mens moet onbevestigde berigte versigtig hanteer want stertjies word dikwels om sensasie-redes aangelas. Dit is veral op sosiale media wat hierdie euwel floreer.

Hierdie berig op RSG is juis 'n goeie voorbeeld wat bloot oorgedra is soos wat hulle dit ontvang het. Hulle hou nogal daarvan om te sê ".....onbevestigde berigte lui dat....."

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 07:35:29 am
Joe Stieger
Platinum Member
100% Profile Strength
Posts: 373
Joined: 15 Aug 2011
Experience: 41 years
Bly om te hoor dat die kapery dan "onbevestig" is, en wel nie gebeur het volgens sanparke se persverklaring nie-of het dit wel gebeur en is dit nou weer toegesmeer ter wille van die toerisme bedryf? Soos ons almal weet, kan jy nie alles glo wat jy hoor nie!
Vroutjie het so geskrik toe sy die radio berig hoor dat sy nou nie wil terugkeer Kruger toe nie.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 08:45:59 am
Brommer
Pluto Member
77% Profile Strength
Posts: 5196
Joined: 13 Sep 2013
Experience: 29 years

Ek glo nie meer in misdaad nie.. dis terrorisme... 


👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 11:07:11 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1791
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ek hou van positiewe denke en probeer om eerder nie op die negatiewe te fokus nie, sonder om naïef te wees.  In die geval ter sprake is ek bly dat die stropers suksesvol vasgetrek is sowel as dat daar geen ongevalle was aan die kant van die teen-stropingseenheid nie.

Sou dit wees dat 'n mens die Kruger Wildtuin vermy agv moontlike kapings, sal jy nêrens kan gaan nie want daardie moontlikheid is baie sterker buite die wildtuin as daarbinne.

Ek glo nie iemand betwyfel die feit dat berigte soms gemanupileer (toegesmeer) word nie, maar dit beteken nie dat alle instansies (in hierdie geval die suggestie van SanParke) altyd daaraan skuldig is nie.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 13:13:58 pm
Chuck Norris
Alpha Centauri Member
100% Profile Strength
Posts: 8371
Joined: 13 Jan 2014
Experience: 39 years

Moet nie van n molshoop n berg maak nie.
Wees net rustig, oopkop en gaan geniet die Wildtuin, dit gebeur orals tot by Checkers en die Mall.

As jy wil he jou drome moet waar word, moet jy eers wakker word.

Die jonge Fransies. (Parys - Frankryk)
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 14:36:41 pm
HM
Neptune Member
85% Profile Strength
Posts: 3726
Joined: 06 Jan 2009
Experience: 46 years

Sluit jou deure en hou die vensters toe. 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
20 Jan 2016 @ 21:54:16 pm
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 61 years
Lennie, dit is presies wat ek ook op die radio gehoor het. Ek onthou nog hoe het my tone van lekkerte gekrul.
Laas toe ons in Satara gekamp het, July 2014 was daar 'n hele polisie eenheid langs ons staanplek opgeslaan. Was nie lekker nie. Elke oggend is hulle teen 4vm op en aan die gang. 2 Choppers heeldag om die kamp gewees.
Maar ons moet dankbaar wees vir hulle wat hulle werk wel doen.
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2016 @ 07:49:34 am
Ski
Jupiter Member
100% Profile Strength
Posts: 1611
Joined: 19 Oct 2009
Experience: 32 years

Ongelukig kan dit gebeur maar dit gebeur elke dag in en om ons huise. Ek hou altyd my deure gesluit want bebejaan se kind maak ook deure oop. Al wat ek kan se gesluite deur en venster stop nie kaaping nie het ons daaityd niks gehelp nie. Wees net oplettend en sorg dat jy plek het om te kan beweeg met kar.

Nico & Mandy
2017 Mahindra S10 4x4 D/C
Double Trouble
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2016 @ 08:32:59 am
Back Packer
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3236
Joined: 08 Nov 2013
Experience: 60 years

Nico jou laaste sin se dit als, ek het 'n ruk trug advanced driver training gedoen en deel daarvan was exit stratergy.'n Goeie reel om toe te pas is wanier jy agter 'n voertuig stop, maak seker dat jy ten minste .5m teer agter die agter wielle van die voertuig voor jou kan sien, dit gee jou genoeg spasie tusse julle om iets te kan doen.

"Children have never been good at listening to their elders, but they have never failed to imitate them."
-James Baldwin-
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2016 @ 15:36:49 pm
bassbuster
Silver Member
100% Profile Strength
Posts: 73
Joined: 10 May 2010
Experience: 44 years

Hulle gaan ons nie stop om ons pragtige land te geniet nie. Wees net altyd versigtig .

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
21 Jan 2016 @ 16:49:10 pm
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1791
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Hulle gaan ons nie stop om ons pragtige land te geniet nie. Wees net altyd versigtig .

Albert, met respek, mag ek vra wie is die "hulle" waarna jy verwys ?

In my persoonlike geval is daar niemand wat my gaan stop om Suid-Afrika in al sy fasette te geniet nie.  Soos in talle ander kommentare reeds hierbo uitgewys, is paraatheid die sleutelwoord.

 

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 07:39:09 am
Koos
Bronze Member
29% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 02 Dec 2012
Orals gevaarlik, maar ek gaan steeds Knp geniet.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 07:48:28 am
DR DRAKE GP not a Doctor nor a GP
Uranus Member
96% Profile Strength
Posts: 3321
Joined: 16 Jan 2012
Experience: 52 years

Ek stem saam met Leon - wees oplettend - na alles' is dit jou eie lewe.

Of dit waar is of nie, sou ek nie verbaas wees as so iets wel sou gebeur nie. Die kapers is soms so vinnig dat hulle met jou kar en "papiere" uit is voor iemand op julle kan af kom en rapporteer.

DR DRAKE GP

not a Doctor nor a GP
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 08:21:36 am
Lennie
Jupiter Member
74% Profile Strength
Posts: 1791
Joined: 19 Jul 2012
Experience: 101 years

Ek is op die oomblik in Shingwedzi en kuier heerlik rustig soos die afgelope 60 jaar (sedert my kinderjare) en die afgelope 46 jaar sedert ek getroud is.  Behalwe die beskikbaarheid van moderne tegnologie, winkels en restourante, is dinge hier oor die algemeen nog steeds netso opwindend, rustig en fantasties.  My 30 jaar oue vrieskassie staan nog steeds ongeskonde onder my tent-afdakkie en selfs my ysmaker is 'n nuwe byvoeging.

Netsoos wat 'n kaping enige dag my kan oorkom in Brackenfell, kan dit my seker ook hier oorkom, maar om nou die bobbejaan agter die bult te gaan haal, gaan jou nêrens bring nie. (Trouens hier is sommer baie bobbejane hier naby Shingwedzi en nie eers agter die bult nie !)

Basiese paraatheid bly maar die wagwoord oral in Suid-Afrika.

👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
10 May 2016 @ 08:44:44 am
Koos
Bronze Member
29% Profile Strength
Posts: 25
Joined: 02 Dec 2012
Stem saam met Lennie. En wat my betref, is die kanse baie groter om in 'n ongeluk te beland op pad wildtuin toe of elders gekaap te word as om in die wildtuin gekaap te word.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
11 May 2016 @ 15:02:49 pm
Andre'
Titanium Member
96% Profile Strength
Posts: 549
Joined: 05 Jul 2014
Experience: 61 years
Lennie julle moet dit baie geniet. Dit is nat en koud in die Kaap.
Ek het verby julle gery nou die dag toe julle daar op die N1 naby Van Der Bijl gery het. Toe dog ek "Ja Nee, daar gaan die manne Kruger toe"

Wees veilig
I am only here by mercy. What I have is only on loan.
👍
0
💔
0
😮
0
🙂
0
Reply to Topic
Anonymous
Sign In Required